Nee ek wil nie spog nie. Ek wil raad vra. My Fordjie se sleepstang toon op die plaatjie wat Ford langs dit aangebring het ‘n maksimum vertikale gewig van 125kg en maksimum sleepgewig van 1500kg. Ek behoort die Kavango maklik onder 1500kg te kan hou aangesien die Tarra 1050kg is. Hoe meet ek egter die gewig op die bal?
Ek het oom Google gevra, en daar is skale wat mens kan koop (maar nie op die www in SA wat ek kon opspoor nie). Daar word ook voorgestel dat ‘n badkamerskaal op iets stewig geplaas word sodat dit dieselfde hoogte as die bal is. Is dit maar die metode en as mens die gewig reggekry het (lyk my 100kg is ‘n goeie gewig), pak jy dan maar net elke keer dieselfde? Wat van bv die 120l water en nog 120l bier wat mens tuis inpak, maar waarsonder jy terugkom? Hoe weet jy dan nog jou gewig op die bal is reg?
Miskien is dit goed as jy…
Miskien is dit goed as jy hulle net kontak is info ?
Ek het dit toevallig op die 4x4 forum gesien. Pretoria is net ‘n bietjie ver...
Chris.....
Chris, as jy dalk 'n ekstra bladveer oorweeg, kontak gerus Saaymans's Spring Works. Hulle is sedert 1962 met veerstelsels besig. Hulle is in Stikland Triangle Farm in Bellville. Tel. nommer (021) 946-3175
Ek ry vanoggend agter 'n…
Ek ry vanoggend agter 'n voertuig wat sommer 'n dubbel sleep stang het. Het toe sommer 'n foto geneem.

‘n Man voel mos nie volledig…
‘n Man voel mos nie volledig met net een bal nie?
‘n Man voel mos nie volledig…
‘n Man voel mos nie volledig met net een bal nie?
Is dit hoekom ek altyd soekend is? ![]()
boonste een vir 'n fietsrak…
boonste een vir 'n fietsrak.
Ek dink ook dat dit vir 'n fietsrak is. Jy kan nie die rak op die onderste een monteer nie want die pen kan in die rondte draai en sal die voertuig beskadig
Is dit hoekom ek altyd…
Is dit hoekom ek altyd soekend is?
Laat my dink aan die storie van die ou wat 3 gehad het. As sy geld by die kroeg opraak soek hy iemand om mee ‘n weddenskap te maak. Die weddenskap klink so; “Ek wed jou ek en die kroegman saam het 5 testikels.” So wen hy telkens ekstra drinkgeld.
Een dag is die kroegman siek en daar is iemand wat in sy plek drankies bedien. Die ou met die 3 se geld raak weer op maar hy is nog dors. Hy soek ‘n slagoffer en maak sy gewone weddenskap. Die nuwe kroegman leun oor die toonbank en fluister in sy oor; “Ek hoop jy het 4.”
Ek wonder...........
Ek wonder wanneer hierdie bal gewig storie 'n einde gaan sien ? 1800 "views" en 8 bladsye se gesprekke. Iets moet die manne (en dalk die dames) hiernatoe aantrek.
Gegewe wat my probleem tans…
Gegewe wat my probleem tans is moet ek die onderwerp dalk verander na Hangbal
Aantrekkingskrag
Môre Len
Ek aanvaar dat die onderwerp vir vele mans, ek aanvaar dat die meeste wa-slepers mans is, bloot interessant is, en tegnies prikkel.
Die storie sal op 'n hoogtepunt doodloop sodra Chris sy druipstert Ford op Viagra gesit het.
Groete
Skerp, baie skerp, ek lag te…
Skerp, baie skerp, ek lag te lekker hier waar ek sit en dink aan dinge om kwyt te raak, maar is te bewus daarvan dat hier dames ook op die forum is.😁
Wessel.....
Wessel, nou hoekom het jy so lank gewag met hierdie uitstekende raad aan Chris om daardie pap onderste deel weer styf te kry ? Ek hoop met die ryery hou daardie styfgeit en wonder net, waar dien 'n mens dit toe, seker maar by die olie ?
My Everest het haar gat gewip
My Everest het haar gat gewip. Load Hog helpervere geïnstalleer vandag. Leë ritgemak het verbeter en die bokant van die bal is nou 525mm. Ek het 108kg se kameeldoring hout gekoop terwyl ek in die Kaap was en terwyl dit nog in was, was die bal se bokant op 515mm.
Sover is ek baie tevrede. Ek sal verder terugvoer gee na volgende naweek se sleep. Die koste was R2 806.

My Everest het haar gat gewip
Klink goed, wag vir die sleep uitslag.
Chris, ek glo jou probleem…
Chris, ek glo jou probleem is nou op gelos, sal graag jou "sleep slag" hier wil sien.
Ek het al gehoor van ń "…
Ek het al gehoor van ń " face lift" maar ek glo hierdie " ball lift" is dalk ń eerste?





Penkoppe en Ringkoppe
Middag Arie
Saak is reg so. Dit sal interessant wees om te verneem wat die algemene forum mening is omtrent die norme om te kwalifiseer as
1] jeug, soos in penkop
2] ringkop, soos ouer as die jeug
dalk die eerste 2 syfers van 'n ID nommer.
Ek sal die terloopse aanspreekvorm van "oom" verskoon. Ek het geen problem as veral jong dames my as oom aanspreek nie, hulle moet net nie sê -nee oom nie.
Groete