Kan enige iemand asb vir my inligting rakende sekuritei by Onrusrivier karavaan park, naby Hermanus verskaf, ek soek dit vir 'n vriend wat daar wil gaan kamp?
Hulp sal baie waardeur word.
Onrus
Ek het ook baie naweekkampe by Onrus geniet. Dit voel net vir my asof dit deesdae op my spreekwoordelike voorstoep is sedert ek in Kleinmond woon. Ons het 'n paar jaar gelede 'n Boucher-familiesaamtrek daar gehad. My voorgeslagte is maar almal van die Hermanus- en Caledon-omgewings. Dit was vir my nog altyd 'n lekker kampplek.
En ja, 'n mooi foto.
Koel
Dit koel maar af in die aande maar die dae is heel aangenaam. Ons het gelukkig nog min tot geen wind gehad nie. Daar is nou ‘n koel luggie maar die son skyn darem. Die oord loop nou leeg. Seker baie mense wat nie vandag kon verlof kry nie, mense wat vandag en môre uitgeruil het om ‘n langnaweek te hê en mense wat nie op die vakansiedag wil reis nie.
Hier gaan ons weer
Ek het sopas ‘n bespreking gemaak vir die Braaidag langnaweek by Onrusrivier. Ek het drie ander gesinne met kinders van dieselfde ouderdom as ons kinders saam genooi. Dit kan ‘n lekker naweek raak.
Onrus
Ons het in die verlede kort-kort daar gaan kamp en dit nog altyd aangenaam gevind. Toe was daar op 'n stadium sprake van sekuriteits-probleme, maar volgens my suster-hulle wat nog redelik gereeld daar gaan kamp, is dié probleem suksesvol aangespreek.
Geniet dit! Iets om na uit te sien. Synde ek nog steeds kamp (gister 4 maande gelede van die huis af vertrek) sal ek maar eers wag tot ons eers weer 'n slag tuis is voordat ons vir die volgende trip beplan.
Sekuriteit by Onrus
Dit was heel goed toe ons einde April daar was. Nou moet die weer net saamspeel.
Staanplek gradering
Môre Chris S
Ek het gou gaan loer na Onrusrivier op internet.
Wat is die verskil tussen staanplek tipe A,B, C wat die prysverskil teweegbring?
Ek sal seker volgende jaar daar gaan staan met my dogter se troue. Hopenlik kan ek sommer so slinger-stap van die troue af terug wa toe.![]()
Wessel ek nie geweet jy hou…
Wessel ek nie geweet jy hou van slinger nie?
Hoe stap jy ......
…. as jy gelukkig is.
Sommer met so 'n huppel in die stappie, of is dit knuppel![]()
Verskil tussen staanplekke
Wat is die verskil tussen staanplek tipe A,B, C wat die prysverskil teweegbring
Ek is nie heeltemal seker nie. Ek vermoed A is teen die heining langs aan die see se kant. B dink ek is ook in daardie lang gedeelte maar aan die ander kant van die pad en C dink ek is aan die Oostekant. Ek is nie seker of daar elektrisiteit is nie, en daar is ‘n duin tussen hulle en die see. Die pryse op hulle webwerf is egter nie reg nie. Ons betaal R299 per aand vir ‘n A-staanplek plus R34,50 per aand vir elektrisiteit. Dit is steeds goedkoop, en ons het die oord baie geniet toe ons aan die einde van April vir ‘n langnaweek daar was.
Opsomming van ons Paasnaweek 2022 besoek aan Onrus
Ek het sommer by die Onrus Karavaanpark resensie ‘n opsomming geskryf en ‘n paar foto’s geplaas van ons Paasnaweek 2022 besoek, wat heerlik was. Ons geniet die oord soveel dat ek oorweeg om Desember 2023 daar te probeer plek kry. Dwarswegstrand is puik, maar duur in Desember en tesame met die duur brandstof raak dit belaglik.
Onrus tig !!!!
Ek was onder indruk dat daardie tipe heining feitlik onknipbaar is. Of, was dit met hoekslyper gesny??
Wat het gebeur Maurits?
Ek sal graag meer agtergrond wil hoor rondom die foto van die stukkende heining hier bo.
Ek het al voorheen genoem dat my oupa gesê het ‘n slot is gemaak om eerlike mense uit te hou. Dis dieselfde met ‘n heining. Die tipe heining op die foto is bloot draad wat ‘n lagie PVC oor het. Dis nie eers nodig om dit te sny nie, booswigte druk ‘n hefboom onder die heining in en lig ‘n paneel op. Daar is sterker weergawes daarvan beskikbaar, en selfs wat bombestand is, maar dis baie duur.







Fantastiese...
Fantastiese foto van die son agter die wolke.