Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -17 minutes ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -24 minutes ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -41 minutes ago
Rona... Kruger 2026 Wessel Strydom -48 minutes ago
Satara se cam... Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Mooier foto Kruger 2026 Geert -1 hour ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 04/09/2019 - 18:19

Dagsê vriende,
     Vandag praat ons n bietjie oor goed wat n ou vies maak.
    Kyk,hierdie tyd van die maand is mos viesword tyd.
    Waar ookal jy kom,rye en rye mense.Dit is nog alles reg, maar sit nou iemand op die beginpunt van die ry wat veronderstel is om die ry vinniger te laat beweeg, en sy is nie haastig nie.O Wee,my bloedruk.
   By my bank is daar bv.plek vir sewentien tellers.Meeste wat ek nog ooit daar gesien het was vyf,al is dit hoe besig.Dan moet jy nog boonop so in n zig zag drukgang soos n bees vasgekeer word.
    Wat hul wel gedoen het,om by die besiger bedryf en die hordes mense wat sake wil kom doen aan te pas,was om die drukgang langer te maak.Slim nê. 
     Tellers het ook nie meer eintlik geld by hulle nie, dit is mos nou daai vakuumpype wat die transaksie na iemand bo in die bank toe suig.Een ou is al stadig,nou is dit twee ouens wat stadig is,wat een transaksie moet doen.Intussen kan hul nie wag vir toemaaktyd nie.
     Dan het die bankbedryf ook heeltemal verander.Vir een of ander rede sal hul terwyl hul besig is met jou transaksie alles toesluit,en met n "sorry, I need my supervisors signature for this transaction" wegstap,dan is ek lus en drink al my bloedrukpille op een slag. Veral as ek weet ons praat nie van miljoene nie.
   Hou bietjie dop,gou gou is die vyf tellers op n gegewe oomblik net drie.Nou is dit, twee ouens hier bo êrens wat niks doen nie, hul wag vir die onderste twee.Dit is die twee wat weg is supervisor toe wat einlik niks wil doen nie en nog heel moontlik die suppervisor wat badkamer toe is want geen mens kan so lank vat om jou handtekening te maak nie,tensy jy heeltemal ongeletterd is.
    Kom jy in n mall,wat ek in elk geval haat,gaan dit maar dieselfde.Die kassiere is nie haastig nie.
   Boonop het ek die gawe, vra maar my vrou as jul my nie glo nie,om die heel stadigste tou te kies.Daar is altyd,soos in altyd een of ander hickup by my ry.
   As dit nie items is wat nie gemerk is nie,is dit n item wat verkeerdelik twee keer gelui was.Dan wag jy vir die supervisor om dit te kom regstel.
   As ek nou regtig gelukkig is kom ons sonder probleme waar die kliënt moet betaal.
   Nou vir die surprise,die een na die ander kaart word reject.Kom die Madam nie by die kaart uit wat geld in het nie, begin die soektog na geld.Eers in die beursie,dan in die handsak. Sover sy soek word dit op die toonbank neergesit,dan word die bra gedeursoek en na n gevroetel is hulle ook leeg, ek bedoel nou daar is ook nie meer geld daar weggesteek nie.Die volgende plek is in die skoene, nou is ek glad nie meer lus vir al die versnapperinge wat ons eintlik onnodig gekoop het nie.
    Met alles nou op die toonbank word daar getel.Te min geld,van die items moet terug.Die kliënt kies nou versigtig en oordeelkundig wat moet maar bly.
   Die supervisor word geroep om die transaksies om te keer.Dan word daar iemand in die rakke geroep om die goedere te kom haal wat moet teruggaan rakke toe.
  Uiteindelik is dit my beurt,kan jy glo,by ons is daar groente sonder n prys,met n los maar het ons betaal en is daar uit.
    By die huis gekom was ek lusser vir n whisky as vir bloedrukpille.

Vreugde en vrede vir elkeen.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 05/09/2019 - 12:42

Dagsê vriende,
     Iemand sê gister ek vergeet van karavaan lisensies.Nee,nie vergeet nie,dit het ek Maandag 2/9/2019 gedoen.
   Kom stap saam my poskantoor toe.Kom ons daar,dit is Sassa dag.Die hele vertrek sit en staan vol mense.
    Al baie gewonder,daai swart grys plastiekstoele,kan ons hul nie as stretchers gebruik as ons gaan kamp nie.Dan het jy n stretcher en n stoel,n meerdoelige ding,en hulle stack ook lekker om te vervoer.
   Kyk hulle lê mos so in hulle.Dan stoot hul mos hul bene so reguit vorentoe.As jy nie die plastiekstoeltjie sien nie sal jy sweer hul sit in n Lazyboy. So ruk terug het ek vertel van die Fatboy motorfietse.Ai,wat is dit nou met my en hierdie woorde.
     n Ander ding wat ek nie verstaan nie, daai dae is ook n familiedag,almal kom saam.Dit is n "pensioners in training" geleentheid.
    Gelukkig sien ek die ry by die lisensie kassier is nie te lank nie,ons val sesde in.Eerste ou, transaksie by toonbank klaar gedoen,te min geld. Hoor net hy praat in Sesotho en iets van n ATM.Hy is daar weg, lekker, nou is ons vyfde.Ruk gestaan, kom n  ou van agter af verby tussen die tweede en derde persoon gaan staan hy, hy was blykbaar al in die ry, hy het net die groen form gaan invul.
    Nie so lekker nie,ons is nou sesde.So rukkie daarna,nog n ou met n groen form,hy is tussen vier en vyf.
   Ons is nou sewende.Ons staan nog daar en ons verkyk ons aan ander kulture, toe maak die ou heel voor klaar met sy transaksie. Dankie tog, nou is ons sesde.
    Hul was nog besig met sy transaksie,wie kom in. Natuurlik die ATM ou. Ons is nou sewende.
    So staan ons en wag en beweeg bietjie vir bietjie vorentoe.Ek was net bly sy kondig nie af sy gaan toilet toe nie.Of nog erger op haar "lunch break" nie.
  Nie gedink ek gaan betyds wees nie,was toe net net betyds vir middagete by die huis.
   Was darem baie bly ek is nie meer in die Army nie,anders was ek nou weer in n ry.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 08/09/2019 - 17:34

Môre vriende,
     Vanoggend gaan ek jul iets van julleself vertel.
    Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om jul te bedank vir julle deelname aan die blad.
     Die blad is so drie maande oud en ons is tot op vandag 931 mense op hom.Ek dink dit is baie goed, veral as ek sien hoe aktief en hoe baie julle dit lees.Ek kan die aantal lede wat die blad besoek monitor. Oor die tydperk het 80% van ons lede elke dag die blad gelees.Daarvoor wil ek jul bedank.Deel ons blog met jul vriende. 
    Die belangstelling in die blad toon vir my dat almal smag na meer humoristiese en ligter plasings.Ons word so toegegooi onder die negatiewe en die slegte dinge van die alledaagse lewe wat ons menswees probeer versmoor.
     Ter stawing,die oom Kaspaas plasing is 4664 keer gelees (beweeg die foto na bo om te sien), n bewys van hoe ons mense smag na die ligter en mooier kant van die lewe.En dit vir n fiktiewe karakter. 
    Ek wil jul mooi vra, moenie toelaat dat die lelike in die lewe,die mooi in elkeen van julle,steel nie.
    Dit is vir my baie duidelik dat ons n klomp mense is wat dieselfde voel en dink oor baie dinge,lees maar die kommentare.
    Nog nie een maal was dit vir my nodig om enige komentaar af te haal wat onvanpas was nie.Nog nie een maal het ek my geskaam vir n opmerking van enige van julle nie.
    Lees maar ander groepe se komentare om te sien hoe val mense mekaar aan. 
    Baie dankie daarvoor.Julle is die beste.
    Vandag speel my span,as jy n Lion is,skree gedemp.Vir die ouens wie se spanne uitgeval het,skree maar vir ons.
   Vreugde en vrede vir elkeen.
https://www.facebook.com…

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 09/09/2019 - 15:33

Dagsê vriende,
    Wat n Vrydag.Daar gebeur darem baie in een dag.
   Nuus werk ook darem snaaks.Party treur,ander juig,ander sien n hero.Sjoe wat n dag.
    Ek is nog besig om te vertel van ons land en die diens waarmee ons sukkel.
    Nog n plek waar ek onlangs gesukkel het, binnelandse sake.
   Kom sewe uur die oggend daar.Alreeds n lang ry wat voor die deure staan.Hul maak oop en die helfte van die lang ry verdwyn in die gebou in.
    Nou gebeur daar niks en dit hou vir baie lank aan.Daar kom iemand met die ry af en verneem
wat en waarvoor jy daar is.
    Na n ruk kom jy by die deur en daar sit iemand by n rekenaar en registreer jou.Jy kry n nommer.Uiteindelik kry jy n oop stoel.Sulke blink chrome stoele.Op n stadium was dit seker lekker stoele.
     Hierdie se hoek tussen sit en rugleuning is egter nie meer lekker nie.Sy sitplek loop afdraande, vorentoe.
   Ek het laas as kind daai gevoel gekry toe ons nog glyplank gery het en jou pa onder gestaan het om jou te vang.
  Al probleem is hier is niemand wat jou gaan vang nie. 
     Die rugleuning is nou regtig n rugleuning,hy leun so teen 120 grade met die grond agtertoe.
    As n ou se bene net ondersteuning gehad het sou jy nogal kon dink jy sit in n tandarts se stoel,soos jy teruglê.
     Nogal gewens daar was n dokter wat my kon uitsit en wakker maak as die nagmerrie verby is.
      Die meeste mense sit lê so.Ek vind dit nie gemaklik nie.Gelukkig het ek nie lank gesit nie toe kondig hul af hulle is van lyn af.Julle moenie lag nie.Dit gebeur hier by ons.Was toe darem weer betyds vir middagete toe ek by die huis kom. 
    Moes maar weer die volgende dag gaan probeer.Het toe darem reggekom.My ete wel gemis maar was darem so half vier by die huis.
  Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 10/09/2019 - 18:12

Môre vriende,
     Vanoggend wil ek jul vertel oor snaakse dinge wat in n kerk gebeur.
     Dit is darem snaaks, as n ou nou daar beginne lag kan jy mos nie ophou nie.Sodra jy ophou, hou dit net so minuut of wat,dan begin jy mos van vooraf lag.
     As dit net n sekere deel is wat dit gesien of gehoor het kan dit nogal n verleentheid raak.
      Friende vertel ons van die sondag wat hul as n fotografieklub die klein plattelandse dorpie se kerk besoek,om dan sommer na kerk,hul stokpertjie daar en in die omgewing te gaan beoefen. 
    Soos dit nou maar is in die platteland,is daar baie boere in die gemeenskap.
     Die gesin was n besige gesinnetjie.Die ouens wat hul beter geken het,het geweet op hul plaas word n "spade" n "spade" genoem.
     Wat dan natuurlik gebeur,is die kinders leer dit aan.Dit gebeur toe dat die klublede agter hierdie gesinnetjie plek inneem. 
    Die pa,ma en twee woelige seuntjies sit reg voor hulle.Die een seuntjie seker so 5 jaar oud en die ander een so amper vier jaar oud.
     Kort broekies, kakierige hempies en kaalvoet sit hul daar.Voor die diens is hul al bedrywig en die ouers spook om hul net stiller te kry.
      Die diens begin en waar sal n by nou in sonneblomtyd kom rondvlieg,natuurlik in die kerk en by hierdie gesinnetjie.Die oudste seuntjie klap na hom, gelukkig mis,en die pa sê, "Janneman,los die by,hy gaan jou steek".
   Dit is al klaar moeilik om die preek te volg.
    Die by is daar weg net om weer later terug te kom.Hierdie keer klap Janneman hom raak en die by steek hom.Hy sê kliphard. 
   "Eina blik....., hoe byt so f.....ken mot my"
     Die hele gemeente bars uit van die lag,na n ruk raak hul stiller net om weer harder te begin lag.
    Hulle sê die dominee het later net gesê, Amen, ons sal volgende sondag aangaan.Die gemeente is toe al laggende daar uit. 

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 11/09/2019 - 07:30

Môre vriende,
     Vanoggend vertel ek n storie wat Hannetjie van Staden,n lid op ons groep,my gister vertel het.
     Ek wil jul vra om jul stories vir my deur te gee, op messenger,of email dit vir my na 4amovie@gmail.com
      Daar moet pragtige stories tussen julle rondlê.Deel dit met ons almal.Ek kleur hom mooi in en dan plaas ek hom.Ek belowe ek sal nie oor die lyne gaan nie. 😁😁
    Ek wil jul nooi om saam ons kerk toe te gaan. 
     Interessant dat mense n plek of sitplek as hul eie  toe-eien.Jy het mos jou eie plek.My oorlede skoonpa het ook sy eie plek gehad,sodra hy gaan sit het,het hy net om seker te maak, onder die bank gevoel,daar was n chappie vasgedruk. 
Dan eers was hy tevrede.
    Hannetjie vertel.So was dit ook in hierdie kerk.Ons skuif saam Hannetjie en haar familie hulle,in op hul plek.Ons is mos nou lekker baie,sit n hele bank vol.
  Het net lekker ons sit gekry toe daar nuwe intrekkers met n seuntjie, seker so vier jaar oud, twee banke voor ons kom sit.Net mooi op oom Gert en tannie Marie,hogere lidmate in die gemeente se plek.So het die familie later vertel.
     Die seuntjie was nog in verwondering oor die kerk met die gekleurde loodglasvensters toe oom Gert en tannie Marie langs hul bank kom staan.
   In stilte het hul net vir n paar sekondes die nuwe intrekkers so aangegluur en toe in die bank tussen ons en die nuwe intrekkers gaan sit.
   Die diens begin met voorafsang.Die seuntjie is woelig en almal wonder hoe die ma daai outjie tot ruste gaan laat kom sodra die dominee begin preek. 
   Die dominee begin met die diens en mamma pluk n pak jelly babies uit haar handsak.Daai outjie is stroopsoet.Hy is doodstil,selfs saggies die mannetjies een vir een uit die pakkie gehaal.
   Volgens sy eie voorkeure het hy die kleure mannetjies in die pakkie deurgewerk.
     Die dominee was besig om af te sluit toe hy die laaste mannetjie uithaal.n Swart mannetjie.
    Die dominee kondig aan "kom ons bid saam". Die mans staan,hy ook,so met sy gesig na sy ma gekeer.
   Ons loer wat gebeur hier voor ons.Die seuntjie vat die swart mannetjie so tussen sy vingertjies,hou hom so na sy ma toe uit en sê kliphard,bokant die gebed uit "sê dag vir die miesies,sê dag." Sy ma kry hom nie stil nie,die mense begin giggel.Die swart mannetjie word herhaaldelik aangesê om die miesies dag te sê.Die mense lag en die dominee se maar Amen op sy gebed.Sy ma klap hom op sy hand, die swart mannetjie val op die grond. 
 " Hoekom gee mamma my so n mo.... klap,die tattie wil mamma net groet" roep hy uit. 
    Ma sleep nou die kind aan sy arm uit die kerk uit,hy skree,"hulle gaan my maatjie doodtrap,hul gaan my maatjie doodtrap"
   Die dominee het maar vinnig afgesluit.
    Ja, die onskuld van n seuntjie en sy nuutgevonde maatjie.

Vreugde en vrede vir elkeen.
NS.Met erkenning aan Hannetjie van Staden.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 12/09/2019 - 09:01

Dagsê vriende.
Ons bly nog n bietjie by goed wat by kerke gebeur.
So n jaar of wat gelede het ek nog op die kerkraad gedien as ouderling.Sondae voor die diens kom die kerkraad in die konsistorie bymekaar om te open.Die normale kerkbedrywighede en die afkondigings word bespreek.Die dominee is by die voordeur om die kerkgangers te verwelkom,dus hanteer die hoofouderling alles.Na n gebed beweeg ons dan in.
Dit is nou net hier waar die dinge begin.Almal wil agter in …die ry staan om in te stap,of eerder,niemand wil eerste instap nie.Gewoonlik is dit ek wat die deur na die kerk oopmaak en eerste instap.
Reg agter my staan broer Frikkie by die toe deur.Ou Frikkie lyk nogals soos Bennie Boekwurm.Hy het n sig probleem,dra duk lense. Boonop is sy oë nie lekker "opgelign"nie,hy is skeel.
Ek moet net eers noem dat jy heel voor in die kerk die diaken en ouderlingdeure weerskante van die preekstoel kry,so die gemeente kan reguit vir jou kyk sou jy instap.
Ek sê vir broer Frikkie,stap jy voor.Nee Jors stap jy voor,sê hy.Nou staan al die ouderlinge in n ry en sodra almal in plek is kan ek oopmaak en instap.
Ek vra,"almal reg?" en die hoofouderling heel agter sê,stap maar.Ek maak die deur oop en draai na Frikkie en sê, "Frikkie, jou gulp is oop" en ek stap weg in die kerk in.
Nou is ek nie meer voor Frikkie nie, die hele gemeente kan hom nou sien,die ander ouderlinge het reeds begin vorentoe tree en Frikkie staan en rondtrippel.Voel hy vir sy gulp gaan almal sien, kyk hy so af na sy gulp om hom toe te trek gaan almal ook sien, Frikkie wil terug en die ander wil in.
Sy steps het my nogal laat dink aan die volkspele liedjie"Kalkoentjies trap al so,al so" en die ouderlinge agter hom wil "Aanstap Rooies" soos wat hul verby wil kom.
My vrou sê sy kon aan my smile en gesig sien ek het iets aangevang.
Met die wat ou Frikkie nou binne in die kerk ingeforseer was kon die ander darem nou weerskante van ou Frikkie verby beweeg.Die ander het by hul families gaan sit. n Rooigesig Frikkie het in die eerste bank platgeval.
Ou Frikkie se gulp was toe nooit oop nie.Na die diens wou almal in die kosistorie weet hoekom Frikkie so skierlik met die inloopslag,besluit het hy wil nou nie meer kerk toe gaan nie en hoekom hy nie by sy vrou gaan sit het nie.Frikkie het net vir my gesê
"Jors, ek gaan jou terugkry"
Dink jul ek is vergewe vir my leuntjie.
O ja,ek loop nooit meer voor nie.

Vreugde en vrede vir elkeen.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 13/09/2019 - 08:28

Dagsê vriende,
    Vandag moet jul jul stoeltjies lekker naby my skuif,ek gaan baie beduie en ek wil hê julle moet alles sien. So maak jul koffiebekers vol,ek wil nie hê julle moet iets mis nie.
     Ons gaan wyksbyeenkoms toe.Man dit is lekker,doen dit n bietjie.Vanaand is ons sommer n groot groep, seker so veertig siele by die konsistorie byeen.Die dominee gaan dit lei.
    Voor ons begin met die wyksbyeenkoms gesels die ouens te heerlik saam.In ons groep is daar n ouer dame wat haar man aan die dood afgestaan het so agt,nege maande gelede.
     Sy is regtig n dame, kan haar altyd deur n ring trek.Die grys hare altyd netjies versorg.
      Ek skat haar so in die vroeë sewentigs.Soos dit maar met die ouderdom gaan het sy ook maar ons skete,onder andere die ou vingers wat nie meer lekker teenmekaar kom lê nie en hul wil ook mos nie meer heeltemal reguit nie.
  Iemand vra hoe gaan dit met haar, sy sê dit gaan goed.Sy mis haar man en die huis is te groot vir haar,sy het die huis nou in die mark gesit.Sy vra of iemand nie weet van n tweeslaapkamer  meenthuis wat te huur is nie, maar sy beduie so met die hand met die krom vingertjies die prominente twee. Die vingers is so uitmekaar soos in n V.Almal verstaan darem hierdie tweevinger V.Sy bedoel regtig twee. 
   Almal sê ons sal vir jou uitkyk.
    Dit is toe tyd,almal is nou daar,en die wyksbyeenkoms begin.
   Opening met gebed. Lief en leed word hanteer.Skrifgedeeltes word gelees.Dit handel oor naasteliefde en verdraagsaamheid.So gesels almal lekker saam.
     Hierdie een sê hy het n probleem met dienste wat sy bloedruk opstoot. n Ander een sê die lewe is so duur,hy kan dit nie vat dat munisipale werkers so lê of staan en hy weet hy help hul betaal nie.
   Die dominee sê hy het n probleem met taxis maar n ou moet regtig probeer om kalm te bly en selfs hulle te verdra.
     Nou kom die bejaarde dame ook in die gesprek in.Sy vertel.
    Kan jy glo,vanmiddag stop ek daar by Shoprite by die robot en hier druk n taxi tussen my en die sypaadjie in, ek het gedog hy gaan my kar stamp en ek druk my hooter.Hy wys vir my so (n tweevinger V teken met die handpalm na bo) beduie sy.Ek weet nie wat dit beteken nie,wat beteken dit?
    Ek sien hier kom n ding, hier is n paar ouens wat nogal reguit kan wees, gelukkig probeer die dominee keer en sê.Kom ek stel dit so,hy het jou nie gegroet nie.
   Nou wat beteken dit dan, wil sy weet.
   Ek gryp in,en sê,hy het maar net vir jou gevra,(en ek beduie die teken)of dit jy is wat die tweeslaapkamer meenthuis soek.
    Almal bars uit van die lag.Gelukkig kon ons toe aangaan met die wyksbyeenkoms.

Vreugde en vrede vir almal.
NS. Môre vertel ek jul n storie van n anonieme lid.Maak jul lagspiere los en moenie te veel vog inneem nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 14/09/2019 - 06:41

Dagsê vriende.
     Baie van ons het die probleem,ander het al van die probleem gehoor.Ander,veral die eienaars wil nie van jou probleem hoor nie want hulle het nie daai probleem nie.
     As jy nou nog nie weet wat die probleem is nie, het jy nie die probleem met jou buurman se blaffende honde wat jou die heel nag wakker hou nie.
     Maar kom ons begin by die begin.
     n Vriend van my ly aan n chroniese siekte en hy het baie pyn, soos in permanent.Hy besoek sy dokter en die vra hom of hy sou belangstel in alternatiewe medikasie.
    Hy vra,wat vir n ding is dit.Die dokter sê hy moet vir hom marijuane,dit is nou dagga,kry en tee maak met die blare en dit dan drie maal n dag drink vir sy pyn.
    Vol moed is hy daar weg,reguit Taxi rank toe, hy is oortuig hul sal weet waar om te kry.Hy was ook nie verkeerd nie,na n vyftig rand tip het hy die Tuckshop se naam en adres.Vir n verdere honderd rand het hy n return ticket soontoe en terug met dieselfde taxi.Hy vat dit.
    Daar aangekom vra hy en hul gaan pluk sommer vir hom varses agter die tuckshop.Die regte Rooibaardtwak.
    Die taxidrywer kry n 2 liter coke as beloning en my vriend kry ses daggamout koekies op die koop toe met die duidelike instruksie,n halwe koekie n dag.Die tuckshop eienaar sê net "hierdie medicine,hy es potent"
    Dieselfde dag ry ek na hom toe om te gaan hoor hoe gaan dit.Vertel hy my hy gaan nou hierdie tee try.Hy gee die koekies vir my, hy sê hy soek net die tee maar hy vergeet om my te vertel, net n halwe koekie op n slag,so het hy later vertel. 
     Die aand spook ek daar in die garage met n paar goedjies,die vrou sê sy gaan inkruip.
   Was nog daar doenig toe die bleddy hond langsaan begin blaf.Sien die koekies voor op my bakkie se dashboard lê en ek sê vir myself, myself, dit is net wat jy nodig het om die nag deur te slaap.
   Ek eet n hele koekie, smaak nogal nie te bad nie.
   Was nog doenig toe gaan sit ek moeg so by my werksbank.Dit is of daar so n saligheid oor my kom.
    Ek besef hierdie terugkyktwak is nou besig om in te skop.Ek wag vir daai trip.
   Daai trip trek daar weg, Appollo en Challenger se dinges.My vellies bly net daar onder die werksbank lê,in n japtrap is ek by die maan verby.Saturnus,Jupiter is ek verby, hul lyk soos verskietende sterre.
     Die pragtigste kleure.Mars was nie eers snaaks nie,net n wyle daar vertoef,dit was vir my vervelig.Kan nie verstaan wat wil die Amerikaners daar gaan maak nie, hul kan maar al daai dollars vir my gee,in any case is daar n goedkoper manier om daar te kom.
    Nou is ek op my return trip, weer by al die sterre verby.Toe ek die aarde se atmosfeer indring het ek net so n warm gloed gekry, dink nogal ek is tuff, sterre brand uit as dit met hul gebeur.Ek land later net weer mooi daar op my stoel.
    Nou is dit nie n grap nie.Daar is allerhande gedrogte teen die mure.Moviese spinnekoppe en drake.Ek slaan hul met my vellies maar maak nie hond haaraf nie. As ek slaan, sit hul alreeds op n ander plek.As ek raakslaan lag hul vir my.
     Ek laat nie iemand sommer vir my lag nie en ek gryp die vierpond hamer.Ek slaan daai garagemure vol gate.
    Met hierdie helse lawaai het die vrou wakker geword, dit was al vieruur toe sy daar instap. Sy lyk nogal bekend maar ek is nie heeltemal seker nie.
   Sy sleep my omtrent kamer toe.Sy wil my uittrek maar ek skop vas met n "los my uit, ek is getroud"
     Die oggend toe ek wakker word kyk ek in hierdie opgeblaaste gesig van my vrou vas.Sy wil weet wat het laasnag aangegaan.Ek bieg oor alles.
    Jy raak van daai bleddie goed ontslae, hoor jy my.
    Die middag toe ek besig is om die gate toe te pleister begin die hond weer blaf.
    Slaan n plan my hoe om ontslae te raak van die koekies.Met een koekie is ek daar uit, niemand in sig nie,kry ou Spike,die hond,n koekie, heeltemal mahalla.
    Nou gaan sit ek in die tuin onder n boom op n stoel.n Ruk later is Spike ook besig om spoed op te tel. Hy hardloop paaie in die tuin.Daai dag het ek gesien hoe n Jack Russel n roosboom uit die grond uit hardloop.
     Hy trek sy rug soos n kat in n onderstebo U en dan sis hy ook net soos n kat.Ek dink hy het gedink hy is nou n kat.
     Hy loop selfs soos n sirkushond agteruit.Iets wat hy nooit gedoen het nie,is hy staan op sy voorpote met sy agterpote so regop in die lug.
   So het dit toe vir die res van die week gegaan.Snags het ons in stilte en vrede geslaap.Die buurman het net eendag gesê hul vat die hond vir een of ander Dog Whisperer.Hul dink die hond is besig om mal te raak.Hy skrik vir sy eie skaduwee,hy wou altyd die kat opvreet, nou vou hy sy kloue liefdevol om die kat.
    Partykeer sit hy net so in sy waterbak en staar en sonder dat daar iets gebeur by sy bak skrik hy en deins terug.Toe onthou ek van al die gedrogte teen die mure.
    Die koekies is op, ek hoop nou nie die hond het n smaak vir die koekies ontwikkel nie.

Vreugde en vrede vir elkeen van julle.

Idees en storie verskaf deur anonieme lid op groep.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 16/09/2019 - 16:08

Môre vriende,
Vanoggend skryf ek hier vanuit n storiestad,Kimberley.
Hierdie verhaal is n werklike gebeurtenis.
Die troue.
Dit is n troue van sout van die aarde mense se geliefde dogter.Hulle bly so na die onderdorp se kant toe,so neffens anderkant die treinspoor.
Die bruid is getooi in n trourok,elke val en blom wat hul in die hande kon kry is aan daai rok aangebring.
Die bruidegom het n wit pak klere aan,die broek se pype sit so entjie bokant die enkels met die wit sokkies met rooi hartjies so in n regop lyn teen die maer kuite op.Ek is seker ek het met sy inloopslag n swart plastic kam in sy sokkie gesien.Ek mag verkeerd wees.Sy donker hare netjies platgekam teen sy kopvel.My dadelik laat dink aan die Brylcreem era.
Die trougangers pink n traan toe sy aan haar trotse vader se arm die kerk ingebring word.
Die seremonie begin.Alles verloop seepglad.Die ruiker val nie om nie,die blommemeisies en strooijonkers doen hulle ding.
Die predikant preek en kom by die trou formulier, dit is tog waaroor alles gaan.
Net toe die dominee die vrae aan die bruidegom stel lui daar n selfoon.
Die bruidegom sê net "sorry, wag so bietjie"en antwoord sy selfoon.
Sy foon is op loudspeaker en die gesprek verloop as volg.
Piet?
Yes
Ons is by die bar, kom drink n dop.
Sorry, ek kan nie.
Hoekom nie?
Ek is by n troue.
Ag, so what,wie se troue?
Ek,dit is ek wat trou.
Haai boys,haha, Piet kan nie kom nie hy trou vandag.
Iewers uit die agtergrond kom dit duidelik oor die foon se luidspreker.
O xxxxxx boys, another one bites the dust.
Piet besef hy beter dooddruk, nou skater die mense van die lag,die dominee sak op n stoel neer op die preekstoel.
Die bruidegom se ouers weet nie waar om te kyk nie.Die bruid se ouers is rooi in die gesig van ontsteltenis.
Die arme bruid staan soos Lot se vrou daar voor die preekstoel.
Dinge kom tot bedaring en die dominee vra of hy kan aangaan.Die bruid en bruidegom knik instemmend en die res van die seremonie word vinnig afgehandel.
Ek dink daai verhaal gaan nog vir lank in daai families vertel en onthou word.
Erkenning aan Veronica Kern vir die storie.

Jors se Kampstories. se foto.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 17/09/2019 - 07:40

Môre vriende,
       So vertel iemand my van die ou Omie, oom Harry.
     Oom Harry was maar n arm man maar het waar hy ookal kon,n geldjie afgeknyp,en dit dan gebruik om vir arm mense se kinders iets te doen.
   Oom Harry en tant Lettie was sout van die aarde mense.Aanstellerigheid het hul nou nie juis aangestaan nie.
      Weens sy betrokkenheid in die gemeenskap dink ek hy was meer bekend as dalk die rykstes.
     Sou hy in die dorp ry met sy ou rammelkas Toyota bakkie en byvoorbeeld vir Mev. Dokter raaksien sal hy verskriklik waai en groet en selfs hooter druk as sy haar kop sou wegdraai.
   Ja, n ou kry mos daai Mevroue met die man se titel,glo vir my.Maar dan kry jy darem ook daai wat net die vrou van die dokter is. 
    Wat oom Harry en tant Lettie dan gewoonlik ook gedoen het is om hierdie ou kindertjies op kampuitstappies te vat.n Boer net buite die dorp het grond langs die spruit gehad wat hy vir daardie doel aan oom Harry beskikbaar gestel het.
     Hierdie kampery was n groot storie.n Ou padwerkerstent was hul slaap tent. n Bokseil wat oor n droë tak in twee mikke in bome getrek was, was die kombuis.
   Die wasgeriewe was reg voor die kamp,die rivier.Teen n boom het die graaf gestaan vir die toiletbehoeftes.Die toilette was veldin,as jul sal verstaan wat ek bedoel.
   Voor die kombuis was boomstompe so in n sirkel gepak met n vuurmaakplek in die middel, omring met groot klippe. 
    Vermaak vir die kinders was daar baie, visvang,bokbok,swem. kleilatgooi.Wegkruipertjie in die bos.Cowboys and Crooks.Om nie eers te praat van allies of aainies (albasters) nie.Party ouens met groot ghoens,tiger eyes, milkeys,het jy ook gekry .
    Giffie gate n paar tree uitmekaar uit.n Wip, dit is nou n bicycle rim met ogiesdraad oorgetrek om voëltjies te vang.Daar kon ketties gemaak word, vir daai doel het oom Harry n ou trekker tube saam gevat en n sagte beesvel vir velletjies.
  In die aande was dit kampvuur stories.
Vertel môre verder.
Vreugde en vrede.

Jors van Heerden se foto.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 17/09/2019 - 07:49

Ek dink Jors moet n boek uitbring van al die verhale dink net as hy saam jou kamp los trek en begin storie of twee vertel lekke manwink

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 18/09/2019 - 08:56

Môre vriende,
    Ek vertel verder van oom Harry en tant Lettie en die kampe met minderbevoorregte kinders.
    Die kinders het n hond uit n bos uit gespeel deur die dag.Oom Harry het vis gevang en tannie Lettie was besig in die veldkombuis om kos te maak vir die honger magies.
     Lekker vars groente wat hul in hul agtertuin gekweek het.Die vis was in meel en koekmeel gerol en dan in olie gebak.Of oom Harry het dit partykeer gebraai.
    Die vuurtjie het die heeldag gebrand.Swart gebrande ketel,al stomende,gereed om koffie te maak.
  Neffens die kombuis het oom Harry vir die tannie met klei n bakoond gebou met sy kenmerkende koepel.Sou hul dan kom kamp kon sy brood bak.
     Sou daar groter dogters in die groepie wees het sy hul touwys gemaak in die kombuis.
    Hulle het hierdie kindertjies dan baie dinge geleer,onder andere waardes.Hulle laat konsert, konsert speel om hul meer selfvertroue te leer. 
     In die aand na ete,daar om die kampvuur,het oom Harry hulle boeke gevat.Hy het uit die Bybel gelees en gebid.Hulle is die Onse Vader geleer en Tant Lettie het hul verseker dat Jesus vir elkeen van hulle baie lief is. 
    Na stiltetyd was dit geselsies om die vuur.Oom Harry het dan met sy stories die kinders aan sy lippe laat hang.
     Spookstories het hy eerder vertel as die kleintjies al gaan slaap het.Dikwels het van die kleiner kindertjies,daar om die kampvuur,op tant Lettie se skoot aan die slaap geraak waarna sy hul in die tent gaan neerlê het.
    So het dit op n slag gebeur dat daar kinders wat op n plot gewoon het, gevra het of hul hul swart speelmaatjie kon saambring en oom Harry het ja gesê.
    Hul sit die aand daar en oom Harry vertel van iemand op die plaas wat n rondloper leeu gesien het die vorige dag.
    Nou wil die kinders weet wat gaan gebeur as hy daar naby is, dit is mos dan gevaarlik met hom daar rond.
    Nee, sê oom Harry,leeus is bang vir vuur.Die kinders stook daai vuur dat hy so hoog soos die boomtoppe brand en gaan sit sommer so op die grond reg langs die vuur.
   Intussen het oom Harry hulle se een seun ongesiens verdwyn. Oom Harry was nog besig om te vertel dat die leeu van die boere se beeste gevang het,toe daar n gebrul in die lang gras n paar tree weg van hul is.
    Die kinders spring op oom Harry en tant Lettie se skote.Die swart seun het net geskreeu " aiw, die lau" en toe hy wegtrek storm die seun met n paar graspolle wat hy so by sy kop vashou. Kompleet soos n leeu se maanhare gelyk.
    Daai mannetjie het nie vir die lau kans gesien nie en hardloop gly daar teen die konbuis se bokseil uit en gaan sit bo op die nok van die  seil. 
   Met almal wat toe gesien het dit is maar net n grappie en hul is n streep getrek het almal te lekker gelag en met mekaar gespot.
    Die kinderlaggies het tot laatnag nog opgeklink in die tent. 
 
Vreugde en vrede vir julle

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 19/09/2019 - 07:53

Dagsê vriende.
Ek wil hierdie graag aan die Midmallers vertel, aangesien hul nou by my grootword plek kamp.
     As oud Ventersdorper is ek erg jaloers dat jul nou by Rietspruitdam Ontspanningsoord kamp.
    Ek vat jul terug na die sestigerjare,rondom 1966.Ek was toe tien jaar oud.
    Vakansietye was ons by die huis, ons ouers het deeltyds geboer en het n melkery bedryf.    
    My twee ouer broers en my pa het al vier uur opgestaan om te begin melk.Vyfuur het moeder my wakker gemaak dan het ek die melk begin tap. Die pint bottels, half gallon en gallon kannetjies is dan volgemaak.Die bottels se blink proppies is met hierdie seëlstampertjie op die bottel vasgestamp. 
Die melk bottels is in kratte gepak.Reg vir aflewering.Dit alles was gedoen onder lanternlig.Die blou lantern was een van hulle.
     Daai jare het ons die hele dorp verskaf van melk.Elke oggend voor skool was die melk klaar afgelewer in die dorp.So ons het geken van warm beesmis staan.              
   Vakansies moes daar baie werk verrig word.Daar is kuilvoer gemaak en in die torings vasgetrap.Lusern gesny en gebaal.Geploeg, geplant, al die dinge wat maar op n plaas gebeur,moes gedoen word.Dus was daar altyd baie werk. 
   Met n groot gesmeek het pa naderhand ingestem dat ons seuns kan gaan kamp en visvang vir n dag of twee.
     Donkernag sou ons dan vertrek met ons fietse,Stokke so langs die fiets,vasgemaak aan die frame.Oor die stokke is n rugsak vasgemaak met kos en klere.n Slaapsak in n seil toegedraai, vasgemaak op die handles.
   Agter op die carrier is die tas met visgerei, bruinbrood en eier,blikkie mielies en deegmeel vir degiepap.Op jou rug nog n rugsak met alles waarvoor daar nie plek was nie. 
      Daai jare het daar nog n pad onderkant die stasie deurgeloop Rietspruitdam toe.
    Die tyres fluit so op die pad, hoe vinniger jy ry hoe  meer krag genereer jy met die blink generatortjie wat teen die agteband vasdruk.
     By die stasie verby net na oom Hendrik Strümpfer,my oom, die waterfiskaal se huis langs die waterkanaal het jy die Hennings se plaas gekry. Dan ry jy Ysselland binne.
     Dit is die meeste Yssels wat ek nog ooit gesien of gekry het.
   Agter die damwal verby teen die bult op en aan die anderkant van die dam het ons gaan kamp maak. 
  Daar aangekom was ons eerste prioriteit om die stokke reg te kry.
   Sodra die son begin opkom was ons lyne in die water.
    Dan eers kon ons met takke en stokke n raamwerk maak vir ons seiletent.
    Die visstokke het oor n tak mikstok gelê of oor n klip met sy punt in die lug.n Deegie as polisieman.
    Daar het die son ons darem lekker bygekom.
    Aan die oorkant van die dam het ons menigmaal met oopgenyde kunsmis sakke in die kanaal af gegly tot onder in die dam.

Ai, verlang ek darem na daai dae.

Vreugde en vrede vir een en elk.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 20/09/2019 - 08:17

Môre vriende.
    Vandag gaan ons  n bietjie weer motorfietse praat.
     Ons gaan jare terug.Ons gaan Mugabeland (Zimbabwe) toe, daai tyd was dit nog Ian Smith wat in beheer was as ek reg onthou. Ek praat nou van Bulawayo,toe hy nog in Rhodesia gelê het.
    1978 was ek nog n jong biker en daar was n ou in ons klub, Frans Senekal, op daai stadium n oom vir my.Hy was al vyf en veertig.
     Hy het egter aangedring dat hy nie as oom aangespreek word nie.Hy sou sommer sê "ek is nie met jou tannie getroud nie"
    Nou,Frans was n baie nice ou.Verskoon maar nou die woord, maar hy was n nice ou.Vol grappies en stories.Wat hy van motorfietse geweet het kon geen boek jou leer nie.
    Hy het n fiets geken.Hy sou een,toe oë aanmekaar kon sit.Verfwerk op fietse was n kuns vir hom.Hy kon kleure so inmekaar in laat smelt, dink maar aan n vlam wat brand, hoeveel kleure is daar vanaf die kern tot aan die buitewande van die vlam.Hy het tonele, gesigte,diere, you name it, op fietse gespuitverf.Hy kon dit doen.Sy Gold Wing en trike het dus met van die mooiste verfwerk gespog. 
  Nou gaan ek weer baie beduie met my arms en ek gaan klanke maak.As ek dus praat van hekel wil ek hê jul moet n outjie sien wat hekel,so teen sy bors asof hy bysiende is. As ek praat van n fyfty bike moet jul daai motorfietsie hoor, hoe hy aankom, verby jou gaan, en soos wat die klank wegraak in die verte. Hoop julle bly by. 
   Frans vertel. 
    Ons gaan n slag na n rally toe in Bulawayo.Die oggend trek ons weg uit Klerksdorp.Die manne is geleather, tentjies en kid so op die sissybars vasgemaak.Party fietse two-up ander one-up.
  Twintig fietse in die groep.Elke uur of wat word daar gestop vir n smoke break en dalk ietsie sterkers.Die manne is maar stout.Party het sommer n sterker (nou n wettige) rookdingetjie gevat.
    By Beitbrug ingegaan is daar nou baie motorfiets ouens op die pad.
    Stop ons en hier,kom n ou met n TP registrasie Fyfty cc verby.Ntweee...ntweee....sing die fietsie verby.Maar die ou se hande is hier reg voor sy bors besig.Hy ry loshande.
      Ons start en trek weg en n myl of twee verder gaan ons by hom verby, steeds is sy hande nog hier voor sy bors besig. Lyk kompleet asof hy hekel.
    Stop ons weer vir n smoke break dan kom daai mannetjie met sy fyfty verby, al hekellende.
     Jy hoor hom tweeee... harder tweeee..... TWEEEE.... tweeeee.... twee twe verby gaan. Dan is hy weer weg.So het dit aangegaan tot in Bulawayo by die Rally.
    Ons het saam daar aangekom.Toe ons registreer staan daai mannetjie saam ons daar.
    Vra ek hom, kon jy darem die lappie klaar gehekel kry.
     Hoe bedoel oom nou, vra hy.Ek beduie die hekelaksie as hy elke keer by ons verby gekom het.
    Nee, beduie hy na een van hierdie groot kombers spelde (die wat die Basothos hul komberse mee vassteek) so voor sy bors aan sy baadjie vasgeknip.Aan die speld hang n sparkplug.
  Dit blyk toe te wees hy het net gestop om die plugs te ruil op sy two-stroke motorfietsie.Dan het hy n skoon een ingedraai en die vuil een vasgespeld aan sy baadjie.
    Sodra hy op spoed was het hy die vet met n canfruit bottel se rek vasgemaak waarna hy dan die vuil plug skoongemaak het,in sy boonste baadjiesak was daar skuurpapiertjies, n skerppunt mes en n feeler gauge waarmee hy weer die sparkplug gap gestel het. Dit het hy alles so in die ry gedoen. 
   Die manne het te lekker gelag, die mannetjie met sy fyfty het amper vir die groot bikes weggery oppad rally toe daai dag.
 
 Vreugde en vrede vir julle almal.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 22/09/2019 - 09:01

Môre vriende.
    Vanoggend wil ek graag vertel en getuig oor n besoek wat ek en my vrou onlangs vir sake by n  tehuis op n naburige dorp gedoen het.
    Dit is nie net bejaardes wat daar versorg word nie.In die tuin,het daar n dame in n rystoel gesit,seker so 28 tot 30 jaar oud.Heeltemal gestrem,by haar was haar voltydse versorger.Liggaam inmekaargetrek.
     Haar gesig het gestraal,die glimlag sal my vir altyd bybly.

           Psalm 34:6
  Die wat swaar kry,sien op na Hom en straal van blydskap,hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.

              Gebed.
     Onse Vader,baie dankie vir n nuwe dag aan ons lewens toegevoeg.
    Here,ons bid vanoggend spesifiek vir gestremdes en hul versorgers.Here wil U hul vashou in U Vaderhand.
   Here, U gebruik tot gestremdes om U  lig uit te staal.
   Vergewe ons waar ons dikwels sommer net ontdankbaar en onvergenoegd is met ons lewens.
    Vader seën die verkondiging van U Woord regoor die wêreld vandag.
    Vergewe ons ons sondes.
     Amen.

0
Centurion

Dusty

Mon, 23/09/2019 - 05:31

Ek het baie jare gelede soortgelyke ondervinding by 'n ouetehuise gehad. Iemand wat vrolik was die hele tyd wat ons daar was. Sy was ook in 'n rystoel maar het nie gebruik van haar hande en voete gehad nie. Sy was totaal afhanklik van haar medemens. Ons wat meer as dit het kan by hulle baie leer om dankbaar te wees. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 24/09/2019 - 16:05

Môre vriende,
    Oom Jan, dit is nou ou Skêr,was n slim man.Eintlik was hy Doktor J.Zerwick.
    Hy het Aardrykskunde aangebied op skool.n Kenner in sy veld.Altyd besig met een of ander projek of navorsing.
     Op n staduim het ons hom help bou aan n massiewe teleskoop.Die lense het hy in Amerika laat maak.Kartografie en topografie was sy kos.Ja,ou Skêr was n slim man.
     Hy was ook n alleen  loper. Nooit getrou nie.
     Woensdae was dorptoegaan dag.Na studie het die koshuisbrakke die dorp ingevaar.
    Die spesifieke dag het ons in die studiesaal bietjie amok gemaak en oom Jan was op studiediens.Toe die amok n hoogtepunt in lawaaivlakke bereik,het hy voor die venster by die studiesaal ingekyk.
    Vir ons straf gaan ons kannabolle plant voor ons mag dorp toe gaan.Honderde van die goed het daar voor n klaar,reik aan kompos,voorbereide bedding op n hoop gelê.
   Die bedding seker so tagtig meter lank en drie meter breed, al langs die skool se grensdraad af. 
   Omdat ons dit al menigmaal geplant het, het ou Skêr dit nie nodig geag om dit weer van vooraf vir ons te leer nie.
     Nou weet jul seker n kannabol het n oogkant (ook genoem n node) wat na die oppervlak moet wys, dit is sy uitloopkant, plant jy hom verkeerdom kry jy nie kannas nie.As aardrykskunde leerders dink ons dit toe goed om vir die anderkant van die aardbol se mense, hierdie kant op die aardbol, kannas te plant.
    Ons plant daai bolle so met die oogkante na onder.Op ons knië daar in die bedding plant ons, wat ons nie gesien het nie is dat ou Skêr later n draai kom maak het om te sien hoe ons vorder en dat hy toe sien ons is besig om vir hom onderstebo kannas te plant.
   Nodeloos om te sê,oom Jan was rooi in die gesig van woede,ons gatte het gebrand en ons moes alles oordoen. Ons was toe nie dorp toe daai dag nie.

Vreugde en vrede vir elkeen van julle. 
   NS. Môre vertel ek julle van die skool (ons)wat n swembad bou.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 24/09/2019 - 19:42

Môre vriende,
   Vanoggend dink ek terug aan my koshuisdae in Cologny.
    Nou kyk, n koshuiskind leer nie om stout te wees nie, hy is lankal stout.
     In standerd ses toe ek daar land is ek byvoorbeeld binne n dag of wat geleer rook deur n matriekulant.En dit met Texan plain.
  Nou daai stoutigheid kon ek eers 24 jaar later afleer.Baie bly daaroor.
   Omdat ek van Ventersdorp af kom het, het oom Jan Zerwick my Vennies begin noem.Hy was n onderwyser maar ook ons koshuisgang se pa.
    Menigmaal het hy ons gevang rook en dan het hy ons n helse pak slae gegee.Hy kon n rottang swaai.
     Sy bynaam weer,was ou Skêr,as hy loop het sy voetpunte so na binne geloop, kompleet gelyk of sy regtervoet neergesit word waar sy linkervoet moet kom trap en sy linkervoet weer as hy vorentoe kom neergesit word waar die regtervoet eintlik moes kom trap.Laat hy homself nie met elke tree getrip het nie, was n wonderwerk.Sy alighnment was heeltemal uit.Oom Jan het ook gebggy, n R was nie in sy spreektaal nie, hy kon hom net skryf. 
  Sou hy my Vennies noem het ek geweet hy praat nou met sy sagte hartjie kant, Sou hy my roep met n Ventegsdogp (Ventersdorp) het ek geweet ek moet op my pasoppens wees, hy is ernstig of kwaad. Die eerste dag in matriek het hy my nader geroep met "Ventegsdogp kom hieg"      Toe gee hy my n mondelingse rookperpit vir my matriekjaar. Dit mag ek gaan doen het agter die skietbaan.Heeltemal op die verste punt van die skoolterrein.Volgens hom kon hy dit nie in vier jaar regkry om dit uit my uit te slaan nie,so gaan rook daar.
    Rook in die koshuis se badkamer was toe taboe.
Die eerste paar keer was dit lekker om daar by die skietbaan te gaan rook.
     Die afstand het my begin vang toe rook ek maar weer waar dit vir my gemaklik is, naby die koshuis of in die badkamer.
    Ou Skêr se neus was baie skerp.Hy kon sigaretrook ruik as die wind net in sy rigting draai.
   Sou die rook deur die wind in die koshuigang afgedruk word en hy kom in die lang gang by die verste punt in en hy skree "WIE HET GEGOOK"  het hy almal laat blaas.Suigswieties het nie gehelp nie,nie by hom nie.Menigmaal het ek sommer dan na sy woonstel toe gestap vir my ses van die bestes.
   Ou Skêr was ook die selfaangestelde tuinier en sportterrein ontwikkelaar van die skool.Dit was hom en sy arbeiders (dit was nou ons koshuisbrakke) se trots.
   Noudat ek van rottangs en kinderarbeid praat, die dinge het darem baie verander.
     Môre maak ons tuin, aspris verkeerdom, om oom Jan mo.... te maak.

Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus