Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -7 minutes ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -4 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -5 hours ago

My Huis - Willem

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Ek weet wraggies nie waar om dit te sit nie ?

So ruk terug geeis vir die geyser wat gebars het en die een badkamer se plafon.

Toe die ou die plafon kom reg maak vra ek hom oor 'n ander gat in die sitkamer plafon.  Toe merk ons op dat daar orals krake is in die muur en ook die plafom wat weg trek van die muur.  Dit loop van Noord na Suid deur die huis tussen die sitkamer/kombuis aan die Ooste kant en die res aan die Weste kant.

Daar is geen turf in dié area nie en daar is ook geen groot boom naby nie.  Absa het 'n bou kontrakteur gestuur, hy het kom foto's neem en gesê hy kan niks doen nie maar sal sy verslag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.

Vanoggend kry ek 'n e-pos van Gerhard 'n "Loss Validator" hy was nou hier en het weer klomp foto's geneem en gesê hy sal sy verslag vandag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.

Die krake is al van lankterug maar mens merk dit nie as jy elke dag daarin vas kyk nie.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 28/11/2021 - 10:55

Neef nee, ek vermoed dit op die nok van die dak.  Daar is twee plekke in die sit kamer en twee in ons slaap kamer en dit is reg onder die nok van die huis.  Daar is ook paar plekke in die braai area waar dit op laste deur lek.  Die hele dak gaan dan ook geverf word want ons het op 'n ander kleur as die rooibruin besluit.

Dit is die garage se dak. (Hierdie deel kyk Suid)
.

Dit is die huis se nok. (Hierdie deel kyk Noord)
.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/11/2021 - 12:28

Met watse produk word jou dak geverf om dit te seël? Ek het gekyk na Eco Rubber (vrek duur, ongeveer R80/m2) want ons huis het ‘n asbes sement dak. Dit lek effens op twee plekke as die wind uit ‘n sekere rigting waai wanneer dit reën. Vrydagaand het ons ‘n donderstorm gehad soos wat ek laas gesien het toe ons nog in die Transvaal gebly het. 60mm het in ‘n baie kort tyd geval, en ek het die ergste verwag want die wind het ook woes gewaai. Wonder bo wonder het die dak nie ‘n druppel gelek nie. Vriende van ons was nie so gelukkig nie, hulle dak het nie net gelek nie maar water van ‘n hoër erf het deur die muur gebreek en hulle swembad vol modder gespoel en toe in hulle huis ingespoel. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 29/11/2021 - 13:10

Chris, hier is hulle web adres, wat hulle doen is op my plat dak waar die plate las sit hulle van daai membraan eers op.  Praat met Jacques: 079 370 9160 of vra vir die Pa, dink dit is Corné of so.

Ek het klomp gekontak en 3 het kwotasies gegee en hierdie ouens het vir my die mees professioneel voorgekom, ook die enigste ouens wat foto's geneem het en behoorlik verduidelik he wat hulle gaan doen.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/11/2021 - 14:43

Dankie Willem maar ek dink ek woon seker bietjie te ver vir hulle. Soos genoem het ons dak Vrydagaand darem nie gelek nie, en ons reënseisoen is in elk geval veronderstel om verby te wees.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 29/11/2021 - 16:20

Ek het bedoel jy moet hom kontak vir advies, nie om die werk te doen nie. 😉

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 03/12/2021 - 17:25

Nou ja, die ouens is klaar met die dak en dit lyk goed met geen lekke in die braai area nie, sal dit dophou.  Die kleur is donker grys, glo die mees popilêre kleur nou.

Die swembad se solar word Dinsdag terug gesit.

Volgende week moet die ouens die swembad se plaveisel kom doen, hoop dit is klaar vooe einde volgende week.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 08/12/2021 - 09:26

Ek deel maar a.g.v. kamp te kort.

Ek het die plaveisel wat om die swembad was nie weg gegooi nie en ook nie vir die ou gegee wat die werk doen nie.  Dit goed gedink om dit eerder om die "inprint" waar die karavaan staan te sit want die gras goeie nie om dit vir do 800mm nie.

.

.

.

.

.

.

Nou kan ek dit die selfde kleur verf wat die res van die vloer is en dit gaan die modder spatsels keer teen die karavaan.

(Sal later die swembad plaveisel foto's plaas)

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 08/12/2021 - 10:11

Dit is hoe ek voel met die stof soos hulle die afronding doen deur die stene te sny.

.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 29/12/2021 - 12:43

Terugvoering van die Ombudsman, die eis is ook afgekeur. sad

Kort voor die dak seël begin het ons mos 'n rowe storm gehad en die dak het in die sitkamer en ons kamer weer gelek en ek het toe weer 'n eis ingesit by Absa.  Die dak is toe intussen mooi geseël.  Gister bel Absa my na hulle my 'n SMS gestuur het dat die eis langer kan vat weens Covid en Desember vakansies en vertel my dat die eis ook afgekeur is. sad

Vandag kry ek 3 e-posse wat die selfde sê die eis is afgekeur en een van die punte is "The waterproofing to the roof was found to be perished".  Die assessor was hier terwyl hulle besig was met die dak en het nie eers na die dak gekyk nie, my vraag aan Absa is hoe kan hy die stelling maak as hy nie eers die dak geinspekteur het nie ?

Ek is gatvol ... sad

Het vir Absa gevra om vir my name van hulle goedgekeurde bouers wat ek kan kontak vir die herstel sodat hulle nie in die toekoms soos in die verlede kan sê die bouer/werker wat ek gebruik het nie aan hulle voldoen nie.  Hulle stuur toe vir my "Jenkinson & Whittle Loss Adjuster " se e-pos adres ?  Dit is die ouens wat die laaste inspeksie gedoen het.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 29/12/2021 - 12:50

Net om te wys hoe die dak lyk na hy gedoen is.

Dit is die braai kuier area.
.

Dit is die motorhuis se dak.
.

Die twee nokke wat gelek het.
.

Die swembad solar is terug gesit.
.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 25/01/2022 - 12:40

Soos ek gesê het was ek gatvol vir die stof.  Gelukkig is dit klaar voor ons kort kampvakansietjie en nou is dit 'n lekker area om die swembad.

Voor die werk begin het.

.

Dié area was altyd 'n nagmerie om gras te sny, toe besluit ek om dit te plavei.

.

.

.

 

.

.

.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 25/01/2022 - 12:49

Soos julle weet het is die eise afgekeur na 'n lang gespook.  Nou moet ek maar als self laar reg maak en so begin die gemors.

.

.

.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 25/01/2022 - 14:41

Willem, kon julle fondasie wat geskuif het ondersteun? En gaan jy uitsitvoee inbou sodat dit kan beweeg in die toekoms sonder om weer te krake te maak. Ek vra maar net, jy wil sekerlik nie onnodige skoolgeld betaal nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 25/01/2022 - 14:56

Ek glo nie dit het geskuif nie maar wel veroorsaak deur die water lek.  Hulle kap nou teëls uit na hulle die twee boë by die kombuis en sitkamer uit gekap het.  Ek het gevra vir 'n verslag van wat en hoe hulle herdtel het wat ek vir Absa wil stuur om te wys hoe en wat herstel is.

Moet al die krake en vloer teëls vervang/regmaak wat die versekering afgekeur het. ☹
Kombuis, Sitkamer, Eetkamer en Gang vloer teëls,
Verf al die plafonne,
Verf al 3 kamers se mure,
Sitkamer, Eetkamer en Gang se mure word ook geverf.

Hoop dit gaan help vir die toekoms ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus