Is daar nog forum-gebruikers wat al hulle foto's op Microsoft se One Drive gestoor het? My dogter het my aangemoedig om dit te doen. Sou jou rekenaar se hardeskyf skielik besluit om die gees te gee - en die inhoud kan nie herwin word nie - het jy 'n rugsteun van al jou foto's op One Drive.
Maar wat ek nogal van hou is die feit dat One Drive elke dag (waarop jy foto's geneem het op daardie spesifieke datum) vir jou 'n herinnering stuur van die betrokke dag se foto's. Ekself gaan selde loer op al die lêers waarop my ou foto's is - behalwe wanneer ek dalk 'n spesifieke foto soek. Dan skielik, uit die bloute, kry jy 'n e-pos met die foto's wat jy op die betrokke dag geneem het. En dit bring meestal 'n klomp aangename herinneringe terug.
Vandag het ek o.a. die volgende foto's ontvang wat geneem is op 1 Feb 2019 tydens ons verblyf in Shingwedzi (tydens een van my vele wegbreke wildtuin toe as ek in die noorde moes gaan werk).

Dit was ons chalet waar Ralie amper die dikstert skerpioen, aangesien vir een of ander gogga, in die toilet wou optel. Genadiglik het sy my geroep om dit te kom doen - waarna ek toe sien dat sy met 'n lelike kalant "speel".
Die volgende foto het ek op die S56 (Mphongolo Loop) geneem toe dié ou "dagha boy" pas 'n lekker modderbad geneem het.

Tussen gister se foto's is ek weer herinner aan die muskeljaatkat wat ons met verlangende oë sit en aanstaar het toe ons die aand van 31 Jan 2019 in Mopani gebraai het.

Aag - en so kan ek aangaan met foto's waarvan ek al amper vergeet het. As jy (ook) nog nie jou foto's op One Drive stoor nie, is dit dalk raadsaam om dit ernstig te oorweeg.
Middag Chris. My iPhone kan…
Middag Chris.
My iPhone kan nie 'n geheue kaart vat nie, dus is ek gedwonge om op die iCloud alles te stoor. Die foon het maar 64 gig "on-board" geheue. Dit het my genootsaak om vir my teen R15.00 per maand icloud spasie te koop.
Die Samsung tablet egter, kan 'n 256 gig kaart vat, en dus is daar voldoende spasie vir die paar fotos wat wel daarop beland.
Maar die cloud, daar is drie "soorte", is 'n baie goeie rugsteun middel.
Hoeveel spasie koop R15?
R15.00 per maand icloud spasie
Ek het ook ‘n iPhone. Hoeveel spasie kry mens vir R15/maand?
Dankie Johan L
Dankie Johan L,waardeer. Rk sal so iets moet kry want daar is al oor die 53000 foto's en amper 1400 videos op my foon....sonder backup. Dis Samsung, so sal na alternatief moet loer
Herinneringe ..
... van 30 Jan.
Ek is besig om e-posse te "liasseer" en sien toe 30 Januarie (5 jaar gelede) se foto's wat ek op daardie dag geneem het - danksy One Drive se herinnering.
Ons is baie lief vir Shipandane-skuiling as ons in hetsy Mopani of Tsendze kuier. Ons lê dan gewoonlik op 'n daaglikse basis daar besoek af.



Shipandane is een van die skuilings waar oornagfasiliteite bestaan. Ek sal baie graag daar wil oornag, maar my ander helfte voel nie gemaklik met die spinnekoppe en dies meer wat daar rondhang nie. Maar as ek kyk na die fasiliteite kan dit net lekker wees om saans daar om 'n vuurtjie te sit.

Ons het al wonderlike "sightings" op die laagwaterbrug oor die Tsendzerivier by Shipandane beleef. Ons was al meer as een keer deur olifante, wat lekker op die brug staan en drink, verhoed om sommer net oor te ry. Maar een van my beste geleenthede wat ek gekry het om 'n saalbekooievaar af te neem, was vanaf die laagwaterbrug op 30 Jan 2019.

Ek wag vir die e-pos van vandag (2 Feb) se hoogtepunte.
Vandag se ...
... herinneringe van foto's wat op hierdie datum geneem is het so pas gearriveer. Hier is 'n foto van die gogga met die stekelstert wat Ralie byna met die hand opgetel het in die toilet in ons chalet in Shingwedzi. Dit was nogal 'n dikstert outjie wat jou seker lelik kan seermaak.

Dit wys jou - hulle loop maar daar rond en dit is nie om dowe neute wat jy aangeraai word om saans toe skoene aan te trek nie. Ek het die outjie maar ver van die chalet af gaan neersit en aangesê om weg te bly van ons blyplek af.
As ek reg onthou, is die…
As ek reg onthou, is die drie cloud drives.
1. iCloud teen verskillende pryse, (eesrte baie klein spasie is gratis)
2. Micosoft One Drive, die een is gratis tot 'n sekere hoeveelheid spasie (nie seker hoeveel dit is nie)
3. Google Drive, ook gratis tot 'n spesifieke groote spasie.
Ek kan nie bevestig ...
... of ontken wat Johann sê nie, maar ek betwyfel dit of One Drive jou enigiets kos bokant 'n sekere limiet. Dalk kan iemand dit bevestig. My hele rekenaar-inhoud word na One Drive ge-"backup" en dit kos my nie 'n ekstra sent nie.
Gratis wolk spasie
Onedrive is gratis tot 5GB en Google drive tot 15GB. Daarna betaal jy. iCloud het Johann reeds die tariewe voor gegee.
15GB is bitter min. My iPhone is 256GB en ek moet gereeld goed uitvee om te keer dat dit heeltemal vol raak. Maklik 60% daarvan is foto’s.
Foto’s en video’s
Ons het jong kinders, en meeste van die foto’s en video’s is van hulle.

Chris, jammer qs ons die…
Chris, jammer qs ons die gesprekslyn kaap![]()
Het gaan Google en die volgende gekry.
Nou kan mens sien wat is die gratis spasies by elk, en waarna moet jy koop.
Chris, ek vermoed one drive van MS 365 is meer spasie reeds ingesluit, want ek stoor ook al my dokumente van MS Office ens daar?
Johann
Ek hernu ook jaarliks my Microsoft 365. Daarsonder kan my rekenaar nie "operate" nie. En gevolglik het ek toegang tot One Drive.
Maar om eerlik te wees - ek weet maar min (indien enigiets) van hierdie goeters. Al wat ek wel weet is dat ek die One Drive Memories wat ek gereeld ontvang baie geniet.
Sou dit nie beter..................
....................wees om maar sê weekliks jou fotos en ander belangrike inligting in 'n afsonderlike hardeskyf te stoor en dit veilig iewers in 'n kluis te bêre nie ?
Ek besef dat jy dan nie outomaties jou herinneringe daagliks ontvang soos wat ChrisB so geniet nie, maar jou inligting is minstens veilig gebêre sou jou rekenaar ingee of gesteel word.
En die outydse maniere ?
Moet erken dat ek regtig te dom is om van die "wolk" sin te maak. Hoe is dit nou veiliger daar as op n stokkie wat ek huidiglik gebruik? Vir besighede wat baaie Inligting bêre, het ons in my dae dit op n stiffy, toe n floppy en later ń laserskyf gesit en weg- gesit. Tasbaar... nie in die wolke nie. Seker maar uit die oude doos.
Len se hard drive sal jy wragies nooit vol kry nie,never. Ons het een met 100de doccies en flieks op wat ons vir reendae in die karavaantjie hou.
Herman...
...ek kan glo die ouens is in die wolke met hedendaagse tegnologie.
Ek is seker te plat op die aarde, en nie in die wolke nie, en gebruik maar USB stokkies en eksterne hardeskywe.
Ek dink dit was eers floppy [ so effe slap], toe stiffy's en dan laserskyf.
Ek haal egter my laphoedjie af vir die forumlede wat so byderwets is.






Dankie Chris,.............
............ek gaan dit beslis probeer.