Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
Môre.mense.Nee man, julle…
Môre mense.
Nee man, julle moet slaap in die nag![]()
Gees.
Jy is reg daai Kolonel Sanders oom het dieselfde doop naam as ek.
Myne spel jy net met n "T" by. Sodat dit rym met my van.
Hy is Harland en myne Harlandt Du Randt ![]()
My tweede naam is Pelser, wat my ma se nooiens van was.
Net baie goeie vriende en familie noem my op my regte naam. Die res roep my Harry. Wat my bynaam is. Eintlik is dit Herrie, maar het met tyd na die britse spelling verander soos per Prins Harry.
Ek kom mos van Oudtshoorn en Oom Langenhoven het n olifantjie gehad met die naam van Herrie. Dit is waar ek my oorspronklike bynaam gekry het. Weet nie of dit die lyf of die slurp was nie. ![]()
Harry, ek kom ook van…
Harry, ek kom ook van Oudtshoorn af. Het in 1969 aan die Hoerskool Oudtshoorn gematrikuleer (sorry, weet nie hoe om met die selfoon die dotjies op die "e" te sit nie). Daai jare was Odn nog so afrikaans selfs die Jode het afrikaans gepraat. My ouers het vir jare nog daar gewoon. Ons staan nog gereeld daarby Oppidam oor op pad Kaap toe een terug.
Nou is dit tyd vir oumense om kooi te soek. Julle moet lekker slaap.
Goeie more hier op die…
Goeie more hier op die rusdag.
Koffie is ook aan die gang. Sal net n klein rukkie wees dan is dit reg.
Sarel, op my selfoon hou ek my vinger op die "e" en dan verskyn die verskillende variasies van die "e". Sonder om my vinger te lig beweeg ek in dje verlangende "e".
Geniet die dag
Goeiemôre! Ja die oppak en…
Goeiemôre!
Ja die oppak en skuif het aangebreek
Ons het darem gistermiddag / aand begin en heelwat gedoen gekry en beplan om teen 8:30 in die pad te val en moet eers dorp langs gaan om proviante te kry. Gister klere gewas hier by die waskamer so ons sal weer skoon kan lyk by die nuwe kampplek.
Maar nou eers koffie, Het jy nog Sfoffel?
Sarel, kliek op die Omega teken bo langs die italic een op die editor en dan sal jy ook 'n hele keuse kry indien jou foon of tablet sleutelbord nie die keuses bied nie.
Lekker dag vir almal! ![]()
![]()
Goeie more Stoffel, Anton,…
Goeie more Stoffel, Anton, Freda en sommer die hele kampforum.co.za, sorg dat julle vandag geniet.👍
Anton en jou spannetjie, julle moet die trek verder geniet na die nuwe opslaan plek.
Goeiemore Almal
Ons wens vir julle 'n rustige en geseënde Sondag toe.
Dankie Dusty en Anton. Soos julle kan sien het ek dit reggekry.
Nou vroeë diens kerk toe en dan met Suziehond op die strand gaan stap. Op die oomblik 'n lieflike dag hier maar wind word weer later voorspel.
More, almal hier. …
More, almal hier.
Gisteraand laat, lekker reenbui met helse sterk wind gehad! die wa het gebokspring soos 'n skuit op storm see, ons het ampertjies seesiek geword?
Bietjie vroeer deur die kamp gaan stap, twee rally tent is plat, pale gebuig en seile geskeur, verder lyk alles daremnie te bad nie.
Julle moet 'n verwoede dag he. Ons ry more Pta toe om Kersdag saam met kinders te spandeer.
Al die geskenke toegedraai en reg om te pak. Petra het vir al die kleinkinders elk 'n klein persentjie gekoop om onder die boom te sit. Ons het kontant getrek om vir elke kleinkind 'n lekker bedraggie te gee om te maak wat hulle wil.
Elkeen se geldjie het sy klein opgerol, en binne 'n kersfees cracker geplaas, nogals 'n moewiese job.
Sy het elkeen erens 'n klein merkie opgemaak sodat ons weet wie is wie, die crackers sal dan Kersdag langs hulle borde gesit word, dink dit kan nogals 'n lekker surprise wees?
Ja dit is maar 'n duur tyd van die jaar!
Môre almal. Ek het vroeg…
Môre almal. Ek het vroeg vanoggend gaan stap. Dit is so lekker as dit so stil is en daar ry omtrent geen karre nie. Dan hoef jy net op jou gedagtes te konsentreer. ![]()
Ek hoop almal is besig om hul naweek te geniet en dat die dag vir julle ook net geluk inhou.
Ja swaars, dag swaars, ook…
Ja swaars, dag swaars, ook die wyfies
Dag sê almal. Moes eers so,…
Dag sê almal.
Moes eers so, paar werkies doen vandag.
Ook lekker gereen gister aand.
Het eers my nuwe laser liggies getoets, baie makliker as om klomp liggies op te sit. Gat het gejeuk. Sien hulle werk darem in die reen en sit self af na 6 ure.
Geniet die res van die dag en wees veilig.
Hier by ons so n vinnige…
Hier by ons so n vinnige stortbui reen geval. Hoor die weer dreun nog steeds.
Goeie more. Gisteraand was…
Goeie more.
Gisteraand was die krag weer uit en hulle weet nie hoekom nie. Hulle sal eers weer vanoggend daarna kyk.
Gaan nou koffie maak op die stoof. Sal nou effens langer neem vir die water om te kook.
Lekker dag vir elkeen
goeiemôre Stoffel! Skink…
goeiemôre Stoffel! Skink maar vir my ook enetjie asseblief!!
Vandag moet ons die kosse regkry vir môre. Ek moet nog die kabouters se nuwe fietse inmekaar sit, want dis is nog in hul bokse (weggesteek) Ja hulle is in groot afwagting oor Kersvader wat persente gaan bring
Lekker dag vir almal!! ![]()
Môre sê aan almal op die…
Môre sê aan almal op die forum. Ja, so kry baie van ons seker vandag ons "kosse" reg vir Kersdag. Dit bly mos spesiaal om saam met familie al die lekker kos te geniet.
Voories, môre ry die Kabouters Dube plat op hul nuwe fietse.
Ek wens julle almal 'n wonderlike Oukersdag en Oukersaand toe.





Oom Arie, a nee a, oom Arie…
Oom Arie, a nee a, oom Arie het dan nou nou eers bed toe gegaan, wat is dit hierrie, terug bed toe met oom, mens het slaap nodig, moenie oom Dusty se streke uithaal nie.
Jy weet, as ek eers so vroeg môre vir oumense moet preek! 😴😴😴😴