Môre vriende,
Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?
Hier is die fb skakel.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
So is ons met n voller vrag uit Carnavon.My sak hout in die waentjie,die goed wat uitgehaal is uit die waentjie om plek te maak vir die hout,nou ook in die X-Trail.Volgepak tot teen die dak.
Die vorige aand se karoo skaaptjoppie wat oorgebly het moes ek saam met die laaste pap en sous na ontbyt ook eet, daar was net nie plek vir hulle ook nie.
Kan jul julle indink,die kar is nou tot teen die stuurwiel toe volgepak.
Vertel iemand my gister van die vier dames wat vir die goewerment gewerk het.Hulle is goed rond en het by n KFC gestop om net weer aan te vul op hul rondings.
Met die Polo is hul toe daar weg uit die dorp.Al etende.
Wat gebeur het weet niemand nie.Hul rol daai Polo sodat hy soos n Rolo lyk.Al die knoppe en duike aan die kar is van die binnekant af buitentoe geslaan aan die kar.Dit lyk soos n Polo met n Volkswagen Kewer se dak.
Almal het lewendig uitgeklim,een nog met n hoederboudjie so dwars in haar mond gedraai.n Ander een met hoedervlerkies vir oorbelle, die het so met die hardgebakte punte deur haar oorbelle gedruk.n Derde een het so met n gebeur en gesteun by die voorruit uitgerol, toe sy so regop kom het n hoenderborsie so halpad uitgesteek tusse haar borste bokant haar rok.Die laaste een het gesukkel om haar weg uit die Polo te kry,sy kon nie sien nie.Die KFC papiersak het so oor haar kop gehang, lyk of sy by n Halloween party was.Die Polo het die insleepdiens sommerso soos n bal gerol na die wiele kant toe.
Magties, maar ek kan darem afdwaal.
Ons is toe daar weg uit Carnavon.Die wind waai nog steeds.Op n stadium ry ons saam met die wind.Ek en n rolbos het mekaar gedice.Hy het net net verloor.
Ann sit rustig en hekel. Daai naald is al vlymskerp gehekel.Weet nie wat gaan n airbag help sou n ou in n ongeluk kom nie.Hy gaan gepuncture wees voor hy oop is.
Die middag net na twaalf kom ons op Nieuwoudtville aan.Gaan kyk na die waterval,elke keer as ons daar kom koop ons askoek.By die NG kerk moet jy ook n draai maak vir hul gebak en foto's.Blomme so ver jy kyk.Ons ry toe met die pas af Vanrhynsdorp toe en boek by Vanrhynsdorp Caravanpark in.Daar moet n ou by Zar Restaurant eet.Heerlike geregte.
Slaan die tent op en haal net die nodigste uit.Gaan net twee aande hier slaap.Die dubbelbed wat met twee opblaas matrasse gemaak is lyk heel goed.Braai die ander braaipak wat ek ook by die gasteplaas gekoop het.Dit is toe goeie hout. Die weer is toe heel lekker teenoor Nieuwoudtville bo op die berg.
Skoon gewas en pensies vol is ons toe bed toe.Nagmerry een se begin.Een uur wakker geword,amper op die grond.Wil nie nou begin pomp en almal rondom ons wakker maak nie.Probeer verder slaap, twee uur was dit nog net my groottone wat op die laaste lug in die matras gelê het.Ek haal die pap gedoente onder my uit en slaap verder op die stappers matrassie.Ann se matras ook n bietjie pap geword maar nie so baie soos myne nie.
Ek dink dit het ook iets met gewig te doen.
Dag twee het ons die omgewing se blomme gaan kyk en die dorp verken.Die aand by Zar's in die oord gaan eet.
Daai aand pomp ek daai matrassies ekstra hard.Toe beter geslaap.Laatnag begin dit reën.
Die volgende oggend in die reën opgeslaan.Weer is dit lekker koud.Met ons nat kampgoed is ons daar weg.
Kyk,as dit koud en reënerig is maak die blommetjies mos nie oop nie.My mooiste blom, Ann is ook so, as die weer nie lekker is nie blom sy ook nie.
Besluit net daar,nou gaan ons verder in huisies kamp.Kry plek op Dwarskersbos.Het al met n vorige blommekyk vakansie daar gekamp met die tente op die foto.
Daar aangekom slaan ek alles op om droog te word.Alles droog is dit terug gepak in die waentjie.
So het ons ook by Ganzekraal gaan bly en Izak Holtzhausen,n bekende in kampgroepe daar raakgeloop.n pragtige plek met staanplekke reg teen die see.Hy kamp gereeld daar.
Daai kampgoed het n lekker road trip gedoen.Weer met al daai gewig terug gekom.Sal ons dit weer doen. Ja verseker.Sal maar volgende keer die karavaan vat,gewig en al.
Nou moet ons ry.Ek gaan stories soek in Alldays.Daar is mos baie houd en baie tyd en ek glo,ook baie stories.
Vreugde en vrede vir jul elkeen.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Vandag groet ek jul hier vanaf n jag en krokkodilplaas in die Alldays omgewing.
Hier is stories,voel of my brein te klein is om alles in te neem.Die een is snaakser as die ander.
So vertel André gisteraand van die dag toe hy vir sy seun Arie op die plaas kom kuier.Hy ry by n waterkrip verby en sien n masiewe vlakvark.
Daar by die krip is n"hide",dit is nou n plek waar jagters die wild voorlê.Sy seun sê toe vir hom,pa,ek wil hê pa moet hom vir my gaan skiet.
n Vlakvark is blykbaar n dier wat op presies dieselfde tyd gaan water drink.So het die pa toe die vlakvark gaan voorlê die volgende oggend in die hide.
Op presies dieselfde tyd as gister kom hy daar uit die bos aangewandel om te kom water suip.
Nou jul jagters sal weet, in jag werk dit so.Een jagter,een geweer een skoot, dit beteken maar net jy skiet met jou eie geweer dan behoort jy met net een skoot reg te kan kom.Die pa is van die dorp af so hy skiet met sy seun se geweer.
Die skoot klap en die vark sak inmekaar agter die krip.Pappie is toe sonder die geweer daar uit met sy jagtersmes in sy hand om die vark keelaf te gaan sny sodat hy kan uitbloei.
Hy stap om die krip en daar vlieg daai gekweste vark regop,gee hom so een kyk, sien dat sy tande baie langer is as daai messie en storm.
Pappie besef hy het moeilikheid, hy moet by die hide kom om sy geweer te kry.In die spring en omdraaislag harloop die vark loshande onderdeur Pappie.
Nou hardloop hul in dieselfde rigting na die hide toe.Dit lyk nou of hy die vark jaag.By die hide steek Pappie vas om sy geweer te gryp.
Oom vlakvark besef toe hy het sy aanvaller gemis, steek vas,draai om en loods aanval nommer twee.Nogmaals storm hy vir Pappie wat op daai oomblik die geweer teen sy skouer druk en n skoot aftrek.
Nog n kwes skoot deur die maag. Met al die geharwar mis oom vlakvark en Pappie mekaar met so n sidestep,hy kom weer by die waterkrip tot stilstand, swaai om en met sy derde aanval op Pappie skiet Pappie hom omtrent voor sy voete dood maar sy spoed het hom nog in n bos in laat val.
Arie hoor hierdie oorlog en ry krip toe.Daar kalmeer hy sy pa en sê Pa,wys my waar het wat gebeur,ek wil die koerant lees.
In bostaal beteken dit hy wil die spore in die grond sien hoe alles gebeur het.So vertel Arie hy kon alles in die spore lees soos wat Pappie vir hom vertel het. Waar hy agter die krip vasgesteek het,gespring het,en die lang tree terug hide toe.Die sidestep van sy pa en die spore weer terug krip toe.Die omdraai en stormspore weer terug,en waar die vark se tande in die grond onder die bos geskoffel het.
Arie vertel dit het kompleet gelyk asof die vark deur n handgranaat gedood is.
Dit was amper n slagveld.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Alldays is nie n man se maat nie.Hierdie varke se tande is amper so groot en lank soos n olifant sin.Verder is hier allerhande diere met skerp tande.
My niggie se skoonseun Arrie,het stories.So vertel hy my van die mense wat reël om na die krokodil boerdery te kom kyk.Hier is so tien duisend van hulle versprei oor vyf plase.So hier is baie tande.
n Ou kan tussen die lang rye hokke deur ry ook maar hy sê dit is vir hom werk om hulle te wys,so dit moet vir hulle ook n efford wees om alles te sien.Arrie stap met die mense tussen die hokke deur en wys almal hoe dit daar lyk.Antwoord ouens se vrae en wat hy dan altyd doen is, hy klim in die hok in en beduie nou verder hoe n krokkodilplaas werk.
Dan is sy gewoonte om te maak asof sy voet gly by die dam asof hy gaan inval tussen die krokodille.
Eendag stap hy weer met n groep.Weer wil hy maak asof hy gly en kapplaks daar val hy binne in die dam.
Hy sê hy weet nie wie die grootste geskrik het nie,hy,die toeriste of die krokodille nie.Hy was egter soos blits uit die dam en oor die muur rondom die dam.
Hy vertel verder van die dag dat mense wat hy ken hom skakel en vra of hul hul kuiergaste die prokodille kan kom wys.
Hul kom toe die middag daar aangery met n bakkie.Twee mans en twee vrouens in die dubbelkajuit.Twee dogters wat staan by die rollbar en twee seuns wat op n bankie sit heel agter op die bak,nogal n tweeling.Eers wil hy hom vervies dat die dogters moet staan en die seuns sit.Maar nee, dink hy,net miskien maak hul dalk beurte.Die beurte ding is vir kinders mos n groot storie.
Almal klim af en kom groet,behalwe die tweeling,hul bly sit.Arrie vervies hom en sê,nou toe kom ons stap dat ek jul kan wys.Die seuns bly sit en Arie sê,my magtig, is jul gebreklik, kom nou.
Daai twee outjies sukkel so om regop te kom en af te klim. Trek krukke en n loopraam onder die bank uit.Die een is met twee krukke en die ander een met n loopraam toe daar weg.Arrie sê hy was lus en druk sy kop in n krokodil se bek in so skaam het hy gekry.
Die twee seuns is gebreklik geborê vertel die ma toe.
Hy sê hy het net daar besluit hy moet leer om sy bek te hou.Ek glo nie hy slaag daarin nie,hy het te veel stories om te vertel.
Vreugde en vrede vir julle.


Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
Dankbaar dat ons weer veilig terug is in Bethlehem.Tussen Alldays en Vivo is die pad baie sleg,vol slaggate.Van daar af mooi tot in Pietersburg.Tolpaaie baie mooi.
Ek wil jul nog n storie van Shots vertel.Hy en sy vrou het n seun gehad wat op een van hul ander plase gewerk het.Sy naam was Popeye.
Popeye was nie heeltemal reg nie.n Baie goeie werker,nie die slimste nie maar hardwerkend en so sterk soos n os.
Omdat hy so was het die ander plaaswerkers nie baie van hom gehou nie en hy nog minder van hulle.
Arrie hul het hom dus meestal alleen laat werk omdat hul dikwels baklei het.Popeye het hul en homself ook nog die lelike k woord genoem,die lelike woord mag ek nie sê nie.
As hy van die huisbediende gepraat het, noem hy haar ook n kombuis m.
Vir die doeleindes van die storie sal ek dus maar liewers sê Madam.
Wildsheinings word weekliks nagegaan en in stand gehou op n wildsplaas.So is Popeye die dag besig met die drade langs die teerpad.Hy ry met n vierwiel motorfiets.
Hy kom by Arie op die plaaswerf aangejaag en sê, " baas, die baas moet kom, die miesies madam het die ongeluk gemaak,daai miesies madam hy staan benne by die plaas, die draad hy es stekkend"
By die toneel aangekom,sien Arrie toe hoe lyk n miesies madam.
Sy het lang hare tot onder haar blaaie,hulle blink soos plastiek,stok styf gespuit met haarsproei.n Groot sonbril op haar kop,sy glase kan omtrent drie normale sonbrille se glase maak.Rooi lippe van oor tot oor,sy moes seker n hele buisie lipstiffie gebruik het om dit reg te kon kry.
Aan haar ore hang daar sulke groot silwer blink ringe,Drie van hulle aan elke oor.Van kleiner,n middel size en dan n heel grote wat tot op haar skouers hang,die grote buite met die ander twee binne in.
Die res van haar gesig wat sigbaar is langs en rondom die bril is gepoeier,dit lyk soos iemand wat die heeldag op n trekker n dis in n land rond getrek het,met die stof wat so vasklou aan jou.
Om haar nek het sy nog sulke blink ringe, seker ses of sewe, ook van klein na groot.Sy het n so n blinkrooi stywe laehals rok aan. Dit moet n tipe kunsleer wees, so n blink gedoente.Bolangs lyk dit of daar twee airbags binne hom afgegaan het,met die styfgespande swart vel wat bokant die materiaal uitdruk.By haar gewrigte is dit die ene bangels.Aan haar linker pols is n mini kerkhorlosie.
Aan haar bene wat onder die minirok uitsteek het sy styfgespande creamkleurige sykouse aan,hulle blink ook so in die bosveldson.Haar blink agduim hoëhak skoene rond die prentjie mooi af.
Toe eers het Arrie verstaan wat is n miesies madam.Sy kon of wou ook nie Popeye se taal praat nie, net Engels.Arrie en Popeye het haar GP Polo motortjie toe daar uit die bosse gehaal en al met hul dienspaatjie na die uitgangshek gevat.
Daar het miesies madam gewag vir die insleepdiens.
Ou Popeye was heel omgekrap want miesies madam het hom net ekstra werk gegee daai dag.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
Ek het nog n een en n ander om jul te vertel van Popeye.
Arrie vertel dat Popeye vir dae kwaad en moeilik was oor Miesies Madam sy drade plat gery het.
Vir sy eie Miesies was hy baie lief.Hy sal n weermag in sy onverskrokenheid aanval sou sy bedreig word.
So moet Arrie op n stadium vir twee aande uitslaap vir besigheid in Pretoria.Hy roep vir Popeye eenkant toe en sê vir hom hy gaan weg wees en Popeye moet n ogie hou oor die Miesies en die twee kinders.Popeye het glo net gesê "es reg my baas, ek sal hom mooi kyk die Miesies en die kenners,die baas hy moenie worry nie"
Die volgende dag het Arrie vertrek.Popeye het glo sommer die hele plaas se werkers in rep en roer gehad.Hy het hul goed besig gehou.
Die aand begin die honde blaf en Arrie se vrou loer deur die venster. Die spreiligte verlig die hele werf. Anderkant die elektriese heining merk sy beweging maar is nie seker wat dit is nie en dink dit is seker maar n koedoe of dalk n waterbok.Hulle is lief om snags nader aan die huis te wei.
Teen twaalfuur gaan die honde weer tekere, sy skrik wakker en sy gaan loer deur n venster aan daardie kant van die huis waar die honde blaf.
Aan die buitekant van die draad sien sy iemand stap, reg langs die elektriese heining. In sy hand het hy n hengse panga.
Sy bel haar ouers op die buurplaas en hul verwittig die plaaswag.
Intussen hou sy die gewapende man dop wat al om die heining loop.
Die polisie is ook laat weet.Ander boere,haar pa-hulle, die plaaswag en polisie kom omtrent op dieselfde tyd daar aangejaag.
Almal tot die tande toe gewapen.Toe die eerste mense uitklim konfronteer die pangaman hulle.Dadelik sien Arrie se skoonpa wie dit is en keer die manne. Daar staan Popeye dreigend met die panga.
Hulle vra wat maak hy en hy antwoord "ek pasop hom die Miesies en die kenners"
Almal is toe maar weer daar weg met die gerusstelende wete dat Popeye sy Miesies en die kinders sal oppas en dat hul regtig nie hoef te worry nie.
So het Popeye vir daardie twee nagte die drade om die huis gepatroleer tot sy baas terug was op die plaas.
Vreugde en vrede vir elkeen van julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend vertel ek jul van Lulu.
Lulu is n mak leeu.Sy is van haar ma weggeneem omdat die ma die kleintjies begin doodbyt het.
Sy is toe soos n hanskalf grootgemaak met n bottel.Het vry in die huis en op werf rondgeloop.
Sommer gou gou was Lulu n pragtige heuphoogte leeu.
Eendag stop daar twee dames op die plaas met n departement arbeid voertuig.
Hulle wil die eienaar of bestuurder sien omtrent die werkers.
Vra of hul kan inkom kantoor toe.Stap nader huis toe.Die honde kom aangedraf en hulle vra dat die honde weggehou moet word,hulle is bang vir honde.Arrie hul verwilder die honde en sê droogweg jul moenie bang wees vir die honde nie,jul moet bang wees vir die leeu.
Op hul plaas word die voordeur nooit gebruik nie.Hul stap om agterdeur toe.Juis toe,stap Lulu by die agterdeur uit.
Dame no 1 het net daar flou geval en dame 2 het half flou met n "aaowhh" in Arrie se arms terug geval.
Met n leeu, as jy val is daar moeilikheid.Die mans het al hul dae gehad om Lulu by hul en die lêende dames weg te hou.Bart en Arrie het gespook om die dames regop te kry en regop te hou en nig het Lulu probeer weghou daar.
Met Lulu weer terug in die kombuis het nig die dames al lawende wakker gekry.
Hul wou nie verder gaan met hul werksbesoek nie en is geskok daar weg.Dit was ook hul laaste besoek.
Lulu is toe ook later teruggeplaas na die ander leeus.Sy het geniepsig geraak.
Vandag is Lulu n uitgegroeide leeu op n leeuplaas en sy word soos die ander as wilde diere hanteer.
Hopelik is die dames ook nou al oor hul skok.
Vreugde en vrede vir elkeen.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
Wil jul nog n ding of twee vertel van die krokodilplaas.
Natuurlik is Popeye ook betrokke.Hy was op daai stadium op die een plaas,soort van in beheer.Hy en sy vrou het alleen daar vir die krokodille gesorg.Daai plek was netjies.Om die damme was dit geskoffel en gehark.Sou Arrie en die ander werkers daar kom werk het hy altyd uitgewys hoe netjies Popeye die plaas hou.
Van tyd tot tyd word die krokodille een vir een gevang, buite die hok op n houttafel geplaas,waar hul dan gemeet en hul velle ondersoek word.Hulle raak in gevegte betrokke en hul velle kry dan merke op wat sleg is vir die boer.
Met so n storie het jy baie mense nodig.Hulle moet gevang word,bekke moet toegebind word en jy moet nog kyk dat die ander krokodille jou nie opvreet nie.
So werk hul die een Maandag en Popeye se hand word oopgebyt deur n moeilike krokodil.Arrie se skoonpa en die ander werkers spook om die krokodil te beheer en sloesh,daar het skoonpa ook n sesduim lange wond aan sy voorarm.
Hulle wonde is van so aard dat hul steke sal moet kry en is hul toe daar weg.Oppad uit die plaas uit sien hul water spuit by n waterpomp.Arrie stop vinnig en al wat hy op die bakkie het is n bobbejaanspanner.Hy probeer die pyp vasdraai en kaplaks gly die spanner en die slaan hom skuins oor die neus oop.
Dit is net bloed.By die spreekkamer op Alldays aangekom het hul die hele plek in rep en roer gehad.
Die dokter het sy kollegas en die personeel bymekaar gekry en vir hul gesê,dit is hoe dit gaan op n krokodilplaas op n Maandag-oggend.
Popeye moes vasgedruk word,hy het baklei,na n ligte narkose kon die dokter hom darem toe ook toegewerk kry.
Die manne is toe skaam skaam weer daar weg nadat elkeen n klem in die kaak inspuiting gekry het.
Nadat hul herstel het het hul sommer self die steke uitgehaal.
Hul moes ou Popeye egter met die hele werkersmag tackle.Stilsit gaan hy nie stilsit nie.
Met die tape wat hul die krokodille se bekke toe tape het hul Popeye se mond ook stilgemaak,en sy voete vasgebind.
Hul het hom teen die grond vasgedruk en die steke uitgehaal.
Nadat hy bevry is het hy hul glo geskel dat die see hul nie sal afwas nie.
Vreugde en vrede vir almal.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend wil ek jul net wys hoe werk hul met n krokodil.Dit is nou my mal niggie en haar nog maller man.
Laas week het ek gaan kyk na hierdie ou grotes.Hierdie is nou een van die teelkrokodille.
Nogal gedink hul is groot.
n Krokodil het,ek dink n lekker lewe.Hulle vreet en verder lê hul mos net en tan.So nou en dan vat hul n dip en dit is dit.
Die kinders moet groei en die grotes moet teel, verder moet hul net hul liggaamstemperatuur regguleer.
Praat jy met hierdie nig en Bart kan hul jou baie van n krokodil vertel. Iets wat ek nie geweet het nie is dat hul lewers in hul ligame sit presies waar hul balanspunt op hul liggaam sit.Deur hul lewer inwendig vorentoe of agtertoe te skuif (hulle kan dit doen) bepaal hul of hul duik of styg in die water.
Tiny is toe geskuif.Moet net noem.Miskien het hy so maklik oorgegee omdat hy uitgesien het na sy nuwe hok en al die voordele.
Môre vertel ek jul oor hul tande wat in die handel vir hoë pryse verkoop word vir duisende rande.
Vreugde en vrede vir almal.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Krokodiltande.Laat ek jul gou vertel. Ek het nou nie gevra of gegoogle hoeveel elkeen het nie.Ek weet net daar is baie tande in elkeen van daai outjies se bekke.
In die onthaal/kombuis area van die jag en krokodilplaas lê daar n enorme krokodilkop se skedel op die kroegtoonbank.Blykbaar was sy naam "ou Grote". Spierwit,bek oop,met sy skerp,groot tande.
Nodeloos om te sê, een of ander tyd het van die jagters seker besluit om van die tande,soos n tandemuis,te kom haal sonder om n geldjie te los.Seker om vir vroulief n hangertjie te laat maak.Hul tande,veral n grote is baie werd.
Seker vir haar gaan vertel hy het hom geskiet maar mag niks terug gebring het nie.Jagters het mos baie planne.
Die vrouens moet nou nie verder lees vir die volgende sinnetjie nie."Skip" hom as jy gevoelig is vir drank en hul effek op verbruikers.
Kyk as die ouens nou lekker gekuier het met die voggies doen hul mos nou goedjies wat buite hul gewoonte en gebruike is,een of twee saam is nog ok,maar sit n klomp van hulle bymekaar en jy het n klomp "hooligans".
OK,die dames kan maar nou weer saam ons manne verder lees.
So het daar nou maar met tyd van "ou Grote" se tande weggeraak.
Maar dat ek jul verder vertel van die sorg wat seerbek krokodille dan nodig het.
Daar is n dokter aangestel wat spesifiek na die welstand van die krokodille se tande omsien.
Met die ondersoeke van die boer om hul groei en velkwaliteit te monitor word ook na hul tande gekyk.Word daar n probleem geidentifiseer word die spesifieke krokodil "getag" vir latere aandag vir die Dr.
Selfs hy het n bynaam gekry Dr.Croccy.
So bel hul eendag vir Dr. Croccy toe hul n hele span krokodille met probleme het.
Nou jul sal seker weet as jy tandpyn het,hoe seer dit is.n Ou wil mos soos in dadelik by n tandarts uitkom.Kan jy jou nou indink as jy sê nou maar, soos in n woonbuurt moes wag tot daar genoeg pasiënte is voor jy mag tandarts toe gaan.Jy sal van jou kop af raak.
Dit is egter wat gebeur.Tandartse is net te duur om hul een een te behandel.
Wat dan gebeur is hy daag op met n mobiele spreekkamer trok.
n Krokodil se gevaarlikste deel is sy tande,gee hom nou nog tandpyn, dan het jy nou waaragtig n probleem en sommer baie moeilikheid.
Om hul dan gevang en in Dr. Croccy se teater te kry is n helse storie. Selfs ou Popeye het gesukkel om hul te hanteer en dit nadat hy sy "spinach" ge-eet het.
Die ander probleem is dan,as n krokodil se bek toegebind is,is jy heel veilig.Sou sy bek oop wees is hy op sy gevaarlikste.Klap sy bek toe is daar baie tonne krag wat toegepas word met die toemaakslag.
Dr. Croccy werk egter al lank met krokodille en hy het sy les op die harde manier geleer. Sy stoel of liewer sy bank assistent het n kunsledemaat vir n regterarm gehad na n operasie wat skeef geloop het.
Dr.Croccy homself was al minus n paar vingers.Hul instrumente het ook sulke kinkels ingehad en hul was definitief nie so vervaardig nie.Dr. Croccy moes maar sy tegniek aanpas soos wat sy instrumente verander het.
Wat hy toe gedoen het is om n tweevoet lange spoorstaaf binne in hul bek te sit en dan vas te bind.Die spoorstaaf was al vol byt en knersmerke.
Op daai manier kon hul dan vrylik en veilig aan hul tande werk.
Wat toe wel een dag gebeur het is nadat hul klaar was met n croc pasiënt,het hy toe hy die spoorstaaf verwyder en die krokodil na hom hap, die spoorstaaf laat val en drie van sy tone verloor.
Maar nou ja, so het hy ook daai dag daar klaar gemaak en is hul met hul veiligheisbootse aan hul voete daar weg.
Vreugde en vrede vir julle, mag jul n spekskiet naweek hê en moenie alles glo wat ek jul vertel nie. 😁😁😁
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Spreuke 3:5
Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.
Gebed.
Onse Vader,ons kom in hierdie oggend en ons erken dat ons so dikwels by U verbykyk en op onsself staatmaak.Vergewe ons daarvoor.
Here,gee dat ons U eerste sal ken in alles wat ons doen.Dat ons,ons besluite en aksies aan U sal opdra.Dat ons U in alles en agter alles sal raaksien.
Here, ons eer U vir alles wat U vir ons doen.
Ons vra dat U met ons elkeen sal wees in hierdie dag.Wees ook Vader met elkeen van ons geliefdes,kinders en kleinkinders, U weet hoe kosbaar hul vir ons is.
Neem weg dit wat skeiding maak tussen U en ons en vergewe o Heer ons menigvuldige sondes.
Amen.
Gaan dan nou en leef uit dankbaarheid,elke dag,en ervaar Sy vrede en vreugde in jul lewens.
Ek groet julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend het ek vir jul goeie nuus.Ek wil jul n bietjie terugvat na n paar vorige stories.
Jul onthou nog vir Speedoman(as jy nie kan nie,gaan lees hom weer) wel so paar weke gelede het hy my geskakel met die nuus.Ja,hy en die weduweetjie het mekaar toe gevat en wil trou.
Hy wou by my weet of ek nie van n lekker trou venue weet nie.Nou vir my sal hy altyd Speedoman bly en ek sê toe, "Speedoman, ek het net die regte plek vir jul troue"
Waar vra hy.Ek dink jul moet in die Kruger trou.Dit het min gekos om hom te oorreed, hul is mal oor die Kruger.
Omdat ek hom eintlik beroemd en gewild gemaak het deur sy Speedo het ek myself aangestel as hul wedding planner.
Al wat ek wou weet is wat is jul budget.Speedoman was toe,blyk te wees,n ryk man.Net gesê,jy sê net wat en hoeveel jy nodig het.
Aangesien ek ook die selfaangestelde strooijonker was het ek aangedring dat ek sy kleredrag gaan kies.Die weduweetjie moes net iets kies wat in die bos sal werk as trouklere.
Elke keer as hul vra waar is die venue was ek baie geheimsinnig,net gesê dat die gaste moet inboek by Onder Sabie, daarvanaf is dit nie te ver na die onthaal nie.
Sou hul vra,wat is op die spyskaart,sê ek,sorg maar net vir die weduweetjie se outfit. Verder sal ek vir alles sorg,en ek bedoel alles,selfs vir die seremoniemeester.
Toe hul nou regtig gerus gestel was dat ek alles onder beheer het,was hul rustig.Hul moes net die outfit vir haar kry,die mense nooi (Speedoman sê ek moet werk op n duisend)en sorg dat hul daar is op die huweliksdag.Speedoman wou eers niks weet toe ek aandring hy moet in sy speedo trou nie.Nee,het hy gesê, nou julle ken my, ek vat nie nee vir n antwoord nie.Selfs daarmee het hy toe vrede gemaak.
Met die bruid en bruidegom se klere nou van my skouers af kon ek nou net op die troue konsentreer.
Eers toe kon ek oom Kaspaas op sy selfoon kontak en het die reëlings begin.
Môre vertel ek verder.
NS.Heel onder aan die foto wys dit hoeveel (4664) mense die storie oor oom Kaspaas gelees het met daardie plasing.(click op die foto om te sien) Gedog ek vertel jul n bietjie meer.
Vreugde en vrede vir almal.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Oom Kaspaas was heel in sy noppies om van my te hoor.Ek vra hom toe hoe hy daar in die veld sy selfoon ge-charge hou.Nee,sê hy, dit is sy kleinseun se job.
Wat hy doen is hy laat net n paar leeus daar by die teerpad rondloop en sodra daar toeriste stop draf hy nader met die selfoon en charger.Soos hy altyd n lift bum by n toeris vra hy of hy gou sy foon in hul voertuig kan charge.Omdat hy so n oulike bobbejaan is wat afrikaans kan praat, help hul dan graag.
Hul het ook maar so die selfoon bekom,eendag toe n toeris daar stop,het hy selfoonfoto's geneem.Oom Kaspaas het so by die spieël kom sit en toe praat hy en die ou te lekker.
Daai dag het oom Kaspaas n selfoon persent gekry.Selfs n selfie van hom en die welwillende toeris met sy nuwe foon geneem.
Oom Kaspaas was uit sy velle uit toe ek hom vra of hy die seremoniemeester sal wees en of ons hul Venue daar langs die rivier met Speedoman se troue kan gebruik.
Hy het ook onderneem om die venue mooi skoon te maak.Êrens moet hy n gelyk plek vind waar ek beplan om n sirkustent op te slaan vir die gaste.
Hy moes ook parkeerareas skoonmaak waar die catering trokke en gaste kan stop en nie ver van die tent moet mobiele badkamers gestop kan word.
Met oom Kaspaas nou ten volle ingelig kon ek en hy nou aflui en elkeen kon nou met sy eie reëlings en take begin.
Ek het onmiddelik na die oproep begin bel om ouens te kry om die catering te doen,die enigste vereiste was,dit moes n bos ete tema hê.
Die ouens van die sirkustent is gekontak en gereël.n Firma wat in mobiele toilette en badkamers spesialiseer is aangestel.
n Groot kragopwekker is gereël om krag vir alles te verskaf.
Met geld wat nie n probleem is nie het ek n geheime surprise vir almal gereël wat eers met die troudag openbaar gemaak sal word.
Met al die drankwette was ek verplig om die Kruger se ouens te gebruik om die kroeg te hanteer.Hier was die vereiste dat dit n opelugkroeg moes wees met baie spasie.Ek moes in gedagte hou dat olifante en kameelperde daar moet kan rondbeweeg.
O ja,Speedoman het aangedring dat dit nie n kontantkroeg mag wees nie.Hy staan vir alles in.
So by myself net gedink,gelukkig is sy bankrekening nie so klein soos sy speedo nie.
Môre vertel ek verder.
Vreugde en vrede vir almal.
Jors se Kampstories op fb ...
Goeie môre vriende,
Julle gaan my nie glo nie. Speedoman het êrens gehoor dat daar mense is wat van hul voorgenome troue gehoor het en wat graag wil kom.Ek dring by hom aan,om te hoor by wie,hy noem haar naam,ek gaan nou nie haar naam noem nie, sy is op ons groepie n lid.
Vertel hy,hy dink dit is iemand wat saam ons gekamp het die tyd toe hy Pollie van n gewisse dood gered het en dat hy nie geweet het dat hy so gewild en half en half beroemd is oor sy weldaad nie.
Ek wou nou nie sy bubble bars,deur te noem dat dit mense op ons blog is wat graag wil kom nie.So ek bly maar eers stil.
Ek het hom net stilgemaak met n, moet nou nie grootkop kry en jou ou hoenderborsie traai uitstoot nie,jy is so n ou maergat,netnou val jou broek af.
Hy het maar net gelag en gesê dat hy vir Willie en sy kwaai vrou asook vir Pollie troue toe genooi het en dat ek met my wye kamp vriendekring ook twee honderd mense kan nooi wat lief is vir kamp.Dit laat ons dus met so duisend twee honderd gaste.
Ek dink dit is n mooi gebaar van hom.Waar gaan jy nou beter gaste kry as n klomp kampeerder.Ons is mos soos familie.So,julle is genooi.Na n paar oproepe het almal geweet hul moet vir meer mense regmaak.
Terug na die reëlings.Ek praat heel gereeld met ou Kaspaas.Hy bel kort kort en lig my in hoe vordering by die venue gaan.
Aanvanklik het dit maar stadig weggespring maar Kaspaas skryf dit toe dat die diere in die wildtuin geheel en al afhanklik is van die bostelegraaf stelsel.Maar selfs by hulle travel nuus nie te stadig nie.Leeus en olifante kan oor groot afstande met mekaar gesels en was dus van die eerstes wat hulp kom aanbied het.
Sommer gou gou het hy n area geidentifiseer waar ons alles moet opslaan.Daar was egter n paar honderd bome wat in die slag sou bly.Die olifante het sommer dadelik aan die werk gespring en bome begin omstoot en uittrek.Julle weet mos hul is nie ouens wat toestemming vra as hul n boom wil uithaal nie.
Die ander diere in die omliggende omtrek het ook van die bruilof en die voorbereiding gehoor.
Die vlakvarke is ingespan om die terrein skoon te maak en te skoffel.Op n georganiseerde basis het hul dit aangepak en alle grasvretende diere in spanne ingesteek in die area om die gras weg te vreet.So op hul knie het die vlakvarke toe ingespring en al die graspolle uitgeskoffel met hul tande en snoete.
Die olifante het in twee spanne gewerk.Een span het bome getrek en ander het die bome weggedra en netjies op n hoop, heel uit die pad uit,gaan gooi.
Oom Kaspaas het n boom met n V, n groot kettiemik,gesien en met bobbejaantoue het hy n span buffels,so n agstuks,ingespan en die grond begin gelyk maak met sy bosgemaakte sleë en n bobbejaantou as leisels.Hy het agterop die sleë gestaan en met n korter bobbejaantou as sweep het hy die buffels netjies in lyn gehou en aangedryf.
Agter die sleë was Ben,Babsie en hul kinders in hul houtstomp motor besig om die grond vas te rol.Hulle is vol smiles en dit lag en gesels,te bly dat hul deel kan wees van die troue en reëlings.
Die Kruger bestuur het uiteraard geweet van die troue met die wat hul die kroeg moet run, maar hul het nie geweet die plek moet ontbos word nie, ek ook nie. Ek het gedink daar sal iewers n oop kol wees.
Oom Kaspaas vertel hul het daar by die site aangekom lank nadat sy brandwagte hom laat weet het hul is oppad.Hul moes die laaste kilometer of wat met gewapende gidse naderstap.Die pad was toe van al die toeriste wat hierdie skouspel gadegeslaan het in die Kruger Nasionale Park.
Soveel van saamwerk het hul in hul lewe nog nie gesien nie.
Hul moes oor n afstand met oom Kaspaas praat soos die diere n kordon om hul sitemanager gespan het.
Hul is daar weg nadat Kaspaas belowe het om die gebied te rehabiliteer na die troue.
Ou Kaspaas laat weet,hy is klaar met sy werk.Hy het vir my n video gestuur,eers gedog Kaspaas het nou n Drone ook, want hy is hoog uit die lug geneem.Wat hy gedoen het is n kameelperd het die selfoonkamera so in sy lippe vasgeknyp en dan het hy sy kop so hoog in die lug rondbeweeg om n film te maak.Goeie kamerawerk gewees.
Hy moet nog net n meeting of twee met die diere hê en n bietjie opleiding vir hul gee oor etiket,after all gaan hul nou met mense sosialiseer.
Môre vertel ek verder hoe alles in plek begin val.
Moet dit nie mis nie.
Vreugde en vrede vir elkeen.
Jors se Kampstories op fb ...
Goeie môre vriende.
Jul onthou nog vir Speedoman, wel hy gaan trou en ons gaan kamp in die wildtuin vir die okasie.
Julle gaan my nie glo nie. Speedoman het êrens gehoor dat daar mense is wat van hul voorgenome troue gehoor het en wat graag wil kom.Ek dring by hom aan,om te hoor by wie,hy noem haar naam,ek gaan nou nie haar naam noem nie, sy is op ons groepie n lid.
Vertel hy,hy dink dit is iemand wat saam ons gekamp het die tyd toe hy Pollie van n gewisse dood gered het en dat hy nie geweet het dat hy so gewild en half en half beroemd is oor sy weldaad nie.
Ek wou nou nie sy bubble bars,deur te noem dat dit mense op ons blog is wat graag wil kom nie.So ek bly maar eers stil.
Ek het hom net stilgemaak met n, moet nou nie grootkop kry en jou ou hoenderborsie traai uitstoot nie,jy is so n ou maergat,netnou val jou broek af.
Hy het maar net gelag en gesê dat hy vir Willie en sy kwaai vrou asook vir Pollie troue toe genooi het en dat ek met my wye kamp vriendekring ook twee honderd mense kan nooi wat lief is vir kamp.Dit laat ons dus met so duisend twee honderd gaste.
Ek dink dit is n mooi gebaar van hom.Waar gaan jy nou beter gaste kry as n klomp kampeerder.Ons is mos soos familie.So,julle is genooi.Na n paar oproepe het almal geweet hul moet vir meer mense regmaak.
Terug na die reëlings.Ek praat heel gereeld met ou Kaspaas.Hy bel kort kort en lig my in hoe vordering by die venue gaan.
Aanvanklik het dit maar stadig weggespring maar Kaspaas skryf dit toe dat die diere in die wildtuin geheel en al afhanklik is van die bostelegraaf stelsel.Maar selfs by hulle travel nuus nie te stadig nie.Leeus en olifante kan oor groot afstande met mekaar gesels en was dus van die eerstes wat hulp kom aanbied het.
Sommer gou gou het hy n area geidentifiseer waar ons alles moet opslaan.Daar was egter n paar honderd bome wat in die slag sou bly.Die olifante het sommer dadelik aan die werk gespring en bome begin omstoot en uittrek.Julle weet mos hul is nie ouens wat toestemming vra as hul n boom wil uithaal nie.
Die ander diere in die omliggende omtrek het ook van die bruilof en die voorbereiding gehoor.
Die vlakvarke is ingespan om die terrein skoon te maak en te skoffel.Op n georganiseerde basis het hul dit aangepak en alle grasvretende diere in spanne ingesteek in die area om die gras weg te vreet.So op hul knie het die vlakvarke toe ingespring en al die graspolle uitgeskoffel met hul tande en snoete.
Die olifante het in twee spanne gewerk.Een span het bome getrek en ander het die bome weggedra en netjies op n hoop, heel uit die pad uit,gaan gooi.
Oom Kaspaas het n boom met n V, n groot kettiemik,gesien en met bobbejaantoue het hy n span buffels,so n agstuks,ingespan en die grond begin gelyk maak met sy bosgemaakte sleë en n bobbejaantou as leisels.Hy het agterop die sleë gestaan en met n korter bobbejaantou as sweep het hy die buffels netjies in lyn gehou en aangedryf.
Agter die sleë was Ben,Babsie en hul kinders in hul houtstomp motor besig om die grond vas te rol.Hulle is vol smiles en dit lag en gesels,te bly dat hul deel kan wees van die troue en reëlings.
Die Kruger bestuur het uiteraard geweet van die troue met die wat hul die kroeg moet run, maar hul het nie geweet die plek moet ontbos word nie, ek ook nie. Ek het gedink daar sal iewers n oop kol wees.
Oom Kaspaas vertel hul het daar by die site aangekom lank nadat sy brandwagte hom laat weet het hul is oppad.Hul moes die laaste kilometer of wat met gewapende gidse naderstap.Die pad was toe van al die toeriste wat hierdie skouspel gadegeslaan het in die Kruger Nasionale Park.
Soveel van saamwerk het hul in hul lewe nog nie gesien nie.
Hul moes oor n afstand met oom Kaspaas praat soos die diere n kordon om hul sitemanager gespan het.
Hul is daar weg nadat Kaspaas belowe het om die gebied te rehabiliteer na die troue.
Ou Kaspaas laat weet,hy is klaar met sy werk.Hy het vir my n video gestuur,eers gedog Kaspaas het nou n Drone ook, want hy is hoog uit die lug geneem.Wat hy gedoen het is n kameelperd het die selfoonkamera so in sy lippe vasgeknyp en dan het hy sy kop so hoog in die lug rondbeweeg om n film te maak.Goeie kamerawerk gewees.
Hy moet nog net n meeting of twee met die diere hê en n bietjie opleiding vir hul gee oor etiket,after all gaan hul nou met mense sosialiseer.
Môre vertel ek verder hoe alles in plek begin val.
Moet dit nie mis nie.
Vreugde en vrede vir elkeen.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Die eerste ding wat ons oor moet gesels is die kleredrag.Dit is heeltemal informeel. Die tema is "Oertyd Grotbewoners" So, nou kan jul begin rondkrap.Ek soek hoeka na ou skaapvel seatcovers wat êrens in die garage gestoor lê.Ek sien uit om te sien waarmee die mense Saterdag gaan opdaag by die troue.Sien uit om jul tienuur daar te verwelkom.
Man het die dinge toe gister begin gebeur.
Ek was half sewe,toe Krokkodilbrug se hek oopmaak daar.
By ou Kaspaas en die venue aangekom kon ek my oë nie glo nie.Daai terrein was voorbery, boetie. Beter as wat enige ander gronverskuiwingsmaatskappy dit kon doen.Dit was gelyk, skoon en vas.Die blad sal goed vergelyk met n kleibaanblad soos die waarop die Williamse en kie tennis speel.
Ek het oom Kaspaas en sy manne hartlik bedank en dadelik vir hom n persentjie gegee.n Goue ring.Dadelik het hy hom aan sy vinger gedruk.Nogal goed aan die ou gelyk.Ek het maar niks van die afrikaanse spreekwoord gesê wat sê, "al dra n aap n goue ring, hy bly steeds n lelike ding nie". Hy het ook gevra vir n ordentlike sweep wat ek toe ook oorhandig het.
Die trokke het seker so n uur na my daar in die wildtuin op die trouvenue begin aangekom.
Die eerste trok was die met die sirkustent.Ek dink ek moet daai ouens kry as ek weer gaan kamp. Hulle is raakvatters.
Terwyl die ouens daar besig was,was Kaspaas besig met opleiding onder by die rivier,so met die sweep in sy hand.
Op n stadium het ek daar by hulle gaan staan, hy was besig om met hul te praat oor hul toilet gewoontes.Renosters maak mos in n sekere gebied hul plek waar hul toilet gaan gebruik.Almal sou dit moet leer doen,ons kan darem nou nie dat die mense so tussen die dingesse rondloop nie.n Gebied is uitgewys vir die doel en die renosters is aangestel om toe te sien dat die diere by die reëling bly.Hulle breek toe vir n rukkie.
Toe begin die volgende opleiding.Kaspaas sê ek moet kom kyk.Daar op n klipplaat roep Kaspaas almal bymekaar.Kaspaas sê vir my,nou het ek vir jou n surprise.Hy klap so met sy sweep en toe,nee wag ek gaan nou nie alles uitlap nie,jul sal self Saterdag sien.
Die tent staan en die manne met die tafels en stoele het ook opgedaag en begin indra. In die middel van die tent waar die arena gewoonlik is word oopgelos vir n dansbaan.Bokant die ingang wat die ringmeester vroeėr jare in sirkusse gebruik het,het ek gevra hul moet weer vir my n plek daar regkry. Ek het weer n propperse sirkus orkes gereël.Daar is vyftien manne in die orkes.Nooit kan jy hierdie geleentheid aanbied met n DJ nie.Jy los hul vir musiekprogramme van TV faam.Ek ly nou nog aan skok dat n gewilde musiekprogram dit gedoen het.
Daar start die manne die groot kragopwekkers en die ligte gaan aan.Nou begin dit sommer na besigheid lyk.
By die pad het ons n tydelike struktuur opgerig, n "Drive-Through Information Centre" Hy word beman deur Kaspaas se kleinseun.Hy moet die nuuskierige toeriste inlig oor wat daar aangaan.Almal sien hierdie sirkustent in die Kruger en wil net weet wat gaan aan en waar kan hul kaartjies koop.Sodra hul weet kan jy die teleurstelling so op hul gesigte sien.
Dit was n goeie dag.Die tent staan.Daar is krag.Die tafels en stoele is in plek.Daar is n dansbaan en plek vir die orkes.Kaspaas en sy diere is gereël.Die opelug kroeg staan,hy moet nou nog net gestok word.Die mobiele badkamers is opgerig.
Môre is dit die finale voorbereiding.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
Vandag is die voorgrootste dag.Julle weet mos,daar is nog soveel dinge om te doen, en die dag is net so lank.
Die ou naguiltjies was nog besig om hul roepe te roep,toe start die manne al die generators.Ons het sommer so in die sirkustent geslaap laasnag.
Ek en Ann het twee tafels teenmekaar geskuif en n dubbelkooi op hom gemaak.Sy sê sy soek n bietjie hoogte met al die goggas.Ai,vrouens tog.
Oom Kaspaas het ons verseker om nie bang te wees nie.Koning leeu het n vreet en jagstilstand vir die hele area afgekondig vir die hele week ter wille van die troue en die werksaamhede.Binne n een kilometer radius rondom die sirkustent mag daar nie gejag of gedood word nie.
Hy,dit is nou oom Kaspaas het hier neffens ons in n stoel rustig gesit en slaap.Nogal n lekker snorkie uitgepak.Ek dink hy was vrekmoeg.Hul het n rowwe dag gehad,die heeldag training gehad met al die diere.
Ek het net gehoor dat Kaspaas vertel het dat oom renoster,hul kan mos nie goed sien nie,n kameelperd aangesê het om vir hom uit te kyk vir diere wat nie by die toilet reëling hou nie en onmiddelik vir hom te sê.n Paar keer net gesien as n rooibokkie net sy ruggie so krom trek en dit lyk of hy wil, dan storm oom renoster en verjaag hom.
Van die ouens op ons groep wou gister weet of hul kan invlieg vir die troue.Ja,julle kan.Jul pilot moet net reël met burgerlugvaart want die lugruim het ek laat sluit vir die paparazzi's wat kan lastig raak Saterdag
Die son was skaars op toe trek die eerste trokke van die othaal manne in. Dit is die een koeltrok op die ander.Jy hoor net hoe hardloop hul verkoelings sisteme. Buite die tent slaan hulle vyftig sulke losstaande stands op.n Klomp van daai swart driepoot potte wat die oumense seep in gekook het word ook daar neergesit.By die een ronding van die tent word bainmaries staangemaak.Die tafels word mooi volgens hul sin geranskik en oorgetrek,agt stoele by n tafel.Elke tafel het twee kerskandelare.Al die stoele word met sulke wit covers oorgetrek.
Hul was nog so besig toe trek daar n agt ton trok in met n twintigseater bussie agter hom.Dit is die orkes,soveel instrumente het ek laas by n Boswell Wilky Sirkus in die sestiger jare gesien. Speakers so hoog soos n olifant word afgedra en orals in die tent neergesit. Die instrumente word opgedra na die platform bokant die ringmeesters ingang.
Na n ruk begin hul klanktoetse doen.Oral in die tent staan ouens met tweerigting radios.Hul praat met mekaar,net gehoor een sê, lig die bass so drie clicks en die treble twee af.Gelukkig weet hul wat hul doen.
Laatmiddag trek nog n koeltrok in,met blomme,Binne hom is daar honderd en vyftig tafelruikers en n enorme ruiker vir die tent.Die blomme gaan eers môre-oggend uitgehaal word as gevolg van die Kruger se hitte.
Julle ken die rooi busse waarmee die oorsese toeruste so toer,daai wat die slaap-plekke soos laaie uittrek.n Hele konvooi kom daar aan.Honderd en vyftig kelnerinne klim uit,een vir elke tafel.
Die orkes begin musiek maak.Dit klink te mooi,regte sirkus musiek. Hul roep vir oom Kaspaas nader om sy mikrofoon wat hy as seremoniemeester gaan gebruik, te kom toets.
Asof dit nie die eerste keer is nie, sê hy, test one..... tests one, two,three en herhaal hy dit n paar keer tot hul tevrede is.
Dit is ook die mikrofoon wat die predikant gaan gebruik by die preekstoel wat die skrynwerker in die middel van die arena opgerig het.Die kameraspanne stel hul kameras op. Daar is vier groot Tv screens,van daai wat by rugby stadions is,in die tent.As jy na die beeld kyk voel dit kompleet asof jy nou reg voor die preekstoel staan en jy hoor jouself sê "I Do"
In my verbeelding hoor ek die woorde "I love it when a plan comes together"
Vreugde en vrede vir jul almal.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Wat n lekker troue.Wat alles vanoggend gebeur het is die volgende.Nee wag,kom ek begin eers by laasnag.
Besluit ek gisteraand ek gaan sommer hier buite die tent onder n boom op my stretcher slaap.Word ek wakker met hierdie luiperd, kon hom nie ordentlik sien nie maar ek het so in die donker darem n klankbaan op die videotjie gekry.Hy was hier reg langs my.Ann het in Onder Sabie gaan slaap,so sy was darem veilig.
Weet nou nog nie of was dit die luiperd wat my wakker gehou het of die opgewondenheid oor Speedoman se troue nie.
Vroeg vroeg was ons op,die chefs is doenig. Daar is vuur gemaak,het julle al veertig skape gesien wat gelyk gespitbraai word.Dit is iets om te sien.Potte en potte pap word gemaak. In n ander groot pot word Sheba gemaak, dit is nou n tamatie en uie sous.Op halwedrom braaiers is ouens besig om bakke en bakke wors te begin braai.
In die mobiele kombuise is ander besig om groentegeregte voor te berei.
n Ander kombuis berei weer net slaaie.Ander personeel maak net nagereg.Hierdie ouens ken van onthaal.
Die kelners is besig om die tafels klaar te dek.Al die ruikers,honderd en vyftig van hulle word na tafels toe aangedra.Die groot ruiker by die hooftafel.
Die orkes speel n paar liedjies om op te warm en die Kruger se ouens kom met die kroeg se voorraad,ys en n koeltrok met ciders en bier.Enige drankie kan jy maar vra, hulle sal dit hê.Weens die hitte het ons nie die kantseile van die tent opgesit nie.Die luggie trek heerlik deur die tent.
Soos wat dit later raak begin die diere aankom.Leeus,olifante,die groot vyf is almal daar.Wilde honde,hiënas, kameelperde,jy noem n dier in die Kruger en hul is hier.
Toe arriveer my surprise vir julle.n Konvooi trokke.Trokke en trokke van Fruit and Veg.Trokke piesangs,lemoene,pawpaws,van alle vrugte wat in n diere dieët is, is daar. Vleis trokke vir die vleisvretende diere.n Paar trokke met lusern bale vir die gras en blaarvreters.n Trok met dierepille, voëltjiekos,meel en mielies.Die meeste van die voorraad is geborg deur instansies en diereliefhebbers.
Daar is nou regtig iets vir almal.
Drinkbakke met maroelabier.Die ope kroeg is ook vir die diere beskikbaar.Die diere het n fees soos wat almal daar saamkuier.
Die mense kom in hul hordes aan en begin hul sitplekke inneem.Ander staan rond en kuier.Daar kom nog steeds mense met helikopters aan.
Die mense is uitgevat.Meeste mans het sulke Tarzan broekies aan,die vrouens sulke vel skirts en bloesies.Van die vrouens met hoedjies, ander met pouvere.Volstruisvere is ook gewild.Party mense se klere is van goingsakke,ander van bruin leer.Party het klere van dierevelle.My broek is van n skaapvelletjie gemaak.So was daar nog baie ander wat ook dieselfde gedink het en ook skaapvel uitrustings dra.Daar is mense met plakkies, ander bootse.
Intussen het oom Kaspaas sy werk as seremoniemeester begin doen en almal nadergeroep,baie het uitbeweeg om na al die diere te gaan kyk.Hy sê die mense moet hul self help aan n koel dingetjie,en dan hul plekke kom inneem vir die verrigtinge.
Die bruidegom arriveer met n donkiekarretjie wat deur twee zebras getrek word.Hy klim af,hy het sy luiperdvel Speedo aan wat spesiaal vir hom laat maak is.Hy is die ene glimlagte.Oom Kaspaas het intussen nader beweeg na hom en so met sy sweep geklap.Onmiddelik het twintig leeus n erewag by die tent se ingang gevorm vir hom.Toe hy so tussen hul deurloop het hul so regop op hul agterpote gesit.Hy het sy plek naby die preekstoel ingeneem.
Op die kop tienuur kom die bruidsmotor aangery,dit is oom Ben en Babsie se boomstomp motor.Oom Kaspaas klap weer n paar maal met sy sweep en twintig olifante vorm ook vir die bruid n erewag.Die orkes speel die troumars en sy beweeg in.Sy is getooi in spierwit volstruisvere wat ek aanneem aan n rok vasgewerk is.Sy lyk pragtig.Aan haar voete het sy fyn leerplakkies met sulke riempies wat oorkruis aan haar kuite gebind is,ek dink dit is baie stylvol.
Ou Willie bring haar verder in met Pollie wat genotvol op sy skouer sit ek kwaak.
Van hier waar Speedoman,ek en die predikant by die preekstoel staan is dit n pragtige gesig om hul so aangestap te sien kom.
Ou Speedoman pik n traan en die goeie vriend en strooijonker wat ek is offer ek hom n sakdoek.
Speedoman en die weduwee het toe na die preek hul troubeloftes afgelê en as pas getroudes gestap na die hooftafel, dit alles onder n handeklap van die mense.Die olifante het trompetter,die leeus het gebrul, al die diere het hul in hul onderskeie klanke toegejuig.
As seremoniemeester het Kaspaas hul asook almal teenwoordig verwelkom.
Almal het heerlik gekuier. Oom Kaspaas kondig toe soos n ringmeester aan dat hul as diere vir ons iets gaan wys.
Hul bied vir ons daar n ordentlike sirkus aan, kompleet met daai afwagtende musiek wat klimakse in n optrede so laat opbou,jul onthou seker nog daai drommer wat al vinniger sy dromme so slaan.
Die mense is in vervoering.Tussendeur het die kelnerinne die mense tafel vir tafel geneem om te gaan opskep.
Die gaste het heerlik ge-eet.Die diere het self lekker gevreet aan hul kos.Na ete is die arena skoongemaak en het die mense begin dans.
Dit was n heerlike troue en ons moes klaarmaak dat die mense kon uit en in kampe in die Kruger kom voor die hekke toemaak.Van die gaste wat ingevlieg het,het ook begin vertrek.
Ek en oom Kaspaas het met tranerige oë afskeid geneem.
Wat n troue.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
Ek vat jul vandag terug in tyd.
1989 om presies te wees.
Groot familieplanne word gemaak vir n kerskamp by Meiringskloof by Fouriesburg.
In die meeste families werk dit mos maar dat daar elke tweede jaar by dieselfde familie iets gereël word.
Hoeveel etes word bereken,wie vir wanneer kos maak.Wie sorg vir wat.
Alles word tot in die fynste detail beplan.Selfs aktiwiteite word bespreek.Die kinders was nog klein, so dinge moet gebeur om hul besig te hou.
Kom die tyd nader, kom daar dinge by en ander dinge word gekanselleer.
Die datums word gefinaliseer,en by die oord word vir daai bepaalde tyd bespreek.Hier en daar verander n datum of n tyd van aankoms.
Selfs n ete of twee moet heringedeel word.
Wat die etes aanbetref, wat ons maar altyd in gesinsverband gedoen het,word die beste resepte mos uitgepluk.
Twee broers,een suster met hul gades en ses kinders,en dan natuurlik ons moeder gaan daar wees.Vader het in 1984 afgesterf.
Begin ons kamp,te heerlik.Broer Willie gaan die volgende dag afvalpot maak.Die afval is al gaar en sag gekook by die huis.Moet net ontvries word.Die afvalwater is in n bottel in die yskas,reg om die kookproses môre te hervat.
Skemeraand gaan ouma in karavaan toe om haar pille te gaan drink.Sluit later by ons aan daar by die kampvuur en sê "die plek het darem aardige water"
Sou ons toe uitvind ouma het haar pille met die afvalpot water gedrink.
Aardige water ou vriend, aardig sê ek jou.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Ons kamp nog steeds by Meiringskloof buite Fouriesburg.(1989)
Ouma Bettie het toe darem nie iets oorgehou van die aardige water wat sy gedrink het nie.
Vroeër jare kon die oord net seker so vyftien karavane akkomodeer.Daar was daai tyd net een chalet. Ons staan op drie staanplekke.
Vir die wat die oord ken,dit is baie stil en rustig daar in die kloof.
Een Saterdag,laatmiddag trek daar drie dagbesoeker voertuie,n jongklomp,in by die swembad.
Begin sommer dadelik musiek maak en party.Klank trek ver in die kloof.
Die kampeerders kuier ook heerlik maar teen sononder raak dit stil in die kamp.
Hierdie klomp se musiek en gelag kon toe eers ordentlik gehoor word toe dit stil raak in die kampterrein.
Die ou oom wat die kamp bestuur het,het in die dorp gebly. By hom kon ons dus nie gaan kla nie.Daar was ook nog nie selfone nie.Die enigste personeel was die hekwag.Dagbesoekers moes nege uur uit die oord wees anders sou hul vir die nag moes betaal.
Ons gaan maak hul stil,sodra jy by jou karavaan kom stel hul maar net weer die musiek harder.Ons seuns,die op die fototjie,het toe ingegryp.Hul sê nogal so ewe ons het hul geleer as jy nie wil hoor nie moet jy voel.Hul is daar weg swembad toe. Die dronk klomp het nie eers agter gekom hul voertuie se bande word n paar tree van hulle af, afgeblaas nie.
Hul het toe kort voor nege vertrek.Die volgende dag het ons op die grondpad gesien,hul het met daai pap bande tot in die dorp gery.Jy kon sien hoe die rims in die grond ingevreet het.
Hul het nooit weer kom kuier nie en ons kon heerlik verder kamp.
Vreugde en vrede vir elkeen.





Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
Gooi vir jul elkeen n lekker koffietjie in en sit of lê terug.
Laas jaar hierdie tyd was dinge in rep en roer in hierdie huishouding.Ons gaan blomme kyk en alles word beplan.
Ek het n groot probleem met kamp.Ek is in die ergste graad allergies vir gewig.Veral as daai gewig vir lang afstande gesleep moet word.
So sê ek vir Ann ons kan gaan maar die karavaan bly by die huis.Ons vat net die vyfman choppertent en n gazebo,n gasstoof,oprol stappersmatrassies en elkeen n opblaasmatrassie.Twee stoele en n tafeltjie met die twee skinkbordtafeltjies.n Pot,n pan,n koffieketeltjie,n swart driepootpotjie (kleintjie vir twee) en dan nog alles wat jy vir kamp nodig gaan kry.
Ons het lieflike oprol matrasse vir as ons tent,nogal n Cloud Nine produk,maar nee,hul is te swaar en te groot.Kyk,n man is mos altyd slimmer as n vrou.Ek kan nie vir jul sê hoeveel opblaasmatrasse ons al gehad het nie.Dit is nou die dubbelbed tipe matrasse.
Ek gaan koop twee enkelbed matrasse.Dit is mos net vir drie weke.As een n probleem gee,koop ons net n nuwe een.So maklik soos dit.En hul is boonop lig.
Nou ja,pak al daai ligte goedjies in n X-Trail en n sesvoet waentjie.Die waentjie is vol,die X-Trail se bagasiebak is vol, die agterste sitplek is volgepak met ons kleresakke met die blaasheatertjie bo op.Voor by Ann se voete moet dit ook altyd vol wees, so daar is dit ook vol.Alles saam n lekker gewig.
Maande gelede al vir ons plek bespreek op Carnavon waar ons die eerste aand net gaan oorslaap.Daar het ek op n plaas plek bespreek. Daar is kampplek asook huisies op die plaas.Met die bespreking vra die dame my waarmee kamp ons. Met n tent ou nig, lig ek haar in.Oom dit is koud hier in die Karoo,oom hul gaan koud kry.Net daar het ek toe maar n huisie geboek.Ek het ook sommer n streepsak hout, karoo-tjops en wors by haar bestel vir die aand.
Dit is mos verskriklik romanties so om n vuurtjie met die sterre wat ekstra skerp ogies flikker so vir jou en jou geliefde in n donker karoo nag.
Soos twee opgewonde tieners is ons hier weg uit n bitterkoue Bethlehem wat n kouefront ervaar het daai week.
By Bloemfontein steek die wind op.Toe ons by Petrusburg afdraai ry ons reg in die wind in.By Britstown is die wind yskoud.Op Vosburg aangekom waai hy nou omtrent stormsterk.
Tussen Vosburg en Carnavon ry jy deur Volstruispoort en Kareebospoort,vir my het dit gevoel en gelyk of al die koue wat oppad is binneland toe deur daai twee poorte kom.
Op Carnavon stop ons, ek gee julle honderd raaiskote wat ons gaan koop,natuurlik om ys te koop.n Ou kan darem nie whisky sonder ys vat nie.
By ons huisie in die veld aangekom wys die dame ons rond.By n braaiplek met n driepoot en n sif staan ons groot sak hout en wag.Verder aan in die karooveld staan nog n huisie.Daar is gaste. Skuins agter ons verder veld in,is die kampterrein met n ablusieblok en n splashpool.Daar is egter geen kampeerders nie.
Die dame is daar weg en ons begin aflaai.Net ons oornag goedjies en natuurlik die blaasheater.
Sommer dadelik word hy ingeprop om die huisie warm te maak.Hy gee net so drie flou draaie dan vrek hy.Skakel alles af en weer aan,nou net so twee flou draaie.Soek die elektriese bord.Niks binne nie.Al om die huis in die ysige wind. Niks.Sou ek toe eers sien daar is n klein sonpaneeltjie op die dak
Binne die huisie sien ek toe eers die reëls en inligtingbordjie raak.Daar is n gasstoof en gasyskas asook n gasgeyser in die huisie.Die ligte werk vanaf die sonpaneel. Geen verwarmers of haardroërs kan op die krag werk nie.Weet nou nog nie hoekom daar plugs was nie.
Nodeloos om te sê ons kon toe nie vir die sterre sit en kyk met n vleisie op die vuur nie.Te koud.Die sterre het verniet hul ogies vir ons geflikker.Ons het die karootjops in die gasstoofoond gemaak.Pap en sous op die gasstoof.n Whisky gedrink met ys, ja.
Dit was darem toe heel lekker binne die huisie.Ons was vinnig buite toe net om terug te knik vir die sterre.
Heerlik ge-eet en gebad is ons toe kooi toe.So n pragtige hout katel met n heerlike sagte donskombers en verekussings.
Ons het soos babatjies geslaap.
Die volgende oggend het ek gepak en uitgepak en weer geherpak.Alles is spierwit geryp.Die splashpool het n duk laag ys op.
Daai hout gaan ek nie daar los nie,al bied sy aan om die geld terug te gee,sal ek hom nie los nie,ordentlike hout.Aan die gewig kon jy voel hulle is ordentlik.Ai man ek en die gewig.
Ons wil weer daar gaan bly.n Pragtige plekkie. So plaas as wat kom.
Môre vertel ek verder hoe ons gaan blomme kyk het en hoe ons ons "camping equipment" op n drie weke "raod trip" gevat het.
Vreugde en vrede vir elkeen van julle.