Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -5 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago

Onrus woonwapark

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Na aanleiding van Goeie Hout wat komende Desember ALWEER Onrus toe gaan, het ek gou na tariewe gaan loer.

Ek weet nie wat ander oorde se Desember tariewe is nie, maar Onrus s'n lyk baie billik, duurste plekke teen R750/nag.

In vergeleke met Dwarswegstrand se duurste seefront tarief van ~R1300/nag, is dit darem 'n groot verskil. 

Ek het ook al 1 keer by DWS buite seisoen gekampeer, en dit is weliswaar 'n netjiese plek. Tog wonder ek skielik, is daardie eksklusiwiteit by DWS, daai tarief werd. 

Ek kan my indink dat as Onrus vol beset is, kan dit seker 'n besige plek wees, veral daardie massiewe ablusie blok. Ons was amper alleen daar op nr 68, en Marie was bang vir daai groot ablusie blok.

 

Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/10/2026 - 19:20

Onrus kan besig raak.  Dit word n probleem as jy dan na die MALL moet gaan in die begin van Hermanus.  Enkel pad oor brug.  Daar staan jy etlike minute.  Ek het gednik ons gaan die jaar nader aan my ver kind staan.  (Strandfontein) Maar Navigator het ander planne.

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/10/2026 - 19:24

Wessel ek het ook al gesien die pryse is billik.  Ons staan aan die berg se kant, so ons staanplekke is nog minder.  Die ouens aan die see se  kant is durrder.  Maar jy moet maar betaal vir jou see uitsig.

Ons staanplek het weer lekker bome en natuurlik die lekker bure.  Ons is al amper familie.  Ons het geen heinings of windskerms tussen ons.  Stap sommer oor en praat met die bure terwyl jy braai of vuur aan steek.  Ons speel ook so saam saam musiek.

Maar omdat ek musiek love, skel navigator want die bure moet kort kort my gunsteling liekies speel.

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/10/2026 - 19:27

Wessel, al wat n SLEP is.  Ons moet oor Sir Lowry's Pas gaan en om daar uit te kom is die N2 by Strand vol verkeers ligte.  Soos Chris die kampers uitskel in Galagadi oor hulle ryery, skel ek die stads beplanners uit.  Wie maak verkeersligte in n N2.  Ons probeer maar dan vroeg te ry sodat ons verkeer mis.  Ons gaan die 12de in, so ek moet so 6 uur ry van Goodwood.

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/10/2026 - 19:34

Die groot ablusie blok is lekker.  Word gereeld na gekyk en skoon gehou.  Ek stort soggens en saans.  Saans se stort doen ek by my karavaan.  Want die kinders kan jou siel uittrek om bv koue water oor die deure te gooi as jy stort. Sekere mense het nie hulle kinners opgevoed dan trek hulle die ablusie blokke deur hulle....As jy soggens daar aan kom is die hele ablusie blok met watrer gevul.  Hulle sit toilet papier in wasbakke en dan draai hulle die krane oop.  Skanedelik.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/10/2026 - 19:38

....is nie 'n vergelyking met wat ek moet trotseer om deur JHB buitewyke te sleep tot ek op N1 aansluit nie. 

Ek trek my laphoedjie laag oor die ore, laat die mond so effe kwylend oophang, en slinger so effe in my baan. Dit werk nog beter as ek Sannie Briel vol volume speel.😁

Skielik verdwyn die verkeer om my, en kan ek ontspan, van rooilig na die volgende.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus