Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai 1x Kruger 2026 Geert -26 minutes ago
Stem saam... Kruger 2026 Rona du Plessis -49 minutes ago
Brandstof spekulasie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -50 minutes ago
See vakansie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Herrman Kruger 2026 Johann L -1 hour ago
Jonger geslag, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago

Servaas se Namibia Toer 2017

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Dankie Servaas vir die deel van julle avontuur!

Vrydag 23 Mei 2017 het ons uit Hermanus vertrek op 'n toer Namibia toe. Dit was ek en my vrou en vriende van ons, ook van Hermanus. Ons met die Land Rover en ons pelle met hul Pajero. Ons het via Villiersdorp; Worcester; Gouda; Porterville gevorder tot by die Kardoesie restaurant bo op Piekeniers pas vir ontbeit.

Gepak en reg om die pad te vat
Gepak en regt om te ry.

Kardoesie

Uitsig vanaf Kardoesie

Oppad
Gaan eers by my dogter op Aggenys aan.
Hulle bly tydelik in Park Homes terwyl hul huise in aanbou is op Aggenys
Huise nog in aanbou. Hulle bly tydelik in Parkhomes

Vanaf Aggenys het ons vertrek na Oranjerus naby Uppington.

Word Vervolg.

Vanaf Solitair is ons verder suid tot by Sesriem waar ons uiteindelik gekamp het by Klein Aus Lodge.

Aus
Hierdie staanplek was 'n dubbel een. Twee badkamers en een kombuis. Baie basies maar ook netjies en skoon. Die staanplekke is maklik 100 meter uitmekaar en die wild kom saans water drink reg voor jou staanplek.
Sousus
Die volgende dag het ons Sousus Vlei besoek. Daar was vreeslik baie toeriste. Op die foto kan jy sien hoe hulle hierdie duin klim tot bo.
Sousus
Ons het ook probeer duin klim. 'n Kleintjie, maar dit was maar 'n gesukkel.
Sousus
Gee toe maar op en skud die sand uit die skoene.
Sousus
Oppad na die dooie vlei
Luderitz
Next stop Luderitz
Luderitz
Pragtige ou kerk. Van die geboue is baie mooi gerestoureer. Ander weer ongelukkig vervalle.
Luderitz
Luderitz
Hierdie is die karavaanpark by Shark Eiland . Die foto is geneem vanuit die lugtoring. Die ligtoring is 'n drie slaapkamer eenheid wat 'n mens ook kan huur vir verblyf.
Luderitz
Die res van Luderitz vanuit die ligtoring

Word vervolg.

0

Nouja. Hier is die laaste stukkie. Ons vertrek na Canon Roadhouse waar ons bly vir twee nagte en vanwaar ons die Visrivier Canyon besoek.

Fishriver
Die Canyon Roadhouse restaurant

Fishriver

Fishriver
Ek het die ou Vaal Japie vir 'n spin gevat.
Fishriver
Ons laaste ete saam in Namibia voordat ons die volgende dag huiswaarts keer.
Fishriver
En dan wil ek net dankie sê vir Jo wat ons huis opgepas het.

Dit was 'n heerlike vakansie soos wat alle vakansies seker is. Geen motor teespoed gehad nie en almal weer veilig tuis.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 23/08/2017 - 15:31

Baie dankie, Servaas.   Ek het dit baie geniet en skoon spyt dit is nou klaar.   Ek kan sien julle het dit baie geniet.    Julle moet nou maar begin beplan aan die volgende een.

Dit lyk of Jo die huisoppassery net so baie geniet het.   laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 23/08/2017 - 18:35

Ook van my kant af Servaas, baie dankie vir 'n heerlike reis saam met julle.  As dit nie was vir jou pragtige wys en vertellinge nie, was hierdie forum morsdood.  Behalwe vir jou uitstekende bydrae gaan hier maar bitter min geselsery aan en dit is so jammer dat hierdie tipe bydraes so min is.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 23/08/2017 - 19:45

Ons ander moet nog gaan kamp Len. 

Ja ons ook.  Sit maar hier in die koue, werkend elke dag, en verlustig my in die ander se kamp avonture.

My vrou en kinders het wel vannaand 'n kombers en stoele tent in die huis gebou en piekniek daarin gehou, maar ek glo nie dit tel nie.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 24/08/2017 - 07:25

Dit was nou n lekke toer saam julle dankie virrie deel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus