Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Double cheese burger November 2026 Geert -1 hour ago
30% November 2026 Geert -8 hours ago
see water November 2026 Geert -8 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -16 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -16 hours ago

April 2021 - Koffiekroeg Praatjies

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Daar gaan weer heelwat voertuie op die pad wees vandag/vanmiddag en ook so deur die naweek. Almal wat op die pad gaan wees ry veilig en versigtig. Die wat gan kampeer moet dit baie geniet. Mag elkeen 'n wonderlike paasnaweek geniet en elkeen weereens besef hoe geseend on werklik is.

Lekker dag vir elkeen

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 09/04/2021 - 04:11

Goeie more mede-forumiete.

Die naweek is weer op hande. Nog eers 'n vergadering vanaf 14h30 tot  16h00 vandag.

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 09/04/2021 - 06:40

Goeie môre mense, lekker dag en naweek vir almal, die gelukkige mense wat gaan kamp, ry veilig en geniet. Die wat bydie huis bly, geniet dit ook.

Stoffel, sterkte met daai vergadering, ek het dit altyd gehaat, meestal 'n mors van tyd.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 09/04/2021 - 06:58

Johan, ek sal maar wag en kyk wat gaan gebeur. Gelukkig sit ek by die huis en die vergadering gaan via Teams gedoen word. Op die oomblik is die kantoor se internet af. Ek kan nou nie op die firma se netwerk inklok nie. Werk maar nou vanaf my hardeskyf

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 09/04/2021 - 13:21

Ons naweek kamp is af, Surette is nog in die hospitaal, wag nog vir die uitslag van die galblaas toetse.

Geniet ou dag verder.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 10/04/2021 - 08:11

Goeie môre.

Willem ek weet sommer dat die operasie vlot sal verloop. Hulle maak deesdae sulke klein snytjies om die galblaas te verwyder.

Lekker dag vir elkeen 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 10/04/2021 - 13:45

.... soos wat Dusty sê is 'n galblaas-operasie deesdae as't ware 'n kleinigheid. Drie klein gaatjies waardeur die chirurg werk. Ek is al jare galblaasloos. En ironies kon ek nog nooit agterkom dat ek enige verskil ervaar nie. My dieet het nie verander nie - dus ek weet nie wat die ware doel van hierdie klein orgaantjie is wat intense pyn kan veroorsaak nie. Ek het net een oggend, pas nadat ek opgestaan het bewus geword van die ergste pyn wat ek al ervaar het. Daardie selfde dag is die klein wetter verwyder tesame met 'n ertjiekorrel-grootte galsteen wat die pyn veroorsaak het. Ek het so 'n bietjie komplikasies na die tyd ervaar toe 'n abses (so groot soos 'n tennisbal) verwyder moes word - daar waar die galblaas gesit het. Dit was toe nodig om 'n groot snit hoog op my buikwand te maak om dié gedoente te verwyder. Ek was maar net ongelukkig. Ek weet van verskeie mense wat dit komplikasie-loos ondergaan het. Sterkte vir Surette.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 10/04/2021 - 18:20

Teen die tyd wat jy hier lees is die galblaas-prosedure seker al verby.  Ek vertrou alles het goed afgeloop.  

Wat die mantelvliesbreuk betref, het my chirurg wat my kanker-operasies gedoen het, gesê ek het 'n baie groot mantelvliesbreuk, maar 'n mens lol nie om dit te probeer regmaak nie want sulke operasies is selde 'n sukses.  Hy verkies om eerder die gevolge van so 'n breuk met medikasie te hanteer.  In my geval is dit erge sooibrand, maar met my voorgeskryfde medikasie leef ek vir jare al daarmee sonder enige nagevolge.  Dit sal interessant wees om te weet wat Surette se chirurg se standpunt is.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 10/04/2021 - 19:13

ChrisB, Len

Ja als het goed verloop, sal haar môre sien.

Van Surette 16:05

Dr van Wyk was nou hier gewees. Alles het goed gegaan. Ek het nie vreeslik pyn nie. Voel klaar beter. Jellie ge-eet en rooibostee gedrink.

Sy het 'n groot mantelvliesbreuk en sere in my slukderm maar die Dr. het gesê hy gaan dit nie nou doen nie hy is bang van die sere gaan verspry, so vir eers gaan hy dit net behandel met medikasie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 11/04/2021 - 09:57

Dankie julle, ek stuur vir haar aan.  Sal vandag hoor wat is volgende.

Geniet julle dag.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 11/04/2021 - 15:56

Middag Willem

Ek vermoed so 'n woonwa-besoek by 'n hospitaal dui op 'n onvoorsiene krisis. Sommer reguit hospitaal toe, dalk slangbyt, hartaanval ens.

Sterkte met verpleging as jou beterhelfte ontslaan word.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 12/04/2021 - 04:25

Goeie môre almal.

Lekker warm vanoggend. toe my pa nog op die plaas gebly het het hulle altyd op sy verjaards dag, dit is 21 april, alreeds ryp gekry. die plaas was 90 km anderkanr Middelburg Mpumalanga. Die plek is Roossenekal. vir ons was dit 'n lekker breek so eenkeer 'n maand wanneer ons vir hulle gaan kuier het.

lekker dag vir elkeen en geniet die week

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 12/04/2021 - 09:01

Dankie Anton, sy het nou 'n monitor op van gister middag vir 24 uur dan sal hulle daarna kyk en verder besluit.  Hoop om môre dan uit te kom.

Julle moet die dag geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus