'n Teken van oud wees, is as mens toeka se dinge helder onthou, en vergeet wat laasweek gebeur het.
Sit ek en dink aan my kinderdae, soos sestig jaar gelede, en die duineveld in die omgewing van Die Puntjie en Vermaaklikheid omgewing. Familie het daar duine grond gehad, en het die skaap daar laat loop.
Tref dit my hoe daai oom met sy groen Willys daar gery het, om skaap inspeksie te doen. Nou daai duine veld was sandduine, met so hier en daar nabank riwwe in. As hy nou daar afdraai van die grondpad, het hy gestop en daai kort hefboompie getrek. Niks van afblaas van daai 4 Marie-beskuitjie bandjies nie. Dan moet jy vashou, soos daai Wyllis die 2 sandspore bestorm. Nooit vasgesit nie.
Nou wonder ek, as mens daai Willys vergelyk met vandag se 4x4 trokkies en SUV's, met 265/65x17+ bande, en al die elektroniese foefie-katoeter ondersteuning het, en die ouens sit tog soms vas.
Waaraan skryf mens dit toe?? Die bestuurder, die gereelde [daaglikse] 4x4 sandry ervaring, want dit kan nie Willys se aandrywing wees nie.
NS: Ek moes nou eers die spelling regmaak, anders het onse neef Herman my gekapittel😁
So paat ou fotos.Ek sikkel…
So paat ou fotos.
Ek sikkel my Alie af met byskrifte , dan verdwyn my poging. Elk geval. My Landy met Ford v6. Van Links my jonger broer dan swaer Willem en swaer Dolf. Dolf het die rowwe CJ 2 gehad.
Swaar Willem het ook n Jeep gehad. Cj6.Ford v6 enjin
Dan skoonpa met sy Jeep.







Sies Wessel.. jy weet ek…
Sies Wessel.. jy weet ek spel sleg, en my sinne loop ek ook nog vooruit ook. Sou nooit n onderwys job kon volstaan nie.
Die Willys het omtrent niks geweeg nie, so die dun bandjies was heeltemal voldoende. Jarre gelede, ek dink hier by 1982 ?? rond was ons by Mapelane aan die Natalse Noordkus. Die storie moes ek al oorvertel het... paar keer... Elk geval toe Sikloon Demoina ons vasreën en ons toegangspad heeltemal wegspoel, soos in weg, afgrond af... die pad is nou n rivier daar onder.
Daar was net 4 4x4 voertuieday Mapelane, dit is n klein Natals Parkeraad kampie. Daai jare het ons strandlangs gery vir hengel. 2 Land Rovers, n Toyota 4x4 en n Suzuki Samurai.
Die kamp is ontruim met Choppers, ons 4 couples het anders bedluit... Op jul eie risiko is ons daar agter gelaat. Darem almal se kos en drank gehad.
Na alnal weg is, ons paar dae lank strandlangs oor rowwe klippe, oor duine, man n hengse ekspedisie gehad om uiteindelik by n Lighuis uit te kom. Die Suzuki was die beste voertuig. Die paar keer wat dit vasgeval het, het ons dit eenvoudig opgetel ek geskuif. Die Toyota het helse bande opgehad, en net hier en daar uit stoom geloop teen lang duine. Die Landrovers was n bledie handvol. Uitgespoel op die strand n vreeslike lang, seker n duim dik tou op die strand opgetel. Daar was Krokodille, Seekoeie en n magdom Kurpers ook uitgespoel.
Met die tou kon ons die Landrovers koppel en oor die duine sleep. Maar terug by Wessel.
Die Wyllis is daai tyd se Suzuki. My oorlè swaar het een gehad met n fris enjin en n Alfa gearbox waarmee hy op Sodwanna se strande gery het. Dit kon níe vassit nie. Ek mis vir Dolfie.