Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
Nou ja, vandag is die draai…
Nou ja, vandag is die draai punt, langste dag, en kortste nag![]()
Hallo Almal
Hoop julle gaan 'n lekker dag he. Die Marais was al strand toe, Spar toe, slaghuis toe om te gaan biltong koop en het toe sommer daar worsrolle gekoop en dit onder by die rivier gaan eet. Nou waai die wind weer!
Ek het vanoggend huis…
Ek het vanoggend huis skoongemaak, wasgoed gewas, laaste inkopies by Pick 'n Pay gaan doen. Ek gaan nou ry om vir my boeke te gaan uitruil. Dan het ek alles gedoen wat ek wou doen voor Kersfees. Maandag maak ek net my kos. Die winkels sien my die weer nie, bly nou rustig in my huis.
Ja, Sarel, en die wind waai alweer in die Baai ook!!![]()
Die Slot het ook nou besluit…
Die Slot het ook nou besluit, genoeg is genoeg, pot plantjies in 'n droe boom gehang, laaste kers liggies op gesit, lappa skoon gemaak, tuin is netjies, (wat oor is na hierdie hitte die af gelope twee maande) nou gaan ek op my agter wêreld sit.
Gaan maar nou inkruip, julle…
Gaan maar nou inkruip, julle moet lekker slaap.
More more al die mooi mense,…
More more al die mooi mense, n heerlike dag vir almal.
Goeie more Gesie en ook…
Goeie more Gesie en ook almal wat hier lees.
Koffie is nou lekker. Kan ek vir nog iemand skink?
Lekker dag vir elkeen
More oom Dusty, ek sal nie…
More oom Dusty, ek sal nie nee se nie, kan ek vra vir n filter een seblief.
Gesie, die filterkoffie is…
Gesie, die filterkoffie is nogal baie lekker. Ek drink dut gewoonlik by my dogter in die woonstel.
Goeie môre Gesie en Stoffel…
Goeie môre Gesie en Stoffel en ook almal wat nog gaan kom koffie soek.
Geniet 'n heerlike dag prop vol vreugde.
Môre, môre al die…
Môre, môre al die laatslapers. Time to rise and shine! Dusty staan reg met die koffie.
Ek hoop almal gaan 'n heerlike Saterdag hê.
More tante wyn, ag ek bedoel…
More tante wyn, ag ek bedoel auntie Freda. 😇😇😇
Ek moet nou by oopmaaktyd…
Ek moet nou by oopmaaktyd gaan verf koop om die plek waar die witverf op die plaveisel gemors het te verf. Het net hoëdrukspuit probeer maar dit het in die stene in getrek.
More Johann en Antie Freda…
More Johann en Antie Freda. n Lekker dag word vir julle toegewens
Sterkte Stoffel, ongelukkig…
Sterkte Stoffel, ongelukkig gaan dit die enigste oplossing wees, oxide gaan nie werk op die verf nie.
Interessant van koffie en…
Interessant van koffie en tee. Ons sê gewoonlik die koffie prut maar die tee moet trek. Daarom sê ek altyd dat tee my whiskey is want dit is water wat deur die blare is
So gepraat oom Dusty, ek het…
So gepraat oom Dusty, ek het twee nasty olie kolle hier op my plaveisel, moet ook eendag iets daaraan doen, nie vandag nie 😯
PS, dit kom nie van die Navara af nie. 😀😂





Groot G, ek is net so lief…
Aaah,dankie oom Harry