Ek kry die volgende aanhalings in die jongste SAVA (SA Vereniging vir Afgetredenes) se nuusbrief:
GOEIE PUNT Ek het gelees oor ʼn Eskimo-jagter wat vir die plaaslike sendeling-priester gevra het: “As ek nie van God en sonde geweet het nie, sou ek hel toe gegaan het?”
“Nee,” het die priester gesê, “nie as jy nie geweet het nie.”
“Maar hoekom het jy dan vir my vertel?” het die Eskimo ernstig gevra. Annie Dillard 1945 – Amerikaanse skrywer
STOF TOT NADENKE Wanneer mense fanaties toegewyd is aan politieke of godsdienstige gelowe of enige ander soort dogmas of doelstellings, is dit altyd omdat hierdie dogmas of doelstellings betwyfel word. Robert M. Pirsig, skrywer en filosoof(1928-2017)
Ja kyk daai Eskimo het…
Ja kyk daai Eskimo het sekerlik ñ goeie punt gemaak?
Chris jy het my nou lekker last lag!
Man wat nou rondry met…
Man wat nou rondry met verkyker en masker het nie genoeg drank vir die lockdown nie.
Frikadel, Boksburg - # April 2020
Mans wat winkel toe gaan
Ek let op dar dit meestal mans is wat gedurende inperking in winkels drentel.
Die vraag--- is hulle ongelukkig getroud, en wil ontsnap, OF het die mammie hom met voorbedagtr rade gestuur.
Groete
Ek dink, uit die aard van…
Ek dink, uit die aard van ons wilde natuur en dinge wat ons doen is dit die man se ontvlugting om uit die huis te kom.





Ek is natturlik......
Ek is natuurlik geen filosoof nie, maar hier is my "filosofiese" stelling :-
Wanneer mense 'n godsdienstige geloof kritiseer, is dit altyd omdat hierdie geloof as 'n bedreiging gesien word indien dit dalk waar is. Leonard JR Loader, pensionaris en kampeerder (1947-going nog strong)