Nou ja, dit is Stoffel se skuld dat ons nie 'n nuwe koffie kroeg het nie😂
Welkomop Februarie se draad,
Dagsê Kampforum
Geniet die res van jou Saterdag voluit in vrede.
Naand Shaun en almal wat…
Naand Shaun en almal wat hier lees.
Rustige aand vir elkeen en ook 'n lekker week wat voorlê.
Goeie môre almal. Eerste…
Goeie môre almal.
Eerste week van Februarie begin nou.
Lekker dag en week vir elkeen
Goeiemôre Stoffel en almal…
Goeiemôre Stoffel en almal wie nog hier gaan kom inloer. Julle moet 'n lekker eerste week van Feb hé! ![]()
Goeie môre Stoffel en Anton,…
Goeie môre Stoffel en Anton, ook almal wat nog gaan kom lees, geniet 'n veilige en lekker eerete week van die kortste maand van die jaar.
GM
Goeie môre Kampforum !
Wat sal ek nou verder sê op hierdie lieflike potblou Maandagoggend, windstil maar weer hel-warm en kurkdroog !
Nog 85 dae !.
Ouens lees mos nie eintlik wat ander te sê het op die Koffiekroeg-draad nie - pos net gou sy/haar groet (is hier ooit nog 'n "haar" op die forum ?) en groet dan môre gou weer. So asof dit 'n verpligting is om gou af te handel soos 'n dikwilse vinnige gebed voor jy in die bed spring.
Kom ons kyk 'n bietjie wie reageer op hierdie uitdaging.
Goeie Môre oom Len en die…
Goeie Môre oom Len en die ander wat saam lees, jy weer vroeg aan die gang daar in die Kaap van storms en soos jy net n paar dae oorhet vir julle weer lekker wildtuin toe gaan het ek en Anton en andere nog 5 weke oor dan trap ons die Argus daar by julle. So as julle nou die wind opgebruik dan kan ons dalk lekkerder ry daai Sondag, maar nie vir ons om te kies en the keur in die natuur nie. Ons moet maar tevrede wees wat die Hoër Hand vir ons beskik daardie dag.
JY moet maar die karavaan begin uitpak, skoon maak en terug pak, want as jy die stof uit jou oë uit vee is jy oppad om te haak en die lang pad te vat saam daai lekker pad kos. Mag die vreugde julle oorweldig in die mooi Maandag.
Groete
Môre
Goeie môre Lappies !
Ek gee glad nie om dat mense my "Oom" Len noem nie, maar wonder tog of jy nou dink omdat jy nog fietsry (ek het dit al 57 jaar gelede in die middel van my hoërskool loopbaan verruil vir 'n Honda fifty) regverdig dit om my as "Oom" aan te spreek.
Ek is nou 73 en as ons die 10 jaar reël toepas en jy is nog nie 63, is jy vergewe en selfs as jy die die 10 jaar reël oorgesteek het, mag jy my maar nog steeds "Oom" noem
Nog 85 dae !. Ek sal dink…
Nog 85 dae !.
Ek sal dink dat jy beter dinge het om te doen as om dae af te tel?
ek en Anton en andere nog 5…
ek en Anton en andere nog 5 weke oor dan trap ons die Argus daar by julle
Lappies jy gaan nou vir Len verder in 'n slegte bui sit - die oom kan mos nie fietsryers verdra nie.
PS. Ek het darem gister weer 100+km gaan trap (en die 103 km in 3h57 min gedoen). Saterdagoggend het ek 'n "slow go" gedoen van so 30km waar ek my hartklop onder 110 hou in Zone 1 - kan jy glo dat ek so stadig ry en toe my gat sien! Val myself amper tot innie Kaap in en daar breek my linker briek hefboom sommer mors af! EK het hom maar so met superglue en epoxy weer reggemaak maar vertrou hom glad nie - dit gaan my nou kos om 'n nuwe een te bestel want die laaste ding wat ek soek as om na sukerbossie dood moeg te probeer briek en dan is daar niks nie! ![]()
Oom Len
Ouens lees mos nie eintlik wat ander te sê het op die Koffiekroeg-draad nie
Van ons lees ongelukkig (gelukkig) elke ops stuk want dit is maar skaars. Net soms is Warren se pos redelik lank en dan slaan ek so paar reëls oor. Ek is op die grens van daai 10 jaar so soms kan ek seker maar sê Oom ?
Ek is weer geleer dit is 12 jaar tussen ouderdomme ? Ek het ook vroeg '72 besluit die getrap kan beter benut word met daai 50cc.






Waaat? Is dit al Februarie
Waaat? Is dit al Februarie