Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
So paat ou fotos.Ek sikkel… Toeka se Willys jeep neef Herman -6 hours ago
So paat ou fotos.Ek sikkel… Toeka se Willys jeep neef Herman -6 hours ago
Sies Wessel.. jy weet ek… Toeka se Willys jeep neef Herman -7 hours ago
volgende jaar... Pad en roete inligting Wessel Strydom -11 hours ago
Wanneer val jy in die pad, Wessel? Pad en roete inligting Rona du Plessis -12 hours ago
Rona... Pad en roete inligting Wessel Strydom -14 hours ago

Bal gewig

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Nee ek wil nie spog nie. Ek wil raad vra. My Fordjie se sleepstang toon op die plaatjie wat Ford langs dit aangebring het ‘n maksimum vertikale gewig van 125kg en maksimum sleepgewig van 1500kg. Ek behoort die Kavango maklik onder 1500kg te kan hou aangesien die Tarra 1050kg is. Hoe meet ek egter die gewig op die bal?

Ek het oom Google gevra, en daar is skale wat mens kan koop (maar nie op die www in SA wat ek kon opspoor nie). Daar word ook voorgestel dat ‘n badkamerskaal op iets stewig geplaas word sodat dit dieselfde hoogte as die bal is. Is dit maar die metode en as mens die gewig reggekry het (lyk my 100kg is ‘n goeie gewig), pak jy dan maar net elke keer dieselfde? Wat van bv die 120l water en nog 120l bier wat mens tuis inpak, maar waarsonder jy terugkom? Hoe weet jy dan nog jou gewig op die bal is reg?

 

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 06/11/2019 - 13:57

Middag Arie

Saak is reg so. Dit sal interessant wees om te verneem wat die algemene forum mening is omtrent die norme om te kwalifiseer as

1] jeug, soos in penkop

2] ringkop, soos ouer as die jeug

dalk die eerste 2 syfers van 'n ID nommer.

Ek sal die terloopse aanspreekvorm van "oom" verskoon. Ek het geen problem as veral jong dames my as oom aanspreek nie, hulle moet net nie sê -nee oom nie.devil

Groete

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 06/11/2019 - 13:58

Miskien is dit goed as jy hulle net kontak is info ?

Ek het dit toevallig op die 4x4 forum gesien. Pretoria is net ‘n bietjie ver... 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 06/11/2019 - 16:04

Chris,  as jy dalk 'n ekstra bladveer oorweeg, kontak gerus Saaymans's Spring Works.  Hulle is sedert 1962 met veerstelsels besig.  Hulle is in Stikland Triangle Farm in Bellville.  Tel. nommer (021) 946-3175

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 09/11/2019 - 20:39

Ek raai hy gebruik die boonste een vir 'n fietsrak.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 11/11/2019 - 06:06

 boonste een vir 'n fietsrak.

Ek dink ook dat dit vir 'n fietsrak is. Jy kan nie die rak op die onderste een monteer nie want die pen kan in die rondte draai en sal die voertuig beskadig 

0

Is dit hoekom ek altyd soekend is? 

Laat my dink aan die storie van die ou wat 3 gehad het. As sy geld by die kroeg opraak soek hy iemand om mee ‘n weddenskap te maak. Die weddenskap klink so; “Ek wed jou ek en die kroegman saam het 5 testikels.”  So wen hy telkens ekstra drinkgeld.

Een dag is die kroegman siek en daar is iemand wat in sy plek drankies bedien. Die ou met die 3 se geld raak weer op maar hy is nog dors. Hy soek ‘n slagoffer en maak sy gewone weddenskap. Die nuwe kroegman leun oor die toonbank en fluister in sy oor; “Ek hoop jy het 4.” 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 11/11/2019 - 09:20

Ek wonder wanneer hierdie bal gewig storie 'n einde gaan sien ? 1800 "views" en 8 bladsye se gesprekke.  Iets moet die manne (en dalk die dames) hiernatoe aantrek.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 11/11/2019 - 09:50

Môre Len

Ek aanvaar dat die onderwerp vir vele mans, ek aanvaar dat die meeste wa-slepers mans is, bloot interessant is, en tegnies prikkel.

Die storie sal op 'n hoogtepunt doodloop sodra Chris sy druipstert Ford op Viagra gesit het.

Groete

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 11/11/2019 - 10:23

Skerp, baie skerp, ek lag te lekker hier waar ek sit en dink aan dinge om kwyt te raak, maar is te bewus daarvan dat hier dames ook op die forum is.😁

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 13/11/2019 - 05:46

Wessel, nou hoekom het jy so lank gewag met hierdie uitstekende raad aan Chris om daardie pap onderste deel weer styf te kry ?  Ek hoop met die ryery hou daardie styfgeit en wonder net, waar dien 'n mens dit toe, seker maar by die olie ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 15/11/2019 - 20:00

My Everest het haar gat gewip. Load Hog helpervere geïnstalleer vandag. Leë ritgemak het verbeter en die bokant van die bal is nou 525mm. Ek het 108kg se kameeldoring hout gekoop terwyl ek in die Kaap was en terwyl dit nog in was, was die bal se bokant op 515mm. 
Sover is ek baie tevrede. Ek sal verder terugvoer gee na volgende naweek se sleep. Die koste was R2 806. 
A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus