Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -2 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Kruger Wildtuin roetes.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Almal plaas hul gunsteling roetes en kampeer plekke in die wildtuin op hul gespreks lyne, wat ook reg is, maar ek sal graag op een plek wil sien wat wie verkies, en hoekom.

Dit kan dinge net baie makliker maak vir almal wat so iets wil beplan, sonder om so baie deur te blaai n te lees?

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 10/04/2022 - 15:59

.... aap- en bobbejaanstories vertel. Maar moenie die klein eekhorings vergeet nie. In Shingwedzi en Tsendze kan hulle ook maar lekker lastig wees. Ek het gevind dat hulle 'n voorliefde vir houtskool het. In beide genoemde kampe was my brikette-sakke pal stukkend gevreet.

Gelukkig het my pad nog nie met 'n ratel gekruis nie - behalwe een aand in Mopani. Maar ek dink die ratel het groter geskrik as ek.

In Karoo Nas Park was daar vir etlike jare (nog steeds??) snags 'n lastige ystervark wat goed weggedra het. Só het ek 'n koelsak verloor. Ek het die volgende oggend sy spoor gevat tot waar hy my koelsak onderdeur die elektriese heining gesleep het. Die toesighouers by die kampeerterrein het my vertel dat menige kampeerder al slagoffers was van dié nagtelike dief.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 10/04/2022 - 18:38

........gelukkig het die spul net inmekaar geval en niks het gebreek nie.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 11/04/2022 - 08:31

Oh so dit is hulle wat die houtskool sak skeur. Ek het gedink dit was die Ratel. Maar hy doen dit ook. Ek hom in Maroela gesien dit doen.

In Shingwedzi het n' eekoring by die yskas se vents ingeklim en hom self vas geval in die gleuf tussen die yskas en die kas. Hy het daar gespartel vir 4 dae. Eers toe ons by Satara kom sien ek hoe hy ontsnap. Ek wonder of hy van sy nuwe maatjies hou of het hy pad gevat terug Shingwedzi toe?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 11/04/2022 - 11:34

Daai sendeling-dogter van my gooi soms die woord "wetter" as iets of iemand haar baie vies maak. Sy noem die wildtuin eekhorings "wettertjies", want hulle het al sóveel kwaad gedoen. Afgesien van briket-sakke stukkend vreet, het hulle al gate in ons opvoustoele se rugkante gevreet om by die sagte opstop-materiaal te kom - seker vir nesmaakgoed. By Bateleur het hulle deur die chalet se grasdak gekom en ons vol houer langlewe-melk (6x1 liter) elkeen stukkend gevreet. In Berg-&-Dal het hulle ook deur die chalet se dak gekom en ons Tupperhouer met beskuit stukkend gevreet en vir ons net 'n paar krummels oorgelos.

My een buurman in Shingwedzi se Isuzu bakkie se elektriese bedrading was tot niet gevreet. 

Wettertjies? Beslis!!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 11/04/2022 - 14:04

.... moet nou nie 'n "spoil sport" wees nie. Los die polisie uit hierdie saamtrek uit. Ons is net 'n klomp ouballies wat saggies gaan raas. 😇

Dissie só ver van Sandbaai af nie. Jy en Martie kan maar kom saamkuier. Dan gaan wys ek jou 'n leeu.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 11/04/2022 - 14:09

Ons is glad nie bang vir polisie nie, is deel van die familie en ken nog 'n paar ander ook. Ons Ou ballies en die se gades is dus uitgestort. Dan ken van ons nog die oord se bewaarders ook. Hulle braai saam. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 11/04/2022 - 14:25

Hulle hou ook niks van n' spuit met daai antie aap water en citronela extrak mengsel nie. Of n' spuit met sanatiser nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/04/2022 - 15:13

kamper, kyk hoe sleep ek 'n huis.

Nie bekommerd oor polisie, ons gaan ons gedra.smiley

Ek sal ontspan as ek weet iemand het die N1 verkeerspolieste op langverlof geplaas.    

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 11/04/2022 - 18:47

Lyk my daar is genoeg "contacts" tussen die herfsblare om ons uit die tronk te hou.

Laat my dink aan die jong dae toe daar vir die polisie se weduwees en wees fonds n jaarlikse bydrae gemaak was. Dit was jou "get out of goal pass" vir n "contracters get together "en verkeer het toevallig n padblokkade op jou pad huistoe. Eish,

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 06/09/2022 - 13:40

Wie het al hierdie afstand gesleep ?
Dit lyk soos 172 km

As Geert vir my plek het vir volgende winter is die plan dalk om by Phalaborwa in te gaan Satara toe en dalk van daar HvR toe te gaan vir nog so week.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 06/09/2022 - 14:47

............dit is maklik doenbaar, maar my inligting is dit is 127km  -  35km vanaf Krokkies tot by Ondersabie, 46km tot by Tshokwane en dan 44km tot by Satara.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/09/2022 - 15:42

Middag Willem

Ek het al 'n paar keer my 1ste slaap in KBrug gemaak, dan volgende dag Satara toe. Ek het egter net 1 wet vir myself, ek sleep die teerpad teen 50km/h op snelheidmeter, EN ek stop net 5min vir 'n kat. Ander diere word in beweging bekyk.

Sodoende kan mens stop by Tsokwane vir bene rek, toilet en lekker versnapperinge.

Ek het ookal van Satara gesleep, Skukuza langs, tot in Berg en Dal. Weereens met lekker stop by Tsokwane. 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 06/09/2022 - 18:07

... dit is maklik doenbaar, veral die feit dat jy nie 'n kampeerplek in K'brug moet verkry nie.

ek sleep die teerpad teen 50km/h op snelheidmeter, EN ek stop net 5min vir 'n kat. Ander diere word in beweging bekyk.

Nie my manier van doen nie. Maar nou ja, elke ou soen sy vrou op sy manier. My maksimum spoed ter eniger tyd in die wildtuin is nie vinniger as 30 kpu nie - eerder stadiger met die wa, anders mis ek die klein dingetjies. Ek sal my eie gat skop as ek teen 50 kpu by 'n raar dier of voël verbyry en ek kan nie met my wa "reverse" nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/09/2022 - 19:35

Naand Chris

Daai manier van sleep/ry gebeur net as ek sulke groot spronge tussen kampe maak. Gewone wild soek, geskied teen lae snelhede, en lang stane by diere. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus