Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Terramax Sailun November 2026 Wessel Strydom -1 minute ago
Bande November 2026 Geert -8 minutes ago
Dom onnosel November 2026 Rona du Plessis -49 minutes ago
Skreeusnaaks! Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Libbok Springbok rugby Geert -1 hour ago
Regering en K I November 2026 Geert -2 hours ago

Stilte na die storm

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Vandag sit ek en ma hier, eensaam en alleen, die kinders is gisteraand terug Australia toe en die huis voel soos 'n graf kelder.

Hulle het tot in Dubai gevlieg, sit daar vir vyf ure, dan land hulle 19:00 ons tyd in Petth.

Net waar ek kyk, loop of sommer net sit, sien ek die vingertjies se merkies, die stuitigheid se na sleep, dan dink ek, hoekom nie net nog 'n week of drie langer nie.

Dit was so lekker om hulle almal hier te kon hê, almal onder een dak. 

Oom Arie, nou gaat ek jou stories lees, dat ek net weer kan lag.

Beplan sommer 'n kamp vir vroeg Sept.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 09/07/2017 - 20:58

Johann, ek het nou hartseer geword toe ek hierdie inset van jou lees.   Dit was sekerlik wonderlik vir julle om hulle hier te hê maar is dit nie amper soos 'n wond wat oopgekrap word nie?   Asof jy half al aanvaar het hulle is nie meer hier is nie en dan, na jy hulle 'n slag weer gesien het, is die seer van vooraf weer net so erg.  Dan moet jy weer van vooraf begin vrede maak.  Ek is jammer, maar ek dink hierdie is een van die swaarste dinge wat met 'n ouer kan gebeur.

Op 3 Augustus moet ek my spannetjie groet en ek het geen idee wanneer ek hulle weer gaan sien nie.  Ek probeer  om normaal aan te gaan met my lewe en blymoedig te bly, maar hul weggaan is soos 'n groot gewig wat in my hart lê.   Ek weet daar is mense met baie groter probleme en hartseer en ek weet daar is duisende ouers wat in dieselfde bootjie is, maar ongelukkig maak dit alles nie vir my makliker nie.

Sterkte, my vriend.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 09/07/2017 - 21:21

Dankie Freda, die goodbye sê is nooit lekker nie, maar mens raak dit darem "gewoont" ons sien mekaar darem elke jaar. 

Ons was al paar keer daar, en hulle kom ook al-om die beurt hier natoe. Die was nou wel 'n kort besoek, maar tog so lekker.

Sterkte met jou kinders se vlieg 3de Augustus, die eerste twee keer is baie swaar, maar daarna aanvaar mens dit. Die kinders het 'n beter lewe daar en dit troos darem.

Net die skielike stilte is vir so dag of twee swaar, dan gaan dinge weer normaal aan.

Die kleintjie het darem vinnig met oupa gebond en wou nie terug vlieg nie, hy bly net sê "oupa oupa", Kyra en Konrad was ook maar tranerig, maar het darem verstaan ons sien hulle weer volgende jaar Oktober.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 10/07/2017 - 07:28

Ai sterkte vir altwee van julle, dit kan nie lekker wees nie.

Freda, ek glo dit is geen troos as duisende saam met jou in die selfde booitjie is nie, jou pyn, verlange, smart, of wat ook al is uniek aan jou.

So what as daar miljoene mense met tandpyn is, as jou tand seer is bly dit vrek seer - of jy alleen is of saam met n duisend.

Ek weet hoe mis ons ons kinders en kleinkinders,en hulle is sommer net om die hoek in Pta en Krugersdorp.

Gelukig is hul almal baie lief vir ons land, altwee doen finansieel baie goed en wil glad nie hier weggaan nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 10/07/2017 - 09:13

My seun en sy vrou is ook albei baie lief vir SA en sou nie graag hier wou weggaan nie.  Hul het albei goeie seniorposte beklee.  Ek dink hul hoofrede is maar die toekoms van hul drie kinders.

Hy is reeds vir 2 maande opleiding in NZ en was veronderstel om na 3 maande te begin as Assistent Bestuurder maar is reeds gevra om aansoek te doen vir twee Bestuursposte.  Verder het hy  alles in plek om 'n normale begin vir sy gesin te skep as hy hulle kom haal die einde van die maand.  Die wonderlike ding is dat hy vas glo die Here lei hom met alles en daardie wete maak dit vir my meer aanvaarbaar.  Solank dit net met hulle goed gaan daar anderkant.

Dankie vir die woorde van bemoediging.

0
Florauna, Pretoria
Profile picture for user chris dupreez

chris dupreez

Mon, 10/07/2017 - 09:38

Sterkte vir julle en voorspoed vir die kinders, ek dink dit is n groot besluit om te neem. ons drie kinders is nog al drie in Suid Afrika, alhoewel ons een seun ,sy vrou en ons kleinseun in Natal is asook my dogter in Amanzimtoti is dit darem nie te ver nie , maar mens verlang ook maar baie, veral na die kleinkind.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus