Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -3 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -4 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -5 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -5 hours ago

Vietnam by Bus

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Een van ons kliente van Vietnam plaas nou al 'n ruk lank druk op my om vir hulle te kom kuier en  'n klompie nuwe aanlegte besoek om moontlik te kyk of ons tegnologie daar  'n verskil sal maak.  Dit is nou verpakking van pepsi produkte.

Ek het dit so beplan om dit na ons Sionbergh saamtrek te doen en sodoende onnodige spanning te vermy laughlaugh​​​​​​

Inelkgeval, toe ek my vlugte deurstuur waar ek van besigheids hotel tot hotel hop vir vergaderings  x 4 in 3 verskillende stede, toe sê my pepsi vriend ek moet eerder  die bus gebruik tussen stede.   Ek kanseleer toe maar van die interne vlugte en besluit dit behoort 'n avontuur te wees om met die bus te ry en dan ook my kliente vriendskap smee!

Nadat ek geland het in Saigon het ons sommer onmiddelik na die Bus stasie gegaan.  Ek moes die volgende oggend 8am by die aanleg in Can Tho wees.

Bus stasie 

Vietnam  bus

My aarde!  Hier gaan ons lekker lê laugh

Vietnam

Halfpad stop.  Piepie en varkvleis broodjies.   

Vietnam

'n Mens moet jou skoene uitrek en in' n sakkie sit voor jy op die bus klim.  By die stop kry jy plakkies om tydelik aan te trek surprise

Vietnam

Viëtnam

Terug op die bus, nou kan ek verder slaap 

Vietnam

My vriend van pepsi, Hotu

Vietnam

Centurion

Voortrekker

Wed, 06/03/2019 - 16:21

Ek kan onthou ek het erens 'n KFC gesien, maar kon wragtig nie onthou waar nie surprise​​​​​​

Vietnam

Vietnam

Vietnam

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 07/03/2019 - 14:06

Ek het nou net by my Hotel aangekom in Da Nang. 

Vietnam

Vietnam

Nou gaan ek kos soek, maak nie saaknwat nie, ek is vrek honger. . 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 08/03/2019 - 13:02

Gisteraand toe ek gaan kos soek ..  Buite my Hotel:

Vietnam

Vietnam

Egg fried rice met Chicken! 

Vietnam

Na die tyd bietjie die strand gaan uitkyk, net oorkant my hotel.

Vietnam

Vietnam

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 08/03/2019 - 13:09

Vandag middag ete by die pepsi aanleg... 

Vietnam

En daarna met die scooters gery na 'n koffie bar waar die manne tydens hulle lunch break gaan yskoffie / tee of melk drink, sigarette rook en kaart speel

Vietnam

Vietnam

video
0
Centurion

Voortrekker

Fri, 08/03/2019 - 14:55

Vanmiddag so 5pm gou 'n stappie gaan vat om meer van die strand en see te sien voor ek moreoggend vertrek. 

Uitsig vannaf 19de verdieping in my hotel... 

Vietnam

Strand... 

Vietnam

Vietnam

Vietnam

Groot Lady Buddha standbeeld te sien van die strand af

Vietnam

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus