Terwyl besprekings oor kampsake maar redelik uitgedun is, kan ons maar seker 'n paar gedagtes hieroor rondgooi.
Ek weet te min van die Amerkaanse politiek om daaroor te debatteer, maar dit is tog vir my interessant om vanaand te kon sien hoe Joe Biden voor die Amerikaanse publiek (en die wêreld) optree en dit dan te kon vergelyk met Donald Trump se optredes.
Wat is jou opinie oor hierdie twee here se openbare optredes ?
Sy skoondogter is 'n oud…
Sy skoondogter is 'n oud Suid Afrikaner van Johannesburg (Joodse dame) hy het dus iets om op trots te wees.
Good riddance
Die wêreld is verlos van Trump. Hy is niks anders as 'n moderne skurk nie.
So jammer!!!
Môre vriende
So jammer Trump se termyn is verby. Hy het baie positiewe dinge reggekry, net jammer dit gaan nou ongedaan gemaak word deur die liberals. Ek sien die asielsoekers stroom reeds in hordes van 10 duisende af op Amerika.
Hy mag moontlik nie 'n "gawe" ou wees nie, maar hy het polities goed gedoen.
Ek sal begrip toon as julle my nou wil brandmerk![]()
Tromp op
Hy is nie ‘n diplomaat nie, hy is ‘n besigheidsman. Moet ‘n regering nie soos ‘n besigheid bedryf word eerder as soos ‘n welsyn nie? Veral in ‘n land soos Amerika. Hy het baie vyande gemaak, maar baie vermag. Vergelyk sy nalatenskap met Mugabe s’n en vergelyk die manier waarop hulle behandel is deur hulle nasies na afloop van hulle presidensie. Maak nie sin nie.
Onthou, my vraag was nie 'n…
Onthou, my vraag was nie 'n politieke vraag nie - ek wou weet hoe beskou jy die twee here se openbare optredes.
My opinie : Trump se openbare optredes het my glad nie aangestaan nie. Ek het altyd die indruk gekry van 'n meerderwaardige buffel wat as hy nie sy sin kry nie, dan ontplof hy. Aan die ander kant beskou ek hom as uiters kinderagtig om nie die inhuldiging van sy oponent by te woon nie - hy is 'n "bad loser" en glo steeds die verkiesing is gesteel, maar tog sonder 'n enkele bewys. Opsommend, ek steun ChrisB se standpunt hierbo 100%.
Joe Biden : Sy optrede is vir my soos wat ek graag na "my" president sou wou kyk - stylvol en kalm. Die gespot deur sy teenstanders oor sy hoë ouderdom en sy spraakgebrek het hierdie spotters tydens sy toespraak op hul neuse laat kyk. Ek is bly die meerderwaardige Trump se gesig op TV is vervang deur 'n mens met 'n meer aanvaarbare gedrag.
4x4 community forum selfde
Die vraag word min of meer ook op 4x4 community forum ge brainstorm en ouens veg lekke onder mekaar my antwoord ek hou van Trump en wat hy vermag het innie openbaar het hy wel baie vyande gemaak Biden is vir my n puppet innie openbaar is hy meer vir die mense maar praat ook soms in sirkels my 2c
Soek julle 'n bekgeveg??
Middag vriende
As julle ouens 'n lekker bekgeveg soek, waarom nie ons eie presidente [eerste ministers] vergelyk nie??
Nee ons kan nie, want dit gaan nie bly by hulle bevoegdheid nie![]()
Eie(r) presidente
Dis ‘n goeie idee Wessel. Dis bv baie minder pyniging om CR te hoor en sien praat as sy voorganger. Die feit dat hy ‘n beter openbare figuur is en ongetwyfeld meer afgerond as sy voorganger, maak hom egter (myns insiens) nie ‘n wonderlike president nie. As hy maar soos Trump was, voet by stuk gehou het en daadwerklike besluite geneem het wat ooreenstem met sy mooi praatjies...
Vragie... Wie is nou die…
Vragie... Wie is nou die president van VSA?
Wie is .....
Belangriker vraag, wie is ons president, of dan anders bewoord---wie laat dinge korrek gebeur ter plaatse.
Die inentingskomitee is 'n grap, as jy kyk na die lede.
Groete
Persoonlik dink ek Biden…
Persoonlik dink ek Biden voorspel groot moeilikheis vir die wereld, hy is 'n saamprater en nie sterk mense nie, ver te liberaal, dit daar gelaat......
Die kuif kop man, was 'n baie sterker leier, maar het sy naam gat gemaak met sy laaste optrede.
Wat ons "leiers", of liewer luies betref, ja ons is baie beter af as met die man sonder kennis, maar, dit ook liewer daar gelaat.
Zuma of Malema
Tydens die 2016 veldtog tussen Donald Trump en Hillary Clinton, het ons vir 'n ruk by ons kinders in Roemenië gekuier. My skoonseun het dié wysheid kwytgeraak: "Om tussen Trump of Clinton te kies, is bykans soortgelyk as ons as Suid-Afrikaners tussen Malema en Zuma moes stem as president. Beide is ewe pateties".
Maar dat die wêreld se leidende moondheid 'n narcis soos Trump, eerstens as die Republikeine se top-kandidaat kon aanwys en dan nog uiteindelik as president kon verkies, laat my met stomheid. Ek is nie 'n Biden- of Demokraat-aanhanger nie. Maar Trump ..... asseblief!!! Kan dit wees dat daar mense is wat sy lof wil besing?
Ek stem saam met Charles Smith se rubriek op Netwerk24: Trump se 4 jaar as Amerikaanse president is 'n skandvlek in die annale van die wêreld se kragtigste demokrasie en die Vrye Wêreld. In 'n kort tydjie sal hy net 'n voetnoot in die geskiedenis wees. Hy sal wel onthou word as die eerste Amerikaanse president wat twee keer in 'n staat van beskuldiging geplaas is. Hy sal onthou word as die president wat golf gespeel het terwyl derduisende Amerikaners daagliks aan Covid gesterf het. Hy was 'n ramp as politikus en leier.
Ek praat nie Biden goed nie, maar Amerika (en die Wêreld) kon nie nog 4 jaar onder hierdie pateet van 'n president, bekostig nie.
Dankie ChrisB, nog iets waar…
Dankie ChrisB, nog iets waar ek en jy roerend saamstem.
You gotta give trompie a little slack...
Not his fault the lift does not go all the way up...... / 3 sandwitches short of a picnic / 5 candles short in his candleabra........
Thats the problem with daddy's money..........
My ouderdom begin nou teen…
My ouderdom begin nou teen my tel : ek verstaan nie 'n woord waarvan Warren praat nie. Mag wees dat "trompie" (nie van die Boksombende nie) ou Trump se seun is. Maar hoe dit by Biden en Trump se persoonlikhede uitkom sal ek nog moet uitdink as ek een of ander tyd vannag wakker lê.
Joda the Jeddi master on Donald.....
The dumb is strong with this one, Breed he should not."![]()
Trump.... die groot…
Trump.... die groot bekommernis is dalk dat die helfte van die VSA bevolking hom verafgod. Ongelooflik, altyd gedink hulle is effe opgevoed. Terloops sien ek verlede week n Israelitiese eng en sy vrou hier. Sal hulle my vertel dat helfte van hulle nasie ook Trump aanhangers is. Selfs geboue word na hom vernoem. Die wêreld is nie meer lekker nie. Daai wat nooit moes aanteel nie se getalle begin oorheers.
En daar doen JB dit, binne…
En daar doen JB dit, binne ure verwelkom hy die muslims en onwettige imigrante "terug" in die VSA, en daar is mense wat dit verwelkom![]()





Ek het al vergeet van die…
Ek het al vergeet van die sirkus.