Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -6 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -7 hours ago

Wyn roete 2019 toe 2020 verseker 2021 jippie Update

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Nou die avontuur het begin met beplanning vir my en Berdien se wynroete 2019. Ons gaan onderandere by Mountain Breeze kamp vir 3 dae . Ons soek nog kamp plekke help n bietjie asb . Wat se tyd is die beste om te gang ? Ons het twee weke wat ons so wil toer , waar ons gaan kamp, wyn en kos proe, rond ry wyn koop en weer proe. Julle deel van kennis sal hoogs waardeur word. En ja as ek terug kom Mpumalanga gaan / moet my trailer vol wyn wees Dis n toer wat ek en Berdien nou al jare oor praat maar niks doen kom 2019 hier kom die mollers van Secunda

Secunda

Sleep nou

Mon, 02/03/2020 - 10:45

Dankie vir almal se inset asook vriende wat baie raad gegee het dit gaan n toer wees waar ek en Berdien gaan leer wat gaan werk en nie vir n opvolg toer so die 1 Maart 2021 vertrek ons vanaf petroldorp na Colesberg (N1)waar ons gaan oorslaap in De vuur guesthouse total km vir dag 755 so stywe stywe end vertrek dan die 2 Maart N1 tot by ATKV Goudini SPA afstand 692 km ons sal dan Goudini SPA gebruik as basis en dan rond toer na wynplase ,asook n draai gaan maak innie Kaap , vars vis eet op hawe kabel kar ry en en en sodra ons begin met wynroete toer gaan ek nuwe draad begin Jip jip jippie ons beplan al drie jaar nou gaan hy loop

0

Middag Shaun

Ek neem aan julle vertrekdatum is Maart 2020, of is dit werklik volgende jaar 1 Maart 2021.

Of, het julle gister vertrek??

 

Groete

 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 02/03/2020 - 13:54

Ons ry vanaf Secunda tot in Colesberg die 1 Maart 2021 ons vertrek dan 2Maart 2021 nawink Goudini SPA vanaf 2 Maart 2021 tot en met 19 Maart gee ons 17 dae om meeste wynplase asook kaas en ander produkte en giskiedenis te sien dan 20 Maart  begin ons terug krol na Mpumalanga met genoeg wyn en lekker hede  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 02/03/2020 - 15:24

Goudini SPA vanaf 2 Maart 2021 tot en met 19 Maart gee ons 17 dae 

My aanbeveling sal wees om Goudini Spa maar mooi te oordink en dalk selfs te heroorweeg. Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek is baie lief ATKV Oorde. En Goudini Spa is 'n netjiese plek. Maar jy gaan oor twee naweke daar wees. En vat maar my woorde: "Jy wil nie oor naweke daar wees nie!!!" Ek wil nie uitbrei nie. Jy kan 'n e-pos aan my stuur by chris.boucher@sonicmail… en dan kan ek meer inligting aan jou gee.

Maar glo my - jy wil nie oor 'n naweek daar wees nie. Nog te minder kamp.

Ek besef dat Goudini Spa is lekker sentraal as jy die Kaapse Wynlande, Breederiviervallei en ook die Skiereiland (almal goeie wynstreke) wil verken. Maar persoonlik sal ek baie eerder De Hollandsche Molen of Slanghoek Mountain Resort oorweeg. Laasgenoemde is 'n hanetree van Goudini Spa af en De Hollandsche Molen is 'n netjiese oord naby Franschhoek, Paarl, Stellenbosch - inderwaarheid binne dagrit-bereik van alle wynstreke.

Maar ek herhaal: Jy WIL nie oor 'n naweek by Goudini Spa wees nie. Glo maar hierdie ouballie.

0

Middag Chris, Shaun

Ek lees en lees tussen die lyne en al wat my oog vind is "jy wil nie".

Ek vermoed dat ek weet wat die probleem is, ek kom ten minste van daai wereld af. Ek het nog net goed gelees van die alternatiewe plekke soos voorgestel.

Groete

 

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 03/03/2020 - 05:35

Chris ek sal jou so vinnig moontlik in kontak kom ek wil regtig nie sukkel nie Slanghoek het ook blyplek vir ons het hulle ook gekontak dankie vir waarsku

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 03/03/2020 - 12:39

... ek't jou e-pos gesien. Antwoord jou vanaand as ek van rolbal af terugkom.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 25/03/2020 - 14:45

Ek is sopas ingelig na werk gesprek dat ek geen salaris verhoging en 13 de tjek (verlof bonus ) kry vir 2020 nie Sasol moet sny om te spaar agv lae olie prys en die virus daar duik my wyn toer innie kaap mokketcrying

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 24/11/2021 - 17:29

Ons begin die 20 Februarie 2022 as covid ons nie blok nie met so n mini wynroete saam met jongste dogter haar man en my kleinseun ons gaan PE toe vir paar dae dan Paarl , Stellenbosch toe daar is n paar wynroetes wat ons gaan vat begin more met reelings vas te maak en slaap opsies na te kyk die toer al jare op ons twee se bucket lys 

0

Môre Shaun

Aangesien jy nou jou wyntoer met 'n wye draai PE om aanpak, moet jy sommer daar van George af oor die Outenikwa beweeg. Daar in die omgewing van Oudshoorn is 'n forumlid wat 'n vakansieplaas bedryf, EN brandewyn stook. Met die klem op die wyn, is dit mos deel van jou roete. Dan suiker jy al wes met die berugte R66, so agter die mos reuk aan, via Montagu, Robertson Worcester Rawsonville en woeps is jy in die wynwereld. 

Julle kan selfs met so 'n effe ompad by Asthon wegdraai Bonnievale toe, en vandaar al langs die Breerivier tot jy weer by Robertson in die Worcester-pad aansluit. Daar is 'n paar mooi woonwaparke, gasteplase in daardie omgewing. Een waaraan ek dadelik kan dink is Silwerstrand by Robertson.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus