Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
30% November 2026 Geert -6 hours ago
see water November 2026 Geert -6 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -14 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Weet regtig nie of sulke… November 2026 neef Herman -15 hours ago

Len & Annatjie se Kruger Wildtuin-trippie in Mei & Junie 2021

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis ou nuus dat ons twee laas in 2018 ons jaarlikse Wildtuin-besoek kon beoefen.  Ons Mei-2019 besoek moes afgestel word weens Annatjie se skielike rugoperasie en ons 2020 besoek het gesneuwel as gevolg van Covid-19.  "Gelukkig" het my ernstige ongesteldheid saamgeval met die Covid-inperking van 2020 en ons is nou albei perdfris en gesond vir eerskomende Mei en Junie se Wildtuin-trippie.  Dit is nog net 39 dae voor ons hier uit die Kaap vertrek en ons behoort weer op 10 Junie terug by die huis te wees.  Dit beteken die beplanning is agter die rug en in plek en nou begin die voorbereiding vir 'n wonderlike wegbreek in die Wildtuin.

Ek is vol vertroue ons sal heelwat van hierdie bedreigde spesie sien, maar die cherrie op die koek sal wees as ons 'n swartetjie kan sien.  Hierdie een is 'n witte. (Tog snaaks, by renosters is die wittes volop en die swartes baie skaars.  By die menslike ras in Suid-Afrika is dit net mooi andersom !)

.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 13/04/2021 - 17:08

Ek wonder altyd oor die jaarlikse diens as jy min ry ?  Ek kan dit ferstaan as hy nog onder waarborg of diensplan of so iets is.  Maar elke 12 maande as jy min ry ? sad

Ek dien myne nog op sy km gedoen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 13/04/2021 - 18:26

Voorbereiding vir ons Wildtuin-trippie :  die Pathfinder moet gediens word !

Gegewe Nissan se kwotasie vir die 120 000km  diens van R10 000, en almal se verbasing oor die koste, het ek besluit tot hiertoe en nie verder nie. My kinders laat hulle voertuie (Hilux, Fortuner en Honda) by 'n klein, twee-man werkswinkel hier in Brackenfell diens, vir jare al.  Ek is vanmiddag daarheen (met my dienshandleiding wat gedoen moet word) en het met die eienaar/werktuigkundige gesels.  Hy is bereid om alles te doen wat nodige is teen 'n arbeidkoste van R750 !  Ek moet net 'n Nissan Pathfinder 120 000 diens-"kit" gaan koop by 'n spesifieke, baie bekende Afrikaanse onderdele-handelaar hier naby.  Ek moet net my enjinnommer (wat ook op die lisensieskyfie verskyn) by die handelaar verskaf sodat hulle die regte "kit" vir my kan saamstel.  Dit neem glo so 'n dag of twee.

Dit klink mos nou na besigheid !

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 13/04/2021 - 18:54

Hier sit ek met dieselfde probleem. Die landCruiser moet sy 100k diens kry, en die kwotasie by Toyota is ook R10k. Niks besonders nie, ergste is hulle pak die wiel-laers elke 20k oor, weet nie om welke rede nie, maar dit vat baie tyd. Flip, ek kan al die werk self doen, maar hou van daai handelaars-stempel in die boekie. Is Pedantic die regte woord?

Skuus Len, wil maar net saam gesels, en het niks om te se nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 13/04/2021 - 19:09

Ek reken ek sal ook maar die weg van die goedkoper (maar betroubare) privaat werkswinkel volg as my voertuig nie meer onder waarborg is nie. Ralie se Honda sal teen September, wanneer dit weer sy jaarlikse diens moet ondergaan, vir sy vierde jaarlikse diens gaan - met minder as 19 000 km op die klok. Die Honda'tjie het slegs 'n 2 jaar diensplan gehad, maar 'n 5 jaar waarborg. M.a.w. die Honda moet inderwaarheid ingaan vir sy 60 000 km diens, want die diensintervalle is 15 000 km (of jaarliks). Ek sal beslis nie voortgaan met dienste by Honda nadat die 5 jaar waarborg-periode verby is nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 13/04/2021 - 19:32

Ek wou dit nie sê toe Oom Len nog geklink het of hy by hulle gaan bly nie. Uiteraard moet mens ‘n betroubare en eerlike werktuigkundige hê, maar dit het Oom Len duidelik. Ek het gelukkig ook een hier plaaslik, en ‘n standaard jaarlikse diens vir die Everest kos my R2 000 alles in. Hy het ook die nodige toerusting en sagteware wat met die kar se rekenaar gesels. 

Ek is nie gepla oor die agent se stempel nie want teen die tyd dat ek my karre verkoop is hulle al amper veteraan motors en het dan steeds ‘n vol diensrekord al is dit na die waarborg verstryk het nie meer by die agent nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 13/04/2021 - 20:41

As ek dit nie mis het nie, is daar wetgewing aan die gang en in die proses is van goedkeuring dat 'n voertuig waarborg nie mag verval al word dit gediens deur 'n nie-agent.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 14/04/2021 - 06:25

Dalk sal die belaglike duur pryse bietjie afkom as die diensplan nie meer “verpligtend” is nie. Of dalk juis nie omdat agente nie die inkomste wil verloor nie. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 14/04/2021 - 07:46

Môre vriende

Die nuwe wetgewing wat blykbaar 1 Julie inwerking tree, gaan nog lank sloer. Dit klink my asof die motornywerheid nie seker is oor die fyner punte nie.

Byvoorbeeld- waarom sal Toyota 'n waarborg eerbiedig as die voertuig deur 'n twyfelagtige nie agent gediens was?  Ek verwag dat ons by die handelaars sal moet laat diens, ten minste totdat die waarborg verval het. Daarna sal ek persoonlik verkies om nie meer onder verpligting te staan nie.

 

 

0

Dink daai nuwe wetgewing is reeds deur, tree in Junie of Julie die jaar in werking? Mens sien reeds in party gevalle dat agente se pryse begin afkom, het Januarie SWAMBO se Suzuki laat diens, kwotasies by nie-agente asook agente gekry, agente was slegs iets soos R300 duurder as die nie-agente. Selfde gesien met kleinsus se Figo, pas 'n "spesiale aanbod" van Ford gekry wat baie kompeterend is met die nie-agente. 
 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/04/2021 - 12:36

Die Pathfinder se groot, 120 000km diens gaan plaasvind volgende Dinsdag teen 'n arbeidskoste van R750.  Ek het die onderdele-kit vandag gekoop vir R1600.  Die gesamentlike koste beloop dus R2350 teenoor R10 000 wat Nissan my vra  -  76% goedkoper !

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 14/04/2021 - 12:48

Middag Len

…. net 100% gemoedsrus het.

Ek is nogal nuuskierig wat die onderdele lys alle insluit. Sekerlik darem 'n nuwe plastiek dop vir die sleephak ook.laugh

Dit is mos 'n lekker meevaller net so voor mens die langpad vat!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/04/2021 - 13:18

Wessel, gemoedsrus was nog altyd die struikelblok hoekom ek by die agente gebly het, maar die koste en kommentare op Kampforum het my nou gedwing om anders hierna te kyk.  Soos reeds genoem, my kinders laat al vir jare hulle voertuie by hierdie twee-man werkswinkel diens en is nog al die tyd baie tevrede.  Wat my juis beïndruk het, is dat die eienaar self die werktuigkundig is met nog 'n persoon wat hom help.  Verder is die klein werkswinkel (net groot genoeg vir twee voertuie) kraaknetjies met 'n kantoortjie en wagkamer.  Sou daar fout wees met die aangekoopte onderdele, ry die eienaar self na die verskaffer (waar hy ook 'n rekening het) en ruil die onderdele om.

Ek vind gerusstelling daarin dat my kinders met verskillende voertuie oor jare heen baie tevrede is en dat die eienaar (wat ook al 'n klompie jare agter die rug het) self aan die voertuie werk.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/04/2021 - 13:27

Die onderdelelys is :-

  • Oliefilter
  • Lugfilter
  • Diesel-filter  -  die duurste item
  • 10 liter Shell Rimula olie
0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 14/04/2021 - 14:02

Middag Len

Sjoe, daai perd vat darem baie olie! Ek is gewoond aan so ongeveer 5l.

Laat die ouens vir jou wys, en/of laat hulle sommer die kajuitfilter net skoon blaas. Dit doen wondere aan die lugvloei vanaf lugreeling na die kajuit toe. Tipies kos so 'n filter ongeveer R120, maar nie by Nissan nie

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 14/04/2021 - 14:30

daai perd vat darem baie olie!

Nissan maak seker voorsiening vir lekkasie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/04/2021 - 16:41

Volgens Nissan se handleiding benodig die YD25DDTi enjin (myne) 6.9 liter olie indien die oliefilter ook vervang word.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 17/04/2021 - 14:37

Ek rus nou maar die naweek en sal Maandag ernstig begin met die laaste voorbereidings voor ons oor 13 dae by Karoo Nasionale Park intrek.

Ek trek nou al kleinkoppie van alles wat Mammie wil saamneem, en dis nie net kampgoed nie  -  tot 'n driewiel en 'n kinderstoeltjie wat my dogter vir haar niggie in Pretoria wil stuur !  Juis daarom het ek nou 'n bietjie rus nodig.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 17/04/2021 - 19:56

... jy trek oor 13 dae hier in - iets waarna ek weet dat jy baie na uitsien. Ek raak weer benoud as ek dink dat en na vanaand halfpad (3 uit 6 aande) hier gekuier het. Ek sal 'n maand in die ou lieflike plek staan. Darem weer vanaf 23 Des tot 3 Jan hier bespreek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus