Môre vriende,
Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?
Hier is die fb skakel.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
Vanoggend praat ek meestal met ons ouer mense,my ingesluit.
Man n mens,is nou vir jou n stupid ding.
Party keer dink ek ons is stupid verby.
Jare gelede,met die kinders uit die huis uit,gaan eet ek en vroulief by n restaurant uit,net na kerk die sondag.
n Seekossie loop mos mooi met n wit wyntjie.Dit was so net na elf die oggend.Skaars was ons glasies vol en kon ons cheers sê op n vroeë sondagmiddagete en n middagslapie,toe begin die omies en tannies instap in daai plek.
Hulle kom koek en tee, na kerk.Hul sit daai plek vol.Jul sal nooit kan raai waaroor gaan die gesprekke hier om ons nie.Nie oor wyn en seekos nie.
Nee,dit gaan oor medisyne en boererate. Wat drink jy vir jou arthiritus vra die een tannie die ander een.Sou sy n groot naam daar gee, sê die ander een,nee jong, daai goed het nie met my ge-akodeer nie.
n Ander een sê weer,het jy al ooit Lennons se druppels probeer.Dan gee sy daai resep,drie druppels van die, twee van daai en een van hierdie, saam met n teelepel water.
Moenie meer water vat omdat dit sleg is nie, dan is sy oemph uit.Jy mag ook nie vir n uur nog vloeistof drink nie,vir dieselfde oemph rede.
As jy môre opstaan weet jy nie van rumatiek nie.
Haai regtig,sal die tannie wat die siekste lyk dan sê, ek moet onthou om dit n bietjie te probeer.
Ja,sê die tannie met die raad, dit help sommer terselder tyd vir Fanie se jig ook.
Haai nooit sê n ander een,ek drink weer n teelepel pynappelasyn op my nugter maag daarvoor. Jy weet nie van jig nie,dit help ook sommer dat jy nie verkoue kry nie.
Nee,sê die oom, hy glo weer aan n dubbel gemmerbrandewyn na n Medlemon en twee disprins gemix vir verkoue.
Laat jou sommer soos n klip slaap ook. Help vir slaaploosheid ook.Môre is jy weer perdfris.
Nee,sê n ander omie hy vat een of ander generiese,nie verslawende pilletjie om te slaap.
O my magties,sê n ander omie,ons sal moet gaan.Noudat ons van die goed praat, ek het vergeet om my medisyne te drink vanoggend.
Sê ek vir Ann, shame, ek hoop nie ons word ook so nie.
Nou is ek ook oor die sestigs en besef ek,ek is ook nou so.Ek moes mooier na al daai boererate geluister het.Stupid,man,stupit sê ek jou.
O ja, en vir n ander skeet,hoeserigheid as ek reg onthou sit jy heuning ook by saam met Lennons.
En daar was wragties selfs iets vir vergeetagtigheid, maar ek kan nie meer lekker onthou nie.
Vroeër jare was my debietkaart voor in my beursie.Nou is hy agter in die beursie en die mediese fonds kaart is heel voor.
Ons pille lys aan die einde van die maand is amper langer as ons kruideniers lys.
Ek troos my net daaraan van iemand wat eendag gesê het, "As dit nie vir al die boererate was nie,was daar vandag baie meer boere"
Vreugde en vrede vir julle, en onthou om jul pilletjies te drink.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
As iemand vir jou sê "so waar as wat padda manel dra,die boereraat werk" moet jy vraagtekens sien,sulke grotes.
n Vriend vertel my van die dat iemand hom vertel dat hy drie maal n dag n goeie vingervol Zam-buk moet eet of sluk vir sy maagsere.Hy het ook aambeie,help ook glo daarvoor,smeer dit net aan.
Hy vertel dat hy oor n tydperk van n maand die hele dorp se Zam-buk voorraad opgekoop het om te eet en of aan te smeer.
Almal was naderhand uit voorraad.Toe wend hy hom na die Tuckshops buite die dorp.Daar het die inwoners vir hom kwaad geword omdat hy al wat n houertjie is opgekoop het en hulle nou met skurwe lippe moes rondloop.
Daai houertjies is so groot soos n halfkroon.Omtrent een keer se gebruik as jou dieet uit Zam-buk salf bestaan.
Hy vertel dat hy nie glo die goed het gewerk nie.Hy reken hy sukkel nou nog om sy naels terug te groei soos wat hy sy naels gebreek het om daai Zam-buk blikkies oop te maak.
Toe vertel hierdie ou met die padda manel waarborg hom van Vicks vir aambeie.
Hy sê daai man kon maar net sowel vir hom gesê het om terpentyn aan te smeer.
Hy sê almal het gesê hy het maer geword,sy broeke sit dan nou kwansuis so los.
Volgens hom was dit maar net dat hy sy boude in sulke knoppies getrek het weens die Vicks wat so brand.
Hy kan nie glo dat Vicks n toe bors oopmaak maar agterlangs trek hy alles toe en inmekaar nie.
n Ander ding wat die oumense geglo het,was die storie dat jy by pasgebore babas se naeltjies, bo op die naeltjie n halfkroon vasgedraai het met n verband.Dan sou hy vinnig gesond word en die kind sou eendag n mooi naeltjie hê.
Ek dink dit is die oumense se skuld dat die kinders vandag naeltjie ringe dra.Ons het daai tyd al te veel klem op n naeltjie gelê.
Onthou ek die dae dat ouma of ma n Campher blokkie in n lappie aan jou hemp of slaapklere vasgespeld het.Dan het jy mos soos n wandelende apteek geruik.
Jou maats het jou probeer vermy want hul het dan geweet jy het iets onder lede.
Praat nie eers van al die Scott's emulsion wat ons bottelsgewys onder dwang moes drink nie.Alles om ons longe glo sterk te maak.
As dit net gelyk het asof jy gaan hoes was die Borstol bottel daar met die eetlepel.
Magties,n ding wat darem sleg was.Ken jul nog die smaak van Caster olie.Sjoe,was dit nou vir jou sleg.
Maar wat so aan sy gat gevat het wat smaak aanbetref was Buccaline gorrel middel vir seer keel.
Ek kry sommer weer daai smaak in my mond, hy het mos so n droë saamtrek gevoel geskep in jou mond as jy gorrel.
Ek het al baie gewonder hoekom ons ouer garde nie sommer kla oor iets as ons siek is nie.
Let maar op, jy moet wragties siek wees voor jy kla.Jy moet nog sieker word voor jy dokter toe gaan.
Ek wonder of dit nie n kleintyd ding is nie.Jy was te bang om te sê jy is siek of jy voel sleg want jy het al daai slegte medisyne se smake te goed geken.
Nog n ding wat ek kan onthou,moet my net nie vra wat het hul hom genoem nie.As jou bors toe was het ma hom uitgehaal,en aangesteek.
Hy was soos n klein stofie,met n klein vlammetjie onder n ronde klein bakkie.In die bakkie is dan medisyne gegooi. Ek ruik dit sommer weer.
Werk boererate?
Ek weet nie.Party sal ek maar met n knippie sout vat, al is dit nou net om die slegte medisyne se smaak weg te vat.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend praat ons besigheid.Nou,ek is in n snaakse bedryf.Menende dat daar nogal snaakse dinge kan gebeur.
Ek deel met mense met verskillende kulture en met verskillende gelowe en bygelowe.
En dit op n gebied wat vir hulle meer as belangrik is.
Ek deel met ander se leed.Die dood.
Ons deel egter net met grafstene,die verskaffing en die oprigting daarvan.
Blankes begrawe egter nog baie selde. Dit het vir hul te gevaarlik geword om gegrafplase te besoek.Dan het die instandhouding van die plekke ook n probleem geword.
Verassings bedryf floreer onder die blankes met so hier en daar nog iemand wat wel nog versoek vir n teraardbestelling.
By hulle baie min of glad nie verassings nie.Hulle glo anders daaroor.Hulle glo as jy iemand veras maak jy sy voorvadergees ook dood.
Verder is die begrafnis vir hulle n baie groot geleentheid.Hulle hou nie terug nie.Geen kostes word ontsien nie.
Dan kry jy twee soorte begrafnisse.n Gewone begrafnis,dit is nou soos ons hom ken.Begrawe nou en oor n jaar verder word die steen opgerig.
Hier heg hul egter ook nie n tydperk aan nie.Die oudste steen wat ons onlangs opgerig het is die ou al in 1966 oorlede.
Wat daar gebeur het was blykbaar die volgende.Hulle hou van tyd tot tyd sulke familie byeenkomste waartydens hul met die voorvaders praat en daarna hou hul dan ook makietie.
Op die geleentheid het iemand vir die direkte naasbestaande gesê dit gaan sleg met hom omdat hulle nog nie vir die ou n steen opgesit het nie en die voorvaders is kwaad.
Vandaar toe die steen 53 jaar later.
Hulle het egter ook n ander tipe begrafnis.
Hulle noem dit n "Life Funeral" Nou moet jul nie skrik nie.Hul begrawe niemand lewendig nie.
Wat eintlik gebeur is hul kom koop die steen en die steen word dan direk na die begrafnis opgerig.
Voor die tyd word die steen langs die oop graf uitgelê en in doeke of komberse toegemaak vir die "Unveiling" direk na die teraardbestelling. Eers daarna word die steen opgerig.
Nou net hier is waar die dinge kan skeefloop.Ons vereis dat die graf uitgebou word tot bo sodat die steen op hom kan rus en dat die steen nie sal insak sodra die graf begin insak nie.
Die probleem kom met die dat tyd hul nie aanjaag nie.Dikwels bou hul Vrydag eers en dalk nog Saterdag oggend nog n paar stene om betyds elfuur klaar te wees.
Baie kere kan die bouer nie lekker n maatband lees nie en bou hy net net te klein vir daai spesifieke kis.Dan is dit n gemors op sy eie as die kis nie inpas nie. Uitbreek, begrawe en toebou is dan hul voorland.
Wat die spesifieke Saterdag gebeur het is hul kon nie klaar bou die Vrydag nie, weens hul eie redes en het nog die laaste stene gelê tot n uur voor die teraardbestelling.Daarna is die kante opgevul tot bo met grond en kon die begrafnisondernemer sy sakmeganisme opstel bo op die geboude mure.
Dit was n welbekende persoon, so dit was n baie groot begrafnis.Hul het n uur later opgedaag,n blaasorkes, trompoppies die hele werke.
Die kis word uitgehaal uit die lykswa en met orkes begeleiding kom die draers nader gestap.
Aan die grote van die kis en die draers wat skuins hang het ek geweet hier kom moeilikheid.
Pas geboude mure, nat sement en gewig het nog nooit saamgewerk nie.
Hul beweeg oor die graf met hul voete nou op die los grond wat tussen die walle en die muur ingegooi is.
Daai mure tuimel na binne met kis en ses draers wat om de dood nie die kis laat los nie.
Dit is net bakstene waar jy kyk,n kis en ses draers daar in die graf, dit terwyl die orkes onverpoost voort speel.
Wat n gemors.Met die draers weer uit die graf het hul die kis met toue uitgetrek uit die graf.Die bourommel verwyder en toe die kis weer met toue laat sak.
Daai blaasorkes speel die heeltyd.Ten einde laaste moes ons die gat met lintels bedek om die steen op te sit.
n Hele Saterdag daarmee heen.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
n Lieflike oggend.
Vandag praat ons n bietjie eers oor julle.
Ons groep is so +- vyf maande oud en ons spog met 996 lede.
Ons is n lekker groep.Ek kan sien hoeveel ouens lees n plasing per dag.Tagtig persent en meer van die lede lees elke dag die plasing.
Julle moet die ouens se reaksies ook lees op elke plasing,die ouens is skerp.
Om sommer net n paar te noem.Op die medisyne storie vra iemand my of ek gehoor het van die ou wat dokter toe is vir n probleem en na vele toetse laat kom die Dr. hom in vir die uitslae.Sy moeilikheid lê in sy lewer,drank.
Die dokter vra wat drink jy.Enige iets sê hy, Wat het jy?
Op n ander plasing vertel iemand of ons gehoor het van die ou wat Roller Coaster gaan ry, hy was baie lief daarvoor.
In sy sak was daar elke keer n paar boude, washers en n nut of twee.
Sodra die roller coaster weggetrek het,voor hy spoed vang,het hy oorgeleun na die passasier voor hom met n handvol van die boude en moere en gesê hulle het onder sy seat uitgeval.
Ek kan myself net indink wat se benoude rit daai man moes hê.
Ek glo die meeste van julle lees die plasings op jul selfone.
Daaroor wil ek ook n bietjie praat.Dit is nou n ding wat die lewe makliker gemaak het.
Dink net n bietjie terug hoe moeilik dit was om iemand in die hande te kry.
Om miskien iemand by die see te ontmoet wat op vakansie was.
Nog erger was as jy langs die pad gaan staan het om hulp te kry en dan nog iemand te laat weet jy gaan laat wees.
Een van die beste funksies op my foon is die GPS.
Kyk ek het darem vroeër jare menigmaal verdwaal.Vat nou n Vrystaters en sit hom in die middel van Johannesburg neer en sien watse amok vang hy aan in eenrigtingstrate.
Dit was net ligte en toeters tot hy evensueel onder handgebare van ander motoriste met opgetrekte skouers ter verontskuldiging n omdraaiplek kon vind.
Maar hier moet n ou ook nou versigtig wees, hy kan jou op ander paaie laat ry as sy "settings" nie reg is nie
Nou, ons oumense en settings was nog nooit pêlle nie.Ons traai al hard genoeg net om pêlle te wees met n selfoon wat nie wil doen wat ons wil hê hy moet doen nie.
My diensteverskaffer se personeel ken my nou al so goed,hul groet my altyd met n "Dagsê oom Jors, wat kan ek my oom mee help" vandag.
Settings ou seun, settings.Oom het met sy dik vingers iets raakgedruk wat hy nie moes nie.
Kan jul nie die ding se keybord groter maak nie, ek druk met een druk vier van die ou bleddy goedjies raak.Hy kon toe maar op sy grootste druk ek nog twee gelyk.
n Ander ding is tale, hy switch mos sommer maklik əü ğöü na n ander taal.O wee, as hy begin spelling regmaak,dan is dit n gemors.
Hy tik dan mos glad nie wat jy wil sê nie.
Het ek nou gesukkel om die blad se naam, Jors se Kampstories te verander na Jors se Kampvuur Stories.Kon dit glad nie op die blad regkry nie, jy moet dit op facebook self gaan doen, so het die kinders my gewys.
Kyk kinders en hierdie nuwe tegnologie loop mos saam.Gee hul n selfoon en kyk bietjie wat kan hul aanvang.
Alhoewel,miskien is dit nie altyd dik vingers nie Onse Sias,ons kleinkind, het ouma se foon heeltemal laat "crash"
Alle nommers en foto's daarmee heen.Het ek al gewonder daai "Return to factory setttings". Wat sal nou gebeur as ek hom druk?
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Net ter inligting vir ons nuwe lede, Sondae plaas ons net n Sondag Oordenking.
Laas week het ons ge-eindig by 2 Petrus.Al die genade wat ons van God ontvang.
Ons lees verder aan die laaste verse van die ou Testamentiese boeke.
1ste brief.
Johannes 5:21
Liewe kinders,bly dus weg van die afgode af.
2de brief.(Handel oor dwaalleraars en hulle dwaalleer)
Johannes 1:13
Die kinders van jou uitverkore suster stuur vir jou groete.
3de brief
Johannes1:15
Ek wens jou vrede toe.Die vriende hier stuur vir jou groete.Dra my groete oor aan die vriende daar, aan elkeen persoonlik.
Judas
25.Aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen.
Openbaring 22:21
Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.
Gebed.
Onse Vader wat in die hemel is, in hierdie oggend kom ons om vir U dankie te sê vir alles wat ons as sondaers so onverdiend uit U vaderhand ontvang.
Here,baie dankie vir U Woord.Here behoed ons daarvan om by te voeg of weg te neem van U Woord soos dit ons pas.
Laat ons leef soos wat U dit van ons verwag, volgens U wil.
Here,ek bid vir elke persoon op hierdie groep, waar hul ookal is.Raak U hul aan in hierdie oomblikke. Hou O Heer U hand van liefde, genade en beskerming oor elkeen van ons uitgestrek.
Seën Vader die verkondiging van U Woord vandag.
Here, vergewe ons waar ons teenoor U sondig en help ons om meer en meer soos Jesus kinders te leef.
Amen.
Mag jul elkeen in hierdie dag God se liefde en genade,vreugde en vrede ervaar.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend is ek weereens rooi in die gesig.Net laas week het ek vertel van selfone en hoe ek sukkel met die ding.
Nou hy kan egter ook n verleentheid raak vir n ou. Ek vat nou sommer gister met die Sondag Oordenking. Voor my op die koffietafeltjie lê n Hollanse Bybel wat ek by my ouma gekry het asook die Nuwe Vertaling. Nogal lief om te kyk wat ek nou lees en wat die oumense daai tyd gelees het.
Begin ek die stukkie skryf. In plaas van Nuwe Testamentiese boeke, skryf ek Ou Testamentiese boeke.So,as jul die skrifgedeeltes in die ou Testament gaan soek het sou jul dit nie gekry het nie.
Maar ek glo darem jul weet waar om Openbaring te vind in die Bybel.
Fout nommer twee, ek spel sondaars as sondaers.Miskien omdat die sonde laer trek om ons.
So, ek vra nederig omverskoning.Ek is egter tong in die kies kwaad vir julle, ek het gedog jul is my vriende en nie een het my reg gehelp nie.
Vanoggend wil ek ook noem dat Willem Christiaan Reynders ons duisendste lid op groep is. Baie geluk aan hom.
Marti vd Walt jy was net een te vroeg op 999.
Nou ja, julle sien hierdie nuwe goed en oumense werk nie altyd lekker saam nie.
Ek maak gereeld "pocket calls" Dan hoor ek net hoe begin iemand hier in my sak nou met my praat.Verskoning vra en verduidelik wat gebeur het is dan die in ding.
Moet my ook nie vra hoe kry ek dit reg om n whattsapp call te maak as ek op whattapp is of was nie.
Nog n ding wat my vang van die selfone is sy knoppies.Stel bietjie sy klank op, dan neem jy foto's of vat n screen shot.Hoekom kan hul nie n ou valve hifi se volume control knop gebruik het nie.
Net om hom af te sit is n hengse ding, ek druk twee van daai ou speldekop knoppies raak, elke keer.Nou hul sê jy moet net so swipe of so swipe, as ek dit doen sit ek hom in flight mode. Ek is nie eers naby n vliegtuig nie.
Plaas sit hul n ligskakelaar vir ons oumense in die ding om hom aan en af te sit.
Vreugde en vrede vir julle
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Wat maak jy, kyk waar jy loop,sal ek dikwels vir Ann sê. Dit is nou as sy amper geval het.
Dink jy nou ek sou aspris geval of amper geval het, sal sy terug antwoord.
Kyk n los mat is nou n lelike ding met ouens wat nie meer lekker kan of wil sien nie.
Dan weet ek ook nie, maar dit is asof ouderdom so half en half die bounce uit n ou se stap uithaal.Die voete begin mos so sleperig agterna kom.
Die kop en die bolyf wil nog maar die onderlyf is so of hy agterna kom, asof hy nie eintlik wil nie.
Ek sê altyd,tot op veertig mag jy nog val, daarna glad nie.Van daar af is dit gebreekte bene en wat nog.
Ek weet ons word oud en ons moet ons voete optel.Maar vra maar enige oumens, gravitasie en jare loop nie saam nie.
Dit is mos so asof alles uit en afsak.Ek meen, toe ek jonk was het my belde bokant my heupe gesit.Nou nie meer nie.
Daai jare was dit sulke dun leërgordels, lekker lig met n ligte dun gespe.
Nou se dae maak hul net sulke breë belde met hierdie swaar buckles.Ann wil my nie glo as ek sê dit is hierdie swaar belde wat so uitsak nie.
Maar kom ons praat nie verder oor so n sensitiewe saak nie.Kom ek vertel jul een en n ander oor sig.
Vriende van ons vertel eendag vir ons van wat met hul gebeur het.
Die vrou dra kontaklense.Haar oë verswak egter baie en die dokter sê hul kan niks doen nie.
Sy het dit vir haarself n gebedsaak gemaak.Een nag word sy wakker en gaan badkamer toe.Agter die deur hang n almanak met die verjaarsdae van geliefdes.
Sy kom dadelik agter dat sy dit kan lees en sê net daar n skietgebedjie op.Sy is so dankbaar.
Die volgende oggend vertel sy haar man die wonderlike nuus.
Toe sy opstaan en voor haar spieëlkas gaan sit om haar kontaklense in te sit, sou sy merk die houertjies is leeg.
Sy het skoon vergeet om haar kontaklense uit te haal die vorige aand.Vandaar die verbetering in sig die nag.
So vertel my skoonsus my van my ander skoonsus se storie oor brille.
Haar oorlede pa het ook brille gedra. Sou hy in die nag opstaan om n draai te loop moes hy hul opsit.
Een naweek kom hul en hul twee jong seuns vir oupa en ouma kuier.
Die aand is oupa en ouma al in die bed en hul kom om nag te sê.
Ongesiens het die een seun oupa se bril omgeruil met sy ma se donkerbril.
Die nag staan oupa op, tas na sy bril en is waggel waggel onvas badkamer toe.
Weer terug in die kamer maak hy ouma wakker met die slegte nuus dat hy dink hy word heeltemal blind.
Ouma het dadelik gesien hy het n donkerbril op.
Die volgende dag wou almal hul doodlag oor oupa so uitgevang is met die omruil van die brille.
Een jaar gaan vang ons,n hele groep manne, vis by Koffiebaai.Ek,my broer en n vriend, Carl, slaap in een kamer.
Hulle dra altwee brille.Ou Carl se bril met sulke duk lense.
Die volgende oggend het ons vriend getas tas na sy bril en sit onwetend die verkeerde bril op.
Hy begin sy visgerei reg te kry en bind stroppies.Hy sukkel om die vislyn deur die hoek se oog te kry.Naderhand sê hy, ek kry nie vanoggend lekker gefokus nie, dink jul dit is gisteraand se rooiwyn.
Nee, sê my broer, jy het my bril op.
Te lekker gelag oor die rooiwyn en die, kry nie gefokus met die verkeerde bril nie.
So kyk waar en hoe julle loop en onthou, na veertig mag jy nie val nie.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Ek dink ons moet so n bietjie tweedehandse karavane praat.
Dikwels lees ons op groepe dat ouens vra waarna om te kyk as hul tweedehands koop,veral vrae oor houtvrot.
Sou jy by n karavaan kom en inklim en jy trap dwarsdeur die vloer en met die valslag kan jy dwarsdeur die dak die wolke sien,het hy heel waarskynlik waterskade asook houtvrot.
Ek trek maar net jul been.
Hierdie is maar net riglyne om jul te help.
Sou jy n karavaan wil evalueer stel ek voor jy begin buite.
24 Dinge om na te kyk.
1) Toestand en ouderdom van die bande.
2).Kyk na enige skade aan die binnewande van die bandekas.(gewoonlik veroorsaak agv. n band wat gebars het)
3)Kyk vir skade aan die buite kante rondom die karavaan.
4)Algemene toestand van die haak en remstelsel.(Trek handrem op en probeer wa vorentoe stoot.)
5)Toestand van sy 4 hoekstutte (jacks), draai hul maar af en op.
6)Toets rem en flikker ligte.
7)Klim op n leer en kyk na toestand van die dak.
8)By opligdakke, kyk na toestand van die seil en gaas.
9)Kyk op alle hoeke en laste vir enige skaaf skade aan beadings en of die seelmiddel mooi heg aan beide wande.
10)Klop nou met jou vingerpunt weerskante van alle beadings op alle hoeke en laste van die karavaan.Spesiale aandag waar die tente weerskante van die karafaan inskuif.n Vaste klop is reg, n dowwe klop geluid kan moelikheid beteken.Druk op plekke waar dit hol geklink het, sou dit sponserig voel onder die metaal is daar moontlikke houtvrot.
11)Doen nou ook so rondom die vensters en deure teenaan die raamwerk van die vensters en deure.Is al die vensters heel.Kyk by deur vir geskeurde metaal bokant hoeke van deur.
12)Skuif onder die wa in, kyk vir houtvrot, veral op die buitekante van die vloer rondom die wa.Algemene toestand van vloer,onderstel asook die as.
Nou klim ons in.
13)Pas die deur mooi in sy raamwerk in as jy hom oop en toe maak.
14)Toestand van die inloop trappie.
15)Toestand van vloer en vloerbedekking.
16)Algemene toestand van kaste,yskas,stoof en wasbak sou hy hê.Kyk binne alle kaste vir watervlekke en of skade.
17)Toestande van beddens en matrasse, kyk onder beddens vir watervlekke en skade.
18)Toets yskas,stoof en waterpomp van opwas asook alle ligte, binne en buite.
19)Kyk vir watervlekke en of skade aan binneafwerking, veral in hoeke.
20)Ruik vir n muf reuk, laat hom in son staan om dit beter op te tel.As wa oorheersend na parfuum en of airfreshner ruik probeer eienaar houtvrot wegsteek.(Jy kry n apparaat waarmee vog gemeet kan word binne)
21)Toestand van gordyne, lig hul op en kyk rondom die vensters vir watervlekke en of houtvrot.
22)Slaan tent en rally op om te bepaal of alles daar en in n goeie toestand is.
23)Maak seker jou vrou hou van die wa
24)Maak seker dat alle dokumentasie in plek is voor jy betaal en wegry met jou wa.
Dit is maar net my twee dosyn checklist.Jul het dalk nog meer goed om na te kyk.
O ja, as jy n braaier bygekry het was dit n bargain.
Vir die wat nie op my blog is nie gaan op FB en soek na Jors se Kampvuurstories.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Gister het ons sommer n bietjie gepraat oor dinge waarna ek kyk as ek na n tweedehandse karavaan kyk.
Dit is nou dat n ou nie in n slaggat val nie.
Maar jy moet passop vir die grootste slaggat,dit is die verkoper.
Kyk jy kry ouens wat glad is met die bek,dit is nog oraait.
Dan kry jy ouens wat sommer net pleinweg skelm is.
Ouens wat die pragtigste fototjies opsit by hul advertensies met mooi beskrywings.
Sou jy by so n wa kom val hy uitmekaar uit.
Maar die ou wat jy die versigtigste moet wees, is die te goed om waar te wees aanbiedinge.
Dit is die ou wat jou in n lokval wil inlei.
Daar is altyd die storie van dat die kopers hom toeval om te koop.
Wil jy kom kyk is sy program so vol hy kan jou eers volgende week inpas.
As hy die wa dan nog het sal hy jou kontak. Maar as jy nou n deposito betaal dan hou hy hom vir jou.
Ek vra myself altyd die vraag af,as almal hom dan kwansuis so toeval, hoekom het niemand nog gekoop nie.
Moenie dat iemand jou so vang nie.Onthou gister se punt no. 24.Maak seker dat alle dokumentasie reg is voor jy enige geld betaal en dat jy daar wegry met n wa wat oordentlik deurgegaan is.
Die ouens lag altyd vir my.Ek is lief om te sê ek koop nie n wa of motor tweedehands voor ek hom nie self gewas het nie.As jy hom was en dit oordentlik doen sien jy al die tekortkominge raak.
Die verkoper hou dalk sy skoon motor of karafaan vir homself as ek klaar is, maar vir my was dit goedkoper as koop.
Dan moet jy ook natuurlik baie baie versigtig wees vir jouself.
n Haastige hond verbrand sy mond,het die oumense altyd gesê.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Ons het nou lekker gesels oor tweedehands koop en die verskillende verkopers.Maar nie almal is skelms nie. Kom ek vertel jul n mooi storie.
Ek wil graag vertel van n transaksie.Ek sal dit egter nie aanbeveel nie.Ek adverteer n voertuig op verskillende media.n Persoon 860km van my af kontak my en stel belang.Na 2 weke se oor en weer onderhandeling,verskeie foto's en video's aan hom gestuur, word ooreengekom op n bedrag.Ek dring aan op kontant.Hy sê hy kan nie die voertuig self kom haal nie."Rooi ligte"Vra hy moet my n mail stuur met koerier se besonderhede.Hy doen so.
TRANSAKSIE DAG. Ek het nog geen geld nie. Koper skakel my.Iemand sal die voertuig met n sleepwa kom optel.Die voertuig sal 2 uur gelaai word.Hy sal die geld nou gaan inbetaal,kontant.Kry boodskap op foon,geld is inbetaal.Gaan bank toe en bevestig.Ja , kontant inbetaling.Kom ek stel dit so, dit was nie kleingeld nie.
Swaai geld onmiddelik na ander rekening.Nou spring my brein na die volgende skelmstreek trick.
By oorhandiging van voertuig gaan ek geroof word,of voertuig gaan verdwyn met papiere en al en hy gaan sy geld terug eis.
OORHANDIGING. Ek voel soos Rambo,versteekte 9mm op heup en n Joseph Roger in broeksak,as ek toegang kon kry tot n selfmoord bom sou ek hom ook gedra het.Kyk as hul my aanvat blaas ek hulle,myself,die voertuig,die karavaan, nog n voertuig en die garage en afdak moer....
Hulle arriveer.n Maatskappy van vereeniging.Ek sien rooi ligte, haha.Hulle word ge ID met sy email in my hand,foto's van drywer, hulpdrywer,voertuig sleepwa asook registrasie nommers in my besit, aangestuur deur koper waarop ek aangedring het.
Ek bevestig telefonies met koper en voertuig word gelaai. Hulle vertrek en kom veilig in PE by nuwe eienaar.
Die koper, n Indiër,bel my om te sê die voertuig is veilig en in een stuk by hom,hy is tevrede met alles.
Toe ek vir hom sê ek sal nooit doen wat hy gedoen het nie,was sy woorde."I Have put my trust in God" .
Ek weet net my senuwees was gedaan.
Soos op TV. Waarskuwing.
DON'T TRY THIS AT HOME.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend praat ons n bietjie oor iets wat baie ouens se harte vinniger laat klop.
Rugby.Ek vat jul terug na 1974.Springbokke teen Engeland op Loftus.
Daai jare was n toets n groot storie. Vroeg vroeg het die mense ingestroom in Loftus in die dag vir die voorwedstryde.
Bakkie vragte naartjies word verkoop buite die stadion.Wonder darem hoekom het die gewoonte uitgesterf.
Sou dit wees omdat die ouens drank ingespuit het in die naartjies of dat die manne mekaar begin gooi het met hulle as die gemoedere begin hoog loop het.
Vir my en my spanmaats n eer om vir n toetswedstryd n voorwedstryd te speel op Loftus.
Coligny teen Afrikaans Hoër.Dit is omtrent so goed soos om te sê Paul Roux se eerste span speel teen Grey.
Nee,moet jul nie laat bluff nie.Ons was n gedugte span.Wes Transvaal se mieliepap krag in ons pype gehad.
Ons verloor wel die wedstryd met n punt of twee maar ons het n hengse fight opgesit.Hulle het na die tyd gesê hul het nie geweet ons boertjies gaan so n wedstryd speel nie.
Vandag is dit die Springbokke teen Engeland vir die wêreldbeker.
Ek voel omtrent weer so opgewonde soos daai tyd.
Kom Bokke, bring hom terug huis toe.
Geniet die rugby en hou matigheid voor oë.
Vreude en vrede vir julle.
NS. En vir die wat die kiekie stukkend gekyk het, ek staan derde van regs in die agterste ry.

Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Nou laat ek jul n ding of twee vertel, Johannesburg en Pretoria is nie n man se maat nie.
Kyk,jy kry nou vir jou geleerde mense daar.Seker omdat daar soveel plekke daar is om te gaan leer.Universiteite,kolleges en privaat instellings wat mense slim maak.
Praat nie eers van al die skole en privaat skole,waar hul jou halfpad slim maak nie.
Daai ouens wat al daai brue en paaie uitgedink het,hulle moes darem seker diep dink.
Kom ons nou toe by die ou doktertjie se spreekkamers.
Man is dit nou vir jou n grênt plek.Daar is n wag by die hek.Jy meld aan, hy bevestig op so n radiotjie en eers dan gaan jy in.
Stop ons daar met ons ou FS karretjie tussen al hierdie smart karre.Sê vir die vrou, jy moet nou wragties nie jou deur oopgooi soos in Betlehem nie.Ons kan nie eers hierdie kar langs ons se deur bekostig nie.
Klim versigtig uit en staan voor hierdie groot drieverdieping gebou. Dit smaak jou jy is Rocky Balboa,trappe van hier onder af tot doer bo met so n imposante glasdeur so groot soos n garage se deur.
Ek en die vrou is toe daar teen die trappe uit, ek met my kortbroek, kouse,bootse en khakihemp.Sy nogal heel deftig in n amper kerk uitrusting.
Binne by ontvangs is die een hele muur van glas en dit is sommer terseldertyd n waterval.
Kyk jy kan sien hierdie is nou vir jou n vooruitstrewende boerdery.Hier reën dit geld.
Gaan naderhand in spreekkamer toe.Nie soos daar by ons nie, daar sit twee dokters,die een wat ons kom sien het,hy lyk nogal soos n boerseun,en dan so n aantreklike vroue doktertjie.
Hul sê mos twee koppe is beter as een.Is hul nou vir jou deeglik.Hul het nou die vrou van die voorgeslagte af gevat tot huidiglik.Elke detail word aangeteken en tussen hulle bespreek.Sommer so terloops vra hy of ons boer.My antwoord was net n bot "Nee" Plaas sê ek sommer net ons is afgetree of ons soek werk.
Later vra hy weer,nou wat doen ons.Noem toe maar net, ons werk met die ouens wat julle dokters nie kon deurhaal nie.Ons sit vir hul grafstene op.Lag hy nogal so verleë.
Naderhand ken hul haar hele pedigree.Daarna word ons na n assistent gestuur vir DNA ontleding, is dit nou ook n duur storie. Slim ouens gaan nou kyk na die monsters in hul laboratorium.
Ek is nogal bang vir die uitslae, sê nou net ek was nog al die jare met n afstammeling van n alien getroud.
Toe word sy na n ander assistent gestuur wat n klierspesialis is,sy maak limfkliere blykbaar oop, wat sy toe ook doen.
Hoe verder ons gaan hoe meer besef ek dat die vraag wat ons doen,nie heeltemal so onskuldig was nie.
Gelukkig was ons net op die onderste vloer.Bo is tandartse en nog plekke wat kosmetiese goete doen.Selfs n skoonheids salon.
Twee en n half ure later stap ons soos uitgemelkte koeie daar uit.Bankrot.
Nou wag ons vir die slim ouens se uitslae.Dan gaan ons weer daar kuier. Intussen maak ons geld bymekaar vir daai trippie.
Ek hoop ons kry weer daai ou wat sy 9mil aan my wou verkoop by daai robot, hierdie keer vat ek myne saam om hom te wys ek het een,hy wou my mos nie glo nie.
Vreugde en vrede vir jul elkeen.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Sit jy iets wat oud is voor my neer,het jy my aandag.
Kuier ons op n plaas by n niggie van ons,diep hul seun hierdie ou fototjies en dokumente daar uit n kis uit op.
Het die kind nou n liefde om in die verlede te gaan delf.
Foto's van familie,ou skool rapporte,ou motors,n stoomenjin wat n dorsmasjien aandryf.
Daai ou stoomenjin het mos so n fluit gehad wat bokant die ketel gesit het. Aan hom het n tou,osriem of kettinkie gehang wat die operateur getrek het sou hy die masjien se bewegende dele in beweging bring.
Dan moes die werkers wegstaan.Na die tweede fluit het hy hom dan laat loop.
Die geskiedenis gaan oor die Fourie's, Boshoff's en O'Connor's.
Kyk,hy het nou elke fototjie nagespeur en elke een vertel n storie.
Die Boshoffse het van Natal af gekom, Bethlehem omgewing toe in die 1900's.Groot groot Oupa Boshoff was n kalant,hy was van sy vrou geskei.
Hy was egter n welaf man.Naderhand verskeie plase gehad.Groot oupagrootjie het toe bywoners op een plaas, Graspan laat bly.Hul het van Skotland af per skip in SA aangekom.
Hulle was,Bill O'Conner die pa,Tom die seun, en n aanneemdogter Maggie.Bill se vrou is in die oorlog dood asook Maggie sê pa.
Nou,dit is nou net hier waar dinge ıntressant,maar ingewikkeld raak.
As geskeide man het oupa by Maggie begin kuier en is hul getroud toe Maggie 19 was, so in 1908 rond.Hy was toe n middeljarige man met hierdie jong vroutjie.
Die O'Conner's,sy skoon familie,was nog steeds die bywoners.
Nege jaar later word Maggie siek en sterf.
n Paar jaar later het verhoudinge tussen oupa Boshoff en die O'Conner's versuur.Hul is nou bywoners wat al baie lank bly.
Hy gee hul kennis,maar trek is min.Bly,bly hulle.
Dryg help ook nie, hulle weier om te trek.
Oupa bied hul die allemintige bedrag van een duisend pond aan om te trek en die kontrak word geteken deur die twee ou manne.
Hul is toe van die plaas af maar het dadelik vir hul
n mooi two-seater motor gaan koop met van die geld.
Oupa Boshoff was ontslae van sy skoonfamilie en bywoners en hul was happy met hul nuwe motor. (sien foto)
Vreugde en vrede vir julle.
NS. Jul weet nie waar kan ek nog skape koop teen R60 stuk nie.😁

Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
Van die mense het gevra ek moet van die vroeëre stories weer plaas.Ek doen dit selektief.
25/6/19 Jors kamp.(Ware verhaal)
Môre vriende.Vanoggend byt die koue hier in Drakensville.Ek dink die ouens is vasgevries. Half agt en dit is nog doodstil in die kamp.
Gesê ek gaan jul vertel van "picture this"
n Vrou kan dit mos verskriklik goed doen. Seker hoekom hul n huis of vertrek so mooi kan maak.Hul dink mos in "before" en "after" prentjies.Hulle koppe is mos die heeltyd vol prentjies,as hul in die verlede delf, gaan haal hul breine in die argiewe prentjies uit.As hul in die toekoms indink dan druk hul breine vir hul n prentjie soos wat hul dink dit gaan lyk.
Ons mans is mos heeltemal anders. Prentjies is vir ons vervelig.Nee ou broer, ons dink in film mode.In kleur met klank ook nog by.As ons in die verlede indink haal ons die film uit ons argief rakkie uit, sit hom in die projektor en dan kyk ons die hele fliek.Ons het ook die gawe om dit so te doen met die toekoms films.Party keer werk dit uit.
Gistermiddag is ek en ou Pieta weer besig om skottelgoed te was.Ann het n skoueroperasie gehad so ek staan maar in.
Daar by daai wasbak begin so n ou filmpie toe in my kop afspeel,ek verduidelik net daar vir hom hoe wat moet werk.
Ek gaan vertel ons het hierdie pragtige blonde geskeide dametjie met twee jong seuntjies by die opwas ontmoet.Dan gaan ek sê ons het so lekker gesels.Sy het ook genoem waar staan haar tentjie (shame) en so aan en so aan.Breedvoerig word daar beplan by die opwas. Daar was niemand saam ons nie.Min het ek onthou dat die mure ore het.Die dames ablusie is ook langsaan.
So in die naderstap sê ek Pieta nou moet jy jou "pose" hou.Harder sê ek, ek kan nie glo dat haar man haar en die kinders gelos het nie.Dadelik word daar gevra,wat nou.
Ek sit daai filmpie in die projektor.Speel ek daai filmpie vir hulle, ek kleur in en ek sê hoe jammer ek die vroutjie het,sy is so oulik. Haar man moet n dinges wees om haar te gelos het.
Net daar dink ek my plan gaan werk, nou gaan hul die skottelgoed vir die res van die kamp was.Loop later die dag vir Sonja, een van ons lede by hul karavaan raak, toe ons wil loop sê ek kom ons loop so om ek wil jul wys waar kamp daai vroutjie.
Sonja sê. O,is dit daai oulike geskeide vroutjie wat julle so "opgechat" het by die opwas.Sy was blykbaar in die badkamer en het alles gehoor.Ons het gelag dat die trane loop.
Ons is toe daar weg,plaas het ek die vrou gevra sy moet vir die vrouens sê dit is sommer net n storie. Nou wil hul ons nie glo nie.
Vreugde en vrede vir almal.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Het ons nou lekker gekuier op die plaas die naweek saam met familie.
n Neef, Pieter en sy vrou Linda was ook daar vanaf hul buurplaas so sestien kilometer weg.
Kan hul nou vir jou interessante dinge vertel.Hulle is nou so in hul later sewentigs.Al die jare geboer en woon nog steeds op die plaas.
Linda kan nou vir jou bak,ek is skoon n ander mens na al daai wortelkoek.Al baie gehoor by die ouens as jy op n dieët gaan en jy word honger moet jy n wortel eet.Ek sal nogal op hierdie dieët kan gaan.
In hul huis is daar n industrieële oond.Linda bak groot.Sy het van die plaaswerkers se vrouens wat haar in haar bakkery help bedags.Die omliggende plase en dorpe bestel by haar.
Hul het in n ander era groot geword,as dinge verkeerd loop by haar,sal sy die werkers nog op n naam noem wat sy nie mag nie.
Blykbaar het hul kerk vir hul per sms genooi vir n ete wat hul vir die oumense gegee het.Sy was hewig ontsteld,sy sê hul kon haar liewers gevra het om te kom help kosmaak vir die oumense,hulle is nie oud nie.Sommer vir haar kleinkind gevra of hy nie hierdie sms besigheid kan afsit op haar foon nie.
Pieter kan jou n paar dinge vertel wat ek nie geweet het nie of wat ek al van vergeet het.
Hy vertel Soweto beteken "Ons Twee" en dat Soweto eintlik vroeër jare Sophia Town geheet het.
Van ou motors met die Fintails en van die duck tails het hy menigte storietjies.Taunus, Zodiak,en Zepher's.
Karre het die ducktails gelike, arm so by die Venter uit.Zundapp motorfietse net waar jy kyk met so hier en daar n Harley Davidson.
Hy sê dat die ouens lekke gesprie geraak het by die hotel.Vra ek nou wat vir n ding is gesprie, man sê hy, dit is nou as die manne gesuip was.
Plekke se name wat verander,is n ou ding vertel hy. Nog n plek se naam wat verander het is Voortrekkerhoogte.Hy was eers Robbertshoogte of Robbertsheights.Afrikaskop naby Harrismith was eers Revelstoke. So ons word verniet so kwaad oor die name, nê.
Dan vertel hy ook hoe hul Osse ingespan het,van twee Voorosse en twee agterosse,14 in n span,maar dit hang ook af hoe groot die vrag was.
Praat ons oor hoe groot die SAS vroeër was.Kyk,hul was nou vir jou op tyd.Ek kan nog onthou hoe my ma-hulle groente kasgewys by die markaggent in Johannesburg bestel het.Die volgende middag gaan haal jy dit op tyd by die stasie.
Praat ons so oor die droogte.Vertel hy van die groot droogte van 1933.
Blykbaar, as jy nou kaart en transport van die plaas gehad het daai jare en jy het uitgeboer, mag hul net jou los goed kom vat het.Die plaas mag hul nie vat nie. Dit was nou sodat jy weer kan aangaan.Ek weet nie waarmee nie, dit is seker waar die gesegde n boer maak n plan vandaan kom.
Die boere het akkoorde aan gegaan met die wat hul mekaar uitgehelp het.
Praat ons van hoe sterk die mense se geloof was.Hoe hul geglo het dat daar uitkoms sal wees.
Ons praat van hoe die mense nagnaalshuise op die dorp gehad het.Hoe hul daar gaan bly het op so n naweek vir die voorbereidingsdiens, sondag se nagmaalsdiens en die middag se nabetragtingsdiens.
Dit was lekker jare ou broer, lekker jare sê ek jou,sê hy.
Toe hul ry stap ons uit na hul bakkie en hy start hom,ek sê Pieta, jy moet kyk, dit klink of iets los is daar voor.Nee,sê hy, dit is maar die slegte grondpaaie, sy is reg,sy is topfiks reken hy my.
Toe is dit sommer stil op die plaas en ek dink so by myself,so raak ons almal stil en die stories raak weg.
Vreugde en vrede vir julle.
(Die hare foto's by Google geleen en die Morrissie het aan n friend behoort wat onlangs afgesterf het)


Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
Vanoggend is ek baie dankbaar,ons het hier in Bethlehem 22mm reën gehad laasnag.
Net gister sê ek vir die vrou ons moet berge toe, ons moet gaan kamp.Is dit nie ook met julle so dat die natuur julle roep nie.
By my is dit n stem wat vir my diep binne my sê,hoor hier,raak rustig,jy moet uitkom,jy moet n bietjie wegkom.
Jy het tyd nodig om introspeksie te gaan doen.
Dan gesels jy mos lekker met jouself.Partykeer baklei jy met jouself.Moet net nie dink jou vrou gaan jou glo as jy met blou oë by die huis kom nie.
Wat is nou lekkerder as om die stilte van die berg te ervaar of om sommer net in die aand in die kampvuur se kole te sit en staar saam met vroulief.
Om met doodse stilte aan die slaap te kan raak in die karavaan.Selfs om in die middel van die nag wakker te word,en net te kan luister na die stilte.Man dit praat met jou.
In die vroegoggend n koffietjie te maak.Dan vat julle n staproete berg in.
Is dit nie lekker om te sien hoe klou die doudruppels nog aan die plante sê blare,so asof hul wil sê,laat ons nog net so n bietjie hierdie vreedsaamheid ervaar voordat ons afdrup en vir jou lewe gee by jou wortels nie.
Dit is lekker om na die voëls te luister en hul dop te hou.Elkeen besig met sy eie dinge.
Kry jy wilde diere,om tot stilstand te kom en te sien hoe hul vries as hul bewus raak van jou.Soos n wasbeeld sal die bokkie vir jou staan en kyk totdat hy sien jy hou nie vir hom enige bedreiging in nie,dan sal hy rustig verder wei.
Kom jy terug by die kamp,die liggaam moeg maar jou kop is lekker skoon.
Begin jy dan n ontbyt maak.Ai,die reuk van gebraaide uie,spek en roosterbrood.Kan dit n ou nou nog hongerder maak.
Nee wag,Mahai in die Drakensberge roep.Ek moet begin die goedjies gaan regkry in die karavaan.Om die kampgoed reg te kry is al klaar vir my deel van kamp.Ek doen dit lanksaam,vrydag is nog ver.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
KAMPKENSGEIT.
Kry n ou so n woord.As daai lus jou pak dan raak jy so half kens,ek in elk geval.
Iemand op ons groep sê gister, na hul my stukkie gelees het op Jors se Kampvuur Stories,hul is nou so lus vir kamp,hul gaan slaan sommer die wa se tent op.
Ek doen party keer,ek draai die wa dwars onder die afdak.Slaan alles op.Papnat gesweet gaan sit ek in my kampstoel en drink n koue bier,miskien twee.Lekker sit ek voor die tent dan hoor ek die deur rol op agter die karavaan.
Kyk dan weet ek my afdakkamp is kortgeknip. Die vrou is terug van die dorp af en sy kan nie inkom in die oprit nie.
Sal sy nou wragties toeter druk as sy sien sy kan nie inry nie,so asof ek nou soos Martino moet sê "Kul jou hier en kul jou daar" en daar staan die karavaan,tente afgeslaan,weer terug op sy plek en uit die pad uit.
Sy sal maar in die straat moet staan tot ek klaar gekamp het.Dan staan sy nou en wag vir hierdie wonderwerk wat moet gebeur.Sal nogal so ewe weer die toeter druk.
Staan ek verontwaardig op en stap om die karavaan.Sit sy in die motor en haal haar skouertjies op in n "wat nou" gebaar.
Sal ek mos toe so voor die neus van die motor gaan staan,en soos n wafferse spietkop wat puntdiens doen,haar in n rigting in beduie waar sy in die straat moet parkeer.
Sien nogal die vrou is rooi in die gesig en wonder so by myself of het die lugreëlaar nou opgehou werk.
So vinnig het ek nog nooit gesien,sonder om die ratte te krap,het sy hom in trurat en parkeer sy in die straat.
Met n,nou moet die kar in die son staan,soengroet ons.Asof die Mall by ons onderdakparkering het en hy nog die heel dag onderdak was terwyl sy geshop het.
Met n,nou sal jy al die pakkies indra,is sy daar by my verby langs die karavaan en muur af.
Wou nog sê pasop vir die toue,toe sy die tou neffens die karavaan raaktrap en soos n honderd meter atleet begin spoed optel.
By die tent se hoektoutjie tree sy soos n hekkiesatleet oor die tweede tou.Ek het gedog sy gaan nog n trap tussen die tweede tou en die canopy sê tou gee maar sy is met een sprong bo oor albei toue.Die handsak in haar regterhand is met n wafferse boulaksie bo oor die skouer deur die lug vooruit en hak bo-oor die sekuriteitlig bokant die motorhuisdeure.
Nou is sy op volspoed na die toe motorhuis deure op pad.Ek druk die remote om hul oop te maak.
Maar heelaas te laat. Sy slaan daai wenstreep tou wat toe die deur se onderkant was,so op borshoogte.
Haar kop en skouers bly agter die wenstreep,maar haar onderlyf het nog momentum en gaan onderdeur die deur,en kaplaks daar sit sy op haar alie.
Help ek haar op en vra of sy oraait is.Gelukkig het sy niks seer gekry nie.Hang vrou sê ek,ek het nie geweet jy het nog soveel spoed in jou nie.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Praat ek gisteraand met n Nico van Heerden, nie familie nie,daar van Bloemfontein se wêreld.Hy koop by my van die Trip Alarms wat met n "bang" n mens waarsku as ongewenste gaste jou of jou kamptoerusting wil besoek.Hy wil die alarm by my koop om die skelms wat sy goed op die plaas steel af te skrik.
Die soort "trip" is nou anders as gister sin.Hierdie harde knal laat jou wegspring soos uit wegspring blokke op n atletiekbaan.Jy gaan van skok so vinnig as moontlik probeer wegkom.
Die mans hou ook van die toestelletjie.Dit bring so n bietjie Army terug in kamp. Maar meer daaroor later oor die naweek as ek by Mahai kamp.
Gesels ons toe sommer so oor ons Van Heerden's.Man is dit nou goeie mense.Kyk,enige een wat in die Van Heerden's introu is baie gelukkig.
So het my oorlede skoonouers en hul dogter ook maar seker die potensiaal raak gesien vroeë jare.
Nee wat,ek trek sommer net so n bietjie been.
Dit is darem baie lekker as twee mense mekaar aanvul.
So is ek en die vrou ook.
Gister het ek vertel van my wat die karavaan en tente so in die oprit opslaan as ek kampkoors kry.Toe het die vrou mos atleties geraak toe sy oor die tent se toue trip.
Wat ek nie verstaan nie is dat almal bekommerd was oor haar,met so hier en daar iemand wat wel die ergste scenario van my lot raak gesien het en dit ook verwag het.
Ek het darem nie n gidshond nodig om my weg te vind nie.Kan nog deur my oë sien.
Nou ja,ek het toe die vrou opgehelp daar onder die garagedeur.
Was sy nou ontsteld voor die val.Die rooi in die gesig van vroeër in die motor het nou plek gemaak vir so n bleek gelaat.Seker van die skok, met so n laggie oor die snaaksigheid van die petalje.
Dit is darem snaaks as n ou so trip.Jou kop wat eintlik alles moet beheer, die wil mos dinge vooruit loop,of sal ek sê vooruit hardloop.
Dit is so asof jou kop so twee tree voor jou voete is.Hy stuur die heeltyd seine vanaf jou brein, vir jou onderlyf,om by te kom en in te haal.Maar verniet,in elk geval vir n hele paar meter of wat.
Kry jy momentum met so n tripslag vat dit jou n paar meter vir jou onderlyf en voete om jou kop en bolyf in te haal.
En net sodra jou hele lyf weer bymekaar is,sit jou brein met al sy seine weer jou liggaam in reverse,om tot stilstand te kan kom.
Nou wil jou kop en bolyf mos briek en agter bly maar jou onderlyf en voete wat moes inhaal is nog in volspoed,oppad vorentoe,in "forward mode"
Waar jou liggaam eers vorentoe gelê het,
lê hy nou agter toe.
Eers wanneer jy weer jou voete reg onder jou lyf tot stilstand kan kry, is dinge weer gesinkronieseerd.
Nou dit is net hier,as dinge tot ruste kom dat n mens besef hoe lief jy die ander een het.
Was die vrou nou vir jou dankbaar dat ek daar was om haar op te tel en vas te hou.Sommer n drukkie en n soentjie ook gesteel.
Sê sy so ewe as dit nie vir die trip oor die tent se tou was nie het sy nou uitgeloose op hierdie soentjie en drukkie.
En die ergste van alles sou wees ,ek het dan niks gehad om jul te vertel nie.
Dinge gebeur met n doel.
Vreugde en vrede vir jul elkeen.





Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend praat ons n bietjie oor ou goed.Ek dink as jy wou kon jy ons oues ook ingevoeg het.
Ons praat eers oor motors.Daai jare was hul karre.
Vat bietjie jul gedagtes terug na jul groot word jare.Die eerste motor wat jy kon onthou.My pa se motor wat ek kan onthou was n Chevrolet Fleetline (soos die gryse - foto geleen)
Sou jy inklim,het hy mos so n kenmerkende leërbekleedsel reuk gehad.Nog nêrens anders het ek al ooit iets gekry wat so ruik nie.Nie eers naby nie.
Sou jy ooit een sien gaan vra of jy kan inklim,en ruik net weer hoe dit ruik.
Toe koop my pa n groen two tone Chevrolet Biscayne.Wat n skip.Hy het so lekker gewieg.As jy lepel gegee het, het hy so n sweeferigheid gehad.My pa het die gewoonte gehad, sou hy by n ander voertuig verby gaan, om so vorentoe en agtertoe te bly beweeg met sy bolyf.So asof die kar nou sou vinniger ry. Sodra hy verby is,sou hy ophou daarmee.
Toe koop hy n Ford Fairmont.Die groen een agter my Datsun 1200.Man dit was nou n lekker kar.Sou jy sy enjinkap oopmaak was daar genoeg plek om die Datsuntjie ook in te druk sou jy wou.Hy was vaster op die pad as die Chev.Hy is nog steeds in die familie by n broerskind.Pragtige wa.
Hier in my veertigs skop die jeukerigheid toe in.Koop ek eendag n 74 Mercedes, die bruinetjie.Man daai kar is net in n ander klas.Ry hy nou lekker.
So bietjie later kom nog n perd in die stal ingestap, die Chrysler 383.
Sy agt silinder enjin het mos net n ander klank.Dit is n klank wat jy net met baie petrol kry.In hom kan jy laai. Spasie is nie n probleem nie.
Nou soek ek nog net na n ou karavaan.Hul hou mos nou net weer n ander bekoring in.In my geestesoog sien en hoor ek die kampeerders wat daai jare met hul gekamp het.
Ek sien die oom en tannie in hul klere van daai tyd,die omie dalk in n kortbroek, die tannie deftig aangetrek.Ek hoor die kinders toe hul opgewonde rond speel.Wegkruipertjie en cowboy&crooks.
Sulke blink plastiek revolvers met hulle claps.
Die seuns altyd die cowboys en die meisies die crooks.
Was dit darem lekker jare.
Vreugde en vrede vir julle.