Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Mislukte inbraak by ons huis

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Hulle het vanoggend 03:48 by ons probeer inbreek. Ek het net terug in die kamer ingestap nadat ek my blaas moes gaan ledig toe die alarm afgaan. Ons het gelukkig strale om die huis en hulle het weggehardloop toe die alarm afgaan.

Dit gaan al hoe meer gebeur. 50% werkloosheid onder die jeug en die ANC se sosialistiese beleide maak dit moeiliker (en minder aantreklik) vir mense om te werk, nie makliker nie.

Hier is ‘n skermskoot uit ons CCTV waar die een makker na die huis toe loop. Sy comrade het in die straat gewag. 
 

A

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 18/09/2021 - 09:24

Ek is bly julle is ok Chris want die mense maak baie skade

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 18/09/2021 - 09:25

Julle is gelukkig.  Sit ook nou altyd die buite alarm aan terwyl ek by die huis is vir 'n waarskuwing.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 18/09/2021 - 09:43

Dankbaar dit was 'n mislukking Chris. Dit kon baie anders gewees het.

Goeie ding jy het die CCTV, anders kon mens dink dit is maar net 'n vals alarm.yes

Ek is seker nou boringwink, maar gaan tog noem. Ons het reg om die huis PIR (pet friendly) en om die agterste omheining elktriese omheining wat aan gewapende reaksie gekoppel is. Die  buite alarm is net af as ek buite besig is, die elektrise omheining is 24/7 aan, met 'n sirene sou dit geaktiveer word.

Ek wil nog CCTV kry en self installeer, maar soek iets wat video kan stoor vir langer periodes vir as ons bv nie tuis is nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 18/09/2021 - 12:42

Middag Chris

Ek aanvaar jy het sommer jou gaspistool so bietjie uitgetoets. Mens kry nie elke dag so 'n kans nie.

Onthou net die waarsku, soos Langenhoven gesê het---- ekskuus tog inbreker, jy staan nou presies waar oubaas korrel om te skiet!!!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 18/09/2021 - 12:50

Slotte is gemaak om eerlike mense uit te hou. Dis vanoggend weer bewys toe die swernoot oor die bure se muur en toe ons muur geklim het. Ek het twee jaar gelede twee dae in die son deurgebring om wall spikes op die palisade heining aan die straat se kant te sit. Ek het nou nog gaan koop vir die mure weerskante van die palisade. En nog ‘n lig met ‘n PIR vir die hoek van die huis waar hy die alarm laat afgaan het. Sommer ‘n sonkrag een, want anders was dit omtrent 10m se draad van die naaste buitelig af. 
Wessel, ek het my loskruit pistool met pepersproei patrone by my gehad, maar hulle was lankal weg toe ek hulle op die CCTV se opname gesien het. Ek het ‘n paar minute gevat om die regte plek te kry. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 19/09/2021 - 07:33

Môre Chris S

Jy sal nog iets moet bysit, hier in die bose ou Transvaal gooi hulle net 'n rubber mat of stuk vervoerband oor, en siedaar.

Niks is voldoende om skelms uit te hou nie. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 19/09/2021 - 11:10

As ‘n skelm regtig wil inkom sal hy. My filosofie was nog altyd om dit moeiliker te maak vir hulle om by my in te kom as by my bure. Tot eergister het dit nog gewerk. My een buurman is ‘n bouer en het al vele inbrake gehad. Ek vermoed baie is omdat hy casuals gebruik wat dan weet hy het toerusting om te steel, en omdat hulle huis ‘n muur voor het. Dit maak dat sy huis nie sigbaar is van die straat af nie. Ons het palisade voor, en ons kombuis is aan die straat se kant en het groot vensters. Die kombuis is die besigste vertrek in ons huis, so skelms behoort nie van die straat af hier te lol terwyl ons wakker is nie. Ek gaan egter kyk of ek nog strale vir die alarm kan laat opsit, sodat ons nog ‘n vroeër waarskuwing kry wanneer ons slaap. Hulle moet my nie verras nie. Ek wil hulle verras. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 19/09/2021 - 11:27

Meeste van daai "nag sluipers"of "muur springers"is opportunistiese kriminele, is gewoonlik op die uitkyk vir iets wat nie toegesluit is nie soos gereedskap, gras snyers of fietse. My seun bly ook hier in Irene (wat 'n toegemaakte woonbeurt is) en het 'n paar maande terug dieselfde ervaar. Ek doen ook maar soos WilleBrak, kyk wat my bure doen en doen effe meer...hopelik sluip die krimineel dan eerder na een van die bure se plek toe laugh Die gevaarliker kriminele is die lot wat helder oordag by jou huis probeer inkom ongeag of daar iemand is of nie, gewoonlik ook swaar bewapen

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Mon, 20/09/2021 - 06:58

During my forum holiday, some indignous fella tried to fiddle with the sliding gate lock, late one night.

To do this he stuck his hands through the space in the gate for the chain...

My Doberman jumped and bit into the hand sticking through the "square hole"

Heard the screaming & shouting I ran down to see what was happening ---- I was not going to try & man-handle an angry doberman -- bugger that for a lark ---- Grumble eventually let go after giving a good couple of tugs.

The bugger ran away.

Hope he looses his hand

GRUMBLE Ever seen one of these dogs when they are angry -----

ewfwefrerf

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 20/09/2021 - 07:37

Dis lekke om te hoor jou honne die ou bietjie size gemaak party honne le net so en kyk hulle aan

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 23/09/2021 - 06:11

Ek het wall spikes op die mure weerskante van die erf aan die voorkant gesit om oorklim bietjie moeiliker te maak, en het vir my ‘n nuwe kamera met kunsmatige intelligensie (AI) gekoop en opgesit gister. Dit is hoër resolusie as die ou een, herken die vorm van ‘n mens en gee net ‘n alarm en stuur ‘n kennisgewing as dit ‘n mens sien binne die gebied wat ek gemerk het na ons slimfone. Ons kan dan dadelik die video terugspeel waar ons ookal is. Ons kan ook na lewendige beeld kyk, luister deur die mikrofoon van die kamera en praat oor die luidspreker - van enige ligging waar ons selfoon sein het. Hier onder is die beeld gisteraand toe dit al donker was.

A

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 23/09/2021 - 07:21

Môre Chris, sjoe dit is 'n duidelike beeld!

Ek hou baie van die AI kamera, die feit dat jy hulle sommer dmv jou foon kan skrik maak.

Ek weet nou nie of ek reg sien nie, maar dit lyk of jou ligte na die huis skyn, dit, volgens my is verkeerd, jy moet die inbreker verblind, nie jouself nie?

Onthou, ek kyk vanaf 'n foto, en kan natuurlik verkeerd wees.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 23/09/2021 - 07:58

Môre Chris

Verskaf asb bietjie meer detail en koste verbonde daaraan.

Waarvoor vra ek my die sekuriteits plekke, ons wil so-iets instaleer by 'n kompleks.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 23/09/2021 - 08:02

Johann, die beeld is gebuig omdat die kamera ‘n wye hoek het (ongeveer 100°). Die lig wat regs op die foto vertoon is ‘n sonkrag LED spreilig wat oor die karre en grasperk skyn. Dit bly aan as die 220V afgaan. Net buite die beeld is daar nog een wat van 220V af werk. Die kamera het ook twee LED’s wat flikker as dit ‘n mens sien en so effense lig gooi voor die kamera. Die kamera kan egter kleur afneem al is dit pikdonker. Afgesien van die funksie om deur die kamera te praat en luister, kan jy dit ook stel om ‘n alarm te laat skree sodra dit ‘n mens optel, of om ‘n boodskap wat jy opgeneem het te speel. Ek wou een in Kaapse Afrikaans opneem, maar toe sê Salomien netnou kom doen die dominee huisbesoek en moet hy dit hoor. 
 

Die kameras is beskikbaar op (onder andere) Takealot vir die wat belangstel. Dis nie goedkoop nie, en mens moet ‘n Micro SD kaart ook koop sodat dit kan opneem (ek het ‘n 128GB gekoop vir R260). Verder moes ek 8m draad koop, want die kragbron se draadjie is maar omtrent ‘n meter en ‘n half. Ek het dit self geïnstalleer, en dit het my so uur en ‘n half gevat (wat insluit om ‘n draad deur die plafon te trek - nie maklik met my 2m lyf nie). Die kamera moet WiFi kan optel om te kommunikeer met jou foon. Daar is modelle wat helfte soveel as die een kos, maar hulle het nie die AI ingebou om die vorm van ‘n mens te herken nie, en werk net op beweging. Hulle sou my vals alarms gee, so ek het nadat ek klomp resensies op YouTube gekyk het op die een besluit. Ek het dit darem bietjie goedkoper gekry (R1 999). 
 

A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus