Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ja Springbok rugby Goeie Hout -4 minutes ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -2 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -5 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Februarie Koffie Kroeg

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Nou ja, dit is Stoffel se skuld dat ons nie 'n nuwe koffie kroeg het nie😂

Welkomop Februarie se draad,

Feb 20

 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/02/2020 - 09:30

Goeie môre Kampforum !

Wat sal ek nou verder sê op hierdie lieflike potblou Maandagoggend, windstil maar weer hel-warm en kurkdroog !

Nog 85 dae !.

Ouens lees mos nie eintlik wat ander te sê het op die Koffiekroeg-draad nie  -  pos net gou sy/haar groet (is hier ooit nog 'n "haar" op die forum ?) en groet dan môre gou weer. So asof dit 'n verpligting is om gou af te handel soos 'n dikwilse vinnige gebed voor jy in die bed spring. 

Kom ons kyk 'n bietjie wie reageer op hierdie uitdaging.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 03/02/2020 - 09:45

Goeie Môre oom Len en die ander wat saam lees, jy weer vroeg aan die gang daar in die Kaap van storms en soos jy net n paar dae oorhet vir julle weer lekker wildtuin toe gaan het ek en Anton en andere nog 5 weke oor dan trap ons die Argus daar by julle. So as julle nou die wind opgebruik dan kan ons dalk lekkerder ry daai Sondag, maar nie vir ons om te kies en the keur in die natuur nie. Ons moet maar tevrede wees wat die Hoër Hand vir ons beskik daardie dag.

JY moet maar die karavaan begin uitpak, skoon maak en terug pak, want as jy die stof uit jou oë uit vee is jy oppad om te haak en die lang pad te vat saam daai lekker pad kos. Mag die vreugde julle oorweldig in die mooi Maandag.

Groete

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/02/2020 - 09:57

Goeie môre Lappies !

Ek gee glad nie om dat mense my "Oom" Len noem nie, maar wonder tog of jy nou dink omdat jy nog fietsry (ek het dit al 57 jaar gelede in die middel van my hoërskool loopbaan verruil vir 'n Honda fifty) regverdig dit om my as "Oom" aan te spreek.

Ek is nou 73 en as ons die 10 jaar reël toepas en jy is nog nie 63, is jy vergewe en selfs as jy die die 10 jaar reël oorgesteek het, mag jy my maar nog steeds "Oom" noem

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 03/02/2020 - 10:12

ek en Anton en andere nog 5 weke oor dan trap ons die Argus daar by julle

 Lappies jy gaan nou vir Len verder in 'n slegte bui sit - die oom kan mos nie fietsryers verdra nie.

PS.  Ek het darem gister weer 100+km gaan trap (en die 103 km in 3h57 min gedoen).    Saterdagoggend het ek 'n "slow go" gedoen van so 30km waar ek my hartklop onder 110 hou in Zone 1 -  kan jy glo dat ek so stadig ry en toe my gat sien!  Val myself amper tot innie Kaap in en daar breek my linker briek hefboom sommer mors af!   EK het hom maar so met superglue en epoxy weer reggemaak maar vertrou hom glad nie - dit gaan my nou kos om 'n nuwe een te bestel want die laaste ding wat ek soek as om na sukerbossie dood moeg te probeer briek en dan is daar niks nie! surprise

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 03/02/2020 - 10:14

Ouens lees mos nie eintlik wat ander te sê het op die Koffiekroeg-draad nie

Van ons lees ongelukkig (gelukkig) elke ops stuk want dit is maar skaars.  Net soms is Warren se pos redelik lank en dan slaan ek so paar reëls oor.  Ek is op die grens van daai 10 jaar so soms kan ek seker maar sê Oom ?wink  Ek is weer geleer dit is 12 jaar tussen ouderdomme ?  Ek het ook vroeg '72 besluit die getrap kan beter benut word met daai 50cc.

See the source image

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus