Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -46 seconds ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 minutes ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 minutes ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -11 minutes ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 minutes ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -18 minutes ago

Kamera

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is geen fotograaf van formaat nie, maar ek is nogal lief daarvoor om wildlewe fotos te neem en ook fotos van ons kampervarings.

Ek het maar 'n doodgewone Canon EOS 1100D met 'n 18-55mm lens en dan het ek ook  'n 75-300 zoom lens  -  die koste was onder R10 000.  Dis maar 'n intree-tipe kamera, maar ek het eintlik niks meer nodig nie.  Ek het al 'n "bee in the bonnet" gekry om vir my 'n sterker telefoto lens aan te skaf (Sigma 150-600mm), maar dié goed kos 'n plaas se prys  -  ± R15 000 !  Gevolglik het ek hierdie idee maar vinnig laat staan.

Waarmee neem jy jou fotos ?

.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 27/02/2021 - 17:35

Ons het ook n Cannon Eos iets, en dieselfde lense as jy Len. Het dit op n special gekoop by Game hele paar jaar gelede. In die dae van SLR kameras, het van Pentax gehou, en onder andere n Tamron 500mm gehad,  somtyds n 2x invertor vir erg lang skote wat meestal maar iefie was, en dit was op n driepoot gedoen.

Ek sien die manne korrel sommer so uit die vuis met die digitale kameras en neem n string fotos met die hoop dat een werk. Deesdae neem ek baie minder fotos, dit is asof die digitale era die stokperdjie vir my afgewater het. Wat ek vind met die 300mm lens op n kussingkie, en mooi stil afneem, kan jy digitaal inzoom met ongelooflike detail.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 27/02/2021 - 19:24

Ek is maar agter die klip t.o.v. fotografie.Ek besit nog 'n Pentax K1000 uit die ou dae en uit meer onlangse tye ook een of ander Canon model. Wat my Samsung 10 foontjie nie kan neem nie, is dus buite my bereik wat fotografie aanbetref. Inderwaarheid is ek lui vir fotografie - en buitendien het ek geen benul van komposisie (is dit die regte woord?) van foto's nie. Ek's maar 'n mik en druk fotograaf.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 27/02/2021 - 20:08

So van die ou kameras gepraat, ek het in 1969 in Upington (nogal) vir my 'n Yashica 35mm film kamera gekoop en later 'n telefotolens bygekoop. Maar digitale kameras het hierdie modelle op die agtergrond geplaas.

Hier is 'n foto.

.

 

 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 28/02/2021 - 07:11

Ek het ‘n Canon 5D MkII gehad, maar ek het dit verloor. Ek het nog ‘n 70-300 Canon lens wat Image stabilized is. Dit het ‘n motortjie en tipe giroskoop in wat voorkom dat dit skud wanneer jy uit die hand uit neem. Ek het egter later vir my ‘n Canon 300mm F4 L lens gekoop wat ook gestabiliseer is. Dis een van daardie ligte grys lense wat ‘n klomp geld kos, maar dis redelik vinnig (F4 beteken dit kan wyd oopmaak, meer lig inlaat en dus teen ‘n vinniger sluiterspoed neem. Minder kans vir blur en gee die in fokus onderwerp met die uit fokus agtergrond). Ek het ook ‘n 1,4x omsetter maar dit maak die lens stadiger en werk net regtig mooi met n dooierus.

Met die kombinasie het ek lekker foto’s geneem tot ek my kamera verloor het. Toe ek vir Salomien ontmoet het, het sy ook Canon toerusting gehad. Met die tyd het ons tussen ons nogal ‘n arsenaal opgebou. Ons het later beide 5D kameras gehad. Dit is sg professionele kameras, met volgrootte sensors. Daar is dus geen digitale vergroting nie, en baie goeie resolusie. Ek het my toerusting meestal net vir ontspanning gebruik, maar Salomien verdien haar inkomste met hare. Toe gaan iets fout met haar kamera en sy begin myne as ‘n rugsteun gebruik. Kort voor lank is my kamera sonder vergoeding onteien. Nou sit ek met ‘n duur lens in die kluis. Dis mos hoe vrouens trou benader. Wat hulle s’n is is hulle s’n, en wat joune is is ook hulle s’n. 

0

More vriende

Ek het op universiteit 'n Minolta gekoop. 

Deesdae het ons 'n Nikon met 'n standaard effe zoom lens. Die kamera verstom my nogal. Ek oorweeg ook om 'n sterker zoomlens te koop, maar kom net nie sover nie.

Ek het 'n swembad "nooodle" die regte lengte gesny, en 'n keep oor die lengte gesny, nou pas dit oor die bokant van my afgedraaide syvenster. Ek vat nou dooierus daaroor met die kamera.

Ons het ook boontjiesakkies probeer, maar dit neig om in opgewondenheid altyd uit te val. Daar is die oulikste, lae kostes, katoeters op die mark wat aan jou syvenster klem. Die bodeel werk dan soos 'n normale driepoot.

Groete

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 28/02/2021 - 19:27

Ek het tans 2 EOS kammeratjies.  'n 100D een van die kleinste DSLR kamera's ooit.  Dan ook 'n 860D en klompie lense 70 -200 F4 L en 'n 18 - 200, 12 - 28 weie hoek , 50mm F1.8.  En 40mm F2.4.   Die 50mm 1.8.

Die hartseer ding is dat my selfoon sulke goeie foto's neem en my SLR' s nie veel lig sien nie.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 28/02/2021 - 20:53

Gawe klompie lense wat jy daar het! Dis die video killed the radio star sindroom van ons tyd. ‘n Tablet bo ‘n boek, e-pos bo ‘n brief, WhatsApp bo ‘n oproep, streaming eerder as langspeelplaat en slimfoon voor ‘n DSLR. Die afwatering van die lewe en van die werklikheid. 

0

Môre vriende

Waar in Pretoria kan ek gaan soek na 'n kamera-monteerstuk wat vasklem op die syvenster ?

Daar is oulike kompakte goeters, maar waar is goeie fotografie winkels, dalk in Kollonade en/of Montana omgewing. Ons stereotype Hilux outjies ry nie graag Menlyn toe nie.

Groete

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/04/2022 - 17:08

...............ek sien die Pretoria ouens het hulle nie eers verwerdig om jou te antwoord nie.  As jy by VanZylsrus hier in die Kaap is, in Durbanweg, Durbanville is Orms .  Ek is oortuig hulle sal jou kan help.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 09/04/2022 - 17:43

Baie dankie, ons praat by KarooNP verder oor die onderwerp.

Is Orms in die Tygervallei sentrum, of teenaan Durbanweg. Ek kan dit sekerlik Google maps ook.

Ek sal sekerlik daai omgewing nie meer ken nie, maar ek het vir 'n jaar in die hartjie van Durbanville gewoon.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/04/2022 - 20:55

Videos :

My Canon-kamera het die funksie om ook videos van goeie gehalte te neem, maar ek het dit nog nooit in die Wildtuin gebruik nie.  Ek neem maar al die jare net fotos van dit wat my interesseer in die Wildtuin.  Ek merk nou al vir 'n geruime tyd op sosiale media dat baie oulike videos geneem word van baie interessante bewegende gebeure en ek is nou ook lus om dit te probeer.

Ek het spesiaal hiervoor 'n addisionele geheuekaart gekoop.

"Watch this space"

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 10/04/2022 - 07:38

Môre Len

Sal dophou met arendsoë. Is die geheuekaart vir die bokkies of poppies?laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 10/04/2022 - 14:01

....ons gaan mos nie see toe nie, dus is dit nie vir die poppies nie !.

0
pretoria

pieterc

Sun, 10/04/2022 - 19:26

Waar in Pretoria kan ek gaan soek na 'n kamera-monteerstuk wat vasklem op die syvenster ?

Daar is oulike kompakte goeters, maar waar is goeie fotografie winkels, dalk in Kollonade en/of Montana omgewing. Ons stereotype Hilux outjies ry nie graag Menlyn toe nie. 

Hallo Wessel 

Seker bietjie laat, maar net langs die Kollonade - ander kant van die flooimark - is daar n Foto Discount World wat tans hierdie driepoot met n venster "mount" beskikbaar het.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/04/2022 - 07:50

Môre Pieter

Dankie man, ek moet die week Montana hospitaal toe ry. Ek gaan probeer om 'n draai daar te maak.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus