
So wie gaan hierdie jaar kom saam trap? Dit sal my eerste keer in 'n lang tyd wees, maar ek sien baie uit daarna. Nogal een groot pretvolle dag met seker meer as 20 000 fietsers wat deelneem - party ernstig om te wen en hulle persoonlike rekords te verbeter en ander wat dit doen net vir die lekker pret!
Waar is al die fietsry manne? Lappies? Oom Frikkie? Groot pret en 'n ongelooflike vibe oral op die roete!
Daar is ook 'n 40km roete vir diegene wat nie die volle 94.7km wil trap nie ![]()
Anton, ek sal dit nie in 4…
Anton, ek sal dit nie in 4 ure kan doen nie. Eerder 8 ure. Geniet dit
hoe het dit toe gegaan? …
hoe het dit toe gegaan?
Dit was nogal taai en met 'n lekker wind om mens tee te staan
Maar dit was lekkerrrrr - baie mense en unieke "vibe" ![]()

Dankie. Dit is 'n…
Dankie. Dit is 'n wonderlike ondervinding om so deel te neem - daar was gister 23 000 fietsryers wat gery het.
By wegspring lyn met my Groep GG


Dag sê fietsryer no 40633👍 …
Dag sê fietsryer no 40633👍
Dit is 'n groot aantal deelneners.
Die tye is uit. Tye word…
Die tye is uit. Tye word gemeet met 'n racetec chip wat aan die fiets vasgemaak is. Daar is sensor matte waaroor mens ry, by begin en eind punte asook op ander dele van die roete.
My tyd was 4:24 , 'n 2 minute verbetering op my vorige 947. ![]()





Nou Ja! Dan is dit amper…
Nou Ja! Dan is dit amper sulke tyd
Sal môreoggend so 6 uur my fiets laai en dan na die wegspring plek by Riversands ry. Ek spring eers heelwat laat weg, so 8:30 omdat ek nie 'n gereelde deelnemer is nie en nie 'n goeie "seeding" het nie moet ek maar saam met die stadige klomp wegspring
Fiets is gediens en wiele lekker gepomp met 2 bottles dupa in die vrieskas en 'n klompie "enduro energy bars" in my fietsry hemp se sak!
Laat die wiele rol! Dit gaan pret wees en ek behoort darem binne 4 ure klaar te maak