Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -21 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -2 hours ago

Disgrace Mugabe

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis nou nie kampverwant nie, maar kom ons kyk of ons paar ouens se tonge los kry om saam te praat.

Glo dit as julle wil, ek het al saam met hierdie dame tee gedrink.  Ek is destyds deur my SA werkgewer gesekondeer om by 'n filiaal-bank in Zimbabwe te werk en die besturende direkteur het graag met my as hul Suid-Afrikaanse bankkonneksie, gespog.  Op 'n dag nooi hy toe vir Grace om by hom op kantoor te kom tee drink en het haar by die geleentheid aan my voorgestel.  Ek het selfs 'n persoonlike Kerskaartjie, geteken deur die president en sy vrou, ontvang !

Dit sommer net interessantheidshalwe. Ou Gracy is 'n humeurige dame en dit is nie die eerste keer dat sy iemand telyf gaan nie.  In plaas daarvan dat sy haar twee bedorwe, bedwelmde seuns wat met 'n meisie in hulle hotelkamer in Johannesburg betrap is, 'n pakslae gee, rand sy die meisie met 'n verlengkoord aan terwyl haar lyfwagte toekyk !

'n Saak van ernstige aanranding word by die polisie gemaak en hulle kom wraggies ooreen met haar regsverteenwoordiger om haarself die volgende dag aan die polisie oor te gee  -  met die volle medewete van ons minister van polisie.  Nodeloos om te sê, Grace glip die land uit en weg is sy tot binne-in Harare.

Ek sien die regeringsgesinde nuusmedia in Zim sê Grace het uit selfverdediging opgetree !   Wil jy nou meer !  Ek hoor ook vandag 'n professor in internasionale reg sê sy het beslis nie diplomatieke immuniteit nie en dat die kanse skraal is dat SA sal vra vir haar uitlewering  -  die Zumas en die Mugabes het te goeie bande.

Niemand kan stry nie, Suid-Afrika is 'n opwindende plek waar daar daagliks verstommende dinge gebeur !

Nou wat sê die lesers op hierdie forum van die stukkie kommentaar ?

.

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 16/08/2017 - 15:25

Len die was my inskrywing op FB vroeg vanoggend oor die aangeleentheid.  

 

 

Oupa het n ding wat krap..... First LADY van onse buurland....

Wag dat Oupa eers die definisie van “LADY” aanhaal.

“An elegant and good-hearted woman who uses her femininity in the most dignified and endearing way possible.”

...

Nou ja met die definisie ingedagte gehou hoe kan mens dan praat van die “First LADY of Zimbabwe”

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 16/08/2017 - 16:15

Die naam Disgrace beskryf haar beter en pas by haar.   Sy mag miskien dink sy is 'n Lady maar sy is allesbehalwe 'n dame.

Gister het ons eers gehoor van die aanranding, dat die polisie haar aangekla het en sy nog gister in die hof sou verskyn.   Toe verander die storie dat sy haarself gaan oorgee het aan die polisie en gisteraand toe hoor ons sy is terug in Harare en was nooit by die polisie of in die hof nie.    Natuurlik is daar nie twyfel nie dat die "powers" in ons regering en polisie saamgespeel het om dit te bewimpel nie.

Wat my die meeste grief van die vroumens is die absolute luukse en spandabele lewe wat sy lei terwyl miljoene mense in hul land krepeer van armoede en sterf (behoorlik doodgaan!) van die honger.   Haar bedorwe seuns bras en spandeer net soos sy, met geen gevoel vir die armes nie.  Die Vader weet, iewers, eendag moet hulle daarvoor gestraf word.

Daar sal niks van die aanranding kom nie, sy het dit al klaar vergeet en lag seker daaroor.  Sy beplan seker alweer haar volgende uitstappie oorsee om te gaan "shopping" doen.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 16/08/2017 - 16:19

Len, ek is nogal bly jy het die gesprek begin.

Mugabe het gesê dat geen plaas moordenaar (van "wit" boere) in Zim vervolg sal word nie,  nou wonder 'n mens wat is menseregte in Afrika werd.

Ek sien dat die First "Lady" wil duplumatieke besketming geniet, wat laat my dink sy gaan reg kom.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 16/08/2017 - 16:40

Ek lees nou op Maroela Media dat hul by 'n betroubare bron verneem het Disgrace is nog in SA.   Afriforum het 'n dringende versoek tot die polisie gerig dat sy nou arresteer moet word??  Weet nie of die inligting korrek is nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 16/08/2017 - 16:47

Hier is 'n uittreksel uit Maroeka Media.

"Dít volg nadat pres. Mugabe luidens nuusberigte gister in Zimbabwe gesê het dat Zimbabwiërs wat wit boere gedurende dié land se grondhervormingsproses vermoor het nie vervolg sal word nie"

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 16/08/2017 - 16:51

Hulle sal haar nie arresteer nie.  As hulle dit wel doen sal n landros met verstand haar nie op orgtog vrylaat nie want sy sal moontlik vlug.

Dit maak dit baie onplesierig vir die ZUMA-NUSTE en die se venote in die buiteland...   Dit sal mos die LADY in n slegte lig stel.   

Aan die ander kant as ek in die dame se skoene gestaan het sou ek sogelank gaan wegkruip het....  Die reg sal haar nie beskerm nie. Sy het moeilikgeit aan die kom.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 16/08/2017 - 20:09

My tee-drink-vriendin is toe wraggies nog in SA.  Sy wag op ou Bob wat oppad is SA toe en het aansoek gedoen om diplomatieke immuniteit !

Willem, jy is verskoon want jy neem tog gereeld aan die forum deel.  Wat hou jou so besig in die motorhuis  -  dalk die Ford ?

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 16/08/2017 - 20:13

Sy sal seker maar weer sonder straf gaan ....  Dit is ook nie die eerste keer nie.  Het mos n fotograaf in Hongkong ook aangerand...

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 17/08/2017 - 08:16

Ek dink nie dit is net humeur nie.   Sy is van die opinie sy kan doen wat sy wil, sy is verhewe bo almal en bo die wet.

Ek word naar as ek haar sien.  Len, jy moes eintlik daai dag in die tee verstik het.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 17/08/2017 - 08:39

As daar nou een liggaam is wat hul monde omtrent kan uitspoel oor geweld teen vroue, dan is dit die ANC Vroueliga.   Dit lyk al soms of hulle dink dis hulle verantwoordelikheid om dit hok te slaan.   By Oscar se hofsaak, was hul van begin tot einde daar!

HOEKOM IS HULLE NOU SO STIL??  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 17/08/2017 - 08:42

As 'n adjunk-minister 'n vrou in 'n nagklub met die vuis bydam en na geruime tyd (tot vandag toe nog) nie gearresteer is nie, dan is daar mos geen kans dat die vrou van die president van 'n naburige land wat 'n meisie by haar seuns in 'n hotelkamer betrap en haar met 'n verlengkoord aanrand, gearresteer of vervolg sal word nie.

Tragies dat ten spyte van ons president en die regerende party se herhaalde uitsprake dat niemand in die land bo die reg verhewe is nie, bloot ydele woorde is.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 17/08/2017 - 11:22

Die vroueliga het ook nog nie 'n woord gerep oor die adjunk-minister se geval nie.  'n Duidelike bewys dat hul net 'n bohaai maak oor geweld teen vrouens as hul "comrades" nie betrokke is nie.

Ek hoop regtig Afriforum gaan hierdie disgrace vroumens se saak nie los nie.  Haar (Afrikaanse) ma het ook gisteraand op TV gesê hulle gaan dit verder vat.

Nou sien ek Mugabe het gisteraand in die land aangekom, kastig om die (kan nie nou onthou watse) beraad in Johannesburg by te woon.  Met sy eie vliegtuig op Waterkloof geland.  Seker om 'n vliegtuig gereed te hê sodat sy vrou kan padgee.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 17/08/2017 - 17:13

Ek sien Afriforum en Gerrie Nel klim nou saam met Gabby Engels in die kryt teen Grace en die Minister van Internasionale Betrekkinge !

Interessante tye !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 17/08/2017 - 17:21

Ja, en sy kan nie diplomatieke immuniteit kry nie, want haar paspoort het nie aangedui dat haar besoek amptelik was nie.     Sy het mos gesê sy kom vir mediese behandeling vir haar voet.  Wel blykbaar moes haar paspoort dit ook aangedui het en het nie, waaroor sy ook in die moeilikheid kan kom.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 17/08/2017 - 19:59

Ongelukkig mag ek niks sê oor die onderwerp nie.

Besig met n projek vir Zim.

Bang hulle stop dit.

Daar is miljoene Zim dollers op die spel. He He

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus