Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
N1 versus N12 Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
Nossob se "hide" Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
N12 Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Ons het in presies dieselfde… Media24 se koerante en… neef Herman -1 hour ago
N1 vs N12 Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 17/09/2026 - 12:17

Moenie so lui wees nie Wessel. Al jou vrae word geredelik en in detail deur Antie Google, tesame met 'n klomp Youtube videos, beantwoorddevil

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/09/2026 - 14:10

Dit wil my voorkom of Prado's hulle pryse redelik goed hou. Plaaslik word 'n 2024 TX model adverteer vir kR1169, en nuut is riglynprys kR1369. Dan kan mens netsowel die verkoopsman se arm draai tot sy oge traan, en eerder die nuwe koop. 

Net jammer ek het so baie kampgoete, en 'n Prado so min pakplekcrying

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/10/2026 - 16:36

Ek sien in voertuig rubrieke dat die nuwe Navara op 'n Triton gebou gaan word.

Vandag sien ek dat Honda ook die Triton as trokkie gaan bemark, onder hulle naam. 

Ek wonder of in beide gevalle die prys laer gaan wees, as vir die ware Jakob. Dan wonder ek of Honda veel meer handelaars en groter netwerk in SA het. 

Wat se voordeel hou sulke ooreenkomste vir Triton in. Dieselfde produk onder 3 name???      

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/10/2026 - 09:37

Sien vanoggend dat nog 'n staatmaker gaan verdwyn. Alles dui daarop dat die huidige 3.0l enkelturbo gaan vervang word met 'n nuwe 2.2 biturbo masjien.

Nadat hulle die enjin se werkverrigting effe gedemp het, lewer dit steeds 150kW en 500Nm. Beide syfers is hoër as die huidige 3.0l enjin.

Verstommend die wegbeweeg van "displacement" na kleiner enjins, wat hoë uitsette het.    

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus