Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... November 2026 Wessel Strydom -26 minutes ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -33 minutes ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -39 minutes ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Watertenkwaens November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Inenting en/of Ivermektien-dieremedikasie

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Terwyl hier nou 'n gebrek aan kampgesels is, kan ons maar netsowel oor koeitjies en kalfies gesels.

Wat sê julle van die die dieremedikasie Ivermektien wat die land so aangegryp het ?  Ek sien daar is selfs 'n doktertjie in Gauteng, Wicus Nienaber, wat reken die afname van Covid in die tweede golf is te danke aan so baie mense wat hierdie middel  reeds drink !  Wil jy nou meer ?  Gelukkig het die Voorsitter van die SA Mediese Vereniging dadelik bygevoeg dat dit 'n gewaagde bewering is omdat daar geen sodanige statistiek is om dit te bewys nie.

Dr Gerhard Verdoorn, 'n jare lange kenner van toksikologie (vergiftiging) en verbonde aan die Griffon-gifinligtingsentrum se standpunt is dat die donkiemiddel nie as voorkomend suksesvol teen Covid gebruik kan word nie en in die geval van iemand wat reeds ernstig siek is aan Covid, sal baie groot dosisse toegedien moet word om die virus te dood, MAAR dis onbekend hoe hierdie vergiftiging van die menslike liggaam beheer sal kan word. 

Wat sê jy ?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 03/02/2021 - 15:33

Met 'n hertel syfer van oor 90%, vat ek maar liewer my kans. My vrou is kronies op bloed verdunner (hoë cholesterol) en ek drink een keer 'n week een kapsule bloedverdunner. Wat glo gevaarlik is van covid, is bloed klonte.

Verder, vat ek my lewe soos hy kom. Gebruik multi vitamins en alkaliese bymiddels, en dis dit.

Ek gaan ook onder geen omstandighede my laat in ent nie, ken baie mense wat elke jaar griep inspuitings kry, en elke jaar word hulle hond siek. Ek het nog nooit in my volwase lewe, enige voorbehoed medikasie gebruik nie, en word nie siek nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 03/02/2021 - 16:13

Ek wil my nie slim hou nie, maar verstom my hoe 'n groot deel van die publiek soms oploop gaan oor so iets soos die diere medikasie, Ivermektien.  Die hele wêreld se slimste wetenskaplikes spook oor langer as 'n jaar om die Covid-virus te verstaan en het nou met 'n inenting vorendag gekom, deegliks getoets met 'n 60% voorkoming syfer.  En hier uit die bloute kom 'n klompie "kundiges" en skryf nou links en regs 'n diere medikasie voor !

Ek sal my beslis laat inent met 'n wêreld-goedgekeurde entstof as voorkomingsmaatreël, maar beslis nie met 'n diere-medikasie wat nie eers vir die virus ontwikkel is nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 03/02/2021 - 16:15

Middag Len

Moenie so afkeurend verwys na goeie medisyne nie. Onthou varke het ook gevoelens.

Soos genoem op 'n ander draad, dit werk binne 24 uur. Ek weet van vele mense wat as laaste uitweg dit geneem het, en binne 24 uur amper volkome genees was. Sommige glo daaraan om dit in die korrekte hoeveelheid/massa te drink, ander glo by die aansmeer aan die bobene. 

Volgens wat ek verneem is dit gladnie nodig om groot dosisse te neem nie. Ek gaan dit nie voorkomend neem nie, maar sal eerder dit as medisyne neem, indien nodig. 

Stem saam met Johann, ek gaan my ook nie laat inent nie. Die kudde kan gerus voorgaan.

Groete

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Wed, 03/02/2021 - 16:17

Strange as it may seem, I still have faith in SA medical council.

I will take the approved and vetted vacination, (I've had COVID, and believe me I don't ever want want that again) but nothing else.

I do not know what the agenda is behind all the other stuff, So I assume there is a "private hidden agenda" that has nothing to do with my well being, therefore I am definately not interested in being unsure or that I may have been vacinatated, I want to know I've been vacinated.

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 03/02/2021 - 16:20

Middag Len

Ek dink jy mis die politieke motief.

Die middel is onder sekere voorwaardes nou goedgekeur vir behandeling. Net soos die oop strande betoging/rugstyfmaak in die Kaap, en skielik word strande oopgemaak, is dit met die middel.

Die regering en inent-maatskappy wou maar net keer dat hulle profyt verloor. Onthou dit gaan oor beheer, en verspreiding van hulle produk.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 03/02/2021 - 16:37

Hy het in vanoggend se weeklikse vergadering dit só opgesom:

As dokter sal hy nooit vir iemand aanraai om ‘n middel te gebruik waarvoor daar geen kliniese proewe gedoen is (maw bv ‘n groep van 100 Covid positiewe pasiente wat Invermectin neem en nog ‘n groep van 100 wat dit nie neem nie, en eg groep herstel bv 60 van binne twee dae en lg groep nie) en wat hy nie weet watse newe- effekte dit kan hê nie. 

Daar is nog nie enige klinies beproefde inligting beskikbaar oor die effektiwiteit in die behandeling van Covid nie en geen oor die effektiwiteit as voorbehoedmiddel teen Covid nie. 
 

Hy sal dit nie self voorkomend neem nie. As hy Covid kry sal hy dit ook nie tuis gebruik nie. As hy in die hospitaal beland daarmee en reeds al die ander beskikbare  behandeling gekry het maar nie beter word nie en gevaar loop om te sterf sal hy dit as laaste uitweg gebruik. Ek stem saam met hom. 

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Wed, 03/02/2021 - 16:51

THERE IS NO WAY IN HELL I WILL ELECTRONICALLY REGISTER ANTHING WITH THIS TERRORIST REGIME, NOT EVEN TO GET A VACCINATION! angry

The less this bunch of criminal despots know about me the better

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 03/02/2021 - 17:18

Ek wil nie in 'n debat betrokke raak oor die gebruik van ivermektien as hetsy voorsorgmaatreël of remidiërende middel nie. Of ook oor inenting al dan nie met WHO goedgekeurde entstowwe nie. Ek deel net wat ek tans doen en wat ek vorentoe sal doen.

Ek en Ralie gebruik beide ivermektien voorkomend - ten spyte wat ons plaaslike slim mense sê. Ek verlaat my op Amerikaanse dokters se resultate.

En ek sal beslis myself laat inent wanneer dit enigsins vir my beskikbaar is.

Soos reeds genoem, gaan ek nie hieroor debateer nie. Ek sê maar net wat ek doen en wat ek beoog om te doen.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 03/02/2021 - 19:06

Die invermektien vir menslike gebruik is in pil form en word gebruik, veral in Afrika lande vir mens parasiete. Nie in SA geregestreer nie, was nie nodig nie, dit weet ons almal. Neef sal Nooit, die inspuitbare middel opsmeer nie, iemand moet asb verduidelik word hoe daar immuniteit verkry word.  As ek dit reg het, dood invermektien parasiete wat dit opneem binne die gasheer, so jy vergiftig jouself, en dan vergiftig dit die parasiet?  Sou my geneesheer dit voorskryf nadat ek poditief gediagnoseer is, ja.

Inenting, beslis, hoekom nie, verstaan nie waarom nie, en het al genoeg ente gekry in my lewe. Ek dink om vorentoe oorgrens te gaan kuier, lugrederye, sal n vax cert dalk nodig word.

Warren, everybody nows everything about you already. From your id no, which is not a state secret. Your vehicle licence no, your tv licence, sars tax no etc, phone no, email address. Nee wat you can register, I don't beleive this is a population census. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 03/02/2021 - 19:19

Stem saam met Neef en het klaar registreer juis om reg te wees as ons vir die kinders gaan kuier oorgrens.

Onthou goed toe ons jare terug nie oorgrens kon gaan as jy nie in besit was van jou geel kaart vir Geelkoors nie. 

0

Meeste van die siek voel na 'n griep inspuiting dink ek het te doene met 'n effense allergie vir eiers (die word gebruik tydens die vervaardiging daarvan). Verstaan dat dit ook beteken dat die inenting sy werk doen. Baie mense dink dat 'n inenting jou vrywaar van die spesifieke siekte kry, dws dis 100% effektief. Dis nie waar nie, 'n inenting beteken wel dat sou jy die sikte kry dit aansienlik minder ernstig sal wees-dis nou my leke en Dr Google se mening! Maar ek dink deur nie die Covid-19 inenting te neem nie stel nie net jouself in gevaar nie maar ook ander mense wat moontlik Covid by jou kan kry. Ek kan nie help om te wonder of diegene wat so gekant is daarteen ook nie hulle eie kinders laat inent het teen polio, MMR, ensovoorts nie? En of hulle OK is daarmee dat hulle kinders wat dalk nou volwassenis is ook maar eerder nie die Covid inenting neem nie? Wonder HOEKOM iemand nie teen Covid inge-ent wil word nie? (praat gerus met iemand wat wel Covid gehad het en herstel het, of iemand wat in 'n hospitaal met Covid pasiente werk...)

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 03/02/2021 - 19:50

Laat my nou dink, 'n man het gesê, al vir meer as 'n honderd jaar kon hule nog nie 'n ent stof vir verkoue kry nie, meer as 40 jaar nie vir aids nie, nog langer vit tuberculosis, vergeet van kanker, maar binne maande vir Covid?

Varkgriep was net so dodelik, niks was gedoen nie, ek het my bedenkinge rondom die hele afêre.

LW, ek maak NIE die virus af as niks nie, inteendeel.....

Wat die elektroniese regstrasie betref, voorloper vir groot dinge.

Maar, elkeen vir hom self yes

0
pretoria

pieterc

Wed, 03/02/2021 - 19:54

Ek is nie so seker dat die kundiges die diere weergawe voorskryf of aanbeveel nie. Klaarblyklik was daar n goedgekeurde menslike weergawe waarvan die registrasie n paar jaar gelede verval het omdat die jaarlikse registrasie gelde nie betaal was nie. Hierdie weergawe mag nou wettig volgens artikel21 deur n mediese praktisyn voorgeskryf word.
Ek weet nie hoeveel die diere weergawe van die voorheen goedgekeurde menslike weergawe verskil nie, maar as jy dit sonder newe-effekte gebruik ( of die risiko vir moontlike newe-effekte aanvaar ) is dit jou keuse.

Die "bekende langtermyn" gevolge vir die goedgekeurde entstof is in elk geval net ongeveer 6 maande en is daar dus ook sekerlik n mate van n langtermyn risiko?

Elkeen doen wat hy / sy wil, en solank dit binne die wet is, het ek geen probleem daarmee nie.

My opinie na 3 biere terwyl ek braai..........

0

Now you lost me Warren! The registration website only asks for your name, ID and work or home address. Not exactly a state secret! (they already know more about you than you know yourself!) And no registration = no vaccination. Pretty simple me thinks! Stop being so stroomop :)

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 04/02/2021 - 05:53

Now you lost me Warren! The registration website only asks for your name, ID and work or home address. Not exactly a state secret! (they already know more about you than you know yourself!) And no registration = no vaccination. Pretty simple me thinks! Stop being so stroomop :)

 Long back, I got a issued a spot fine (lapsed licence on a trailer)

Waited for the summons, got a warrent for my arrest instead....

Phoned the cops.... blah blah blah thought I had to wait for the summons....

Needed to go into JHB & see the public prosecuter....

Did all that.... He says to me, the warrent of arrest has nothing to do with the fine but for purgory... (telling lies)

HUH?

He explained that I gave my name to the traffic officer as Warren de Jager with my ID

but my ID is registered to SHAUN - DUNCAN

Me I say... Wait one moment I'm going to my car to get my ID Book......

Went back and said well there's a thing.......... 30? odd years and I thought I was this guy....surprise

Instructed to go to dept of horror affairs and get it sorted out & go back to him with.....

SO......

AS PER THE IDIOTS WHO RUN THIS WONDERFUL COUNTRY....

Am I really who I am????????????

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 04/02/2021 - 06:23

Ek kry 'n spoed boete vir R250.00 (lê al op my ID  en naam vanaf 2017) in Mpumalanga, vir'n bakkie met 'n L (Limpopo) regestrasie. Onodig om te sê, my voertuie is almal Vrystaat, jy kan nie in meer as een provinsie privaat voertuie regestreur nie.

Ek besit nie eers 'n Hilux nie en het vertoë gerig aan daai "owerheid" en antwoord gekry "We will sort it out" die boete le nog steeds op my naam (2021). Al 'n dreigement van verhoogde boete omdat daar iets uit gestuur moet word, plus las brief met nog boete vir "sheriff of the court" ens ens.

Al hierdie, per e-pos, my laaste antwoord aan hulle, "kies vir jou 'n vinger"

Len, jammer vir die ernstige kaping van die draad, ek pleit half onskuldigdevil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus