Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -53 minutes ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -3 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Daktent - voor of agterop

Pretoria
Submitted by Bosmal on

Goeie more almal, ek is nuut by die blad en sal graag by julle wil hoor waar die beste is om n daktent te installeer windweerstand gewys. Sit mens dit agter op n canopy met die petrol kanne ens voor op die kajuit of andersom? Ons hou van 4x4 ry maar die vraag was nog altyd waar kry mens die beste brandstof verbruik...

Vaalpark

Johann L

Sat, 03/10/2020 - 08:36

Môre Bosmal, baie welkom hier, hoop jy gesels lekker saam..

Ek kan jou nie advies gee nie, maar hoop die ander ouens gaan jou navraag gouraak lees.

0

Middag Bosmal

Jy sit die tent waar mammie dit die gemaklikste vind, dan sak daar vrede neer oor 'n vakansietog.

Uit 'n windweerstand oogpunt, voor of agter gaan nie saak maak nie. Jou frontale aangesig bly dieselfde, met dieselfde weerstand.

Ek het al gesien dat mens sulke effe laer kappies kry, met die daktent op, is dit nagenoeg dieselfde hoogte as die kajuit. Dit sal uit brandstof verbruik oogmerk, die voordeligste wees. Veral gesien op Land cruisers.

 

0

More Bosmal

Ek dink die plasing is hoofsaaklik 'n funksie van die trap na bo. Dit moet uiteraard nie in jou pad wees nie.

Ek vermoed dit is waarom die meeste tente agter oor die kappie is. Dan sit jy die tent so op dat die leer regs agter is. Sodoende belemmer dit nie jou agterklap se oopmaak, of die deure van die voertuig nie. Onthou, as jy later 'n sytent [awning] opsit, gewoonlik links, kan jou trap ook nie aan linkerkant wees nie.

Groete

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 05/10/2020 - 07:49

Ek sal tent voor sit en jerry kanne spaarwiel agter op sodat gewig by agter as is het al met baie ovelanding ouens gepraat hulle doen dit ook so dan soos hulle se is bakrol minder hoop dit maak sin

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 07/10/2020 - 09:26

Het jy toe besluit met plasing van jou RTT voor of agter kom vertel en wys n foto of 10 asb

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus