Interesante vraag, dalk kom…
Interesante vraag, dalk kom dit van die voorvaders se tyd, maar het groot geword met dat ñ kamp vinnig opgeslaan word. Dit het dalk te doene gehad dat almal moet hand bysit, en niemand sal gaan swem of rondloop voordat pa se ons is klaar nie. Selfs met 2 dogters, het almal presies geweet hoe, en dus het ons gemaklik kamp gemaak in n kort tydjie. Nou dat dit net ons 2 is, het ons n roetine wat werk sonder dat die sweet loop. Neef teug sommer so met die klaar parkeer al aan n ietsie, en tussendeur ook. Klink ek nou al te veel na n Kamper, en nie n Kampeerder nie.
So 2 ure en dan kan ek vuur…
So 2 ure en dan kan ek vuur maak en 'n koue enetjie afsluk en sot en ontspan.
As ek daar by Eiland Spa …
As ek daar by Eiland Spa "lankstaan", slaan ek maklik 'n week of langer op.
Stem saam.....
Stem saam, geen gehaas met kampopslaan nie. Dis waarom ek daarvan hou om vroeg by my vakansie-bestemming op te daag, dan gebruik ek die res van die dag om alles netjies in plek te kry. Werk natuurlik nie altyd so uit nie, veral as jy in die Wildtuin van die een kamp na die ander moet ry kan jy nie altyd vroeg by jou bestemming opdaag nie. Maar, die eerste dag word altyd spandeer om kamp ordentlik op te slaan voor vanaand se vuurtjie aangesteek word. Daarom hou ek nie van kampe korter as 5 dae nie en probeer altyd minstens 5 dae by elke bestemming te spandeer.
Oornag-stop is 'n ander storie. Ek verkies om nie eers af te haak nie en kry die wa net waterpas, koppel die krag en vrieskassie agter-in die Pathfinder en steek dan die braaivuurtjie aan. Daarna wag ons bed vir 'n heerlike nagrus. Lekker man, sommer baie lekker !
Ons jonges van dae het mos…
Ons jonges van dae het mos nie so baie goed om op te slaan en reg te pak ens. Hou van die eenvoud en solank die kindertjies ok is dan is alles mos ok? Ons prioriteit verskil ook dalk 'n bietjie en het nie die tyd en behoefte om vir dae lank kamp op te slaan nie want die klein goedjies wil verken en speel!
Verkooppraatjies
Môre vriende, of dan kampeerders!!!
Interressant dat die manne wat met padwaens kampeer, reageer op die klip in die bos, en nie die boswaens-kampeerders nie.
Dit is juis onder die laasgenoemde geledere waar die "opslaantyd" blykbaar 'n kritiese evaluerings parameter is. Mens sal vind dat by skoue dit verskriklik benadruk word deur die verkoopspersoneel, en dan ook ge-illustreer word met videos op You tube.
'n Ander verkoopsfoefie deesdae is " die voertuig kan soveel kg sleep". By nadere ondersoek vind jy dis 'n moerse wanvoorstelling. Die voertuig beskik dalk oor die vermoë om soveel tonnemaat se sleep, maar sy lisensiegewig, en totale kombinasiegewig laat dit nie wetlik toe nie. Boonop word geen woord gerep oor wat jou bestuurderlisensie toelaat nie.
Kom ons bly egter vir die uitlokkende gesprek by die "opslaantyd" foefie, en los die ander foefie, voordat ouens weer hulle onttrek aan deelname.
Groete
Dinge om te doen, plekke om…
Dinge om te doen, plekke om te sien, nie heeldag tyd vir tentpenne nie!
Tannie Poppie...
Die tannie is n Duitser, so haar eerste woorde as ons stop is "I wanta heargh honly hone Click!!", dan moet ons bont staan pappa.
Ek staan verwese rond soos n toeris op Heathrow lughawe, die tweeling hardloop draaie soos sy orders gee en die meisieking se wange is rooi soos sy uitpak.
Dit hou aan vir so 20 minute dan staan daai kamp laat dit lyk soos die voorblad foto van die Playboy tydskrif vir karavane, alles op sy plek, styf en regop, even blomme op die tafel.
Playboy....!!!!
Wat is fout met oom Frik.
Nou laat oom my gedagtes dwaal na my jong jare.
Die SCOPE!. Jislaaik teem die einde van die tydskrif se bestaan kon mens die sterretjies afkrap.
Ek glo nie ons dwaal af van…
Ek glo nie ons dwaal af van die onderwerp nie.
Die draad se naam is tog "Opslaantyd". ![]()
Anton :
Anton : Jy vertel ons nou asof ons nie weet nie - moenie vergeet nie, ons outoppies is lank gelede ook deur daardie meul van kindertjies wat aan die speel wil kom by die kampplek, veral as dit by die see is. En ook, ons outoppies het tot vandag toe kleinkindertjies wat saamkamp waarmee rekening gehou moet word, byvoorbeeld :-
Toe ek nog alleen kampeer…
Toe ek nog alleen kampeer het was dit so 20 minute dan staan my boogtent, my matras is opgepomp, my sak en slaapsak ook in die tent en opvoustoel staan reg sodat ek my kan neerplak om ‘n skuimkop deur die kraag te jaag.
Om die Kavango waterpas te kry, dak en voortent oop te maak en matras in plek te kry kan in omtrent dieselfde tyd vermag word. As ek egter grondseil, windskerm en sytent byvoeg, tafels en stoele uitpak, beddens opmaak, yskas en stort uitskuif en staanmaak en kombuis oop en reg neem dit omtrent 2 ure dan kan ek sit en ‘n Germaanse bruisdrankie geniet. Oppak neem so uur langer want ek hou daarvan om my stormseil, sytent en grondseil sommer dan skoon te maak en droog weg te sit sodat ek dit nie tuis hoef te doen nie. As jy onder ‘n boom gestaan het vat die voëlpoef afwas tyd.
Wilde brakkie, ek pomp…
Wilde brakkie, ek pomp gewoonlikceers na ons gaan lê het, maar ja elkeen doen dit op sy eie manier?
Hahahah Gees, klink vir my…
Hahahah Gees, klink vir my die ou manne neem baie lank om tent op te slaan, tot 'n week ! ![]()
![]()
die ou manne neem baie lank…
die ou manne neem baie lank om tent op te slaan
Dis seker hoekom Oom Arie die pomp los tot so laat...
Arie jy moet maar daardie…
Arie jy moet maar daardie afblaas mattras verkoop en 'n ordentlike een kry. Ek kan dit mos nie verdra om by die kamp wakker gemaak te word deur bure wat in die middal van die nag pomp nie. Nee man!
Kamp opslaan
Middag kampeerders
Net 3 opmerkings;
1] kan julle darem 'n gesprekslyn skeef trek- lyk my die koppe hak heel verkeerd uit.
2] gaan maar los--- ou mense weet hoe belangrik dit is om jou tyd te neem met opslaan !!!
3] ek en Chris wildehont neem dus omtrent ewe lank om 'n Kavango staan te maak, MAAR daar is groot ouderdom verskil tussen ons. Die gevolgtrekking is dus, opslaantyd is bloot 'n funksie van jou toerusting/wa en eie puntenerigheid betreffende aanvaarbaarheid.
Groete
Groete
Af en opslaan
Dis deel van kamp die op en af slaan en dis goeie oefening ook





Wonder ook
Na 'n paar dae sal ek sit en sien as ek so doen sal dit beter wees, so ek slaan lank kamp op. Soos nou by Dinokeng na 4 of 5 dae se reën kom ek agter toe die son behoorlik skyn dat dit sal goed wees as ek die rally aan die ander kant opsit vir die son, so na 5 dae was ek steeds besig om op te slaan.