Weet nie of die ander kampers die Rusland, Ukraine gebeurlikheid volg nie. Ek is maar redelik bekommerd oor die "Sabre rattling".
Die strategiese plasing van Putin se skepe, oraloor is effe van n " show of power" vir Nato. Met alliansies soos China en Noord Korea, is Rusland nie speletjies nie. En dat Europa baie afhanklik is van gas uit die oosblok, is nie n grap nie.
En dan hoor ek Putin se, hy voel f..ol vir enige sanksies.
Hoop neef is totaal verkeerd, maar as die stand van sake nie opgelos word nie, kan ons maar die waens op blokke sit. Daar sal nie gekamp word nie.
Ek verstom my met sekere…
Ek verstom my met sekere uitlatings van hierdie mense.
My voorspelling......
...............'n tydjie gelede dat dit net 'n magspel is en eintlik maar net 'n storm in 'n teekoppie is, het die pot toe heeltemal misgesit.
Dink nie enigiemand het…
Dink nie enigiemand het regtig gedink dat die gedoente sou ontwikkel in wat nou die geval is nie Len. Duidelik dat Putin een groot kortsluiting bolangs het. Ook duidelik dat die ou nie met Ukraine gaan ophou nie, iets gister gehoor dat hy nou aandring dat NAVO se grense terugskuif na wat dit voor '94 was, maw hy wil die ou USSR weer opstel....daarmee saam sekerlik 'n nuwe koue (dalk warm?) oorlog. En dan die storie wat onse eie SAKP gister verkondig het dat die hele probleem eintlik Amerika is wat oorlog teen Rusland maak...die logika van die siel wat op TV gepraat het in sy rooi hempie was lagwekkend. In tussentyd moet mens jou hoed afhaal vir die Ukraine se mense en veral hulle president wat teen alle verwagtinge in steeds in staat is om terug te baklei. In tussentyd doen ek maar "channel hopping" tussen Sky, CNN en BBC....
Goeie artikel, maar die "…
Goeie artikel, maar die " wat moes in die Weste gedoen het n paar dekades gelede" is van geen waarde nie. Hoe seg ons, "your rear view mirror, is always cleaner than your windscreen"
Daily Mail Online, het uitstekende artikels. Engels, Amerikaans en van die beste uit my oogpunt, is die Aussie artikels. Ek kry nie die een wat vertel waar Rusland al 8 jaar besig is om homself onafhanklik te maak van die Weste nie.
Rusland se ekonomie is wel klein, maar baie, baie gesond. Verder gee hy nie n flenter on vir die sanksies teen sy Oligarks(spelling) nie,
Op die stadium lyk my is die sterk weerstand van Ukraine vir hom n kopseer, maar dat sy oormag gaan klaarmaak, is verseker. Miskien kom daar groter verset van die Russe self, baie is teegekant, ek hoop dit gaan interne probleme vir hom bring, en so die situasie verander.
Gelukkig het Harry en Meghan hulle ook aan Ukraine se kant geskaar... twee bleddie idiote daai. Se so ewe dat wereld leiers hulle, by hulle, skaar vir Ukaraiene... wat dink hulle van hulself.??
Ek was so 10 jaar terug in…
Ek was so 10 jaar terug in Rusland en 'n mens kon sien dat dit wel op 'n stadium indrukwekkend was met baie groot infrastruktuur ens- maar dit word nie onderhou soos wat 'n mens sien in westerse lande nie. Dit is assof daar iets kort in die prentjie - ek het die idee gekry van 'n land wat graag wil en ook probeer om "groot" en sorgvuldig te wees, maar dit nie 100% kan regkry nie. Maar net 'n persoonlike waarneming. Dalk het dinge verander in 10 jaar, maar ek twyfel....
Vinger op die knoppie
Môre vriende
Ek sien vanmôre die grootmeneer sit met sy vingers in sy gat en op die knoppies, ja daai knoppies wat die kernwapens vrye teuels gee.
Die ou se kop raas van arrogansie, seg hy mos;
'n planeet sonder Rusland hoef netsowel nie te bestaan nie
die Weste met hulle gepraat en sanksies is genoegsame aggressie om die vensters na die hel solank oop te stoot, en die plofkoppe te poets.
Die hele storie begin my nou…
Die hele storie begin my nou sommer naar maak....
Ek stem....
..... dit maak my verskriklik bekommerd. Dis duidelik dat mens hier met 'n absolute diktator, en fanatieke Rus te doene het.
Ek dink nie hy gaan hom steur aan enige diplomasie en onderhandelinge nie. Hy wag dat Amerika en NAVO genoegsame provokasie aanbied, om meer geweld aan te wend.
Die ergste is, die genoemde provokasie is gemeet aan slegs sy maatstaf.
HKGK
Vanoggend sit die wereld…
Vanoggend sit die wereld letterlik op hete kole. Daai kortgat mannetjie in Moskou se kop is duidelik nie meer lekker nie - gister 'n opname gesien waar hy saam met twee van sy Generaals sit en weer dreig met kernwapens, lyftaal van daai omies met die baie medaljes was duidelik nie te ondersteunend van Putin nie. Ek dink mens begin ook die "gameplan" van NAVO en die EU sien....draai die sanksie ding elke dag bietjie op. Lyk asof Rusland se ekonomie nou begin sukkel, Roebel vanoggend onmiddelik met 30% geduik; die mense wat druk op Putin sal plaas is hulle eie bevolking, en veral die skelm ryk olicharcs (spelling?) wie se privaat stralers en "bootjies" nou soort van gehok is, blykbaar werk hulle krediet kaarte nou ook nie meer nie...moet maar moeilik wees as mens nie meer eers vir jou kaviaar kan betaal nie! Hoe mens die ding ook al beskou, Putin het hom duidelik misgis met die Ukrainers...vanoggend skoon lekker gekry toe hulle op Sky wys hoe 'n paar van hulle die dinges uit 'n Russiese konvooi troepdraers skiet met, van alle dinge, RPG's :) Kommerwekkend is dat Belarus nou glo 'n referendum gehou het gister waarin daar "oorweldigend" besluit is dat hulle ook nou kernwapens in hulle land gaan toelaat....
Lees gerus................
....................vandag se voorblad berig van Daily Maverick oor Putin se persoonlike ambisies van absolute mag en persoonlike rykdom vergrype - dit alles om hom vir sy persoonlike misbruike uit die tronk te hou. (Verbeel ek my, of klink dit nie bekend nie ?)
Geld bly maar die wortel van alle kwaad.
It's about oil & gas in Crimea
which would make Ukraine the 3rd largest producer & threaten +- 30 % of Russia's income from trade.
The deposits are in the "exclusive trade zone"
But for whatever reason this has happened, I am worried. It's going to affect us badly --- up to R25 / L of diesiel .
However Russia's on a short leash. If NATO aligned countries stop buying oil & gas from Russia - Russia's economy will completely collapse.
One things for sure, post WW II politics will never be the same --- How that will play out is anybodies guess.
Try R40/l Warren
Ek lees nou-nou die artikel wat die mening uitspreek dat Sjina die gas by Rusland sal koop en dat die petrolprys tot R40 per liter kan styg in ‘n worst case scenario. Dit meen ook dat die oorlog nie lank sal hou nie, maar dat Poetin heel moontlik kernwapens kan gebruik voor hy oorgee. Dis vreesaanjaend. Ek het elders gelees dat Rusland oor die wêreld se grootste arsenaal kernwapens beskik. Dis ondenkbaar dat enige land in hierdie dag en tyd nog kernwapens het, het ons dan niks geleer uit die geskiedenis nie?
Ons regering spring rond
Ek sien nou in die Daily Maverick dat ons minister alweer uiteenlopende sienings en uitsprake gemaak het. Buitelandse sake sê die russe moet onttrek, en president sê die oorlog is Biden se skuld wat nie met Putin wou praat nie.
Comrades staan bymekaar, of is dit die BRICS groep.
Putin het al jare lank gese…
Putin het al jare lank gese hy hou nie van die dat Nato sy grense bekruip nie, en Ukraiene wat wil lid word, was net te naby aan sy hoofstad. 500Km is naby. Die VSA, seker as groot rol speler in Nato, het te lank die gesprek vermy.Dit is seker wat Pres bedoel.
Wat ek betwyfel met die wapens wat gestuur word,en die kom van Nato lid lede, is dat daar verseker opleiding moet wees vir die gebruik daarvan, So daar is n kans dat Nato wel op die grond is, bloot my mening.Nou word soldate gewerf wat onafhanklik gaan optree, ook uit Nato lande.
Met die goeie arsenaal wapens, en die dapperheid van die Ukraiene, en hulle President, en die uitwerking op die ekonomie, wat nou ineenstort, is Putin nie n "happy chappie" nie. So wat is die uitweg, dreig die ondersteuners met kernwapens. Wie dink ons sal eerste besgee... baie het geglo voor die inval in Ukraiene, hy is net grootbek, en bult sy spiere...Nee, hy was n man met n plan.
Soos hulle vandag se, "Wat is n wereld sonder Rusland, dan het ons nie die wereld nodig nie". Baie gevaarlike uitlating.
Ek moet sê..................
...................Rusland se ekonomie is binne 'n paar dae op sy knieë gedwing en hy is afgesny van die wêreld se finansiële transaksies waar baie van sy geld gedeponeer is en waarsonder hy moeilik kan voortbestaan. G'n wonder die Russe het ingestem om met Ukraïne vandag te onderhandel oor 'n skietstilstand nie, maar nie veel sukses word deur analiste verwag nie.
Maar dit verstom tog hoe ongekoördineerd die Suid-Afrikaanse regering reageer !
Stem saam wat die SA…
Stem saam wat die SA regering aanbetref Len....daar is mos die spreekwoord wat in Ingels iets gaan soos "no honour amongst thieves"! Moet ook byvoeg dinge is besig om regtig ernstig te word, selfs die neutrale Switserland en Swede neem nou deel aan die sanksies en boonop stuur die Swede ook wapens....regtig 'n onderstebo wereld nou! Onse regering moet begin fyntrap dat hulle nie aan die verkeerde kant van die geskiedenis gevang word en dalk ook onder een of ander beperkinge/sanksies moet trotseer nie?





Ja nê