Dit sukkel maar met die geselsery en dan praat ons oor allerhande twak behalwe kampsake. En toe begin ek wonder, hoe maak ander ouens met hul eetgerei daar waar hulle kamp ? Dis hoe ons maak :-
Ons teerpad karavaantjie het natuurlik in die kombuis 'n netjiese laaitjie, onder die mikrogolf waar al jou messegoed (messe, vurke, lepels, tange en sulke goed) gestoor kan word. Maar omdat ons altyd buite in die tent of rally kook en eet, is dit lastig om in-en-uit die karavaan om die nodige te kry. Veral ook omdat 'n ou feitlik daagliks buite braai, is dit lastig om kort-kort iets in die karavaan te gaan soek.
'n Vriend wat lief is vir houtwerk het die ondervermelde houer vir ons gemaak waarin ons alle messegoed, braaitange, opskeplepels, ens. plaas. Dit bly daar en staan gewoonlik op 'n tafel in die tent, toegemaak met 'n bypassende slopie wanneer nie in gebruik nie teen beskerming van stof. Ons kamp net soms alleen, maar meeste van die tyd is dit saam met kampvriende of ons kinders en dan is dit gerieflik dat elkeen wat saam eet, hom/haarself kan help met wat nodig is.
Hoe maak jy met dié goed ?

Georde ...
Len, ja, dit lyk goed. Ek sien op elke foto van julle kampe als is netjies op sy plek. 👍
Wens ook dit kan soms so by ons lyk
al is als daar.
Len, ek het vir myself 'n…
Len, ek het vir myself 'n laai gemaak in my een kassie in 'n spasie wat nie gebruik word nie. In die laai het ons die gewone plastiese houer met vakkies vir verskillende eetgerei.
Ek het soortgelyke spasie gebruik om my radio te monteer. Sal nou nou 'n foto soek van die radio.
Dit is soos my eetgerei laai…
Dit is soos my eetgerei laai lyk wat ek in gebou het.

Eetgerei
Môre Len en ander
Ek verstom my aan julle ouens wat so baie "geriefies" saamsleep, letterlik.
Die voordeel van 'n boswa met die buite kombuis is dat alles reeds buite is, en netjies ge-orden. Messegoed in 'n sak met vakkies, aan binnekant van deur, wat oopstaan. Borde, bekers ensovoorts in die spons gevoerde rakkies.
Ek laai eerder nog vleis en drank saam as sulke goedjies.
Eet met julle hande! Dit…
Eet met julle hande! Dit is mos hoe 'n kamper dinge doen?
Wessel.....
Wessel, hoekom verstom wees oor ons padkaravaan-mense se messegoed-geriefie wat saamgesleep word - jy sleep joune mos ook saam soos wat jy mooi verduidelik het ?
My vrou het sulke klein…
My vrou het sulke klein emmertjies wat ons gebruik vir tee lepels (skoon in een, gebruik in ander een) en 'n miniatuur sink bad waarin sy die eet gerei end in sit. Die kom ook op die tafel in die tent. Sal een of ander tyd 'n foto op sit.
Gees, het jy lank gesukkel…
Gees, het jy lank gesukkel om alles so te orden?😂
Messegoed
Hello Len
Tegnies gesproke is jy reg, ek sleep ook my eetgerei saam, soos voorsien word deur die boswa.
Ek laai egter nie ekstra gewig by deur ekstra houers en mandjies saam te sleep nie. Ek wou sommer jou uit jou inperkings sluimerslaap terg met die voordele van 'n buite-kombuis.
Groete
Ek weet presies......
................waarheen jy mik Wessel, maar onthou daardie ekstra gewig word deur 'n Nissan met gemak gesleep terwyl jy met jou Toyota maar moet oplet op jou gewig ! Probeer gerus Chris B se "intermittent diet"
Ai hoe lekker lag ek nou nog…
Ai hoe lekker lag ek nou nog iemand wat spot met die Toy.
Eetgerei
Môre Len en ander
Jy is heeltemal reg met jou aweregse gewig opmerking.
Die eerste keer wat ek die Kavango ingeneem het vir 'n diens, merk hulle op dat ek 'n Hilux as sleepvoertuig het. Soos goeie verskaffers betaam, het hulle onmiddellik kosteloos al my roesvryestaal eetgerei vervang met plastiese gerei. ![]()
Ongelukkig bied dit geen voordeel nie, want ek ry 2 hand-neuswiele en 'n elektriese ene saam.
Groete






Netjies en alles
Netjies Len ek sal foto neem en plaas ja soos jy doen is alles bymekaar en jy hoef nie te soek na iets nie