Ek is nie lief om te sukkel met kos maak nie dus like ek om so eenvoudig moontlik te maak.
Jy benodig;
Heel oopgevlekte snoek, sonder die kop. die kop los ons maar in die Kaap daai mense eet mos snoek kop met patats. Hoe groot en hoeveel snoek moet jy self besluit, hoeveel mense en hoe honger?
Klein botteltjie Marmite per middelslag grote snoek
So 250 gram of knoffel botter of vars lekker plaas botter.
En.... dit is al wat die kos betref.
Gr0ot genoeg vlekvrye staal braai plaat of "cast iron" braai plaat, belangrik dit moet kante he sodat sous nie afloop nie!
Die plaat kan of op gas braaiers of op die kole warm gemaak word, sodra die plaat goed warm is, sit die blok botter op die plaat, dit moet sommer dadelik smelt anders is die plaat nog te koud.
Plaas nou die snoek met sy vel kant onder op die gesmelte botter, en verf hom met die marmite.
Hou maar aan om so elke twee, drie minute te verf, tot al die marmite op is.
Jy draai nooit die snoek nie, laat hom net so le in die botter tot gaar.
Sodra die botter so deur die snoekie begin kook en die vleis is mooi wit is die ding gaar, passop vir oorgaar. As hy so maklik vlok dan is hy 100% reg.
Dien sommer so van die vuur af op borde.
Maklik vinnig sonder fieterjasies, en ek het al baie komplimente gekry vir so snoekie.
Gesien in die lig dat snoek eintlik 'n Kaapse ding is, gaan ons maar heeltemaal Kaaps en bedien braai brooidjies saam met die snoek.
Sou daar dalk so lekseltjie oorbly, sit in yskas en dit is heerlik more teetyd op 'n snytjie brood!
Arie, is die snoek dan nie…
Arie, is die snoek dan nie baie sout nie?
Marmite
Ek wou nou dieselfde as Dusty vra. Ek koop nooit Marmite nie, omdat dit vir my 'n te sterk smaak het. Ek koop Bovril of Oxo. 'n Hele botteltjie Marmite op die snoek, proe jy nie meer Marmite as snoek nie?
Dit is regtig 'n maklike resep, ek glo die snoek is lekker sappig as jy dit so gaarmaak. Wil net weet oor die Marmite, want jy sê niks anders as Marmite nie.
Stoffel en Freda, dit is die…
Stoffel en Freda, dit is die heel klein botteltjie marmite en 'n groot snoek.
As julle bekomerd is gebruik dan maar eers 'n halwe botttel, onthou net baie van die marmite kook af in die botter in.
Ek hou van vis wat goed sout is, in Hollands is daar 'n spreekwoord wat se; "Vis moet kan swem". Bedoelende vis moet sout genoeg wees sodat jy baie water agter na drink, dan kan die vis mos swem in jou maag?
Stoffel, amper vergeet ek…
Stoffel, amper vergeet ek julle moet veilig ry en dit voluit geniet!
Groete vir Alta en van Petra ook vir beide van julle.
Toe ek die eerste keer die…
Toe ek die eerste keer die opskrif van die post lees dog ek Arie praat van n snoek geklee in n PT broekie, laat my fris lyk hempie, donkerbril op en helder oranje PEP Stores look alike uitgetrapte Crocs aan die voete iewers onder die see besig om te krap in die uitverkoping boks vir specials op countree music CD's daar in VisMart.
Maar, dankie vir die eenvoudige resep Arie, sal hom traai.
Arie, dankie. Groete vir…
Arie, dankie. Groete vir Petra ook. Hardloop vanoggend heelwat rond om 'n paar dinge uit te sorteer.
Oom Vleisballetjies!!!!!!…
Oom Vleisballetjies!!!!!!
En die moewiese lang sin, of is die boom box wat jou kop so deurmekaar maak?
Nee man nou moet ek weer vir my van daai hart stigting vloeistof ingooi om my asem terug te kry.
Gelukig hier in Salt Rock kom die Boeing al 6.30 vm oor!
Net 'n......................
Net 'n regstelling : Die opskrif "eenvoudige snoek" is foutief, geen snoek is eenvoudig nie, dis koningskos !
Interessante, maklike resep Arie - dankie !
Vandag Arie
Arie vanaand maak ek die snoek met marmite net jammer deesdae sukkel n ou om lekke snoek te kry
Ek gaan môre Arie se marmite…
Ek gaan môre Arie se marmite snoek traai.
Ek sal Maandag verslag doen....
Oom Vleisballetjies, ek is…
Oom Vleisballetjies, ek is baie jaloers op my snoek, jy mag wel my snoek resep probeer.
As jy met my snoek lol koop ek sommer lotery kaartjies by Freda se seun vir jou!





Vis
Arie eerste keer ek hoor van marmite ek gaan hom onthou dankie