Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -2 minutes ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -4 minutes ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -28 minutes ago
Wessel November 2026 Johann L -2 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Len & Annatjie se Kruger Wildtuin-trippie in Mei & Junie 2021

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis ou nuus dat ons twee laas in 2018 ons jaarlikse Wildtuin-besoek kon beoefen.  Ons Mei-2019 besoek moes afgestel word weens Annatjie se skielike rugoperasie en ons 2020 besoek het gesneuwel as gevolg van Covid-19.  "Gelukkig" het my ernstige ongesteldheid saamgeval met die Covid-inperking van 2020 en ons is nou albei perdfris en gesond vir eerskomende Mei en Junie se Wildtuin-trippie.  Dit is nog net 39 dae voor ons hier uit die Kaap vertrek en ons behoort weer op 10 Junie terug by die huis te wees.  Dit beteken die beplanning is agter die rug en in plek en nou begin die voorbereiding vir 'n wonderlike wegbreek in die Wildtuin.

Ek is vol vertroue ons sal heelwat van hierdie bedreigde spesie sien, maar die cherrie op die koek sal wees as ons 'n swartetjie kan sien.  Hierdie een is 'n witte. (Tog snaaks, by renosters is die wittes volop en die swartes baie skaars.  By die menslike ras in Suid-Afrika is dit net mooi andersom !)

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 13/06/2021 - 10:13

Vergewe tog maar dat my Wildtuin-vakansie-gesels nie in netjiese, chronologiese volgorde is soos wat dinge gebeur het nie.  Ons het meestal swak en dikwels geen selfoon-sein gehad nie en noudat ek tuis is, gesels ek sommer soos wat die dinge in my geheue opduik.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 13/06/2021 - 10:20

Wow, Koos jy is geseënd om nog jy ma met julle te hê, wat 'n voorreg.

Die foto is geneem deur die 101-jarige ma van Koos  -  'n verstommende tannie !

 Len, laat dit so wees, solank ons saam kan reis, is die saak reg en is jy vergeweyes

Ons het meestal swak en dikwels geen selfoon-sein gehad nie en noudat ek tuis is, gesels ek sommer soos wat die dinge in my geheue opduik.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 13/06/2021 - 12:22

Len, is doodreg en vertêl verder. Is goed om ander se siening en ervaring te deel siende dat van ons forum vriende bykans dieselfde tyd in die Kruger was.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 13/06/2021 - 17:44

Met die heenreis was ons eerste stop ons gebruiklike Karoo NP buite Beaufort-Wes.  Ek het ook soos ChrisB aanbeveel het, diesel volgemaak by die nabygeleë Engen Truck Stop teen R14,82 en vyf weke later by Punda betaal ek R17,28 per liter !  Oppad terug weer by Engen Truck Stop buite Beaufort-Wes volgemaak teen R14,79.

Die Pathfinder het oor hierdie 5 weke 6004km afgelê waarvan 4500km met die Exclusive agterna.  Die gemiddelde brandstof verbruik tydens sleep was 14,2 liter per 100km (7km per liter)

Karoo NP : Kampeerterrein en ablusie was weereens puik.  Ek het probeer braai met houtskool, maar besluit dis die laaste  -  dis darem net nie braai by en op 'n houtvuur nie.  Het toe maar hout buite die Wildtuin gekoop en ook 'n paar sakkies by die Wildtuin winkels.  Nogal duur, maar uitstekende droë hout. (Sodoende nie die verpeslike stomkop kewer vanaf die Kaap versprei nie).

 Reyneke Park, Bloemfontein : Absolute puik private ablusie en baie naby aan die N1.  Ek weet die naby geleë meule en die trok-verkeer op die Kimberley-pad is vir sommiges steurend, maar dit het ons gladnie gepla nie.  Wat my aanbetref, 'n wenner oornag staanplek.

Smutshuis, Irene, Pretoria : Die Jan Smuts Museum het so 20 karavaan staanplekke met pragtige, skoon en doeltreffende geriewe.  Dit sal voortaan ons voorkeur staanplek in Pretoria wees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 13/06/2021 - 18:17

Die stompneus-kewer (Polyphagous Shot-hole borer) wat bome vernietig word met hierdie affêre gelok en dan vernietig. 'n Mens sien dit oral in ruskampe opgerig.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 13/06/2021 - 18:36

Hierdie ou krokkie kry warm waar hy op die walle van die samevloeïng van die Levubu en Limpoporiviere by Crooks Corner lê.  Drie lande se grense kom hier by Crooks Corner bymekaar : SA, Zimbabwe en Mosambiek.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 13/06/2021 - 20:06

Len, dankie sover, nou wag ons op die gebruiklike storie en nog fotos van die reis.

Baie mooi fotos . n Njala is darem wragtig 'n mooi dier.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 13/06/2021 - 22:01

Het julle toe ook by Balule gekamp? Kon julle maklik die Exclusive daar kry? Die grondpad soontoe het bietjie sleg gelyk einde April weens verspoelde slote oor die pad. En hoe was Maroela kamp gewees?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 14/06/2021 - 07:36

Dankie, dit is altyd lekker om so saam met julle te rys vernaam in die KNPark 👍

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 14/06/2021 - 09:00

More Len

As ek so na jou fotos kyk en jou terugvoer verslind, wil ek genoemde liedjie aan jou opdra. Julle was voorwaar geseend en gelukkig;

1] veilig heen en weer

2] geen teenspoed langs die pad nie, spykers en aanvalle ingesluit

3] 'n heerlike tyd in wildtuin met mooi wild besigtiging.

Wat kan 'n mens vra?

Ek het wel bevestiging gekry dat die forum gemonitor word oor klagtes rakende SANPARKE, en dat wel opgeneem word met hulle. Dus, vir wat dit werd is, ons kan maar ons klagtes hier lug.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus