Umoya Resort

geen inligting

Resensies

Elarduspark

GerhardM

Sun, 12/01/2020 - 15:36

Begin 2020 het ons ouers besluit om net bietjie n wegbreek te vat voor die malle gejaag van die nuwe jaar afskop en dit sommer n lekker familie wegbreek te maak en ons gesinnetjie saam te neem. Na n paar oproepe het ons 5 nagte by Umoya Resort bespreek. Wat n fees... Van aankoms tot ons vertrek het ons so tuis gevoel. Die oord is 2km uit die Bela- Bela dorp wat dit maklik maak vir n vinnige naweek wegbreek. Umoya is naby padstalle, plaas winkeltjies en wild oorde met wild wat dit gerieflik maak om n ietsie van Bela-Bela en die bosveld te beleef op dae wat jy bietjie wil uitry. Die oord eienaar Malcom en sy vrou Ansu is sout van die aarde mense. Hul het elke dag persoonlik seker gemaak ons is nog reg en dat ons gelukkig is en ons besoek aan die oord geniet. Hul loop oor van vriendelikheid en gasvryheid. Die oord is gerieflik ingerig. Die ablusies is baie mooi skoon en modern. Daar is moderne familie badkamers wat elk toegerus is met n stort, lieflike skoon hoek bad, n wasbak en n toilet. Die algemene ablusie blok is van die skoonste en mooiste wat ons nog gesien het en daar is ook opwas en porta potty geriewe. Dan het jy as kampeerder ook die opsie om op een van 16 staanplekke te staan wat elk n moderne private badkamer het wat toegerus is met n stort, wasbak en toilet. Of as jy jou eie bad verkies kan jy 1 van 8 staanplekke bespreek wat elk n moderne private badkamer het wat toegerus is met n bad, asook n stort, n wasbak en toilet. Daar is selfs opwasbakke vir jou skottelgoed en hangplek vir jou klere by altwee tipe staanpleke met private geriewe. Die staanplekke met private geriewe het ook elk sy eie DSTV punt waar jy jou eie DSTV kan aan koppel. Beide die private staanplekke sowel as die gewone staanplekke het blokke met grys waarop jou tent of karavaan kan staan. Verder is daar mooi grasperke en lieflike bome. Die eienaar het selfs onlangs nog volwasse bome aangeplant wat sal groei en meer skadu besorg. Al die geriewe is mooi skoon. Speelplek vir die kinders is daar geen tekort nie. Daar is speel geriewe vir klein kleuters tot tieners. Daar is n lieflike boma, kroeg en kuier area wat toegerus is met n pool tafel, vingerbord en n DSTV TV. Die kroeg het aan die een kant n swembad waar gaste bo 18 op warm bosveld dae in die water kan sit en ontspan met n drankie. Verder het die oord 2 pragtige ope lug swembaddens met n prettige kinder swembad in die middel. Die water is lekker warm en daar is selfs n glyplank vir die jong van gees om in die water in te gly. Ingeboude son beddens is oral op die swembad area waar jy lekker kan lê en bietjie son vang. Die oord bied ook geriewe vir persone wat daarvan hou om net gou n paar stukke klere in n tas te gooi en in gerieflike geriewe tuis te gaan. Die oord beskik oor 5 tenthuise wat jou die bosveld gevoel gee. Elke tenthuis het binne gerieflike beddens, kombuis en badkamer geriewe, en buite n private kuier area en buitelug stort. Umoya bied iets vir almal, ongeag hoe jy verkies om vakansie te hou. Daar is ook n winkel met als wat jy nodig het, n opwindende putt-putt baan en selfs n paar plaas diere in n kampie. Daar is n vang en terug gooi visdam waar pa en seun saam kan kuier. Pragtige springbokkies beweeg op die oord tussen die kampeerders. Die oord is omhein met vol lengte elektriese heining wat ook bo-op lemmetjie draad het. Ons het beslis baie veilig gevoel. Ons ervaring was onbeskryflik, en met ons vertrek het stukkies van ons harte agter gebly. Ons het ongetwyfeld n nuwe gunsteling "special place" ontdek en sal beslis gereeld daar n draai maak en bespreek.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
5/01/2020-10/01/2020
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Ja
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gruis
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus