Dit wil voorkom asof die Covid inperkings nog lank nie iets van die verlede is nie. Selfs in die VK waar die meerderheid mense al entstof gekry het, is nog nie al hulle inperkings gelig nie. Ons almal weet watse uitdagings SA met entstowwe het, en baie van ons weet ook hoe ons Julie skoolvakansie planne gisteraand deurmekaar gekrap is met die nuutste gewysigde vlak 4 inperkings wat afgekondig is.
Ek skep die draad as 'n plek om gal te braak en keel skoon te maak oor hoe dit jou raak, maar ook as 'n plek om betroubare inligting te deel waaruit ander kan baat vind. Moet asseblief nie gerugte of bespiegelinge hier plaas nie, en maak seker die bron is geloofwaardig. Ek sal begin met hierdie inligting van SANPARKE aangaande hoe die jongste inperkings besoeke aan Nasionale Parke en veral besprekings van inwoners van Gauteng raak.
Ek het gister met die Spar…
Ek het gister met die Spar se eienaar in Vaalwater gepraat oor n moontlike dranverbod en hy se sy hoofkantoor het niks aan hulle gemeld nie..., lets hope!
Dit bly verrassend om te…
Dit bly verrassend om te sien hoe mense elke klein strooihalmpie aangryp om te probeer motiveer hoekom entings nou kwansuis nie die rigting is om te gaan nie. Ek het nie die lus of die tyd om in detail te probeer reageer nie, net 'n paar waarnemings:
- "Wetenskaplikes stem nie saam nie, daarom sal ek nie ag slaan op wat gesê word nie": In enige groep mense, wetenskaplikes inkluis, is daar verskeie weergawes van die "waarheid". In die wetenskaplike wereld is daar minstens altyd 'n, gewoonlik klein, "fringe" groep wat lynreg staan teenoor dit wat onder die meerderheid as korrek beskou word. Daar is dan selfs steeds mense wat aan 'n plat aarde glo! Wetenskap is nie perfek nie...en die mensdom leer elke dag meer oor die virus wat ons siel so verpes. Dis egter nie 'n rede om volstruis te speel nie, glo wat jy wil maar doen dit asb. so dat jy nie ander en die groter gemeenskap in gevaar stel nie - deur jou nie te laat inent nie is dit presies wat jy doen (ek verwys nie na mense wat 'n mediese rede het nie). Ek het die vraag nou al 'n paar keer gevra en niemand wou nog antwoord nie, kom ek probeer weer: "As jy jouself nie wil laat inent nie (teen Covid-19) vertel bietjie vir die res van ons of jou kinders teen dinge soos polio, witseerkeel, MMR, ens. inge-ent is? Indien wel waarom, indien nie, waarom nie? Hoor graag wat julle sê!"
- "Die entstowwe werk nie....want ek ken Oom Koos wat inge-ent was en steeds Covid-19 gekry het, en ernstig siek geword het of dood is": Dink hier is 'n verwagting van 100% "efficacy" te bespeur. Niemand het ooit gesê dat enige entstof 100% is nie, in die algemeen word entstowwe as redelik effektief beskou indien die 'efficacy" >50% is. Die Amerikaanse FDA definieer dit as dat sou 100 mense inge-ent word, sal 50 glad nie die siekte opdoen nie, en 50 sal...in praktyk beteken dit ook dat van die 50 wat wel siek word die meeste nie ernstig siek sal word of sterf nie. LW, nie ALMAL sal oorleef nie maar meeste sal wel. In praktyk het die Phizer entstof ongeveer 'n 93% "efficacy" teenoor die Delta variant, effe laer as die 97% of so van die pre-Delta variante. In my boek beteken dit dat die entstof baie baie goed werk? Ek wonder partymaal of mense wat so gekant is teen entstowwe ook sonder hulle veiligheids gordels bestuur nadat hulle ook die motor se lugsakke se sekeringe verwyder het? Die goed beskerm jou mos ook nie 100% nie? :)
- "Die entstowwe is nie behoorlik getoets nie, is gevaarlik, met onbekende newe effekte": Skaars werd om hierop te antwoord, die storie is al hol rug gery en oor en oor as twak bewys. Punt is dat navorsing in al die sub-areas wat belangrik is vir Covid-19 entstowwe al vir jare onderweg was, te danke daaraan dat die groter familie van Korona virusse al jare lank bestudeer word. Die mensdom het darem ook al oor en oor bewys dat as 'n eksistensiële krisis soos die ontstaan hy kan saamwerk en sy bronne fokus totdat 'n oplossing gevind word - en deur niks te doen soos party doen is nie die antwoord nie! En in alle geval, as iemand nie die toetsing van die entstowwe vertrou deur bv die FDA nie, hoekom drink jy dan al jou ander medikasie en aanvaar inspuitings wat deur dieselfde FDA (en ook ons eie SAHPRA) goedgekeur is?
- "Party wetenskaplikes beweer dat virus variante nie in onge-ente mense maar wel in ge-ente mense ontwikkel": Ek dink dis een van daai tipiese een groep teenoor 'n ander situasie. Dink voordat mens die teorie aanhang behoort mens darem die HELE storie te lees/verstaan? Dink mooi...as dit so is dan sal GEEN ander inenting wat tans gebruik word meer werk nie, ons sou nou al jare lank sit met super-Polio, super-Masels, ens. virusse? As voorbeeld, polio entstowwe is die eerste keer algemeen toegedien in 1954 in die VSA. Vandag is daar slegs twee lande wat probleme met polio het....en ons almal, en ons kinders pluk vandag nog die vrugte van die goeie besluite wat destyds geneem was. Om die hele sakie in konteks te verstaan lees gerus die volgende artikels wat in The Conversation ('n baie gewilde joernaal in globale akademiese kringe spesifiek geskryf in 'n ligter styl) gepubliseer was:
- "Ten spyte van inentings is die aantal gevalle in Europa tans geweldig hoog": Ja dit is so. Maar die data begin duidelik wys dat die meerderheid van diegene wat nou positief toets ook diegene is wat nie inge-ent is nie. Duitsland het sowat 70% van sy bevolking inge-ent maar steeds sowat 18m mense wat nie inge-ent is nie. Twee stellings deur die Duitse minister van gesondheid staan uit: "...by the end of this winter, Germans are likely to be vaccinated, recovered or dead.....". Prof Michael Osterholm van die Universiteit van Minnesota het 'n paar dae gelede die volgende opmerking gemaak: ".... these unvaccinated people are kind of like dry, unburnt kindling in a forest fire.". Sinies maar waar?
- "Die nuwe variant, Omicron?": Hierdie ene sal ons maar seker moet uitwag totdat daar meer data beskikbaar raak. Sien vanoggend dat Dr Angelique Coetzee van die SA Mediese Raad sê dat dit sover lyk asof mense wat Omicron opdoen dit oor die algemeen 'n ligte graad het...maar dat dit meer aansteeklik is as Delta. Laat ons duim vashou dat huidige entstowwe steeds werk....alhoewel Phizer reken hulle behoort binne sowat 100 dae te kan begin met die vervaardiging van aangepaste entstowwe sou dit nodig wees.
Hoor graag wat julle dink!
En in tussentyd wag ek steeds dat my "ingeboude G5" konnektiwiteit wat party mense beweer het aan die begin van die inentings veldtog in my liggaam sou ontwikkel inskop na my inentings - en magnete wil ook steeds nie aan my vasklou nie :(
Dankie GW
Dankie GW vir die interessante inligting hierbo.
Ek as 'n oud-bankier en nou 'n bejaarde pensioenaris met geen kennis van hoe die mediese wetenskap funksioneer nie, verlaat my noodgedwonge (tot Voorie se frustrasie) op mense wat my aan die lewe hou, naamlik my dokters wat na my omsien en ek vertrou hulle eenhonderd persent. En hulle is my twee algemene chirurge, my internis, my kardioloog en my huisdokter - elkeen van hulle stem saam dat dit die regte ding is dat ek my laat inent het.
Grootwind ek het ook êrens…
Grootwind ek het ook êrens iets raakgelees dat Omnicron baie ligter is as vorige variante en sniffels en kopseer veroorsaak maar moontlik nie veel meer nie? Ek hoop dit is so.
Soos my skoondogter dit…
Soos my skoondogter dit netnou so mooi stel:
"Before 2020, if it does not kill you, it makes you stronger",
"After 2020, if it does not kill you, it mutates and tries again" :)
Grootwind ....
... ek het my voorgeneem dat ek nie in hierdie debat betrokke wil raak nie. Maar my maat, ek ondersteun jou redenasies 100%. Dankie vir ( na my mening) 'n gebalanseerde bydrae.
Lekker vakansie voor
Môre vriende
Daar word ons toe heel aangenaam verras gisteraand. Almal kan ontspan, en normaal voortgaan met ons vakansieplanne.
Ten minste hoef ek vir die volgende 2 maande nie drank te gaan koop nie. ![]()
Daar word ons toe heel…
Daar word ons toe heel aangenaam verras gisteraand. Almal kan ontspan, en normaal voortgaan met ons vakansieplanne.
Wessel, net soos jy daar sê . My probleem is dat hy wel ook gesê het dat hulle dit oor 'n week weer gaan hersien. Gelukkig gaan ek nie met verlof Desember maande nie. Ek lees ook vanoggend dat oor die R1 miljard se besprekings alreeds gekanselleer is. Dit is 'n groot gatslag vir die toerisme bedryf.
Daar word ons toe heel …
En die plan is om oor twee weke te vertrek, hou maar duimvas ?
Kom ons hoop vir bietjie meer wysheid
Uiteindelik is ons terug by die oorspronklike doel van hierdie gesprekslyn met die laaste paar plasings. Sover het CR my verkeerd bewys. Ek hoop hulle kan ten minste plaaslike toerisme toelaat om voort te gaan en maak nie weer die strande toe nie. Dis erg genoeg dat die res van die wêreld ons verban het en niemand toelaat om hierheen te kom nie. Maar dis seker te verstane met soveel onsekerheid rondom die nuwe veranderlike in die vorm van die jongste mutasie.
Wees asb versigtig mense…
Wees asb versigtig mense...die positiewe syfers in veral Gauteng is nou behoorlik besig om weg te hardloop, van skaars 200 twee weke terug tot 8500 vandag, lyk asof Prof Karim se voorspelling van 10 000 gevalle per dag teen die naweek vinniger gaan plaasvind. Oor 2 weke of so begin die uittog uit Gauteng na die kus toe en Omikron ry rustig saam...Hier in Centurion het party skole nou ook "cluster" uitbrake, selfs onder die kleintjies, my vrou is erg bekommerd oor die skool waar sy werk en die risiko wat dit vir ons familie inhou
Ons was gister heeldag in…
Ons was gister heeldag in Life Groenkloof gewees en moes ingaan vir nood operasie , teater gebook en bed en alles sommer vinnig. Moes covid toetse laat doen maar was alles gelukkig negatief. Ons hoor van baie Covid gevalle maar mens word toegesluit in die kamer en sien niks nie. Die hospitaal was nog baie stil.
Kyk ek sê nog altyd, as jy wilngeld maak dan is dit die plek om te wees..... Spesialis R31K Narkotiseer R9K Hospitaal R29K Covid toetse R1.5K en dit alles sommer binne 7 ure vinnige R70K....
Voortrekker dis einlik 'n…
Voortrekker dis einlik 'n skande dat Mediese hulp so duur geword het. Alles gaan oor geld maak. As jy 'n ruk man wil wees is medies die beroep.
Prof Karin laat ou Siener Van Rensburg na 'n kalfie lyk. 6 tot 8 maande terug is daar voorspel einde Nov begin Dec 2021 sal 'n nuwe Covid weer SA tref. Weer 100% in die kol. As sy nou regtig internationaal wil naammaak moet sy een vir Dec 2022 voorspel. Dis uitskieters dat Covid altyd voor Dec vakansie begin. Laat enige regdenkende mens wonder aan die geloofwaardigheid. Covid is ontwikkel om die wêreld ekonomie te laat val.
Ek wonder of Prof Karin ook die aandele mark 8 maande vooraf kan voorspel. Dan kan ons mos geld maak.
Voortrekker dis einlik 'n…
Voortrekker dis einlik 'n skande dat Mediese hulp so duur geword het.
Ag maar ek is seker hulle doen dit uit liefde en neem slegs ons welvaart en gesondheid in ag. Geld het nog nooit hierdie goeie mense gierig gemaak nie.
Die ander kant opvryf
Môre vriende
Ek moet nou maar iets skryf sodat 'n ander groep op die forum my kan kritiseer.
Ek en die beterhelfte het ook gister ons 1ste inenting gaan ontvang. Dalk moes ek onraad vermoed het, toe hulle vra of dit Klipdrif, J&B of Cabernet moet wees.
Grappies op 'n stokkie, ons het besluit om ons risiko af te bestuur, en te laat ent. Wil nou net weet, kan ek nou maar oopmond loop en heel charismaties soene uitdeel. Indien nie,wat is dan die voordeel?
Sameswerings teorieë spring…
Sameswerings teorieë spring nou weer uit soos popcorn! Soos ek dit het is die "regte" film waarna verwys word 'n Italiaanse wetenskapfiksie film wat dateer uit 1963. Die "poster" lyk ook anders as wat geplaas was. Die regte ene is:
Die film het absoluut niks met virusse uit te waai nie. Wil ook voorkom asof iemand die poster wat Skerpioen geplaas het effe gemanipuleer het om beter te pas by die Omicron virus? Hoor graag wat die bron is van Skerpioen se poster?
Omicron is ook glad nie so 'n spesiale naam nie, dis bloot die 15de letter in die Griekse alfabet en alhoewel die werklike benaming van die verskillende virus variante aan 'n spesifieke numeriese kode gekoppel word (en ook so in die wetenskaplike wereld gebruik word, in die geval B.1.1.529) het die WGO 'n geruime tyd gelede al besluit om variante te vernoem na 'n letter in die Griekse alfabet. In die geval van wat ons nou ken as Omicron het hulle twee letters gespring nl. Nu en Xi (lg. polities ongemaklik aangesien die President van China se van Xi is). Die WGO maak dit ook dudelik dat die Griekse alfabet name bloot daar is om dit vir die publiek makliker te maak: "These labels do not replace existing scientific names (e.g. those assigned by GISAID, Nextstrain and Pango), which convey important scientific information and will continue to be used in research."
Wat die voorspellings van die covid-19 golwe aanbetref is dit ook nie "rocket science" nie, dis bloot standaard statistiek. wel nie heeltemal so standaard nie, eintlik heel komplekse statistiek! 'n Onlangse publikasie van die SA Covid-19 Modellerings Konsortium verduidelik ietwat meer
Diegene wat al gewonder het hoe lugafweer mense dit oor die algemeen regkry om 'n vliegtuig wat maneuvreer af te skiet...dis baie dieselfde somme wat gebruik word om te voorspel waar die vliegtuig oor bv. 10 sekondes gaan wees, maw dis die plek waarnatoe jy skiet en nie na waar die vliegtuig nou is nie, selfde ding as jy 'n bok wat hardloop probeer skiet, jy voorspel hoe ver voor die bok jy moet mik en hopelik ontmoet jou koeël en die bok mekaar! Maar as die bok heen en weer hardloop mis jy partymaal - selfde ding met die voorspelling van die volgende golf, daarom ook dan dat die "voorspellers" 'n "range" voorspel, bv erens tussen vroeg Desember en laat Januarie; maar as daar 'n "spanner " in die werke beland soos nou met 'n nuwe variant kan dinge vinnig verander en dis wat ons nou sien. Jammer om teleur te stel, dit het niks met 50 jaar oue films of Siener van Rensburg te doen nie, wel alles te doen met goeie wetenskap en die maak van somme
As die modelle naby aan die werklikheid is beteken dit NIE dat iemand besig is met 'n sameswering nie! Dit beteken bloot dat die wetenskap werk....
Lees ook die volgende:
Die stuk verwys vinnig na die rol wat kunsmatige intelligensie kan speel in die toekoms, dis iets wat ons al hoe meer sal begin sien.







Raai raai wat om 20h00....
.....vanaand ons meegedeel gaan word.
Ek vermoed drankwinkels gaan gesluit word met onmiddellike effek. volgens my suster is omtrent alle drankwinkels in Bellville nog oop en doen fluks sake, Sondag of te nie.