Een van ons kliente van Vietnam plaas nou al 'n ruk lank druk op my om vir hulle te kom kuier en 'n klompie nuwe aanlegte besoek om moontlik te kyk of ons tegnologie daar 'n verskil sal maak. Dit is nou verpakking van pepsi produkte.
Ek het dit so beplan om dit na ons Sionbergh saamtrek te doen en sodoende onnodige spanning te vermy ![]()
Inelkgeval, toe ek my vlugte deurstuur waar ek van besigheids hotel tot hotel hop vir vergaderings x 4 in 3 verskillende stede, toe sê my pepsi vriend ek moet eerder die bus gebruik tussen stede. Ek kanseleer toe maar van die interne vlugte en besluit dit behoort 'n avontuur te wees om met die bus te ry en dan ook my kliente vriendskap smee!
Nadat ek geland het in Saigon het ons sommer onmiddelik na die Bus stasie gegaan. Ek moes die volgende oggend 8am by die aanleg in Can Tho wees.
Bus stasie

My aarde! Hier gaan ons lekker lê ![]()

Halfpad stop. Piepie en varkvleis broodjies.

'n Mens moet jou skoene uitrek en in' n sakkie sit voor jy op die bus klim. By die stop kry jy plakkies om tydelik aan te trek ![]()


Terug op die bus, nou kan ek verder slaap

My vriend van pepsi, Hotu

Ai Anton, nou maak jy ons…
Ai Anton, nou maak jy ons almal smag na biltong👎😃
Ons geniet die reis lekker saam met jou.
Anton. jy is baie bevooreg…
Anton. jy is baie bevooreg om oorsee te gaan deur jou werk. Dankie vir mooi fotos.
Gaan groot Anton
Anton gaan groot lekke om saam jou te werk in thing hong klapm moun
Wonder watse biltong daai is…
Wonder watse biltong daai is ?
Gedroogte hond ?
Hoe smaak die biltong toe,…
Hoe smaak die biltong toe, Voories? Maak hulle dit self? Sal nie sommer vertrou nie, kan enige dier se vleis wees.![]()
Goedso geniet,glo hier is n…
Goedso geniet,glo hier is n paar van ons wat jaloers is.Kom veilig tuis
Dit lyk of die plek vir…
Dit lyk of die plek vir Anton baie honger maak. ![]()
As ek reg is, kom hy vandag…
As ek reg is, kom hy vandag terug, so, ons gaan niks van hom hoor nie, dalk eers weer more.
Nee, ek vlieg moreoggend…
Nee, ek vlieg moreoggend vanuit Da Nang na Suigapore en dan SA toe. Land eers Sondagoggend 6am in SA.
Gisteraand toe ek gaan kos…
Gisteraand toe ek gaan kos soek .. Buite my Hotel:


Egg fried rice met Chicken!

Na die tyd bietjie die strand gaan uitkyk, net oorkant my hotel.


Vandag middag ete by die…
Vandag middag ete by die pepsi aanleg...

En daarna met die scooters gery na 'n koffie bar waar die manne tydens hulle lunch break gaan yskoffie / tee of melk drink, sigarette rook en kaart speel


Jy lyk groot teen daai ouens…
Jy lyk groot teen daai ouens? Of is die ou daar langs jou Tai Nee?
Die een outjie se vir my ek…
Die een outjie se vir my ek lyk soos 'n powerfull man - soos Donald Trump! Hahaha
Tai Nee?
Vanmiddag so 5pm gou 'n…
Vanmiddag so 5pm gou 'n stappie gaan vat om meer van die strand en see te sien voor ek moreoggend vertrek.
Uitsig vannaf 19de verdieping in my hotel...

Strand...



Groot Lady Buddha standbeeld te sien van die strand af

'n Klompie foto' s vannaf…
'n Klompie foto' s vannaf die 19de verdieping van die Grand Tourane Hotel - oor Da Nang







KFC?
Ek kan onthou ek het erens 'n KFC gesien, maar kon wragtig nie onthou waar nie