Almal plaas hul gunsteling roetes en kampeer plekke in die wildtuin op hul gespreks lyne, wat ook reg is, maar ek sal graag op een plek wil sien wat wie verkies, en hoekom.
Dit kan dinge net baie makliker maak vir almal wat so iets wil beplan, sonder om so baie deur te blaai n te lees?
Ek kan verskeie .....
.... aap- en bobbejaanstories vertel. Maar moenie die klein eekhorings vergeet nie. In Shingwedzi en Tsendze kan hulle ook maar lekker lastig wees. Ek het gevind dat hulle 'n voorliefde vir houtskool het. In beide genoemde kampe was my brikette-sakke pal stukkend gevreet.
Gelukkig het my pad nog nie met 'n ratel gekruis nie - behalwe een aand in Mopani. Maar ek dink die ratel het groter geskrik as ek.
In Karoo Nas Park was daar vir etlike jare (nog steeds??) snags 'n lastige ystervark wat goed weggedra het. Só het ek 'n koelsak verloor. Ek het die volgende oggend sy spoor gevat tot waar hy my koelsak onderdeur die elektriese heining gesleep het. Die toesighouers by die kampeerterrein het my vertel dat menige kampeerder al slagoffers was van dié nagtelike dief.
Paul,.......
........gelukkig het die spul net inmekaar geval en niks het gebreek nie.
Eekorings
Oh so dit is hulle wat die houtskool sak skeur. Ek het gedink dit was die Ratel. Maar hy doen dit ook. Ek hom in Maroela gesien dit doen.
In Shingwedzi het n' eekoring by die yskas se vents ingeklim en hom self vas geval in die gleuf tussen die yskas en die kas. Hy het daar gespartel vir 4 dae. Eers toe ons by Satara kom sien ek hoe hy ontsnap. Ek wonder of hy van sy nuwe maatjies hou of het hy pad gevat terug Shingwedzi toe?
Eekhorings
Daai sendeling-dogter van my gooi soms die woord "wetter" as iets of iemand haar baie vies maak. Sy noem die wildtuin eekhorings "wettertjies", want hulle het al sóveel kwaad gedoen. Afgesien van briket-sakke stukkend vreet, het hulle al gate in ons opvoustoele se rugkante gevreet om by die sagte opstop-materiaal te kom - seker vir nesmaakgoed. By Bateleur het hulle deur die chalet se grasdak gekom en ons vol houer langlewe-melk (6x1 liter) elkeen stukkend gevreet. In Berg-&-Dal het hulle ook deur die chalet se dak gekom en ons Tupperhouer met beskuit stukkend gevreet en vir ons net 'n paar krummels oorgelos.
My een buurman in Shingwedzi se Isuzu bakkie se elektriese bedrading was tot niet gevreet.
Wettertjies? Beslis!!!
Dit lyk vir my ek moet die…
Dit lyk vir my ek moet die polisie van Beaufort laat weet dat daar is n groep kampers oppad wat dopgehou moet word! Groete. Maurits
Maurits ...
.... moet nou nie 'n "spoil sport" wees nie. Los die polisie uit hierdie saamtrek uit. Ons is net 'n klomp ouballies wat saggies gaan raas. 😇
Dissie só ver van Sandbaai af nie. Jy en Martie kan maar kom saamkuier. Dan gaan wys ek jou 'n leeu.
Ons is glad nie bang vir…
Ons is glad nie bang vir polisie nie, is deel van die familie en ken nog 'n paar ander ook. Ons Ou ballies en die se gades is dus uitgestort. Dan ken van ons nog die oord se bewaarders ook. Hulle braai saam.
Ons slaap vir 3 aande vanaf…
Ons slaap vir 3 aande vanaf 26 April in die park oppad Rhodes toe
Jy's met pensioen ....
.... dus kan jy maar 'n paar dae vroeër vertrek. Dan gaan wys ek jou nog 'n leeu.
Weer eekorings
Hulle hou ook niks van n' spuit met daai antie aap water en citronela extrak mengsel nie. Of n' spuit met sanatiser nie.
O ek is 'n dapper .....
kamper, kyk hoe sleep ek 'n huis.
Nie bekommerd oor polisie, ons gaan ons gedra.![]()
Ek sal ontspan as ek weet iemand het die N1 verkeerspolieste op langverlof geplaas.
Lyk my daar is genoeg …
Lyk my daar is genoeg "contacts" tussen die herfsblare om ons uit die tronk te hou.
Laat my dink aan die jong dae toe daar vir die polisie se weduwees en wees fonds n jaarlikse bydrae gemaak was. Dit was jou "get out of goal pass" vir n "contracters get together "en verkeer het toevallig n padblokkade op jou pad huistoe. Eish,
Satara na Krokodilbrug hek ...
Wie het al hierdie afstand gesleep ?
Dit lyk soos 172 km
As Geert vir my plek het vir volgende winter is die plan dalk om by Phalaborwa in te gaan Satara toe en dalk van daar HvR toe te gaan vir nog so week.
Willem.......
............dit is maklik doenbaar, maar my inligting is dit is 127km - 35km vanaf Krokkies tot by Ondersabie, 46km tot by Tshokwane en dan 44km tot by Satara.
Satara na Krokodilbrug hek ...
Len, ek sie nou die ander roete is 172, ☹ jammer en sie nou op KNP se afstande tussen kampe gee dit ook aan 127km. 👍
Satara na KBrug
Middag Willem
Ek het al 'n paar keer my 1ste slaap in KBrug gemaak, dan volgende dag Satara toe. Ek het egter net 1 wet vir myself, ek sleep die teerpad teen 50km/h op snelheidmeter, EN ek stop net 5min vir 'n kat. Ander diere word in beweging bekyk.
Sodoende kan mens stop by Tsokwane vir bene rek, toilet en lekker versnapperinge.
Ek het ookal van Satara gesleep, Skukuza langs, tot in Berg en Dal. Weereens met lekker stop by Tsokwane.
Willem .....
... dit is maklik doenbaar, veral die feit dat jy nie 'n kampeerplek in K'brug moet verkry nie.
ek sleep die teerpad teen 50km/h op snelheidmeter, EN ek stop net 5min vir 'n kat. Ander diere word in beweging bekyk.
Nie my manier van doen nie. Maar nou ja, elke ou soen sy vrou op sy manier. My maksimum spoed ter eniger tyd in die wildtuin is nie vinniger as 30 kpu nie - eerder stadiger met die wa, anders mis ek die klein dingetjies. Ek sal my eie gat skop as ek teen 50 kpu by 'n raar dier of voël verbyry en ek kan nie met my wa "reverse" nie.





Hiy nee Len
Het hulle iets gebreek?