Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's laai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -28 minutes ago
Augrabies - 21 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -33 minutes ago
Groen water... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Kampeer staanplek Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Dankie ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Geert ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

42224

Pretoria - Oos
Submitted by Andre Smit on
Forums

Goeiemôre Kampmaters,

En so breek daai dag toe aan.

Pensioentyd vir die Smit gesin.

42224 – nee , nee, dis nie dieselfde nommers as daai beroemde tronkvoël nie.

5 Jannewarie 1977 trek Andre’tjie op 17 jarige ouderdom sy eerste Browns aan as verskrikte Nasionale Dienspligtige by 3 Suid-Afrikaanse Infanteriebattaljon in Potchefstroom.

Nou- nou op 29 Maart 2019 trek Andre’tjie die laaste keer sy uniform uit.

42 jaar 2 maande en 24 dae later.

Ek dink dis nou genoeg – of wat praat ek alles.

Groetnis

Andre en Magda Smit

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 29/03/2019 - 06:21

........................André, Fantasties in menige opsigte :-

  • Dis 'n leeftyd wat jy in die Weermag diens gedoen het - veels geluk daarmee !
  • Vra sseblief vir Magda om 'n foto te neem waar jy daardie uniform vir die laaste keer uittrek  -  ons wil dit sien om te glo !
  • 44 jaar is genoeg  -  ek stem saam !
  • Nou gaan die lewe begin  -  waarheen vertrek julle wanneer om dit te vier ?
  • Is die Amarok se laaie projek gefinaliseer en afgehandel ?  Indien wel, moet julle mos nou onmiddellik gaan kamp en dit op die proef stel.
  • Ons kan nou hier op Kampforum heelwat meer gesels van jou verwag, tyd gaan jy mos nou baie meer hê as sommige van die outjies hier op die forum se verskoning dat "hulle baie besig is" en dus nie met ons kan gesels nie.

Ten slotte André, baie welkom in ons kring van afgetredenes !

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 29/03/2019 - 06:23

Andre jy en vrou moet dit geniet gaan groot kamp n hond uit n bos ek gooi so foto of twee ook ja dis tyd wat n ou lank voor gewerk het 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 29/03/2019 - 07:42

Andre, dit is voorwaar 'n groot dag vir jou en Magda, mag jul tyd vorentoe vir julle net mooi in hou. Min mense kan sê dat hul eerste en laaste werk dag vir dieselfde "baas" was.

Welkom in ons gryskop geledere👍

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Fri, 29/03/2019 - 08:46

Baie dankie vir al die erkenning en goeie wense Maters.

Ek moet eerlik sê dat ek erg uitsien na die nuwe fase.

Groete aan al die kampmaters

Andre en Magda

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 29/03/2019 - 10:25

Baie sterkte met die nuwe fase André, was 'n leeftyd saam met daai mense. Maar ek is seker die nuwe fase gaan baie meer nuwe dinge bring en dit vir julle meer aangenaam sal maak.

Ek so entjie agter jou, is nou 40 jaar en 4 maand by Anglo betrokke, maar sal nog so 'n bietjie moet vasbyt.

Groete en geniet die nuwe fase, die wat reeds daar is, sê dit is baie lekker en moes dit al lankal gedoen het.

0

Tyd om die wapen neer te le.

Jy het nie dalk my neef Ernst Bester geken nie?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 29/03/2019 - 13:27

Ek sien jy kon darem gou ietsie sê na Vrydagoggend se inspeksieparade.

En nou is jy seker eers stil tot na vanmiddag se uittree-parade.  Moet ook nou nie te veel vat nie, môre is nog 'n dag wat jy met 'n glimlag in die oë moet kyk.

0
Middelburg

Noel

Fri, 29/03/2019 - 20:31

Baie geluk Andre. n Goeie mylpaal bereik en was seker lekker "gatvol". Ek glo jy sien baie uit vir die nuwe fase en leef jou nuwe fase voluit. Geniet jul aftrede en kamp meer !!

"Om op pensioen te gaan is die mees gevaarlikste beroep en niemand het die pensioen oorleef nie " laugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 30/03/2019 - 19:16

..... welkom in die geledere van die professionele leeglêers. Dis 'n lekker professie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus