Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -6 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -6 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -6 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -7 hours ago

Normandien Pas via Kwa Rie - SEGEKOK

Submitted by Admin on
Forums

Tussen Kersfees 2016 en Nuwe jaar  het Hel1 en ek gou weg geglip om n bergpas te gaan ry wat ek nou al lankal graag wou doen.  Die Normandien Pas is naby Newcaste. Ons het in Dundee by Kwa Ri woonwa park gaan kamp met ons tent. Ek het in Glencoe groot geword en het sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak om so n bietie te gaan loer na my ou dorp, die skool waar ek was ens.

LEES MEER HIER

 

VOORTREKKER: Ken hom. Het hom gery met my Qasqai...net net gemaak.  Het n elektroliese projek gedoen  op Normadien Farms.   Gedink ek vat n short cut eerder as om Newcastle om te ry.  Baie mooi daar.

FREDA: Dit lyk asemrowend mooi daar Segekok.  Dankie vir die deel.

LEN LOADER:  Segekok, ek het jou storie oor Normandien-pas met groot genoegdoening gelees. Die pas is seker in die omgewing van 20/25km vanaf Memel. Ek was 45 jaar gelede in 1972 die rekenmeester van Volkskas op die dorpie Memel in die Vrystaat op die grens van die destydse Natal, so 50km van Newcastle af.  Die winters in die Memel-distrik kan ysig koud word en daarom het Memel-boere dikwels hulle vee net voor die winter aangejaag  oor Normandien na die warmer plase aan die Natalse kant.

Ons het na al die jare nou nog kontak met boere in die distrik en is juis teen einde April oppad na 'n plaas in die Memel-distrik vir 'n lekker plaas-troue.  Dit is pragtige, waterryke wêreld met die mooiste natuurskoon.

Hier is 'n foto van die destydse Volkskas Memel  -  die gebou is nog daar, maar die banktak daar het gesluit.

n

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

En hier is 'n foto van ons motor (die Mercedes) op die pad tussen Memel en Vrede, net om te wys hoe koud word dit in die winter daar:-

n

SEGEKOOK:  Len Ja ek ken Memel Baie goed. Kobus Meyer en Sarie Meyer het ook toe daar gebly. Dink hy was by die vee vundiesies betrokke en sy het by die dokter gewerk.  Ek het juis in Oktober en Desembet skool vakansies by hulle gaan kuier in 1972.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 04/02/2018 - 06:23

Sien die nou eers raak Deon ek se weer ons het n mooi land soveel om te sien en te doen ons moet net meer inklim ry en gaan verken

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus