Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -3 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -6 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -17 hours ago

Behandeling van sytent

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Ek soek raad.

Ek het vir die eerste keer in 'n baie lang tyd die sytent opgeslaan en hy is vol swart kolletjies en ek weet dit voorspel niks goed nie!

Die tent was nie klam gebêre nie en kon goed ventileer.

Waarmee of hoe kan ek hom behandel om verdere skade te voorkom?

Byvoorbaat dankie

Vaalpark

Johann L

Fri, 03/11/2017 - 21:14

Stephan, ek hoop jy kom reg.

Ek kan egter geen kans vat met advies nie,  kan jy dalk 'n foto laai, miskien kan iemand raad gee?

0

Wat jy daar het is 'n swam, en dit word veroorsaak deur klammigheid. dit kon dou gewees het wat nog op die seil was toe jy dit gebere het. Ek het baie met dit te doenne gehad toe ek nog in die veld permanent gekamp het. Al wat jy nou kan doen is skrop die gedeelte mooi skoon met 'n seepmengsel ( sunlite sal werk ) Spoel die seep baie goed af .As dit nou mooi skoon is laat dit baie goed droog word . Jy gaan dalk klein gaaitjies kry waar van die kolletjies was maar dis OK. slaan die seil op sodat jy beide kante kan bykom wat geinfekteer was. Verf nou beide kante met New-Proof of Camp-Gaurd .('n sprygun werk baie goed.) Koop sommer vir jou 'n elektriese een hulle is baie goedkoop. Laat die spul nou goed droogword en gee dit nog 'n laag. Laat staan vir so 2 dae in die son dat dit heeltemal afdroog . Daai seil is nou weer so goed soos nuut. As daar gaaitjies is kan jy dit toemaak met byewas wat jy in die gaaitjie in pers met jou vinger.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 05/11/2017 - 06:24

Voortrekker -hoewerk die bruinbrood storie?

Stephan ek het ook al gewonder.  Ek het dit al voorheen gehoor, maar weet nie presies wat daarmee bedoel word nie.  Gedink dalk weet iemand hier?

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 05/11/2017 - 06:41

My bure in Richards Baai het daai swart kolletjies op hul rally tent gkry. Dit was maar as gevolg van die hoee humiditeit, seil het maar gedurig klam gebly.

Ons het dit met n spons en wit asyn af gevee. Nog  nooit weer n probleem gehad nie. Probleem as mens n karavaan tent met seep was haal jy die dun plastiese lagie op die tent af, dan kan jy amper maar die tent weg gooi!

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 05/11/2017 - 06:48

Tora ek het so koedkoop game tent gehad wat gelek het na ek hom gewas het new proof werk verseker sterkte Stefan

0
Heidelberg GP

StephanS

Sun, 05/11/2017 - 14:23

Dankie almal.

Sal eers die asyn probeer en as dit nie werk nie, maar die hele tent weer was en seel

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 23/04/2022 - 14:51

Ek het met die naweek se baie reën die Saterdag agtergekom dat die stoep tent lek, redelik baie orals.  Later met die baie vog in die lug en dou deur die nagte het dit vir my begin lyk of hy soort van geseël het. 

Nou wonder ek of ek hom moet her-seël en of ek moet kyk om dalk 'n nuwe een te laat maak wat effe groter is met sykante en ook daai afdakkies ?

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus