Met ons aankoms by Bendito Ranch begelei Annemarie ons deur die kronkel padjies deur hulle wilds plaas tot by ons kamp plek. Al wat jy kan sien is ‘n sement sirkel vir vuurmaak, ‘n bos stort en bos toilet.
Toe die donker ons oorval het ons darem al kamp opgelsaan,‘n vuurtjie wat brand en ‘n liggie wat skyn. Toe die son sak merk ‘n mens dadelik die stilte op voordat die naggeluide begin. Die geroep van die naguiltjie is die mees prominenste en mens raak sommer stil om vir ons skepper die eer te gee aan sy skepping. ‘n mens vergeet soms hoe donker die donker kan wees en hoe helder die sterre kan wees. Daar is geen gedruis van die stad naby jou nie.
Vir warm water kook jy die water in ou brandblissers op die vuur om jou emmer meer vol te maak met warm water voordat jy hom in die lug hang en die stort kop oopdraai. Terwyl jy stort sien jy die blink sterre en die naggeluide is harder as jou gedagtes.
Deur die dag het ons al die wild gaan bestudeer en wat altyd naby aan my hart lê is ‘n Eland bul wat sommer gesag afdwing as hy vir jou staan en kyk en dan ook die “gentel” kameelperd wat so grasieus rond beweeg in die bos en net so maklik verdwyn tussen die takke. Oor die hitte van die dag soek elke bok maar net ‘n stukkie koelte om van die ergste son weg te kom, maar elke oomblik dink jy aan die skepper.
Ons gesprekke om die vuur het gegaan oor die kultuur van kamp. En ons is nou op die stadium wat ons die kultuur wil oordra aan ons kinders, om die natuur te waardeer en om stilte kan raak sodat die vuur met jou kan gesels. Die oomblik wat jy besef daar is min gesê maar dit voel soos die beste gesprek.
In die stilte hoor jy die blare wat val en en iets wat loop op die blare. Eers het ons gedink dis dalk ‘n veld muis opsoek na kos, maar al die tyd wat dit ‘n ou skurwe padatjie wat sy weg van die koppie af maak ondertoe.
Ek en my seun het bietjie die koppies gaan klim om die uitsig te bewonder. Dit was my seun se eerste ervaring op die reusagtige klippe en eers was hy huiwerig om sy voete te vertou, maar vining vining het hy soos ‘n dassie op die klippe baljaar. Weereens besef ek dat daar nog so baie is wat hy moet leer en wat ‘n voorreg dit is om saam met hom dit te kan doen.
Waar kan ‘n mens vandag nog mierleeutjies vang met ‘n grasie of net sommer te kyk hoe miershope gebou is?
Ons besef dat Kamp is 'n kultuur wat van generasie na generasie oorgedra moet word om lewend te bly.
Ons het Bendito Ranch agter gelaat met baie goeie herinneringe en met skoon siele reg om die warvoel van die lewe weer in die oe te kyk.
Fotos
Bendito Ranch is gelee net buite Potgietersrus (Mokopane), hulle bied 'n ware boservaring soortegelyk met kamp in Botswana, geen krag is beskikbaar nie en gewone woonwaens gaan ook bietjie swaar kry op die terrain. Bendito Ranch bied 3 staanplekke, sowat 3 km uit mekaar uit. So jy is geheel en al op jou eie en in die bos.
Om onsself vir die geleentheid voor teberei het ons 2 90watt solar panele gekoop as toevoeging tot ons Invader Quattro en my vrou, seuntjie (4) en dogtertjie (2) het die ervaring meegemaak.
Op die spyskaart het ons dit maar taamlik eenvoudig gehou, my vrou het vir ons noodle slaai en aartepel slaai klaar by die huis voorberei as bykosse vir die vleisie op die vuur. en ons het ook een aand 'n groente pakkie (gemengde groente en olyf olie in foelie toegedraai) voorberei wat ook op die vuur gemaak is.
Len, Hoe laai ek fotos op? Die goed is te groot en is die hele skerm vol.
Sorg dat jy jou fotos…
Sorg dat jy jou fotos verklein :-
· Sorg dat jou foto kleiner is as 800kb
· Hou jou kursur op die image van die foto waar jy dit gestoor het. As dit grooter as 100kb is, maak dan so :
· Copy & paste die foto
· Gebruik die Copy om die foto te resize deur daarop te regskliek, Edit, Resize en Save
· Dit is hierdie verkleinde foto wat jy kan gebruik
Tik jou kommentaar en sorg dat die cursor op die volgende lyntjie staan.
Kliek nou op die reghoekige blokkie regs bo (regs van die gesiggie)
Druk 'n punt (.) op Alternative text
Kliek op Brows en soek jou foto wat jy verklein het op jou rekenaar
Wag vir die sirkeltjie om klaar te draai en kliek dan Save
Hoop dit het gehelp.
Hendrik, eerstens, baie…
Hendrik, eerstens, baie welkom oo die forum, gaan nie vir jou sê "gesêls lekker saam" nie, jy doen reeds sommer puik.
Baie dankie vir die mooi vertelling, mens voel sommer jy was deel van daai heerlike gesêlsskap.
Ja, ons met die gewone padwaens mis nogal uit, ek het juis vanoggend by Makro na so mooi ripstop 6 man tent gekyk vir R3999.00. As ek nou die los geldjie gehad het, het ek dit verseker gekoop.
Om in die natuur te wees, is waarom ons kamp, dit bring ons nader aan ons Skepper.
Hendrik
Hendrik ek sien nou eers die draad al wat ek kan se wow dis my tipe boskamp puik as jy nog fotos het stuur asb vir my by shaun.moller@sasol.com dankie vir die deel
Hendrik
Baie dankie vir die pragtige vertelling. Ja, dit voel of ek ook daar was, want op 'n stadium in ons lewe het meeste van ons daardie gevoel al beleef. Dit is soos jy sê, die kultuur van kamp maak dat ons weet wat jy bedoel. Ons volkie hier aan die onderpunt van Afrika gaan maar deur heelwat traumas, maar wat jy hier beskryf het, laat mens weer besef hoe kosbaar hierdie land is.
Ek hoop jy kom reg met die foto's. Sal dit graag wil sien.
As jy nie regkom met die…
As jy nie regkom met die fotos nie kan jy dit vir my mail dan sal ek dit vir jou plaas
Ai! Dit lyk lekker. Soos…
Ai! Dit lyk lekker. Soos Sleep nou sê , dit lyk soos my tipe boskamp!
Dit is nou behoorlik bos! …
Dit is nou behoorlik bos! Dankie vir die foto's Hendrik.





Baie dankie...........
Baie dankie Hendrik vir 'n diep vertelling van julle ervaring. Wat van die volgende ?:-