Goeie more almal.
Daar gaan weer heelwat voertuie op die pad wees vandag/vanmiddag en ook so deur die naweek. Almal wat op die pad gaan wees ry veilig en versigtig. Die wat gan kampeer moet dit baie geniet. Mag elkeen 'n wonderlike paasnaweek geniet en elkeen weereens besef hoe geseend on werklik is.
Lekker dag vir elkeen
Môre Stoffel en al die ander…
Môre Stoffel en al die ander laatslapers wat ook nog moet wakker word.
Geniet julle Vrydag en naweek!
Goeie môre mense, lekker dag…
Goeie môre mense, lekker dag en naweek vir almal, die gelukkige mense wat gaan kamp, ry veilig en geniet. Die wat bydie huis bly, geniet dit ook.
Stoffel, sterkte met daai vergadering, ek het dit altyd gehaat, meestal 'n mors van tyd.
Johan, ek sal maar wag en…
Johan, ek sal maar wag en kyk wat gaan gebeur. Gelukkig sit ek by die huis en die vergadering gaan via Teams gedoen word. Op die oomblik is die kantoor se internet af. Ek kan nou nie op die firma se netwerk inklok nie. Werk maar nou vanaf my hardeskyf
Ingaan uit gang Phalaborwa toe
Alle in en uit gaande paaie in Phalaborwa toe mense weer kwaad gooi klippe hoekom hulle ongelukkig is weet nugter alleen ![]()
Middag sê Kampform
Ons naweek kamp is af, Surette is nog in die hospitaal, wag nog vir die uitslag van die galblaas toetse.
Geniet ou dag verder.
Goeie môre. Willem ek weet…
Goeie môre.
Willem ek weet sommer dat die operasie vlot sal verloop. Hulle maak deesdae sulke klein snytjies om die galblaas te verwyder.
Lekker dag vir elkeen
Môre sê Kampform
Dankie, Surette is vanoggend in vir die operasie.
Geniet julle dag volit.
Willem .....
.... soos wat Dusty sê is 'n galblaas-operasie deesdae as't ware 'n kleinigheid. Drie klein gaatjies waardeur die chirurg werk. Ek is al jare galblaasloos. En ironies kon ek nog nooit agterkom dat ek enige verskil ervaar nie. My dieet het nie verander nie - dus ek weet nie wat die ware doel van hierdie klein orgaantjie is wat intense pyn kan veroorsaak nie. Ek het net een oggend, pas nadat ek opgestaan het bewus geword van die ergste pyn wat ek al ervaar het. Daardie selfde dag is die klein wetter verwyder tesame met 'n ertjiekorrel-grootte galsteen wat die pyn veroorsaak het. Ek het so 'n bietjie komplikasies na die tyd ervaar toe 'n abses (so groot soos 'n tennisbal) verwyder moes word - daar waar die galblaas gesit het. Dit was toe nodig om 'n groot snit hoog op my buikwand te maak om dié gedoente te verwyder. Ek was maar net ongelukkig. Ek weet van verskeie mense wat dit komplikasie-loos ondergaan het. Sterkte vir Surette.
Willem...
Teen die tyd wat jy hier lees is die galblaas-prosedure seker al verby. Ek vertrou alles het goed afgeloop.
Wat die mantelvliesbreuk betref, het my chirurg wat my kanker-operasies gedoen het, gesê ek het 'n baie groot mantelvliesbreuk, maar 'n mens lol nie om dit te probeer regmaak nie want sulke operasies is selde 'n sukses. Hy verkies om eerder die gevolge van so 'n breuk met medikasie te hanteer. In my geval is dit erge sooibrand, maar met my voorgeskryfde medikasie leef ek vir jare al daarmee sonder enige nagevolge. Dit sal interessant wees om te weet wat Surette se chirurg se standpunt is.
Dankie ...
ChrisB, Len
Ja als het goed verloop, sal haar môre sien.
Van Surette 16:05
Dr van Wyk was nou hier gewees. Alles het goed gegaan. Ek het nie vreeslik pyn nie. Voel klaar beter. Jellie ge-eet en rooibostee gedrink.
Sy het 'n groot mantelvliesbreuk en sere in my slukderm maar die Dr. het gesê hy gaan dit nie nou doen nie hy is bang van die sere gaan verspry, so vir eers gaan hy dit net behandel met medikasie.
Goeie môre. Willem ek is…
Goeie môre.
Willem ek is bly alles het goed afgeloop. Ek glo dat sy binnekort weer piekfyn gaan wees.
Rustige Sondag vir elkeen.
Willem baie dankbaar en bly…
Willem baie dankbaar en bly vir julle!
Môre sê Kampform
Dankie julle, ek stuur vir haar aan. Sal vandag hoor wat is volgende.
Geniet julle dag.
Hospitasl kamp ???
Wonder of die ou by die Hospitaal kom oorslaap ? 😀

Dis moeilikheid
Middag Willem
Ek vermoed so 'n woonwa-besoek by 'n hospitaal dui op 'n onvoorsiene krisis. Sommer reguit hospitaal toe, dalk slangbyt, hartaanval ens.
Sterkte met verpleging as jou beterhelfte ontslaan word.
Goeie môre almal. Lekker…
Goeie môre almal.
Lekker warm vanoggend. toe my pa nog op die plaas gebly het het hulle altyd op sy verjaards dag, dit is 21 april, alreeds ryp gekry. die plaas was 90 km anderkanr Middelburg Mpumalanga. Die plek is Roossenekal. vir ons was dit 'n lekker breek so eenkeer 'n maand wanneer ons vir hulle gaan kuier het.
lekker dag vir elkeen en geniet die week
Môre môre almal. Geniet die…
Môre môre almal. Geniet die week.
Willem ek is bly Surette is veilig anderkant uit ![]()
Môre sê Kampform
Dankie Anton, sy het nou 'n monitor op van gister middag vir 24 uur dan sal hulle daarna kyk en verder besluit. Hoop om môre dan uit te kom.
Julle moet die dag geniet.





Goeie more mede-forumiete. …
Goeie more mede-forumiete.
Die naweek is weer op hande. Nog eers 'n vergadering vanaf 14h30 tot 16h00 vandag.
Lekker dag en naweek vir elkeen