Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -35 minutes ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -52 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -3 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -3 hours ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Vlermuise

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Na aanleiding van insette oor vlermuise, begin ek die draad. Wat lok vlermuise, hoe gemaak om dit buite jou huis en/of woonwa te hou. Ek maak maar staat op hulle sonar, dus sal gaas voor deure/vensters perfek werk. 

By 'n woonwa, behoort die gaas gordyne hulle uit te hou. Ek twyfel of hulle daardeur sal wil vlieg. Ek hou by my huis bloot die binnegoedyne by die stoep-skuifdeur toe, en die resident paartjie bly buite.  

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 17/01/2021 - 08:51

Gelukkig is ek nog nooit deur vlermuise gepla nie, maar ek hou die draad dop met arendsoë hoe om hierdie pestelensies uit my kampopset te hou.

0

Hoe waar dit is weet ek nie maar toe ons in Nelspruit en Komatipoort gewoon het was die gerug dat vlermuise ingevoer is om die muskiete te beheer. 

Toe het die vlermuise 'n plaag geword veral in Komatipoort waar omtrent elke huis se dak vol vlermuise was.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 17/01/2021 - 11:12

Middag vriende

Ek het op 'n stadium ook las van broeipare gehad. Ek noem dit so, bloot om te onderskei tussen 'n paar vlermuise, en 'n swerm [kolonie].

Feit of flater, of boererate, blykbaar kan mens van hulle ontslae raak deur skerp " onwelriekende" middels op die plan aan te bring. Byvoorbeeld, ek het chloorpille daar gaan sit, die dakkappe met kreosoot gaan smeer, maar niks gehelp nie. Daar is ook 'n stink bossie wat hulle laat trek.

Die beste raad met 'n huis is om die hele dak-oorhang buite om met plafon of gaas/sif-draad toe te span. 

Ek het darem nog nooit met kampering 'n las ervaar nie. 

Jan: In die Laeveld, en in julle Durban omgewing sal ek my baie meer bekommer oor mambas in die huis/woonwa, as vlermuise.

Groete 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 17/01/2021 - 16:11

Vlermuise het my nog nooit gepla nie, eintlik hou ek baie van die diertjies. Hulle het ingewikkelde sosiale strukture, en net een kleintjie per jaar, en word erg bedryg deur moderne boerdery praktyke, gifstowwe. Kolonies is ñ uitgebreide families,  en die jong kerels moet pad vat sodra hulle groot genoeg is. Vroeër jare in Europa het die dorpe spesifieke vlermuistorings gehad om hulle te lok en sodoende die plae in toom te hou. Voordeel was dat die vlermuis Guano (mis) op die toringvloer bymekaar gemaak word vir bemesting.

Jan, ek is nie bewus van n uitheemse vlermuis nie, ons het heelwat spesies hier, vrugtevreters en insekjagters. Sover ek weet is vlermuise beskermde diere en kan nie goedsmoeds uitgeroei word nie.

In die Kgalagadi is so paar  geboude vlermuishotelle teen pale vasgemaak. So hulle geniet so bietjie status daar.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 17/01/2021 - 18:27

In my lapa se dak (nok) is nou al vir jare vlermuise, hulle pla my nie, en ek pla hulle nie, ek maak maar net onder die lapa skoon wanneer ons daar gaan sit. Gelukkig / ongelukkig, is ek erg gekant teen dood maak van enige dier behalwe muskiete en vlie.wink

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 18/01/2021 - 08:30

Vlermuise is alles behalwe ‘n pes. ‘n Enkele insekvretende vlermuis vreet 200 muskiete ‘n aand. Vrugtevlermuise is ook baie meer doeltreffend met die versprei van sade as wat voëls is. Lg sit en vreet in ‘n boom en mis gewoonlik onder, of naby die boom. Vra maar iemand wat ‘n moerbeiboom het. Vlermuise beweeg aanhoudend, en mis dus ver van die boom waaraan hulle gevreet het. 
 

In die Kruger wildtuin is daar in baie (meeste?) kampe vlermuiskiste op pale waarin hulle kan slaap. Dis eenvoudig ‘n reghoekige, plat houtkis wat regop gemonteer word met die opening aan die onderkant. Binne is daar ogiesdraad waaraan hulle kan klou. Ongelukkig, soos met meeste diere, het ons hulle habitat vernietig buite bewaarde gebiede deur bome af te kap en dus neem hulle soms intrek in ons geboue. Jy gaan sukkel om hulle te keer, ek het al gesien hoe een onder ‘n deur uitkruip.
 

As hulle jou pla, bou ‘n vlermuiskis op jou erf, en geniet ‘n muskietvrye omgewing. Ek kan nie sien waarom hulle in ‘n karavaan of tent sal wil ingaan nie, so ek glo nie mens hoef daaroor te bekommer nie. As hulle sou, is daar ook niks om oor te bekommer nie. Ons kry nie bloedvretende vlermuise hier nie, en al die ouvroustories oor hulle wat in jou hare invlieg ens is bog. 

video
0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 18/01/2021 - 08:49

Môre Chris

Die enigste probleem met vlermuise op jou plafon, is bloot die steurende "lawaai" en natuurlik later die reuk van die mis.

Groete  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 18/01/2021 - 08:51

Nouja, daar het ons dit nou  -  dankie ChrisWH

Ek sal dus my verwysing na vlermuise as 'n "pestelensie" terugtrek, maar volstaan daarmee dat ek nie saam met vlermuise in een vertrek, afdak of lapa sal slaap en/of eet nie.  Daardie tipiese vlermuis urine- en misstank in 'n vertrek is vir my net een te veel, veral as ek in die Wildtuin duisende rande vir 'n hut of chalet sou betaal.

Ek is ook dankbaar vir die gerusstelling dat vlerries my nie in my kampopset sal pla nie.

Ns. Ek wonder hoe meet wetenskaplikes dat een vlermuis 200 muskiete verorber ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 18/01/2021 - 09:40

Jammer vir die tikfout Oom Len, ek het ‘n nul weggelaat. Dit moes 2 000 gewees het. Hier is ‘n akademiese artikel wat verduidelik hoe wetenskaplikes dit bepaal. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 18/01/2021 - 11:46

Baie interessant  -  dankie ChrisWH !

Ek het die artikel gelees en lyk dit vir my, dit is 'n wiskundige berekening met aanname dat 'n vlermuis 65% van sy leggaamsmassa daagliks behoort te eet om te bly lewe.  Hoe die 65% bereken is, is onbekend.

Feit is, ek het my sienswyse van vlermuise heeltemal verander, maar ek sal steeds nie my slaapplek/eetplek met vlermuise deel nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 18/01/2021 - 13:31

Feit is, ek het my sienswyse van vlermuise heeltemal verander

Kennis is mag 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus