Nou die avontuur het begin met beplanning vir my en Berdien se wynroete 2019. Ons gaan onderandere by Mountain Breeze kamp vir 3 dae . Ons soek nog kamp plekke help n bietjie asb . Wat se tyd is die beste om te gang ? Ons het twee weke wat ons so wil toer , waar ons gaan kamp, wyn en kos proe, rond ry wyn koop en weer proe. Julle deel van kennis sal hoogs waardeur word. En ja as ek terug kom Mpumalanga gaan / moet my trailer vol wyn wees Dis n toer wat ek en Berdien nou al jare oor praat maar niks doen kom 2019 hier kom die mollers van Secunda
Ek self is nie n wyn drinker…
Ek self is nie n wyn drinker nie, maar bly lief vir die Kaap.
Sien die manne proe en spoeg so. ![]()
Ek kry gereeld wyn as n geskenk, baie van die wit wyne is seker al asyn. Glo die rooi wyn sal seker hou. Dink my oudste is 1983 Nederberg.
Bier versus Wyn
More alle kampeerders en Arie
Dit maak my so hartseer as mense hulleself die plesier van goeie wyn ontneem.
Ek weet egter waarom sommige hulle boeket en palet beperk tot bier;
soos 'n goeie blou bul ondersteuner glo: met bier is elke jaar 'n goeie oesjaar.
Dalk moet ons maar 'n draad begin waar lede hulle ongedrinkte rooiwyn adverteer vir uitruil vir bier. ![]()
Montagu: trekkerrit tot op die berg in vrugte gebied-- die Koo. Daar is pragtige kampeerplek in dorp.
Calitzdorp" Bo-plaas wyne en port. Behoort aan vriende van my.
Voortrekker: Onthou wat Paulus gesê het---'n klein bietjie wyn is goed vir die maag.
Wessel
Onthou wat Paulus gesê het …
Onthou wat Paulus gesê het
Ek neem darem so nou en dan 'n wyntjie volgens oom Paulus se voorskrifte ![]()
Bietjie wyn
Voortrekker,
dan sal ek jou onmissellik in ander kategorie moet plaas. Gelukkig is alles relatief ---tot "bietjie,
Gelukkig is daar mos die beker opsie met nagmaal vir die Kapenaars
Wessel
jou onmissellik in ander…
jou onmissellik in ander kategorie moet plaas
Ek is nie 'n Bloubul nie ![]()
Nou ja wat
Die dat Anglo so sny op mense is my vrou hulle se kantoor tot oppie been gesny so moet ons die maand toer / kamp wyn proe kaas eet en net die Kaap geniet uitstel tot weet wanneer maar ja die droom sal bewaarheid word ons sal daai wyn proe en die mooi wyn / kaap roete in neem en deel met jou op die forum![]()
Kyk nou na verblyf
Ek weer deur draad gewerk en ons het 14 dae om wynroete en omgewing te verken wil so ver moontlik kamp van die behuising op plase is regtig duur sal julle op datum hou
Waentjie vol wyn
Môre Mnr Moller[?]
Ek hoop my afleiding van jou van is korrek.
Ek sien jy wil met 'n waentjie wyn terugkom huistoe. Daar is die volgende ware insident;
My vriend het as student baie by Swartland kooperasie [Malmesbury] gewerk. Eendag het daar iemand opgedaag met 'n T registrasienommer, wat wou wyn koop. Op die vraag---wil oom 'n swaar of ligte wyn hê, was die antwoord----maak dit maar 'n ligte wyn, oom is met die kar hier!
Ek glo die Kaapenaars sal jou met oorvloed raad bedien om jou toer lekker te maak.
en ons het 14 dae om…
en ons het 14 dae om wynroete en omgewing te verken
Is daar al op datums besluit en watter dele wil julle graag besoek? Ook; wil julle ‘n basis hê en van daar af dagtoere doen, of by ‘n paar verskillende plekke kampeer?
More Wessel en Wildehond
Wessel ja ek is regtig lief vir n lekke droe wyn en ek gaan n baie wyn terug bring petrol dorp toe Wildehond on gaan so 2 dae kamp by Paarl , Stellenboch , Roberson, Montaque en naby omgewing bekyk ook dag roetes doen by ander wyn plase en maar hier en daar kamp soos ons plek kry en mense ons aanbeveel dit voorlopige datum is 5 April tot 19 April en dan terug ry Secunda toe
Ek het nog nie aan Paarl se…
Ek het nog nie aan Paarl se kant van die tonnel kampeer nie maar kyk na Bergrivier oord, Bergplaas oord en Mountain Breeze oord in die Stellenbosch/Franschoek omgewing.
Vriende van my het al (onlangs) by Silwerstrand en Skurwekop buite Robertson kampeer en albei geniet maar beveel Skurwekop sterk aan.
Montague is daar Montague karavaanpark waaroor Oom Len goeie dinge gesê het, Doringlaagte waarby ons al was en geniet het en Guano Caves waaroor ek ook goeie dinge gehoor het.
Oorweeg dit om by Slanghoek oord naby Rawsonville ook ‘n paar dae deur te bring. Dis ‘n netjiese oord in ‘n pragtige vallei en as jy van droë wyn hou - ons vallei groei baie Chenin Blanc. Die wyn hier rondom Worcester en Rawsonville is ook baie goedkoper as aan die ander kant van die tonnel en hier is minder toeriste. Van Slanghoek oord af is Tulbagh en Ceres ook nie ver nie en ‘n besoek werd.
Vir bietjie afwisseling van die wynland kan julle oorweeg om by Yzerfontein te staan vir ‘n paar dae. Dis natuurlik as julle genoeg tyd het...
Môre Shaun, ek ken nie die…
Môre Shaun, ek ken nie die wyn roetes nie, maar, ek wil jou graag 'n roete aan beveel.
Ry vanaf Worcester oor Villiersdorp, Franshoek na Stellenbosh, as jy die Franshoek pas bereik, ry stadig, dit is 'n asemrowende mooi uitsig. Franschhoek lê onder die pas in 'n vallei en as jy dit nog nie gesien het nie, mis jy een van die mooiste uitsigte in die land.
Bainskloof
Môre Shaun
Dan moet jy ook vanaf Stellenbosch, of Franschhoek die pad vat na Wellington en Paarl. Vandaar kronkel jy met die bekende Bainskloofpas oor na Wolsley/Ceres/Tulbagh kant.
Lank gelede was daar aan die Paarl kant 'n leerlooiery waar mens die mooiste leerprodukte kon koop.
Groete
Gaan ry n draai by Greyton,…
Gaan ry n draai by Greyton, vat jou liefde en gaan eet by Gabrielskloof, ry oor die berg by Caledon na Hermanus ens...
De Hollandsche Molen
Ons het jare terug hier oorgebly in ou kamers en 'n groot donkie vir warm water. Die swembad was daai tyd skoon rivier water, die swembad was so elke 3de dag of wat leeg getap en weer gevul met rivier water. Tannie Bertha was daai tyd inbeheer daar gewees.
De Hollandsche Molen
Ouskip. Dit is ook 'n baie…
Ouskip. Dit is ook 'n baie lekker veilige oord wat gerus oorweeg kan word, (by Melkbosstrand)
Shaun, jy is besig om te krap waar dit juis jeuk, ek en Bennanta is dol verlief op die wes kaap, en nou sit en brand ek hier om weer te gaan👍
Ai man, is dit nou nodig om so die insette te sit en lees😂
Dankie julle
Julle help regtig baie met julle insette, ek dink 2 weke gaan te min wees ons kyk om dit nou in 3 weke te doen
Shaun,twee weke is beslis te…
Shaun,twee weke is beslis te kort.
ons kyk om dit nou in 3 weke te doen
Ons laaste toer was 'n maand, en dit was te kort. Die plan is om DV volgende jaar Maart en April te gaan.
die bekende Bainskloofpas …
die bekende Bainskloofpas
Die pas is werklik 'n ervaring, maar ek verkies om dit van die R43 se kant af te ry. Die opbou tot mens bo uitkom is vir my meer dramaties, en jy is aan die kant van die pad waar jy kan aftrek elke nou en dan (mits jy nie sleep nie, maar ek sal in elk geval verkies om die pas nie te sleep nie, jy sal so moet konsentreer dat jy dit minder sal geniet).
Ek beveel weer Slanghoek oord aan. Dit is 'n goeie ligging vir so daguitstappie oor Bainskloof Wellington en Paarl toe. Die Taalmonument en as julle tyd het en nie te onfiks is nie, is die Paarlberg ook definitief iets om te sien. Die uitsig van daar af op 'n wolklose dag is werklik pragtig. Dan kan julle deur die tonnel (of oor die Du Toitskloof pas weer terug Slanghoek oord toe. Die rit deur die kloof van die tonnel tot waar jy verby die weegbrug in die Breedevallei (my tuiste) uitkom is ook asemrowend. En moenie vergeet van die lekker maar goedkoop wyn in ons vallei nie. Binne 'n 15km radius van Slanghoek oord af is daar minstens 10 kelders...





Hennie / Anton
Ja die Kaap kry reen innie winter ek en Berdien nou gesels en sal nou Feb / maart boekings doen dit maak net meer sin minder reen daai tyd thanks