Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Kry by VW die Torque vs rpm…
Kry by VW die Torque vs rpm kurwe. Dan kies jy maar jou ratte handrat om binne daai maksimum kragband te bly. Jy gaan dit teen Sir Lowry's pas boontoe, nodig kry.
Sal so maak en aan jou terug voering gee en jy dan vir my verduidelik. Accountants verstaan nie daai syfers....🤔
Kry by VW die Torque vs rpm…
2.0 BiTDI (8-Speed Automatic): Produces 420 Nm of peak torque between 1,500 and 2,000 rpm (or at 1,750 rpm depending on market calibration).
Wessel, dit is wat tannie google se. Verduidelik asb.
Amarok torque kurwe
GH, torque of dan wringkrag is die krag wat aangewend word om te werk, soos woonwa-sleep.
Optimale wringkrag is in die spesifikasie hierbo die hoeveelheid beskikbaar as die enjin by daardie genoemde omwentelinge [revs] draai.
In praktyk sal die outomatiese ratkas die ratte so kies om vir 'n sekere snelheid die enjin teen daai "revs" te laat draai.
Mens kan byvoorbeeld 80km/hr beweeg, teen verskillende "revs" afhangende van die gekose rat. Snelratte word gebruik om snelheid te kry, maar teen laer "revs" en so word brandstof gespaar. Daai keuse is meestal dan nie geskik om harde werk, soos woonwa sleep bult op, optimaal te doen nie. Die ratkas moet dan eintlik laer ratte kies om jou spoed te hou, maar by die "revs" waar optimum wringkrag beskikbaar is.
In jou bakkie se geval tussen 1500 en 2000 rpm. [Revolutions per minute.]
Nou met "speed control" kies mens soms 'n sleepspoed en dan probeer die beheerstelsel dit handhaaf, deur ratte self te verander. Soms gebeur dit teen 'n steilte dat dit onmoontlik is, en dan sny spoedbeheer net uit. Die 1ste paar kere het ek my blaker afgeskrik, want mens verloor net spoed en dit lyk of enjin ophou werk het.
Daarom teen steil berge/bulte op, hou jou rev-counter dop. As die enjin nie binne daai band werk nie, is dit dalk tyd om met die hand die ratte te wissel. Dit voorkom ook sommer dat die ratkas nie oor verhit nie.
Voorbeeld: Ek sleep meestal teen 100km/hr met spoedbeheer. Gou gou teen 'n bult voel/sien ek hoe laer ratte deur rekenaar gekies word. As dit gebeur en die revs is meer as die bo-perk, is dit tyd om snelheidbeheer af te skakel en spoed te verlaag.
Al voordeel wat die "torque vs revs" kurwe gee, is om te wys hoe vinnig verloor die enjin sy torque uitset bokant die maks perk, 2000rpm in jou geval. As die kurwe skerp daal, byvoorbeeld teen 2500rpm is torque net 300Nm, is dit onwys om teen daai revs te sleep. Dis dan wat mens diesel brand en nie sleepkrag bykry nie.
As hierdie "Grieks" lees, bel my vir 'n geselsie.
Hallo almal
Ek het nou net uitgevind my karavaan plug wat in kar se "female" ingaan pas nie op Onderrok se plug. Dit is n foto. Kan iemand help. Is daar n plan.

Vroue proppie
GH, ek dink die maklikste is om na 'n plek te gaan wat sleepstange en proppe aansit/verskaf. laat hulle 'n gewone 7-pin metaal prop aansit. Ene wat "ontvanklik" is vir jou wa se "mannetjie" prop.
Ek het nog nie so 'n prop gesien nie. Gaan gou kyk na buurman se amarok
Goeie hout
Baie geluk met die Amarok, jy gaan vir die Fleetline rek merke gee met die trokkie.
Dan, daai 13pin prop kan jy vervang met 'n gewone 7 pin prop, die 13 pinn se doel is om ekstra 12volt krag na die woonwa te verskaf, soos bv tru kamera, yskas ens.
Sou jy dit wou behou en vir die karavaan ook een aan te sit, gaan jy 'n adaptor moet kry om jou wa mee te koppel indien die Amarok nie beskikbaar is nie.
NB. Dit sal dalk nodig wees…
NB. Dit sal dalk nodig wees om na 'n auto elect te gaan vir die af binding van oortollige drade op die trokkie se kant wat na die 13pin prop toe gaan.
eendag was daar 3 rampokkers/kaartmanetjies
Ai mense, ek is meer beswaard as ou Genis van toentertyd.!!!
Het Trompie sy onderskeid en insig verloor.? Vir watter span speel hy, of speel hy vir homself?? Ek lees hy het uitgevaar teen die Europese/NAVO lande wat Oekraine met wapens en finansies ondersteun. Sy opdrag, of versoek was dat dit moet staak, hulle moet eerder help om vrede te bewerkstellig.
Die woorde was nog tussen die sateliette oppad, toe skiet sy nuwe "his friend" alweer die witwaks uit Oekraine. Die is glo baie kwaad oor sy brug wat m..rtoe geskiet is. Dis mos eenvoudig, hy wil oorlog maak, maar die ander kant moet eintlik nie terugveg nie.
Ek sien 'n paar verdwaalde missiele en "drones" het in Pole ge-eindig. elektronika en GPS kan mens sleg in die steek laat. Dalk moet Oekraine ook sulke dwaal pyltjies loslaat, so na die Rooi plein se kant toe.
Hallo Almal
Ek het die adapter opgespoor en dit werk. Maar ek sal maar die plug verander, net nou verle ek die adapter dan is ek gesnoeker.
Lekker naweek.
Goeie hout...
....ek sal natuurlik eerder die "adapter" gebruik.
Dit is mos of in geprop, of gebêre in die bakkie se paneelkassie.
Dinokeng C&L
Wessel, dalk moet ek wag en sien, dit is nie DIE Dinokeng oord nie, ken nie die oord nie. Hoop daar is darem dinge vir die kleinseuns om hul mee besig te hou. Hulle is tog die hoofrede waarom ons gaan.
Dinokeng Camp and Lelasure, was aanvanklik vir my verwarrend.
Dinokeng C&L
Lyk baie netjies op internet. Genoeg aktiwiteite om kleingoed se energie te tap.
Volgens Google maps net 2km grondpad, hopenlik vars geskraap vir julle.
Goeie mòre Wessel !
Hier by ons in DA-land gaan dit klopdisselboom dankie. Die water vloei, beperkend natuurlik, nie weens te min water in resavoirs nie, maar voorkomend indien die voorspelde droogte realiseer. Ek mag my tuin met 'n tuinslang per hand natmaak, mits die tuinslang 'n "trigger" spuitkop het. - oulike idee want verskuif jy van plant na plant of bedding na bedding, vloei daar niks water tussen-in nie !
Elektrisiteit : absoluut geen probleem nie. Nou die dag 'n e-pos boodskap gekry dat oor 'n week, die presiese dag en tyd asook die straat wat geaffekteer gaan word se krag gaan onderbreek word vir herstelwerk. Ek het op dié dag gaan kyk of daar wel gerwerk word. Wat kry ek, drie spanne op drie verskillende plekke in die betrokke straat besig om verouderde kragbokse te vervang ! Dis mos nou puik, beplande, goeie instandhouding diens.
Ek kan nie onthou wanneer laas het ek 'n foutiewe verkeerslig gesien nie - dink dit was nog tydens beurtkrag 'n jaar of wat gelede.
Elke tweede Maandag sie ek 'n klomp straatveërs wat die strate skoon vee, die gemors in sakke plaas wat dan later dieselfde dag deur 'n vragmotor opgetel word.
Ons vullis word klokslag elke week verwyder met die herwinning-items 'n uur later.
Dis werklik 'n plesier om hier te bly en hierdie dienslewering te ervaar.
Wessel, wat my oë betref, dis maar nog 'n tydelike gesukkel met die naby-sig en ek gebruik maar 'n Clicks-leesbrilletjie om my te help tot middel Januarie. My oftamoloog wil hê my oë moet eers na die operasies herstel en aanpas by die nuwe lense en dan sal sy vir my 'n voorskrif gee vir 'n multifokale bril. Maar ek is baie dankbaar vir die proses tot dusver.
Watertenkwaens
Hoe werk dit? Koppel dit aan die sisteem en dan het mens weer water in jou huis, of moet dit met dromme/emmers geskep word? Ek dink dis 'n straf om so te moet lewe en voel jammer vir almal wat geraak word. Dit alles seker hoofsaaklik agv. infrastruktuur wat verwaarloos is.? Ai!!
Ons het vir 15 jaar op ons kleinhoewe by Buffelspoort gebly met heerlike skoon boorgatwater. 'n Ent van ons af het 'n nuwe myn "ontstaan". Petisies en besware het op dowe ore geval. Ons het gereeld die water laat toets om seker te maak dit word nie geraak nie - elke keer silwerskoon getoets. Die dag toe die laaste wiele by die hek uit rol was elke 25l drom wat ons besit vol water, agter in Daan se bakkie, my bussie se watertenk opgevul, en vir 'n koebaai en terugblik op 'n goeie tyd, het ek en Daan om die beurt van 'n 2l waterbeker gedrink totdat dit leeg was. Ek het geweet skoon water, en altyd water, is die een ding wat ons die meeste gaan mis.
Verlede week was ons ook vir 4 dae droog - darem met 'n vooraf kennisgewing en kon voorsorg tref. Die dorp se suiweringsaanleg kon nie meer in die behoefte voorsien nie, en is opgegradeer. Ek is dankbaar om te kan sê die munisipaliteit hier werk nog, en saam met 'n groep in die dorp wat hul vingers op die pols hou, gaan dit goed.
ter beperkings ingestel




Rearview kamera
Een van die beter aankope op my karavaan was wireless rearview kamera. Ek het nog n nuwe stel spieels wat ek destyds gekoop het toe ek Ranger gehad het.....dit het al losgekom voor ek die kar gestart het. Het toe Midas toe gegaan, maar die ou sê toe die vorm van spieel is probleem.....straps kan nie lekker vasvat met die skuins afwerking nie.