Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -3 minutes ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 minutes ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -9 minutes ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -12 minutes ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -16 minutes ago
Netwerk24 Media24 se koerante en… Chris Boucher -37 minutes ago

Watse tipe kampopslaner is jy?

Profile picture for user Admin
Submitted by Admin on
Forums

Ek het al waargeneem, en stel my asseblief reg indien daar meer is, daar is 3 tipes kampeerders as dit kom by opslaan van kamp of tent + ietsie drink.

Jy kry die:

voor
gedurende
na die tyd

ok....en nr 4 is die:

heeltyd

Bierdrinker. (of enige alkoholiese verfrissertjie)

ok....ek besef daar is ook 'n nr 5, die:

glad nie

Ek val onder die na die tyd  kategorie.  Ek sal wel altyd seker maak daar is 'n lekker yskoue coke of iets soortgelyks naby, want met die 40 penne wat ek moet inslaan (met vol rig) kan dit nogal 'n "workout" en geswetery word, veral middag in die somer in Brits of warmer plek.
Ek verkies maar om die bier of drankie te los vir bietjie later wanneer alles nou mooi in plek en haaks is en wanneer ek weet ek kan dan relax.

HARRY DU RANDT: 

Ek sal ook "die na" ietsie goud en koud neem.

Gedurende n soda.

Die werk moet eers klaar, dan die sit en ontspan ding.

FREDA: As ons by 'n staanplek aankom, besluit Colin eers wat is presies die regte kolletjie waar die karavaan moet staan, dan dat hy gelykstaan.  Die grondseile word neergesit en die 2 awnings met sye of voltent word opgeslaan.  Voor ons begin meubileer, sal ons soms iets skink en 'n rukkie sit.   Gewoonlik sit ons ook maar nie lank nie want jy vat hier en vat daar en kom maar weer aan die gang nog voor daai iets halfpad gedrink is.   Na die tyd, is eintlik die beste tyd.

GROOT G:  Gedurende en dan gaan ek oor na heeltyd

DUSTY:  Sodra die stoele reggesit is is dit tyd vir 'n glasie coke. Dan is die rally met sykante klaar op en die dubbel tafel klaar op sy plek.
Dus na die tyd

SEGEKOK:  Ek maak my self rustig op n stoel met een in die hand. Kyk hoe Hel1 opslaan

VOORTREKKER: 

segekok het geskryf:

Ek maak my self rustig op n stoel met een in die hand. Kyk hoe Hel1 opslaan.

 

Ek het gewag vir hierdie een:  Tipe nr 6

JOHANN L:  Ons is no 1 tot 7, opslaan is deel van die familie tyd, dus, daar is altyd yskoue Coke naby en hoe meer die kleinkinders dit geniet, hoe langer vat ons. Sal wel klaar kry.

FRIKADEL:  Hettie Hitler is in beheer van die kamp opslanery en sy  besluit wanneer ek gedurende die proses ietsie mag neem om ontwatering hok te slaan.

JANBIKE: Ek slaan gewoonlik net my rally en kazebo op omdat dit baie minder werk is as die vol tent. Dan sal ek so tussen deur suig aan n koue bier. As ek moet vol tent opslaan vat dit baie langer en baie meer koues.

0
Pretoria

Dylan

Fri, 21/04/2017 - 23:12

Slaan ook maar eers op met skoon Coke. Eers as alles op plek is kan ek lekker ontspan. Dis waar die goue skuimkoppe lekker is en coke verdun word

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 10/05/2017 - 11:36

Sodra opgeslaan is alles op sy plek vat n koue Amstel en daar na n lekke rooi wyntjie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus