Dis ou nuus dat ons twee laas in 2018 ons jaarlikse Wildtuin-besoek kon beoefen. Ons Mei-2019 besoek moes afgestel word weens Annatjie se skielike rugoperasie en ons 2020 besoek het gesneuwel as gevolg van Covid-19. "Gelukkig" het my ernstige ongesteldheid saamgeval met die Covid-inperking van 2020 en ons is nou albei perdfris en gesond vir eerskomende Mei en Junie se Wildtuin-trippie. Dit is nog net 39 dae voor ons hier uit die Kaap vertrek en ons behoort weer op 10 Junie terug by die huis te wees. Dit beteken die beplanning is agter die rug en in plek en nou begin die voorbereiding vir 'n wonderlike wegbreek in die Wildtuin.
Ek is vol vertroue ons sal heelwat van hierdie bedreigde spesie sien, maar die cherrie op die koek sal wees as ons 'n swartetjie kan sien. Hierdie een is 'n witte. (Tog snaaks, by renosters is die wittes volop en die swartes baie skaars. By die menslike ras in Suid-Afrika is dit net mooi andersom !)
Wow !
Dankie vir die lekker gesels !
Die Wildtuin-winkels is baie duur en die hout is meestal nat. Dis 'n opsie om buite die Wildtuin te koop, maar gegewe al die betogings om die Wiltuin verkies ek om liewer nie stil te hou nie - en ook pakplek vir 30 dae se hout gaan nie werk nie.
Gegewe Willem se inligting gaan ek maar volstaan met triquets hierdie vakansie en dit op die proef stel.
Nog 'n vraag
Nog 'n vraag :-
Ek het 'n Vodafone mobiele WiFi wat deel is van my Vodacom kontrak - twee selfone en die Vodafone. Laasgenoemde het 5 Gig data en ons gebruik dit net as ons met vakansie is, meestal vir my laptop.
Agteros kom ook in die kraal en ek is nou windgat om oor 'n tablet te beskik. Ek het 'n Netwerk24 kontrak en ek kan gevolglik koerante en tydskrifte daarop lees. Nou my vraag : vir koerante en tydskrifte lees, is 5Gig genoeg ? Hoe werk dit, gebruik ek data terwyl ek lees of laai die koerant/tydskrif volledig af en dan lees ek "off line". Ons kyk nie flieks nie.
Len ...
... jy weet reeds dat ek 'n Weber-slaaf is. Ek maak 'n houtvuur vir die geselligheid maar my Smokey Joe Weber staan langsaan gelaai met sy brikette - en dit is waarop ek braai.
Jou vraag t.o.v. Etosha Triquettes - dit is die beste van die beste. Ek het altyd geglo aan my Charka brikette en indien ek dit nie kan kry nie is Spar se brikette 'n aanvaarbare alternatief. Maar as ek die slag by 'n PnP uitkom, koop ek 'n behoorlike voorraad Etosha Triquettes. Daar is nie 'n beter briket nie. Teen daardie prys (as ek reg onthou geld dit net vir môre) moet jy koop ou maat.
In die wildtuin verkoop hulle Gravelotte brikette. Gravelotte se charcoal is goed, maar hulle brikette is na my mening powere gehalte.
En terloops, ek braai al vir bykans 20 jaar uitsluitlik met brikette in my Weber wat oral saamgaan. Ek vang só 'n k.. (amper sê ek 'n lelike woord) in mense wat teen Weber-braai of houtskool/brikette is. Na my mening is dit 'n mite dat vleis op 'n houtvuur se kole sogenaamd beter proe. Ek sê sommer "Bullsh.. man". Ek braai in my Smokey Joe op die direkte kole. Ek kan my hitte lekker beheer met die onderskeie lugopeninge.
Maar kom ek volstaan - of dit op 'n Weber is of andersins, Triquettes is onverbeterlik. En dit pak baie lekker danksy die driehoekige vorm.
En jou vraag oor die data/Netwerk24. Ek kan jou nie antwoord of dit die hele tyd data gebruik nadat jy 'n koerant of tydskrif afgelaai het nie. Ek is geneig om te glo dat dit nie verdere data gebruik nadat die betrokke koerant/tydskrif afgelaai is nie. Maar ek lees lekker. Ek kry 1 Gig per maand as deel van my selfoonkontrak, maar ek koop data by Vodacom vir my modem hoofsaaklik vir gebruik op die "laptop". Ek koop so 1 Gig op 'n slag. Soms is dit nie alles gebruik wanneer die 30 dae verstryk het nie en dan koop ek maar weer. Ek besef dat dit goedkoper per eenheid kos as jy eerder 5 Gig op 'n keer koop, maar ek het nog nooit soveel data in 'n maand gebruik nie.
Dankie vir die gesels tot…
Dankie vir die gesels tot dusver en die kommentaar/raad. Ek ry nou-nou om daardie triquette te gaan koop.
Ek het drie blou Cadac gasbottels - 2 x 5kg wat 16 jaar gelede saam met die Exclusive uitgekom het en dan nog 'n 3kg bloubottel. Al drie is vanoggend gevul en daarna het ek hulle 'n bietjie met motorpolitoer bygekom. Hulle lyk nou beter as die nuwes hier om die hoek by Makro !
ChrisWH....
Chris, onthou my arbeid per uur is duur en dan werk ek nog stadig ook, soos dit 'n oumens betaam !
En hier sit ek en dink op my…
En hier sit ek en dink op my volgende kaap toer om my bottels by Len te laat, vir so paar uur![]()
Chris, onthou my arbeid per uur is duur en dan werk ek nog stadig ook, soos dit 'n oumens betaam !
Ek is ook 'n oumens.
Terug by werkli......
Terug by werklike Wildtuin-voorbereidings :
Die fassinerende boek wat Neef Herman my gegee het, "Shaping Kruger" deur Mitch Reardon het onder andere weer my belangstelling in luiperds en jagluiperds geprikkel. Ek besoek nou al 52 jaar as volwassene die Kruger Wildtuin en het nog maar selde jagluiperds en luiperds gesien - trouens ek het in my foto-arsenaal nie eers een behoorlik mooi foto van een van die twee nie. Dus, hierdie twee spesies is op my fokuslysie vir hierdie besoek.
Ek besoek nie noodwendig die Wildtuin net om wild te sien nie, maar die rustigheid en eeue-oue natuurskoon is kos vir my siel. Maar natuurlik maak die wildlewe darem ook 'n groot deel uit van 'n wildtuin besoek.
As jy dalk nou in die Wildtuin kan/kon/gaan kamp, watter wildspesie sal jy die graagste wil sien en fotografeer ?
Wildehonde is die spesie wat…
Wildehonde is die spesie wat my nog altyd ontduik. Is ook elke jaar in die Kruger en in Nelspruit gewoon waar ons naweke Kruger besoek het. Kan nie onthou dat ek ooit wildehonde gesien het nie.
Wou selfs boek oor wildehonde koop maar teen R1000.00 bietjie duur vir my. Hopelik met ons besoek eersdaags loop ons hulle raak.
Môre
Môre Jan ! Wildehonde is ook 'n pragtige gesig met hulle bont geverfde lywe en regop ore - altyd aan die speel. Jare het verby gegaan waar hulle ons ook ontglip het, maar in die jongste tyd sien ons hulle elke keer iewers. Met ons vorige besoek in 2018 het ons 'n trop Wildehonde gesien met die intrapslag by Phalaborwa-hek, selfs nog voor ons 'n rooibok gesien het !
By 'n vorige geleentheid het ons weer 'n trop net buite Orpen (by die Maroela-kamp afdraai) gekry, maar die spulletjie was moeg gevreet en baie slaperig.

Wildehonde ...
Het ook al paar keer hulle raak geloop.
Hierdie klomp was buite Shingwetzi 2017-10 naby die hek in die rivier bedding.
Die bewaarder het hulle vir 'n paar dae gevolg om seker te maak hulle pas aan met die hervestiging.
Ek was al baie gelukkig met…
Ek was al baie gelukkig met wildehonde - veral 2 jaar gelede by Punda Maria toe ons dieselfde troppie (van 7) by drie verskillende geleenthede gesien het - tweekeer in die pad en 'n ander keer toe hulle aan 'n vangs langs die pad gesmul het. Sedert ek rekord hou van my "sightings" in die wildtuin (sedert 1987) staan my totaal vir wildehonde op 77, maar dit bly maar 'n belewenis om hierdie pragdiere te sien.
Die Punda-troppie

Jagluiperds en luiperds se waarnemings staan op onderskeidelik 31 en 32 - dus steeds 'n groot mate van opwinding as jy enige van dié twee spesies sien.
Ek sou graag die volgende wil sien en fotografeer (ek gee die getalle wat ek al van elk gesien het in hakies aan):
Bastergemsbok (9)
Ratel (9)
Rooikat (2)
Swartrenoster (2)
Tierboskat (2)
Witkwasjakkals (7)
Ek hoop om goeie besigtigings van sekere van bogenoemdes vanjaar te beleef.
Wat ek sal wil sien...
More vriende
.... bloot omdat ek dit nog nooit gesien het nie, is
swart renoster, rooikat, tierboskat, en dan mos maar die ontwykende luiperd en jagluiperd. Mooi arende sommer naby aan mens, dan hoef ek nie so te bewe/zoom nie.
Die laaste keer het die S100 my sleg in die steek gelaat. Dit is egter so mooi daarlangs, mens moet dit net ry.
Ek is weer nie baie gek oor die S100 nie.
Die laaste keer het die S100 my sleg in die steek gelaat. Dit is egter so mooi daarlangs, mens moet dit net ry.
Dit is (vir my persoonlik) een van die mees "over-rated" paaie in die wildtuin. Ek ry dit egter gereeld om een van my gunsteling sirkelroetes (S90/S41/S110 met 'n besoek aan die Gudzanidam) te voltooi. Maar ek vermy die S100 geheel en al in die namiddag wanneer jy teen die son (en baie stof) moet terugkeer kamp toe. Ek spandeer meeste van my Satara-tyd in die omgewing van die Nsemanidam.
Ons is egter ook baie lief vir die stukkie teerpad (3.2 km) tussen die H7/S100-kruising en die H6-aansluiting. Dit is na my mening een van die beste paaie om luiperds te vind. Ons ry dit minstens tweekeer per dag terwyl ons in Satara is (soggens en namiddae) - inderwaarheid 4 keer, want ons draai om by die H6-aansluiting en keer weer terug met dieselfde stukkie pad. Ek ry die pad uiters stadig - eersterat en my voet geheel en al van die versnellerpedaal afgehaal. Dit is ook die enigste plek waar ek al 'n hiënavangs gesien het toe twee hiënas 'n waterbok langs die pad platgetrek het. Ek is nie baie gek oor Satara as kamp nie - veral as jy daar kampeer. Maar a.g.v. die wonderlike "sightings" wat dié omgewing oplewer gee ek Satara baie moeilik 'n "skip" wanneer ons wildtuin toe gaan.
Pad info
Middag Chris
Jy's reg met die son/stof en S100, ek proe al die stof tussen my tande.
Mens is geneig om die stukkie teerpad van waar S126 inkom, tot by Satara te vinnig te ry. My nek word styf van elke boom en tak van bo tot onder te beloer vir kietsie.
Gits, nou pak die willetuin lus my erg
Ietermagog
Om terug te kom na Oom Len se vraag, dis wat my nog altyd ontwyk. Die feit dat dit ‘n nagdier is maak dit ook nie makliker nie. Ek wonder of ek ooit een gaan sien. Die res was ek al baie gelukkig mee en sal glad nie kla nie. Ek is baie lief vir groot bome en kyk ook graag na hulle. Die lekker ding van hulle is dat hulle nie kan weg beweeg nie en hulle huisves gewoonlik ook interessante ander spesies.
Braai met houtskool
Omdat ek my nie wil skuldig maak om die stompkop-kewer in die Wildtuin te versprei nie, het ek mos nou so soort van besluit om maar eerder met houskool daar te gaan braai. Ek het toe vir my 'n paar sakkies Etosha Triquetts gaan koop, maar het nog 'n ou sakkie Food Lover's brikette (donkiedrolle) wat ek Sondag op die proef wou stel. Ek het buite (en nie in die braaikamer nie) gebraai, maar hemel, ek moes daarna gaan stort en skoon klere aantrek. Die spul rook verskriklik en die rook bedaar eers as die houtskool reg is om te braai. Ek wonder nou of die Etosha Triquetts ook so verskriklik gaan rook.
Ek het nou bedenkinge of ek met houtskool in die Wildtuin wil braai.
"'n Man met 'n plan"....
Die saak staan nou so : ek het my annerhelfte oortuig dat ek 'n ekstra dag in Karoo Nasionale Park nodig het omdat ons karavaan langer as 'n jaar gelede geloop het en ek ook heelwat veranderinge aangebring het (veral aan die waterstelsel) - ook omdat ek moet seker maak dat alle kampgoed wat die kinders geleen het, terug in die karavaan is. Sy moes toe staamstem dat ons 'n ekstra dag by Karoo nodig gaan hê en ons vertrek dus nou oor 23 dae op 1 Mei ! Ek is so dankbaar dat ek 'n vrou het wat verstaan en begrip het van die probleme in die lewe.





Triquettes
As ek met brikette moet braai gebruik ek dit. Die kole hou definitief langer as ander brikette maar dis nie altyd by bv PnP beskikbaar nie want hulle wil hulle eie produkte verkoop.