Ek weet wraggies nie waar om dit te sit nie ?
So ruk terug geeis vir die geyser wat gebars het en die een badkamer se plafon.
Toe die ou die plafon kom reg maak vra ek hom oor 'n ander gat in die sitkamer plafon. Toe merk ons op dat daar orals krake is in die muur en ook die plafom wat weg trek van die muur. Dit loop van Noord na Suid deur die huis tussen die sitkamer/kombuis aan die Ooste kant en die res aan die Weste kant.
Daar is geen turf in dié area nie en daar is ook geen groot boom naby nie. Absa het 'n bou kontrakteur gestuur, hy het kom foto's neem en gesê hy kan niks doen nie maar sal sy verslag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.
Vanoggend kry ek 'n e-pos van Gerhard 'n "Loss Validator" hy was nou hier en het weer klomp foto's geneem en gesê hy sal sy verslag vandag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.
Die krake is al van lankterug maar mens merk dit nie as jy elke dag daarin vas kyk nie.
Ai Willem...
Ai Willem, ek wil nou nie 'n Jobs-trooster wees nie, maar dit lyk nie goed nie, veral waar 'n mens kan sien waar die kraak deur 'n steen loop. As leek dink ek maar ook daar is 'n versteuring in die fondasie, veral omdat dit in 'n lyn oor meer as een vertrek loop. Is daar nie dalk 'n waterpyp-lek onder die grond nie. Jy kan dit toets deur alle krane en toilette toe te draai en dan by die watermeter te kyk of een van die metertjies beweeg. As ek reg onthou, het Absa Versekering se gebouversekering 'n klousule wat voorsiening maak vir "insinking" - "subsidence clause".
Sterkte - hou ons asb. op die hoogte.
Heng Willem, dit is nie…
Heng Willem, dit is nie lekker nie, sterkte met die versekering.
My vermoede, ook as leek, is dat daar wel grondverskuiwing plaas vind, bly jy naby 'n berg, dan kan dit dalk 'n "fault" wees, en behoort die versekering dit reg te maak. As my vermoede reg is, en ek hoop ek is verkeerd, gaan dit 'n helse klomp kos om dit ordentlik reg te maak.
Len, daar is geen water pype…
Len, daar is geen water pype onder die huis nie, net 'n hele ent weg onder die badkamer vloer na die stort.
Willem se huis
Môre Willem
Jammer om te hoor van jou moontlike problem.
Sonder om spoke op te jaag, erens is daar 'n verskuiwing in die fondasie wat stadig gebeur. Moontlike oorsake is soos reeds al genome;
1] lekkende waterpype, eerstens jou eie op die erf
2] stadsraad groot pype wat jy dalk nie bewus van is nie. Onthou die insident so paar jaar terug in ou Verwoerdburg waar huise ingeval het
3] is daar dalk baie boorgate om jou, dus 'n versteuring in die watertafel
Het jou bure dieselfde problem? Dis nou bure wat op jou "foutlyn" lê. Vind uit, want dit gaan jou saak versterk met versekerings bedinging.
Sterkte
Willem, ja so iets is nie…
Willem, ja so iets is nie lekker nie.
Net iets wat ek nie verstaan nie? as ek reg onthou het jy destyds met die blinders [seile] wat Absa versekering nie wou uitbetaal jou versekering geskuif? Dalk onthou ek verkeerd.
Normaalweg sal versekering nie uitbetaal vir krake nie, tensy dit bewys kan word dat dit as direkte gevolg van 'n versekerbare probleem is.
Jy praat iets van daar is nie turf aan daai kant van die huis nie? Die grootste probleem met krake is as gevolg van "diferential heaving soil" dit is waneer die turf onder jou gebou van verskilende diepte is, hoe dieper hoe meer swel die turf. Jy kry dus dat die turf op plekke meer swel of krimp as op ander plekke dus kry jy ongelyke opervlaktes onder die gebou. die gebou lig of sak dan skeef en dit veroorsaak krake.
Dit is hoekom daar begin gebruik maak is van "Raft fondations" die fondasie is dan stewig genoeg om skuins te lig sonder dat die struktuur kraak. Dit word hoofsaaklik op kleiner huise gebruik om koste efektief te wees. Op groot huise raak die koste te duur om die fondasie stewig genoeg te maak. Daar gebruik ons dan 'Expansion joints" wat gedeeltes van die huis afsonderlik van mekaar kan beweeg en dan 'gekontroleerde krake vorm. die word dan wegesteek op die uitsit voeg deur "cover plates" wat net aan die eenkant vasgeheg is.
Daar is 'n siviele ingeneur Terry Pigeon in Pretoria wat 'n gespesialiseerde kennis het van sulke probleme. Hy het ook die "Raft Foundation" ontwerp en gepantenteer. Ek het heelweat kursusse by hom geloop.
Hy is ongelukig al 'n klompie jare afgetree, en ek het voeling verloor met die bedryf, so ek is nie seker wie nou die top ou is nie?
Wessel is heeltemaal reg met lekkende pype rondom die huis en dit hoef nie noodwendig naby aan die gebou te wees nie. Selfs jou buurman se boorgat sal 'n groot invloed op die vog inhoud van jou grond he, selfde met groot bome wat water uit die grond opneem.
Ek weet nie of daar aangebou is by jou huis nie, dit mag ook 'n moontlike oorsaak wees? Ongelukig is daar baie "Bouers" wat sement stene en klei stene saam in 'n muur gebruik. Dit sal ook na jare krake veroorsaak, die inkrimping en swel vermoeee van sement en klei verskil nogsl baie, dus begin die twee tipe stene teen mekaar druk wat dan krake veroorsaak. Mure is maar geneig om die omgerwings vog op te neem en dan te swel.
Willem kom ons wag vir die ingeneur se verslag en neem dit van daar.
Ek hoop regtig dat dit wel 'n versekerbare probleem is!
Sterkte
Arie...
Arie, Willem sal maar self moet antwoord, maar sy huis is al jare gelede gebou en iets moes nou gebeur het wat die fondasie versteur het. Die boorgat-storie is interessant en 'n moontlike oorsaak. Daar is sekere voorstede in Pretoria waar jy nie 'n boorgat mag boor nie, juis omdat die versteuring van die ondergrondse watertafel insinkings kan veroorsaak. Monumentpark is so 'n voorbeeld, maar dit is myle van waar Willem woon.
Arie, ek was besig om oor te…
Arie, ek was besig om oor te skuif met my geboue vesekering, maar dit was so 'n gesloer van Absa. Teen die tyd wat hulle tevrede was met die nuwe versekering se kwitasie het die nuwe een van Absa inwerking gekom, toe los ek dit maar so by Absa. ???
Die een buurman skuins oorksnt my aan die Noorde kant is die enigste een met 'n boorgat en hy is 'n hele ent weg van my huis.
Ek het geen aanbouengs gedoen nie en die huis wss soos hy is gebou vroeg in 1980's. Die ander is almal ouer huise.
Willem....
Willem, is die krake aan binne-mure of die buite mure ?
As ek reg onthou, is jou huis op 'n hoek geleë en dit is tog moontlik dat munisipale waterpype langs een of albei strate loop. Die muur wat kraak, hoe ver is dit van jou munisipale stopkraan want daar naby loop die munisipale water-pyplyn ?
Lyk nie goed nie, wat ookal…
Lyk nie goed nie, wat ookal die oorsaak van die skade is. My leke oppinie, dit is n vorm van grondveskuiwing...
As daar vog in die grond is…
As daar vog in die grond is en daar is klei dalk selfs dieper af kan dit swellende (heaving) soil wees.
Maar kom ons wag vir die ondersoek.
Arie, eiendomme en…
Arie, eiendomme en gepaardgaande is jou forté, wat is jou mening rondom die uitbetaling vanaf ABSA. Sou jy dink ABSA soek 'n rede om nie uit te betaal nie, hoekom word dit verwys, hopenlik om die oorsaak vas te stel en reg te maak? is daar iets wat Willem kan help om hulle reg te benader, wel dis seker al te laat in die stadium?
Leeu...
Leeu, ek is oortuig daarvan dat enige versekeraar wat sy sout werd is, sal in so 'n geval soos Willem s'n professionele advies inwin oor wat die oorsaak van die krake is en wat gedoen moet word om dit behoorlik te laat herstel. Dit sal tog nie help dat 'n kontrakteur die krake bo-langs herstel en dat dit dan later weer ontstaan omdat die oorsaak nooit vasgestel is en teenmaatreëls ingestel is nie.
Leeu Len is reg wat hy sê. …
Leeu Len is reg wat hy sê.
Geen ordentlike maatskapy gaan n rede soek om nie te betaal nie.
In die tyd wat ek nog in die bank was het ons altyd die assesors opdrag gegee om liewer te betaal as daar twyfel is.
As mens mooi kyk is gebou versekering die heel goedkiopste versekering.
Mense lees ongelukig baie selde hul pilis voorwaardes en dan word eiese afgewys tot groot onsteltenis.
As jy regtig voel jy word ingedoen kontak dan jou ombudsman.
My huis geboue versekering…
My huis geboue versekering by santam hoop hulle is OK.
Ek glo enige maatskapy is…
Ek glo enige maatskapy is goed. Hulle word goed intoom gehou deur die ombudsman.
Jy moet net jou polis mooi lees om te bepaal wat word gedek of nie!
Dis nie goed nie, Willem…
Dis nie goed nie, Willem.....ek het na my polis gekyk by OS....en hulle dek nie "subsidence" nie, GLAD nie. Ek skuif oor na FNB versekering toe.
Willem
Willem, ek vertrou jou navrae by albei instansies waarop jy nie reaksie of antwoorde kry nie, is opskrif. Neem dit na die Ombudsman vir Korttermynversekering. Jy kan die klagte elektronies lê en hier is die webblad :-





Hier is 'n foto of twee…
Hier is 'n foto of twee.
Nou wag ek om te hoor wat gaan Absa sê, of die Ingeneur.